BELOFTEBOS, DIE GAY AGENDA EN GALASIERS 3:28

BELOFTEBOS, DIE GAY AGENDA EN GALASIERS 3:28

“Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.” – Galasiërs 3:28

‘n Week gelede het ek geskryf oor hoe Gal. 3:28 misbruik word vir die VIDA agenda. ‘n Teologiese professor wat skryf (beklemtonings bygevoeg):

“The research focuses on this biblical passage, because Galatians 3:28 has enjoyed considerable prominence in biblical research over the last 30 years. The passage has often been cited in church debates about slavery and racial discrimination, the ordination of women in ecclesiastical offices, gay and lesbian matters, and as the foundation for the equality of all people. … ”

‘n Week later, sien ons ‘n voorbeeld van hoe die Gay agenda ook hierdie vers vir ‘n sosiale agenda inspan, Siya Khumalo, ‘n gay aktivis skryf (beklemtonings bygevoeg):

“Nothing undermines South Africa’s Constitution more than the selectiveness with which some of us interpret and apply our holy texts. Consider Galatians 3:28. “There is neither Jew nor Gentile, neither slave nor free, nor is there male and female, for you are all one in Christ Jesus.” The “male and female” motif nullified there is that clung to by heterosexists who reduce this verse to a statement about salvation denuded of social consequences. “There are no favourites in the order of salvation,” they teach. But distorting or watering down the social implications of such texts is how Christian supporters of slavery, apartheid, anti-Semitism, Islamophobia and other prejudices have upheld hermeneutics of “othering” that decontextualise scriptures to their taste. The net effect of this theology is that it ends up being safer to seek love in secular spaces instead of sacred spaces.”

Die agtergrond vir hierdie opmerking oor Gal. 3:28, is die Beloftebos ‘wedding venue’, wat weens hul Christelike geloofsoortuigings nie huwelike akkomodeer tussen paartjies van dieselfde geslag nie, hulle het ‘n gay paartjie as volg geantwoord:

“Thanks for your mail and phone call and for taking the time to fill in the enquiry form. I apologise for the delay in answering your enquiry. “Unfortunately, we will not be able to host your wedding at Beloftebos on April 3rd 2021. The reason for that is that, based on our personal beliefs, we do not host weddings between couples of the same gender. “In a media statement on our website we try to explain where we come from and why we have decided this. “May both of you really have a very blessed 2020.”

Sien hierdie nuusartikel wat oor die saak verslag lewer:

Another couple disappointed after Beloftebos venue stands firm on LGBTQI+ weddings policy

Die artikel bevat ook ‘n verwysing na Beloftebos se media verklaring en standpunt oor hierdie saak wat by ‘n vorige geleenthedi ook ter sprake was, wat ek ook deels hier plaas:

“We, the owners of Beloftebos are Christians who seek to honour and obey God in everything we do, including the way in which we operate our business (the wedding venue). While the venue is available to people of all race[s], our Biblical conviction is that marriage is reserved for a life-long commitment between one man and one woman. This is a deeply held belief (not only for us, but for the vast majority of Christians around the world for over 2 000 years) and is a foundational part of our faith as Christians. “This belief in turn guides our venue’s policy. It is our conscience before God which prohibits us from hosting any other kind of ‘marriage’ on our property – not a fear or hatred of homosexual people (‘homophobia’) as we have unfairly been accused of.

For us, to host (and thereby enable, or celebrate) a same-sex ‘marriage’, would be to dishonour and disobey God – potentially with eternal consequences. This is too great a cost and if forced to compromise on our faith, we would have to ‘obey God rather than men’ (Acts 5:29). “At the same time, we appreciate and respect that South Africa is an open and democratic society where people are free to live their lives as they choose – including the right to conclude same-sex ‘marriages’. We respect this freedom of choice, and simply ask that our freedom of choice (to believe, and live our lives according to, the Bible) be respected also. Our Constitution does not require everyone to believe the same, and does not punish people for holding divergent beliefs and opinions.”

