VIDA: As die Skrif losgelaat word, dan ook geen meer kerkorde nie, maar nou wanorde en eiewilligheid wat afgedwing word

VIDA: As die Skrif losgelaat word, dan ook geen meer kerkorde nie, 

maar nou wanorde en eiewilligheid wat afgedwing word

Ons leef in ‘n wêreld wat al meer goddeloos en eiewillig raak, waar God se bande al meer afgeruk en verwerp word (Ps. 2). Wat eiewilligheid betref, gaan dit egter nie veel beter in die kerke wat die Here se Naam bely nie, ook nie in die GKSA nie. Ongeag dat die GKSA oor dekades lank deur biddende studie daarby uitgekom het dat op grond van die Skrif susters nie in die besondere amp van ouderlinge en predikant mag dien nie, is daar reeds meer as 20 gemeentes wat bloot eiewillig daarmee voortgaan en weereens wanorde, onvrede en verskeurdheid plaaslik en in die kerkverband veroorsaak.

Talle van hierdie gemeentes word reeds op die kerklike (ordelike) weg langs meerdere vergaderings daaroor aangespreek, en alle tekens wys daarop dat dit weereens ‘n lang uitgerekte proses gaan wees wat baie tyd en aandag gaan verg. Die gemeentes wat hul eie weg ingeslaan het gaan bloot bly in die kerkverband waarmee hul oor hierdie leer- en kerkregering saak drasties verskil, en hul standpunt probeer afdwing, natuurlik alles in ‘die naam van eenheid, liefde en verdraagsaamheid’ (Sien hierdie goeie voorbeeld, hoe die ‘(valse) liefde en (valse) eenheid’ die gehoorsaamheid aan God se Woord en die Evangelie vervang: Cgk Zwolle: Classisvergadering grievend voor homo).

Een van die kerkverbande, die Christelijke Gereformeerde Kerken (CGK) in Nederland, waarmee die GKSA eenheidsbande het, beleef dieselfde stryd, en in hul geval, is daar nie net reeds gemeentes wat ook VIDA (vroue in die besondere amp) reeds toelaat nie, maar daar is ook al ‘n gemeente wat die sonde van homoseksualisme goedkeur en akkomodeer. Dit alles terwyl die amptelike besluite van die CGK teen vroue as ampsdraers is, en homoseksualisme as sonde bestempel word.

So al meer kerke weier bloot om kerkordelik te berus by wat al die kerke saam in kerkverband daaroor besluit het in die lig van die Skrif. Hulle gaan nou ook verder, weier om die regte kerkordelike weg te volg (nl, om nie vrouens in die besondere ampte te bevestig totdat die kerke dit saam goedgekeur het nie), of, as hul hul nie kan berus by wat die kerke wat saam vergader het en volgens God se Woord besluit het oor VIDA nie, dan die kerkverband met liefde, begrip en broederlikheid te respekteer en uit te tree. Nee, hul besluit om te bly en hul standpunt nou af te dwing in die naam van ‘eenheid en liefde’, die postmoderne manier, sodat ons nie meer gereformeerde kerke en kerkregerings handhaaf nie, maar ‘n postmoderne kerk word wat teenstrydige ‘waarhede’ alles moet akkomodeer.

Sien die volgende twee artikels oor die stand van sake in die CGK:

Geloofsbrief weigeren kan niet in CGK; procedure tot afzetting wel

“Het is nu de vraag in hoeverre er met de benoeming van vrouwelijke ambtsdragers in een gemeente sprake is van afwijking van Schrift en belijdenis. De generale synode, die in 1998 de vrouw in het ambt afwees, buigt zich binnenkort opnieuw over het onderwerp. Als ze besluit dat het principieel mogelijk is om over vrouw en ambt verschillend te oordelen, dan is een eventuele vermaning op dit punt niet aan de orde. Maar het is ook mogelijk dat de generale synode haar besluit aanscherpt en uitspreekt dat het binnen een gereformeerde Schriftbeschouwing niet mogelijk is om vrouwelijke ambtsdragers aan te stellen. Dan liggen de zaken weer anders.”

Classis doet voorstellen rond homostandpunt cgk Zwolle

“De synode sprak in 2013 uit dat gemeenteleden met een homoseksuele relatie niet mogen worden toegelaten tot het afleggen van geloofsbelijdenis of tot de sacramenten. De gemeente in Zwolle is het niet eens met dat besluit en biedt ruimte aan mensen die „in liefde en trouw” een relatie hebben met iemand van hetzelfde geslacht.”

Soos met die NGK in SA, en vele ander kerkverbande in die verlede, sien ons hier by die CGK hoe die saak van VIDA oorloop en HIDA (homoseksualisme in die amp van gelowige en later in die besondere ampte) tot gevolg het.

As die onbybelse, onskriftuurlike, anti-skeppingsordelike, anti-God se bevel vir beide man en vrou eers onder die dekmantel van ‘geslag maak nie saak nie’ in kerke en kerkverbande posgevat het, is daar geen keer nie, kerklike wanorde, onvrede en kerkskeuring is die gevolg.

Sien hierdie artikel waar ek meer daaroor geskryf het:

Wanneer ‘geslag nie meer saak maak nie’: van VIDA na homoseksualisme na pedofilie

“Ja, ‘geslag maak nie saak’ as dit by ons redding kom nie, God red mans en vrouens, jonk en oud, onder alle volke, stamme en tale (Gal. 3:28; Op. 5:9), maar sy reddingswerk in Christus, vernietig nie geslagsonderskeid nie, vernietig nie man en vrou wees nie, maar heilig elkeen in sy diens, soos God se Woord openbaar. .. Ek het reeds baie geskryf teen die gay agenda, asook om te wys hoe die VIDA agenda (geslag, d.w.s God se skeppingsorde van man en vrou, maak nie saak in die kerk nie), lei tot die homosekuele agenda (geslag, d.w.s., God se skeppingsorde van man en vrou, maak ook nie saak in die huwelik nie), sien spesifiek hier …”

Die groot vraag is nou of die kerke van die Here, in beide die GKC en GKSA se geval, gaan bly by wat besluit is volgens die Skrif en gereformeerde kerkorde, die nodige tug op die kerke toegepas gaan word wat afgedwaal het, en of die kerke wat afgewyk het van die Skrif en kerkorde bloot geakkomodeer gaan word… dat ons afvallige postmoderne kerke en kerkverbande word vir ‘n postmoderne wêreld?

One thought on “VIDA: As die Skrif losgelaat word, dan ook geen meer kerkorde nie, maar nou wanorde en eiewilligheid wat afgedwing word

Add yours

  1. rd.nl/kerk-religie/elke-gkv-moet-visie-op-vrouw-en-ambt-vastleggen-1.1619125

    rd.nl/kerk-religie/cgk-classis-haarlem-gedoogt-tijdelijk-vrouw-in-ambt-1.1619037

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: