Teen die postmodernisties-liberale kerk en wêreld, handhaaf die Bybelse Antitese
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” (Gen. 3:15)
“Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” (Matt. 4:4)
Ek luister onlangs na ‘n preek-lesing oor die baie belangrike onderwerp, sola Scriptura (die Skrif alleen) vanuit Matteus 4:11 met verwysing na die woord ‘Maar…’ waarmee vers 4 begin, waarin die prediker hierdie belangrike opmerkings maak met verwysing na die wesentlike belangrikheid vir gelowiges en die kerk van Christus om die ‘antitese’ tussen Christen en die Satan, waarheid en leuen, kerk en wêreld. ens., te handhaaf, en dit op elke terrein van lewe en denke, wat wesentlik is vir alle bekering en voortdurende reformasie. Dit is juis die totale gebrek aan ‘antitese’ prediking, katkisasie, opvoeding en onderwys, evangelie-verkondiging, lewenshouding en beskouing, ens., wat die verval van ons gesinne, gemeentes en gemeenskappe bevorder (beklemtonings bygevoeg):
“The first word is ‘But,’ and that immediately indicates that Jesus was contradicting the devil. That doesn’t seem very polite in our pluralistic society. But it is absolutely imperative if we are to see long-term change. I have met many liberals who are quite willing for you to tell the truth. Their attitude is, ‘If you want to believe that, that’s fine. That is true and good for you and this is true and good for me.’ But they get irate the moment you say, ‘But, what you are holding to is false.’ It’s that ‘but’ that gives antithesis.
And it’s the antithesis that gives power to penetrate culture.
Years ago Francis Schaeffer was warning the evangelical church that they would lose the culture battles unless they started maintaining antithesis. Antithesis is a sharp distinction between truth and falsehood, between A and non-A, right and wrong, light and darkness. We have lost the battle because postmodern thinking has infected the church. Postmodernism rejects antithesis. Schaeffer pointed out that you have not fully defended the truth if you only state what is true. You must also deny the truth of the opposite. You must oppose falsehood. That’s not politically correct. Anyway, Francis Schaeffer said,
‘To the extent that anyone gives up the mentality of antithesis, he has moved over to the other side, even if he still tries to defend orthodoxy or evangelicalism.’
That, my friends, is an indictment of almost the entire evangelical church of today. They need to hear that message. Let me read that quote again. Francis Schaeffer said,
“To the extent that anyone gives up the mentality of antithesis, he has moved over to the other side, even if he still tries to defend orthodoxy or evangelicalism.”
The modern church wants nice conversation, not debate. They want opinions to be freely stated, but no opinion to be called false. The word heresy has ironically become heresy. Church discipline is castigated. Intolerance is ironically no longer tolerated.”
Dit is wat Jesus ons leer in ‘antitese’ teen, en in die stryd teen die Satan, die leuens van hierdie wêreld, die oorblyfsels van die sonde in ons harte (HK Sondag 52), ons is vir of teen Hom, in alles wat ons is en het (Lukas 11:23).
Ons gereformeerde belydenis, in navolging van Christus en sy Woord, handhaaf die Antitese, ons glo, bely én verwerp van harte:
Ons bely in navolging van die Skrif (om ‘n paar voorbeelde te noem):
- nie net die absolute, onfeilbare genoegsaamheid van die Heilige Skrif nie, maar verwerp antiteties ook enige geskrifte of mense wat daarmee gelykgestel word, ‘want die waarheid is bo alles’ – NGB artikel 7
- nie net dat die enige ware God Drie-enig is nie, maar verwerp antiteties ook “die Jode, Mohammedane en sommige valse christene en ketters soos Marcion, Mani, Praxeas, Sabellius, Samosatenus, Arius en derglike, wat tereg deur die regsinnige vaders veroordeel is.” – NGB artikel 9
- nie net die geestelike wêreld, opstanding en ewige lewe nie, maar verwerp antiteties, dit is, “verfoei ons ook die dwaling van die Saduseërs, wat ontken dat daar geeste en engele is; ook verwerp ons die dwaling van die Manigeërs, wat sê dat die duiwels hulle oorsprong uit hulleself het en reeds van nature sleg is en nie sleg geword het nie.” – NGB artikel 12
- nie net die ware kerk nie, maar verwerp antiteties die valse kerk, wat aan “aan homself en sy besluit meer mag en gesag toe(skryf) as aan die Woord van God; dit wil homself nie aan die juk van Christus onderwerp nie; dit bedien die sakramente nie soos Christus dit in sy Woord beveel het nie, maar neem weg en voeg by na eie goeddunke; dit vertrou meer op mense as op Christus en dit vervolg hulle wat volgens die Woord van God heilig lewe en wat die valse kerk oor sy euwels, gierigheid en afgodery bestraf.” – NGB artikel 29
- nie net die verbondsdoop nie (ons en ons kinders), maar verwerp antiteties “die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel.” – NGB artikel 34
- nie net die heilige nagmaal nie, maar verwerp die Roomse Mis as “vervloekte afgodery” (HK Sondag 30)
- nie net die soewereine genade alleen uitverkiesing, en redding deur die geloof alleen nie, sonder enige van ons werke, maar ons verwerp antiteties die ketterye en dwalinge van Pelagius, Arminius, ens., daarom hoor ons heeltyd die Sinode van Dordt in navolging van die Skrif wat nie net ‘n uiteensetting gee van die ware verlossingleer in 5 hoofstukke nie, maar ook by elke hoofstuk byvoeg “Die Sinode verwerp …. die Sinode leer” – Dordtse Leerreëls hoofstukke 1-5 met ‘verwerpinge van dwalings’
As die bybelse antitese nie in alles gehandhaaf word nie, dan volg die sinkretisme, die vermenging van ons geloof met valse godsdienste of filosofieë en idees van hierdie wêreld, dus met die goddelose tydsgees met al sy ‘wysgeriges, gurus, sielkundiges, filosowe, positiewe denkers,’ ens. (1 Kor. 1:18-31; Kol. 2:8; 2 Tim. 3:1-9; 4:3,4).
Prof. HG Stoker skryf in waarskuwing reeds in die vorige eeu daaroor, in sy treffende lesing tydens die Stigtingsdag vieringe van 1952, onder die titel “Die Calvinisme as wortel van ons volksbestaan” (beklemtonings bygevoeg):
“Sinkretisme is in enger sin die vereniging van die Christelike met ‘n heidense godsdiens, maar in ruimer sin, soos dit hier gebruik word, die vereniging van geloofsinhoude of van stelsels of van lewens- en wêreldbeskouings of van lewenshoudings, lewenstyle, lewensgewoontes en lewenswandel wat op botsende grondslae, op botsende fondamente of op botsende grondbeginsels rus. Waar die Calvinisme in ons volksgeskiedenis voorheen op vreemde ‘ideologieë’ temperend en omvormend kon ingewerk het, daar het die vreemde ‘ideologieë’ vandag so aan krag en invloed gewen dat hulle hulself in ons volkslewe en teenoor die Calvinisme kan handhaaf. En juis omdat die Calvinisme wortel van ons volksbestaan was en nog grotendeels is, ontstaan in ons volkslewe die sinkretisme van Calvinisme en modernisme, van Christendom en moderne heidendom, asook van gereformeerde en nie-gereformeerde religie.
Ons volk wil op die betrokke onderskeie terreine en in die betrokke onderskeie kringe sy Calvinisme verenig met, onder andere, modernisme, humanisme, liberalisme, positivisme, scientisme, evolusionisme, materialisme, pragmatisme, nasionaal-sosialisme, ekonomisme, metodisme, irrasionalisme, eksistensialisme, en dialektisisme. Hy wil Calvinis en tegelyk iets anders wees. Die enigste rigting waarteen ons volk hom vierkant verset en waarmee dit (afgesien van enkele uitsonderlike gevalle) geen sinkretisme aangaan nie, is blykbaar die Kommunisme, wat in sy uitgesproke anti-Christelike en anti-godsdienstige karakter en op grond van sy gevaar vir ons naturellebevolking, moeilik met ons volk se Calvinisme verenigbaar is.
Maar afgesien hiervan: Sinkretisties is ons huweliks- en gesinslewe; sinkretisties ons skoolwese; sinkretisties ons maatskaplike lewe; sinkretisties is ons pers (met sy onverkwiklike sensasionalisme); sinkretisties ons politieke organisasies en ons volksbewegings en volksorganisasies; sinkretisties is ons ekonomiese lewe en arbeidersorganisasies; sinkretisties is verskillende staatswette; sinkretisties is ons wetenskaplike denke; sinkretisties is ons letterkunde; sinkretisties is ons sedelike lewe; sinkretisties sou selfs ons godsdienstige en kerklike lewe genoem kon word weens die vereniging van die gereformeerde godsdiens en belydenis met die metodisme en met die dialektiese teologie.
Dat die sinkretisme bevorder word deur die oorheersende invloed van die tegniek, deur die wêreldkontakte wat, onder andere, vervoer, die pers, die radio en die filmwese bring, en deur die huidige wêreldwye vervlegting van ons belange met die van ander volke – dit wil ek net noem.
Die gebrek aan bewuste antitese in ons volkslewe is maar die keersy van die sinkretisme. So sinkretisties as dit hier by ons toegaan, gaan dit by ander volke nie toe nie. Sinkretisme by ons is ‘n defaitistiese handeling waarmee die Calvinisme as wortel van ons volksbestaan hom nog probeer handhaaf teen die vreemde ,ideologieë’ wat vir hom te invloedryk is. En dis ‘n teken van swakheid. …”
Maar dan skryf prof. Stoker ook (hopende op God se genadige ingrype deur wedergeboorte, bekering en verdere reformasie deur sy Gees en Woord vir sy tye en ons tye en alle tye?), as volg:
“Nieteenstaande hierdie agteruitgang glo ek nog dat daar ‘n kern van ons volk is wat aan sy verlede ten volle trou bly en in die regte rigting voortbou. Ek glo nog dat daar ‘n tyd sal kom waarin God ons volk sal wakker skud tot ‘n stryd wat die so nodige antitese sal skep en die toegedekte antitese, die dubbelslagtige en dubbelhartige karakter van die sinkretisme, sal ontbloot en daardeur vernietig – ‘n stryd wat noodwendig op kerklike en godsdienstige terrein sal moet begin omdat die Calvinisme die geestelike wortel van ons volksbestaan is. Ek glo dit omdat die taak wat God aan ons volk hier in Suid-Afrika en ten bate van die hele Afrika gestel het, nog lank nie afgehandel is nie, ‘n taak waarin die stryd tussen Oos en Wes ‘n sentrale rol gaan speel. Dat God ons volk roep, blyk duidelik uit die roeping van ons volk in die huidige wêreldverwarring.”
Mag daardie woorde waar word, nie net onder die Afrikanervolk en ons kerke nie, maar onder elke volk, stam, taal en nasie in SA, in Afrika, in die ganse wêreld, dat sy kinders orals ‘n evangeliserende en dankbaar-gehoorsame invloed sal uitoefen, om mense te wys op die wet en evangelie van Christus (Matt. 5:1-20), alles tot sy eer: soli Deo gloria!
Maar alles begin, en, staan en val by waar ons met Christus en sy Woord deur sy Gees, staan: vir Hom en teen Hom, in alles, my ganse lewe, innerlik en uiterlik, op elke terrein van die lewe, het ek, het ons, Hom werklik lief, ken ons Hom werklik, dan kan dit nie anders as om ons lewens te begin verander nie, lees 2 Tim. 3:12 tot 4:8, biddend, soekend na sy wil daar waar die Here u geroep en geplaas het.
Gaan luister of lees gerus die preek-lesing van dr. Phillip Kayser waarna ek hierbo verwys het, waar hy basies woord-vir-woord Matteus 4:11 verklaar hoe dit toepaslik tot ons tye spreek, en hoe belangrik dit is om die regte Skrifbeskouing oftewel Woordbeskouing te hê wat tot die hele lewe spreek (sien ook sy ander werke en bediening hier).
Op die wonder en verwondering van die wedergeboorte as geskenk van God in Christus deur die krag van die Gees, kan nie anders as volg dat ons in navolging van die Psalmskrywer dit uitroep nie, en ons hele lewe lank soek:
“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.” (Ps 119:18)
JA, HERE open ons oë om die wonder van die koms van die Koninkryk in Christus, die weg tot saligheid in Christus alleen, reg te ken en te verstaan vir ons lewens, maar dan juis voortvloeiend daaruit, open my oë om te sien die wonders van u Woord vir al my verhoudings, vir ons lewens op elke terrein, om deur die Gees en Woord toegerus te word vir elke goeie werk, of ons eet of drink of wat ons ookal doen (1 Kor. 10:31; 2 Tim. 3:14-17), om Hom en ons naaste te dien in sy Koninkryk, totdat die volkomenheid van u Ryk kom met die wederkoms:
HK Vr. 123: Wat is die tweede bede? Antw. Laat u koninkryk kom. Dit is: Regeer ons so deur u Woord en u Gees dat ons hoe langer hoe meer ons aan U onderwerp; bewaar en vermeerder u kerk; vernietig die werke van die duiwel en alle heerskappy wat hom teen U verhef, en verder ook alle bose planne wat teen u heilige Woord bedink word, totdat die volkomenheid van u ryk kom, waarin U alles sal wees in almal.
_________________________________
Sien ook die volgende bronne oor die belangrikheid van Antitese, asook hoe die Bybel ons basis is om antitetiese geloof en lewens-en-wêreldbeskouing te bepaal:
British Reformed Fellowship: Conference on ‘The Antithesis‘:
1 The Idea of the Antithesis
2 The Antithesis and the Truth
3 The Antithesis and the World
Keeping God’s Covenant and the Antithetical Life – Prof. Herman Hanko (Online here.)
At War With the Word: The Necessity of Biblical Antithesis by Greg L. Bahnsen
“The antithesis between followers of God and followers of Satan is sovereignly inflicted as God’s judicial curse. This enmity is not only social but also intellectual in nature, and, therefore, to ignore it in our apologetic is to compromise the gospel. Without the ingredient of antithesis, Christianity is not simply anemic, it has altogether forfeited its challenge to all other worldviews.”
Scripture on the Antithesis, RB Kuiper
“This article is about the antithesis we find in Scripture and in this world, a antithesis between Christ and Satan, and between the believer and the unbeliever (church and world). This article also discusses Genesis 3:15.”
The Antithesis, Ronald Hanko
“This separation is spiritual. We are not called to come out of the world physically (I Cor. 5:10). That is the mistake made by those who become monks or nuns, or who forbid marriage or the eating of certain foods. The antithesis does not mean that we separate ourselves physically from the world around us or from the things of this world.”
Bybelse wêreldbeskouing, Julie 2022, al die lesings kan hier gekyk word: Pactum Institute
Die volledige program en lesings in geskrewe teks is ook hier beskikbaar: BW seminaar 2022
“Die kerk het die taak en opdrag om die soewereine Evangelie van Jesus Christus te verkondig aan alle volke en hulle dissipels te maak deur hulle te leer om alles te onderhou wat Hy ons beveel het (Matt.28:19). Dit behels om die ‘volle raad van God’ oor God, mens en wêreld, en hul onderlinge verhouding tot mekaar te leer, vir soverre God dit in sy Woord aan ons geopenbaar het. Deur die Woord en Gees moet ons ons hoe langer hoe meer in ons denke en dade onderwerp aan Christus se heerskappy. Dit behels ook om ons tydsgees te ken sodat ons dit meer effektief kan konfronteer met die Evangelie van Jesus Christus en die Christelike lewens-en wêreldbeskouing wat vir ons in die Woord geopenbaar is.”
Nog artikels oor lewensbeskoulike opvoeding en wet en evangelie.
Are We Stuck in the Reformation Period?: A Brief Diatribe
Remaining in the culture of the Reformation period without expanding our defense of the faith against modern insurgent movements bent on destroying our church, then we are in great danger.
“Neo-Marxists are re-creating history, inventing a new language, targeting the Christian family, and are seeking to eradicate the two sexes that God created in the Garden of Eden. Children are being chemically castrated and physically mutilated in order to change genders. A justice who sits on the Supreme Court who cannot define what a woman is. This is the tip of the iceberg, and worst of all it is seeping into the church through false guilt and misplaced pity. Or, perhaps, and just as dangerous, your church may be ignoring this monster altogether claiming that they are being faithful stewards by concentrating on “spiritual” matters. ”
Sien hier:
https://theaquilareport.com/are-we-stuck-in-the-reformation-period-a-brief-diatribe/
“It’s not what you hear from the pulpit that is the problem. You are probably hearing orthodoxy every Sunday. It’s what you don’t hear from the pulpit that concerns me.”