Teenoor hierdie bybelse liefdevolle verdraagsame getuienis van Beloftebos, wat by ons Christelike geloof wil bly staan (in die besonder oor die huwelik), en die vryheid binne die land se grondwet regmatig wil gebruik om hul besigheid in vryheid te beoefen volgens hul christelike geloof, sien mens ongelukkig in Khumalo se skrywe dat dit nie vir hom, vanuit sy standpunt gesien, bloot net gaan oor ‘diskriminasie’ en ‘n ‘opressive regime’ wat agter hierdie soort gevalle sit nie. Sy visier is gemik op wat hy die ‘DNA’ van ons land se geskiedenis noem, nl. die Christelike geloof self wat al 2000 jaar oud is, en ook hier in Suid-Afrika gevestig is al vir eeue onder al die volke (hoe gebrekkig ook dit baiemaal is). Die Christelike geloof is vir hom ‘homophobic’, dus deel van die wesentlike probleem.  Hy skryf daarom ook, waarin hy sommer ‘n klomp sake bygooi wat natuurlik – volgens hom – alles die Christelike geloof se skuld is:

“The Christianity that begets homophobia is the type once used to legitimise apartheid. Ignoring that the first non-Jewish convert to Christianity was a black eunuch, white supremacist Christianity vilified Jewish, black and gender non-confirming people to justify its abuse of power. It’s impossible to confront its racism apart from confronting its queerphobia because both are sponsored by the same inclination towards self-serving hypocrisy, and there’s no potting soil for hypocrisy to grow in better than religion. To the homophobe, a same-sex couple that practices love and community service can never be as morally good as a heterosexual couple that destroys social cohesion.”

Vanselfsprekend glo hy nie God se Woord leer dat homoseksualisme sonde is waarvan bekeer moet word, en nie gevier moet word nie, veral nie in ‘n huweliksfees nie (Rom. 1:26, 27; 1 Kor. 6:9-11; 1 Tim. 1:10; ens.). En, baie belangrik, beteken dit vir hom dat die tradisionele Christelike geloof wat nog glo dat God man en vrou geskape het, en dat ‘n huwelik alleen tussen ‘n man en vrou is, nie meer verdra moet word nie, ‘toxic ideas’ is. Hy roep op tot aksie, niks anders nie as onverdraagsaamheid teenoor mense wat anders as hy glo hier in Suid-Afrika en wie hy nie wil akkommodeer in die naam van ‘verdraagsaamheid’ in die post-apartheid SA nie, as hy ook ten slotte skryf:

“What happened at the Beloftebos wedding venue in the Western Cape isn’t just a same-sex couple issue; it’s a symptom of the ethical disorientation that colonial Christianity spun South Africa into, and I don’t think we’ll transform or heal the country, or get buy-in on its Constitution, until we come to terms with how that Christianity became and remains part of its DNA. Let us not wait until the next couple that’s turned away is a heterosexual one turned away on the basis of race to do the work. We are all at risk of being othered.”

Soos iemand anders inderdaad geskryf het: daar is niemand so onverdraagsaam as die … (sogenaamde) verdraagsames nie! (DA Carson)

Soos soveel deur die eeue gedoen het (2 Tim. 4:3,4), roep hy eintlik op tot niks anders as die vernietiging van die Christelike geloof soos dit aan ons oorgelewer is nie (Juda 3), ‘n ander god, ander jesus, ‘n ander woord moet nou geskep word, wat ons almal se sondes, insluitende die homoseksuele sondes sal akkomodeer en goedpraat. Weg met onder andere 1 Kor. 6:9-11, is die implikasie, weg met die Evangelie van Jesus Christus, wat oproep om van al ons sondes te bekeer en Hom te dien volgens sy Woord deur die krag van die Gees, nie volgens die … tydsgees nie.

Dit is al hoe duideliker dat die vervolging van die Here se kinders, sy kerke wat nog getrou wil bly, al meer gaan toeneem, en daardie vervolging gaan nie net kom van die wêreld nie, maar ongelukig ook die valse leraars en valse kerke (sien 2 Tim. 4:3,4).  Dit is natuurlik nie aangenaam nie, maar dit moet ons ook nie verbaas of onkant vang nie, want die Heilige Skrif leer self, 2 Tim. 3:1-4:5,

“1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
5 mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.
10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

Gebed en belofte
Laat ons bid vir Beloftebos en sy mense, asook alle medegelowiges en kerke wat, deur die Here se genade, wil ‘bly by (wat ons) geleer het’: Jesus Christus en sy Woord.  Laat ons in nederigheid, krag en waarheid van die Here se wet (norm) en evangelie (redding) getuig, tot eer van God Drie-enig, en, tot redding van ons almal in SA as sondaarmense, ook gay mense wat, soos ons almal, die evangelie van redding, bekering en bevryding nodig het, sodat ons God en ons naaste weer kan liefhê en dien  …. dit is ons enigste Hoop vir SA (Ps. 127:1; Joh. 15:5).

Aan die Beloftebos gelowiges, mag die Here jul opnuut versterk om aan te hou met julle getuienis, staan vas!, want, soos jul in jul verklaring getuig, wat ons met die Here en sy Woord maak, het ewige gevolge.

Ons Here Jesus belowe en waarsku self, vir ons almal, in Markus 8:

“35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
36 Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
37 Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: