BAVINCK: WIE IS ‘IN CHRISTUS GEHEILIG’ VOLGENS DIE EERSTE DOOPVRAAG VAN DIE ‘FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE DOOP AAN KINDERS’?

WIE IS ‘IN CHRISTUS GEHEILIG’ VOLGENS DIE EERSTE DOOPVRAAG VAN DIE ‘FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE DOOP AAN KINDERS’?

“Ten eerste: Hoewel ons kinders in sondes ontvang en gebore en daarom aan allerhande ellende, ja, aan die verdoemenis self, onderworpe is, bely u nogtans dat hulle in Christus geheilig is en daarom as lidmate van sy gemeente behoort gedoop te wees?”

Herman Bavinck skryf as volg om die vraag te beantwoord (in die De Bazuin: Stemmen uit ‘De Gereformeerde Kerken in Nederland, 1900, no. 20. Beklemtonings bygevoeg -slc):

“De echte, ware, Christelijke doop is altijd, zoowel bij kinderen als bij volwassenen, die doop, welke een zegel is van de afwassching der zonden en van de vernieuwing des H. Geestes.

In beide gevallen komt het menigmaal voor, dat de dienaar slechts het teeken geeft, terwijl Christus, bij afwezigheid van geloof, de beteekende zaak onthoudt. Maar dat doet hoegenaamd geen afbreuk aan het wezen van den doop. Evenals uit- en inwendige zijde van het genadeverbond, behooren teeken en beteekende zaak in den doop samen te gaan. Een zoogenaamd uitwendig genadeverbond, dat van het inwendige is losgemaakt, bestaat er niet. En een doop, die alleen het teeken geeft en niet de beteekende zaak, is geen doop. Wat God heeft samengevoegd, zal de mensch niet scheiden.[1]

Daaruit volgt niet, dat ieder, die gedoopt is, in der waarheid de verlossing in Christus en de wedergeboorte deelachtig is. Gelijk bij de volwassenen, zoo is er ook bij de kinderen, die gedoopt worden, kaf onder het koren en onkruid onder de tarwe. Ook hier geldt, evenals bij de besnijdenis, het woord der Schrift; dat de kinderen der belofte voor het zaad gerekend worden.[2]

En van dat zaad wordt in onze formulieren[3] beleden, dat de belofte en dus ook de doop hun toekomt. Niet van elk kind, hoofd voor hoofd, maar van „onze kinderen” zegt het doopsformulier, dat zij in Christus geheiligd zijn.

In de Gereformeerde kerken kan er dus geen sprake van zijn dat men alleen op het gedoopt zijn, zijne zaligheid bouwt. De doop moet, indien hij een echte doop is, bewys zijn van het geloof, maar hij kan geen grond zijn voor de zaligheid. Want wie gelooft en gedoopt is, zal zalig worden, maar wie niet gelooft, ook al ware hij gedoopt, zal verdoemd worden.

Deze waarschuwing is tegenwoordig niet overbodig. Er zijn er, die onder den invloed der nieuwe doopsbeschouwing zich voor wedergeboren en gerechtigd ten avondmaal houden, enkel en alleen, omdat zij gedoopt zijn.

Maar zulker hoop is ijdel. Niet het uitwendige waterbad van den doop, maar de afwassching der zonden en de wedergeboorte door den H. Geest[4] ontsluit den toegang tot het koninkrijk der hemelen.”

Dr. RH Bremmer, ‘n student van Klaas Schilder, in sy akademiese proefskrif oor Herman Bavinck als Dogmaticus, verduidelik Bavinck se doopbeskouing met verwysing na Bavinck se verskillende skrywes oor die saak, ook bovermelde aanhaling. Hier onder in die skakel wat ek gee is ‘n paar aanhalings uit Bremmer se werk, wat ek saamvat in die volgende 5 opskrifte en opsommings (sien ook die paar voetnotas hier onder):

1. Bavinck glo dat babas wedergebore kan wees, maar wedergeboorte, geloof en bekering is nie die grond van die doop (beide vir volwasse en kind) nie, maar God se genadeverbond is die grond van die doop.

2. God skenk wedergeboorte wanneer Hy wil: voor, tydens of na die doop, en daarom is die prediking van die Evangelie, wedergeboorte, geloof en bekering nodig in die gemeente. Kinders, nie net volwassenes nie, kan die ‘wesentlike doop’ geniet, aangesien hul van vroeg af al die Gees kon ontvang het deur die wedergeboorte.

3. Twee verskillende sienings van gereformeerde teoloë oor hoe kinders wat gedoop is, beskou en behandel moet word: a. alle gedoopte kinders moet na die ‘oordeel van liefde’ as wedergebore ‘gehou word’ totdat hul leer of lewe die teendeel openbaar, aangesien die algemene reël is dat die Gees hul reeds voor die die doop wedergeboorte skenk. b. God se genade kan wel reeds wedergeboorte werk in kinders se harte, maar daar is nie ‘n vaste reël dat dit voor die doop plaasvind nie, dit kan voor, tydens of na die doop wees by uitverkore kinders.

