Pro Regno Radio (PRR) Episode 3: Die wortels van ons Christelike Republikeinse Verset- en Vryheidstryd (deel 3)

Pro Regno Radio (PRR) Episode 3:

Die wortels van ons Christelike Republikeinse Verset- en Vryheidstryd (deel 3) 

PR Radio episode 1: Inleiding en agtergrond van PRR & Inleiding op die eerste onderwerp

Episode lys: PR Radio

Inhoud van Episode 3:  Daar word in die voorlees en bespreking van dr. GD Scholtz se hoofstuk (‘Die wortels van ons republikeinse beginsels’) in die boek ‘Die Republiek van Suid-Afrika’ in hierdie episode na die volgende sake gekyk ((bl. 18-21):

Die groot invloed wat die opstand van die Nederlandse volk teen  gesag van die Spaanse koning, vir die vryheidstrewe van die Afrikaanse volk. (bl. 18-21)

“Die Calvinisme het omstreeks 1550 ook sy verskyning in Nederland gemaak. Dit is daarheen gebring deur mense wat in die teologie van Calvyn gestudeer het. Hoewel hulle ‘n minderheid was, het die Calviniste hulle onderskei deur ‘n besondere aktiewe optrede.”

“So het die bekende Tagtigjarige Oorlog, wat eers in 1648 be-eindig is, begin. Twee strome het in hierdie stryd saamgevloei „die onze zake zijn toegedaan ofte deur liefde van de vrijheid ofte van de religie”. Die naam vir eersgenoemdes was „libertyne”, vir laasgenoemdes „Gereformeerdes” Albei groepe was dit met mekaar eens dat Nederland vry van vreemde gesag moes wees. Na buite kon hulle dus saamstaan en die stryd teen Spanje voortsit. Na binne was daar egter soms verskille en wel omdat hul beginsels nie steeds dieselfde was nie. By die libertyne het die klem op die staat geval, by die Gereformeerdes op die kerk. Die libertyn het die kerk as ondergeskik aan die staat gesien; die Gereformeerde het die staat as die beskermer van die kerk gesien.

Dit blyk wel die duidelikste uit die bekende artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis wat een van die belydenisskrifte van die Calvinistiese kerk geword het. Vir die libertyn was die burgerlike vryheid van belang. By die Gereformeerde wat so lank ‘n minderheid was, het dit weer om geloofsvryheid gegaan. Vryheid was dus op die banier van sowel libertyn as Gereformeerde geskryf. Saam was hulle verantwoordelik vir die snelle opkoms van die Nederlandse staat in die sestiende en sewentiende eeue.”

“Prins Willem I het met die Hugenote noue voeling gehandhaaf en so het hy ook met hul geskrifte in aanraking gekom. Dit het op hom groot invloed uitgeoefen.

Die „placaet van verlatinghe” het tot die stigting van die Nederlandse republiek gelei. Ofskoon hierdie republiek tot sy verdwyning in 1795 nooit ‘n demokrasie in die ware sin van die woord was nie, maar wel ‘n aristokrasie waarin die politieke mag in die hande van slegs ‘n betreklik klein deel van die bevolking gekonsentreer was, het daar in die Nederlandse staat nogtans dié mate van vryheid geheers wat nie elders in Europa aangetref is nie. Dit het van die republiek waarlik ‘n ligtende voorbeeld in die geskiedenis van Europa gemaak.

Wanneer daar oor die Nederlandse republiek uitgewei word, moet steeds in gedagte gehou word dat die demokrasie destyds nog maar in sy kinderskoene gestaan het. Nietemin was die mate van vryheid wat in Nederland geheers het, van so ‘n aard dat dit later een van die vernaamste stukragte geword het van die jong volk wat op Suid-Afrikaanse bodem ontstaan het. Van Nederland het die Afrikaner sy republikeinse tradisie en sy liefde vir vryheid geërf. Twee soorte vryheid is destyds reeds in Nederland aangetref.

Die eerste was vryheid van spraak … Die tweede was geloofsvryheid…”.

Die opname kan hier geluister word:

Aflaai: PR Radio Episode 3

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: