PRESIDENT PAUL KRUGER (SE PROFETIESE WOORDE?) OOR DIE BYBELSE ONDERSKEID TUSSEN KERK EN STAAT WAT GEHANDHAAF MOET WORD, OOK VIR ONS TYE
Prof. JA Du Plessis skryf as volg in sy artikel, “Kerk en Staat”:*
“Pres. SJP Kruger het in sy Presidensiële rede ter geleentheid van sy laaste inswering as president op 12 Mei 1898 ook die predikante toegespreek en gewys op die plig van die Staat om die Kerk te beskerm, maar ook hoe God aan elke instituut sy eie werksaamheid aangewys het, en dat die een nie op die terrein van die ander moet inbreuk maak nie.
Die President het onder andere gesê:
“Ons sal u eerbiedig en beskerm, ja, u selfs help en ondersteun om die Kerk op te bou; maar ook nie verder as wat God se Woord voorskryf nie, en weet, dat wanneer die aardse Regter so ver gaan om die interne regering van die Kerk aan te tas, hy dan besiel is met die gees van die Antichris, want dan betree hy die amp van Christus, wie die Hoof van die Kerk is.
As die wêreldlike mag dit doen, dan ein dit die toetsing reg van die duiwel toe, om die kerk in sy kloue te kry en die Godsdiens te vernietig.
God het hierdie Christelike Staat en ‘n Christelike regering ingestel, om die Kerk van buite te beskerm, en ook vir u eerwaarde predikante, maar as u buite die Liggaam (se taak beweeg), waar vir u gesê word: ‘Voed my lammers en pas my skape op’, dan tas u die politieke liggaam aan, en is u beset met die gees van die lug, en dan is u prediking nie ‘n lieflike prediking van die Evangelie nie.
Solank elkeen in sy eie werkskring bly, sal daar ‘n goeie samewerking wees en die Gees van God sal op ons rus en die Here sal ons seën.”
* (Bron: Prof. JA Du Plessis, Kerk en Staat, in: Koers in die Krisis, deel I, 1935, bl. 121, beklemtonings bygevoeg)
Eie opmerking: dit is hartseer, verskriklik hartseer, dat die Kerk van Christus (behalwe in baie klein uitsonderings), nou angstig bedelend wag op die president van die land, op ‘n Sondagaand van alle tye, om te hoor of hul ‘toestemming kan kry’ om eredienste hou of nie, en nie luister na die enigste Hoof van die Kerk, Jesus Christus, wat reeds beveel en gespreek het nie (Ps. 122; Matt. 16:18; 22:21; 28:18; Ef. 1:20-23; Hebr. 10:25, ens. sien die artikels hier oor die saak). …. dit het laat geword, baie laat geword vir die Kerk van Christus, wêreldwyd, maar ook hier in ons eie kosbare land, sien die waarskuwinge van Hos. 4:6 en Amos 8:12.
Mag die Here ons (baie) genadig wees! (Psalm 25:22), kom HERE Jesus, kom gou!
________________________________________________________
Bavinck oor die belangrike onderskeid tussen kerk en staat:
Die staat mag nie die kerk se vryheid inkort of inmeng in haar eredienste of kerkregering nie
Sien ook die volgende twee bronne oor Christus as die Hoof van die Kerk:
Christus as Hoof van die Kerk en die Presbiteriale Kerkregering
Die grondbeginsels van die presbiteriale kerkregeringstelsel
(veral hoofstuk 5: verhouding tussen die kerk en owerheid)
Leave a Reply