4. Daar is nie ‘n uitwendige verbond teenoor ‘n inwendige verbond nie (dus twee aparte of teenstrydige verbonde nie), maar wel ‘n uitwendige sy of kant van die verbond, soos daar ‘n sigbare sy of kant van die kerk is. Kinders word gehou (of beskou as) dat hul deel in die geestelike goedere van die genadeverbond, maar hierdie ‘hou as’ is nie die grond van die doop nie, maar is ‘die oordeel van liefde’ wat ons gebruik in ons kerklike handel met ons kinders. Die ‘in Christus geheilig’ van die eerste doopvraag van die Gereformeerde Doopsformulier, moet nie verstaan word as ‘hoof vir hoof’ nie, dus elke kind wat gedoop word nie, maar ‘ons kinders’ (kollektief) wat waarlik in Christus geheilig is, dus deel in die geestelike realiteit of goedere van die genadeverbond, wat sal vervul word:.

5. Al die genadeverbond se beloftes word saamgevat in die woorde ‘Ek sal jou God wees’. Daar is ‘n verskil tussen om ‘n kind te doop op grond van ‘veronderstelde wedergeboorte’ (Kuyper) en die kind te doop op grond van God se belofte waar die kind ‘gehou’ en behandel word as wedergeboorte. Dat alle kinders van die gemeente wedergeboorte sou wees is in stryd met die Woord en die ervaring, want daar is altyd kaf onder die koring, en nie almal ‘is’ Israel, wat ‘uit’ of van Israel is nie. Soos moet alle (ouer) lidmate, hou of beskou ons die kinders as wedergeboorte totdat hul leer of lewe anders wys. Ouers moet in die opvoeding van hul kinders daarvan uitgaan, hul kinders beskou as dat hul deel in die belofte van die genadeverbond, tot hul belydenis en wandel die teendeel uitwys.

Hier is die hoofpunte met die nodige aanhalings uit Bremmer se werk:

Bavinck: 5 punte oor die verbond

______________________________________

Sien hierdie paar bronne oor Bavinck se verbondsbeskouing:

Protestant Reformed Theological Journal: Herman Bavinck

Covenant and Election in the Theology of Herman Bavinck

Herman Bavinck: Doctrine of the Covenant

Herman Bavinck se boeke, artikels, ens. kan hier verkry word: Project Neocalvinisme

In Engels: https://hermanbavinck.org/

Artikels op Pro Regno oor die Genadeverbond en Doop:

Vriend van God: Artikels oor die Genadeverbond

“En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” – Jak.2:23 

Genadeverbond

“Alhoewel Paulus toegee dat Abraham se nageslag vanweë die verbond heilig is, verklaar hy nogtans dat vele daarin buitestaanders is en dit nie alleen omdat hulle ontaard het sodat hulle van onwettige kinders basters word nie, maar omdat God se besondere uitverkiesing wat alleen sy aanneming vas en seker maak, oor alles uitstaan en oor alles heers.” – Calvyn, Institusie 3.22.4

Kinderdoop

“In die hernude stryd in verband met die kinderdoop byvoorbeeld, is die wyse waarop die Skrifgegewens gehanteer word van die allergrootste belang. Hier kan nie met ’n verwysing na ’n paar insidentele tekste volstaan word nie. Die vraagstuk van die eenheid van God se handele in Ou en Nuwe Verbond kom hier ter sprake. Gaan ons by ’n beroep op die Bybel uit van ’n teenstelling tussen Ou en Nuwe Testament of handhaaf ons die openbaringseenheid van die Heilige Skrif.” – prof. L. Floor

____________________________________________

[1] Sien Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 35 (Die Heilige Nagmaal): “… Verder, hoewel die sakramente (dus beide doop en nagmaal -slc) én die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie. Die goddelose ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sakrament nie. So het Judas en Simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie Christus, wat daardeur voorgestel word nie; Hý word slegs aan die gelowiges gegee.”

[2] “Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.” (Rom. 9:6-8). Bavinck gebruik die volgende terme om te onderskei: in foedere de foedere “Het verbond van de genade is één; en de uit- en inwendige zijde ervan, hoewel hier op aarde nooit samenvallend, kunnen en mogen niet van elkaar losgemaakt en naast elkaar gelegd worden. Er zijn zeer zeker kwade ranken aan de wijnstok, er is kaf onder het koren, er zijn in een groot huis gouden en aarden vaten, Matt. 3:12, 13:29, Joh. 15:2, 2 Tim. 2:20. Maar ons ontbreekt het recht en de macht, om tussen beide scheiding te maken; God zelf zal dat doen in de dag van de oogst. Zolang zij naar het oordeel van de liefde in de weg van het verbond wandelen, zijn zij als bondgenoten te beschouwen en te behandelen. Hoewel niet de foedere, zijn zij toch in foedere en zullen zo eenmaal geoordeeld worden. Zij zijn hier op aarde op allerlei wijze met de verkorenen verbonden; en uitverkorenen kunnen, omdat zij leden zijn van de Adamitische mensheid, als organisme niet anders onder Christus als hun Hoofd worden vergaderd tot één, dan in de weg van het verbond.” (Gereformeerde Dogmatiek, deel III, hfst. 7 par. 45, Het Verbond der Genade; 350)

[3] Die Gereformeerde Doopsformulier.

[4] Sien die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 34; Heidelbergse Kategismus, Sondag 26, 27.

2 thoughts on “BAVINCK: WIE IS ‘IN CHRISTUS GEHEILIG’ VOLGENS DIE EERSTE DOOPVRAAG VAN DIE ‘FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE DOOP AAN KINDERS’?

Add yours

    1. Hallo Wynand, ek is onkundig oor Augustinus se doopteologie, sal waardeer as jy my ‘n opsomming kan gee en/of verwysing gee om daaroor te lees, dankie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: