TWEE PREKE OOR DIE SONDES VAN ANTINOMIANISME EN WETTISISME VANUIT MATTEUS 5:17-20
deur ds. Cobus Rossouw
(GK Daspoort)
In aansluiting by die vorige skrywe oor antinomianisme, plaas ek ook die volgende twee preke wat die onderwerp aanraak:
1 Matteus 5:17, 18
“So Jesus het verseker nie gekom om die OT en die gebooie daarin af te skaf nie. Nee, nou in hierdie tyd voor die volheid van die Koninkryk op die nuwe aarde kom en ook daarna bly die OT en die gebooie daarin vas staan.
En dan is dit juis nou in hierdie tyd voor Jesus die volheid van die Koninkryk op die nuwe aarde laat kom dat Jesus besig is om alles wat in die OT staan te laat gebeur en so vervul.
Daarom dat Jesus nie gekom het om die OT en die gebooie daarin af te skaf nie.
Nee, Jesus het gekom “om te vervul.” …
“Wel die Jesus wat volmaak die wet kom vervul het.
Die Jesus wat volmaak die wet leef.
Die Jesus wat ons hoogste Profeet en Leraar is
wat vir ons leer en wys
wat die wet werklik beteken
en hoe ons dit moet leef.
Daarom dat ons almeer by Hom wil leer
wat die OT en die gebooie daarin werklik beteken
en hoe ons dit moet verstaan
en hoe ons dit moet leef.
Daarom dat ons almeer
met Jesus in ons
al agter Jesus aan
die wet begin leef
soos Jesus dit in ons leef.” …
Lees die volledige preek hier.
2 Matteus 5:19, 20
Met hierdie geestelike bankrotskap van ons en sondeskuld
van om met hierdie leuen oor God te leef
moet ek na Jesus toe bekeer.
Dis die tweede ding wat ons moet doen.
En in ontsettende genade onbeskryflik groot roep Jesus ons op
om na Hom te kom!
En ons hoef nie wetties eers aan een of ander voorwaarde te voldoen nie.
Ons kan na Jesus toe gaan net soos ons is.
Met ons sonde van wettisisme.
Met ons sonde van antinominisme.
Met ons sonde van ‘geloof-in-die-leuen-van-Satan’
Jesus sê in Mat 9:13,
“Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie,
maar sondaars tot bekering.”
En in Mat 20:28 leer Jesus:
“die Seun van die mens nie gekom het
om gedien te word nie,
maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”
Vir elke wettisis en elke antinomianis.
En in Mat 5:3 beloof Jesus:
“Salig is die wat arm van gees is,
Bankrot met jou skuld van antinomianisme en wettisisme
en ‘geloof-in-die-leuen-van-Satan’
En dit besef en na My toe kom
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
En dan by Jesus met my skuld deur Hom betaal
moet ek nog iets doen.
Die derde ding.
Ons moet sê:
‘Jesus, Ek honger en dors na geregtigheid.
Ek het dit nie.
Ek kan nie uit my ‘n lewe leef in oorgawe aan die HERE
met die OT-gebooie
soos ek dit nuut moet verstaan en nuut moet doen
in die lig van Jesus se vervullingswerk nie.’
En dan sê Jesus in Mat 5:6
“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
want hulle sal versadig word.”
En dan?
Wel, Jesus maak sy belofte werklikheid.
Hy maak ons vol met Homself.
In Efes 3:17 sê Paulus
dat “Christus deur die geloof in julle harte woon …”
Daarom kan ons saam met hom in Gal 2:20 sê:
“Ek is met Christus gekruisig,
en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my …”
En dan leer Gal 4:19 dat Christus
omdat Hy in ons woon en leef
almeer gestalte in ons kry.
Christus wat volmaak met Ps 119:97 kan sê:
“Hoe lief het ek u wet …”
Ja Jesus se lewe word dan op die pad van heiligmaing al meer ons lewe.
‘n Godgesentreerde lewe van oorgawe aan die HERE
sonder wettisisme en sonder antinomianisme.” …
Lees die volledige preek hier.