Polyander oor die Wet van God: Stellings 49-51
Geld die siviele wette van Israel nog vir vandag se owerhede en onderdane?
Sien ‘Polyander oor God se Wet’, deel 1 hier vir die inleiding en agtergrond van hierdie artikel asook die skrywer.
Ek plaas hierdie drie stellings van Polyander om daarop te wys dat ons te maklik ‘n groot deel van God se Woord afskryf asof dit niks vir ons tye, veral die burgerlike owerhede leer nie. Te vinnig word daar gesê die burgerlike oftewel siviele (of juridiese of politiese) wette van Israel het heeltemal verval (net soos die seremoniële wette), sonder om deeglik te onderskei wat gereformeerdes deur die eeue werklik daaroor geleer het. Daar is onder gereformeerde teoloë basiese eenstemmigheid oor:
- dat Christus die hele wet vervul en bevestig het.
- die drie-erlei indeling van die wet: morele/sedelike; seremoniële en die burgerlike (siviele/juridiese) wette
- dat die seremoniële wette nie meer bindend vandag is nie (sien NGB art. 25)
- dat die wet ‘n drieledige doel, gebruik en funksie het, nl. die siviele gebruik (usus politicus sive civilis), die pedagogiese gebruik (usus elenchticus sive paedagogicus); die normatiewe gebruik (usus didacticus sive normativus).
Daar is deur die eeue egter heelwat verskil, veral vanaf die twintigste eeu, oor die siviele oftewel burgerlike wette van Israel. Is dit totaal opgehef en geld geensins op enige manier vir vandag nie, of is daar basiese onderliggende ewigdurende beginsels in daardie wette wat wel nog bindend is en behoort te wees vir alle tye, dus ook vir owerhede en onderdane vandag?
Lees gerus hierdie twee artikels waarin ek reeds daaroor geskryf het, ook as konteks van die skrywe hier onder:
God se Wet vir vandag: ‘n paar opmerkings
Ek deel graag daarom hierdie 3 stelllings van Polyander (saam met aanhalings uit die belydenis, Postma, Totius, ens.), wat wys dat die gereformeerdes van die 17de eeu, die gereformeerdes van sinode van Dordt en die Statevertaling tydperk, en latere eeue, het baie versigtiger met God se wet omgegaan as ons tye. Vandag word te maklik groot gedeeltes van God se Woord in die OT ge-ignoreer of bloot afgeskryf as ‘net vir die OT tye’, veral waar dit spreek tot burgerlike owerhede en die maatskappy.”
Hier is Polyander se drie stellings oor die rol en plek van die burgerlike wette van Israel vir ons tyd (beklemtoning bygevoeg):
Die burgerlike wet
Stelling 49: Die burgerlike wet is die wette wat die pligte van die Owerhede en onderdane van die Israelitiese Burgerstaat in vaste burgerlike insettinge bepaal het, en dit met liggaamlike strawwe teen die opstandiges bekragtig het, volgens die maatstaf van de beide tafels van de Dekaloog, en vernaamlik van de tweede tafel.
Stelling 50: Die vernaamste nut daarvan was, dat deur nougesette onderhouding van die gebooie van die morele en die seremoniële wet, geregtigheid met godsvrug verbonde, onder die Jode in die besonder, sou heers.
Stelling 51: Die dinge wat in hierdie wette tot die algemene reg behoort, verplig nou ook alle soorte Owerhede en onderdane; maar die dinge van hierdie wette wat in die besonder tot die Joodse reg behoort het, het saam met die staatsordening van Moses tot niet gegaan.
‘n Paar aanhalings uit ander gereformeerde geskrifte wat hierdie siening ook verwoord:
“Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig.” – NGB artikel 25
“Ook het Israel se wel vir die burgerlike en sedelike lewe bepaald nie sy krag verloor nie. Die mosaïese’ wet het heeltemal te min aandag van die kerk gehad. Die teoloë los dit omdat dit ‘wet’ is en die juriste gaan dit verby omdat dit in die Bybel staan. Die herleefde belangstelling onder ons vir die verstaan van die wet is ‘n goeie ding.”- ds. J van Bruggen
“Die feit dat kerk en staat in die ZAR so naby mekaar gestaan het, het geen geringe invloed op die regswese gehad nie. Alle regterlike amptenare se protestantse kerkverbondenheid was byvoorbeeld ‘n belangrike kwalifiserende faktor. Regters moes mense wees wat ‘met alleen in Moses wetten geoefend is, maar wat Moseswet en Evangelie met een kostelijke aandag beproef en dagelijks ondersoek’. Wat wetgewing betref, wou die volk dat die wet “… die God en onse Schepper aan Moses gegeven heeft as basis van alle wette moes dien. … By die uitspraak het ‘n mens in die meeste gevalle kon merk dat die landdros goed bekend was met die burgerlike wette wat deur tussenkoms van Moses aan die Joodse volk gegee is, en dat die landdros van opinie was, dat hy nie ver uit die pad sou wees as hy ooreenkomstig die wette uitspraak sou gee nie.” – Die burgerlike wette in die ZAR
“Vr. 21. Wat verstaan wij door de burgerlijke wetten van God aan Israel gegeven? Ant. Die inzettingen, geboden en rechten, die Israel als een bijzonder volk in het land Kanaan betreffen, naar dewelke zij zich moesten gedragen in hun huiselijk en openbaar samenleven, in vrede en oorlog beide.
Vr. 22. Zijn wij onder het N. Testament ook nog aan die wetten verbonden? Ant. Voor zooverre zij Israel als een bijzonder volk betroffen, hebben zij nooit andere volken eene directe verplichting opgelegd; doch voor zooverre zij eene algemeen zedelijke strekking hebben, zijn zij zeker voor alle volken, dus ook — en vooral voor ons Christenen — de allerbeste wetten en voorschriften van recht en billijkheid.
Bijgevolg dienen Christenvolken zich naar dezelve te gedragen, en hunne staatsmannen en wetgeleerden dienden wel zorg te dragen, dat hunne wetten daartegen niet strijden, al is in vele opzichten het spreekwoord mutatis mutandis (andere omstandigheden vereischen andere wetten) hier ook in acht te nemen, echter voor zooverre zij eene algemeen zedelijke strekken hebben, staan zij met de Tien geboden gelijk, zijn zij daarvan, als ware het, eene nadere verklaring en toepassing; zij behelzen alzoo de verklaring van Gods eeuwigen wil. – Dirk Postma (eerste predikant en professor van die GKSA)
“Met die bewering dat ‘n gebod, (wat) in die Ou Testament gegee, afgeskaf is, moet ons versigtig wees. Vir so ‘n afdoende bewering moet goeie gronde aangevoer word. En as dit ontbreek, sal ons bewering nader gekwalifiseer of geheel prysgegee moet word. In die algemeen moet ons in verband met die burgerlike en seremoniële wette deur die Here aan Israel gegee, dit vasstel dat onderskei moet word tussen die bepaald Israelitiese vorm waarin die wetgewing tot stand gekom het en die algemeen geldende wese of kern wat daar ten grondslag lê.” – Totius (Versamelde Werke, deel 1, p.438. Beklemtoning bygevoeg)
“To them also, as a body politic, he gave sundry judicial laws, which expired together with the State of that people; not obliging any other now, further than the general equity thereof may require.” Westminister Confession of Faith 19:4
Sien dr. Greg l. Bahnsen se verduideliking van die ‘general equity’, in hierdie artikel:
The Westminster Assembly and the Equity of the Judicial Law
_________________________________
Bronne:
Over de wet van God, hoofstuk XVIII, bl. 152-158
Synopsis, deel 1, hoofstuk 1-11
Die Latynse teks van die Synopsis (35mb groot)
Leave a Reply