BAVINCK OOR MOSES SE WET VIR VANDAG SE KERK EN SAMELEWING


BAVINCK OOR MOSES SE WET VIR VANDAG SE KERK EN SAMELEWING 

‘n verwerping van beide die ‘liberale social gospel’ en ‘anabaptistiese antinomianisme’

Inleiding

Herman Bavinck het in 1891 ‘n lesing gehou oor hoe die Skrif, in die besonder die Mosaiese wet of reg, spreek tot sosiale vraagstukke, kerk en samelewing vraagstukke van sy dag. Hy wys op die wysheid van God se wet in die OT, wat ook gespreek het tot die sosiale vraagstukke van daardie tyd, en wys dan ook hoe dit behoort te geld en toegepas word in NT tye, in sy ‘ewige beginsels’ vir ‘gesin, maatskappy en staat’.

Ek plaas ‘n samevattende aanhaling hier onder waarin Bavinck dan wys hoe ons moet dink oor die OT, Moses se wet, verhouding OT en NT sonder om in baie detail in te gaan, ook vir ons tye waarin ons beide dwalinge van die eeue, ‘n ‘social gospel’ en ‘antinomianisme’ moet verwerp, ook in ons tye.

Eersgenoemde leer dat die Here net hier en nou ‘n politieke hemel wil skep, verlossing deur wetgewing, Jesus is bloot ‘n menslike sosiale hervormer vir hier en nou, die dwalinge van onder andere swart, wit, feministiese teologie, woke teologie, ens.

En dan is daar die antinomiaanse dwalinge van ons tyd, veral in kerke, dit kom tot uiting in verskillende vorme:

a) radikale antinomianisme: Jesus het ons nie net bevry van die vloek en verdoemenis van die wet nie, maar ook van die standaard en norm van die wet. Hy het nie net die gebruik van die seremonies en die spesifiek Israelitiese OT vorm van die wet afgeskaf nie, nee, Jesus bevry ons van die morele wet ook, die juridiese geregtigsheidswette beteken niks nie, sodat ons nou niks meer met enige wet iets te doen het nie. In baie mense se goedbedoelde maar onkundige ywer om redding deur wet te vermy en te bestry, verval hul in die ander uiterste, veragting van God se Woord, in die besonder die regmatige plek van sy wet vir die hele lewe (1 Tim. 1:8).

Die dwaling is dan: die ‘geredde anti-God-se-wet’ mens het nou deur ‘die gees’ sy eie wet en norm geword: Die ‘jesus wet’ het nou ‘God se wet’ vernietig en vervang, nie vervul en bevestig soos Jesus en Paulus self leer op sy regte plek nie (Matt. 5:17-20; Rom. 3:31; 13:8-10). Dit klink baie vroom, maar is net so gevaarlik en verkeerd as die dwalinge van legalisme, wettisme, ens.

b) bedekte antinomianisme: die wet van God as norm van reg en verkeerd, bind net gelowiges, nie ongelowiges nie. Die gelowige lewe persoonlik en in gesin volgens God se wet, maar in die samelewing moet die gelowige hul nie beywer dat God se wet as norm geld vir die hele lewe nie, die wet is net ‘n ‘persoonlike en kerk’ saak.  In die samelewing moet slegs ‘natuurreg’ geld, wat dit ook alles kan beteken.

Lees hier meer oor die wet, legalisme, antinomianisme, ens.:

God se wet vir vandag: ‘n Paar opmerkings

Wat is Antinomianisme en wat is die bybels-gereformeerde antwoord daarop?

Hier is Bavinck se aanhaling uit sy lesing:

“Die ou bedeling maak in die volheid van tyd vir ‘n nuwe bedeling plek. Die wese bly, maar die vorm verander. Nou dat die liggaam gekom het, verdwyn die skaduwees. Die wet word nie sommer net eenvoudig afgeskaf en tersyde gestel nie, maar dit word in en deur Christus vervul, en het daarmee haar einde bereik.

Die Nuwe Testament bevat daarom geen verdere wetgewing nie, wat dan deur die  Staat oorgeneem kan word en met gesag opgelê kan word nie. Maar, uit die Ou Testament word die ewige beginsels afgelei wat alleen die bestaan ​​en voorspoed van die gesin, die samelewing en die staat kan waarborg. En dit word geskrywe nie op die kliptafels nie, maar op die vlees tafels van die harte, en so word dit deur die gemeentes van die Here die sondige wêreld ingedra.

Nou staan ​​die redding van siele sonder twyfel in die Nuwe Testament sentraal. Deur die sonde is daar allereers gemeenskap met God verbreek, en is daardeur ook gevolglik die ware verhouding van die mens tot alle ander skepsele versteur.

Dus moet die mens in die eerste plek eers weer in die regte verhouding met God herstel word. Die kruis van Christus is dus die hart en middelpunt van die Christelike godsdiens. Jesus het gekom, nie in die eerste nie plek om die gesin en die samelewing en die staat te hervorm nie, maar om sondaars te red en om die wêreld te red van die toekomstige toorn.

Vir die redding van sy siel behoort die mens alles op te offer: vader en moeder, huis en grond, selfs sy eie lewe moet hy verloor, om die koninkryk van die hemel deelagtig te word, Matt. 6: 33. 16: 26 ens. En die nuwe versoende verhouding waarin die mens deur geloof in Christus tot God staan is van so ‘n betekenis en waarde dat alle ander verhoudings en onderskeidings verdwyn. In Christus is daar geen man of vrou, nie Griek of Jood nie, geen dienskneg of vry nie, Kol. 3:11.

Tog word daardeur die ongelykhede, wat op grond van die skepping onder mense bestaan, nie in hierdie aardse lewe uitgewis nie. Private eiendom bly, ​​die voorbeeld van die gemeente in Jerusalem word te veel op sy eie gebruik, en het ‘n te buitengewone karakter om die teendeel te bewys. Die verskil tussen ryk en arm, dienskneg en vry, ouers en kinders, regering en onderdane word te alle tye deur Jesus en sy apostels veronderstel en gerespekteer in hul woorde en dade. Veral 1 Kor. 7:17-24 leer duidelik dat selfs na sy bekering elkeen in die roeping bly, waar hy geroep is. Die verskeidenheid, volgens die wil van God in die teenwoordige skepping, word nie vernietig deur die Seun by die herskepping nie.

Verlossing verander egter sake. Uit die beginsel van versoening met God word alle ander menslike verhoudings ‘n nuut gereël en terug herlei na hul oorspronklike toestand. God is die eienaar van elke mens en al sy besittings. Die mens is slegs rentmeesters en moet eendag rekenskap gee (Lukas 16:2; Matt. 25:14ev.). …”

Bron vir volledige artikel en tekste:

Welke algemeene beginselen beheerschen, volgens de H. Schrift, de oplossing der sociale quaestie, en welke vingerwijzing voor die oplossing ligt in de concrete toepassing, welke deze beginselen voor Israel in Mozaisch recht gevonden hebben?”

Engelse weergawe: General Biblical Principles and the Relevance of Concrete Mosaic Law for the Social Question
Today (1891)

_______________________

Verdere Pro Regno artikels van of oor Bavinck

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: