Na GKSA Algemene Sinode 2023:
Luister opnuut na die profetiese woorde van dr. Jac Howell in 2012
Gaan ons ons waarlik van harte en in daad
bekeer en reformeer oor VIDA sake?
“En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?” (Luk. 6:46)
Om te verstaan waar ons tans staan met VIDA in die GKSA, is dit goed om weer die verlede te gaan lees, spesifiek in 2012, om op opnuut te luister na dr. Jac Howell*, want die sake wat hy destyds treffend daar aangespreek het, is nog net so (en nog meer?) waar en relevant vir Sinode 2023, en ons tye, veral as hy die volgende skryf (beklemtonings bygevoeg):
“Die boek oor die vrou in die kerk wat voor Sinode 2009 gepubliseer is en wat die resultaat is van studie oor die vrou (of sy in die besondere amp mag dien al dan nie) is ook in die bovermelde proses gebruik. Heelparty broeders wat nie tot die gevolgtrekking kom dat die vrou in die besondere ampte kan dien nie, het ook meegewerk aan hierdie boek. Wat egter goed verstaan moet word, is dat baie se insette gevra is, maar dat die resultaat en wat gepubliseer is, die skrywers se siening is en weerspieël nie noodwendig die medewerkers se sienings nie. Nooit was daar ooreengekom om beide standpunte as ewe aanvaarbaar en as blote eksegetiese alternatiewe weer te gee nie. Die twee standpunte verteenwoordig duidelik twee uiteenlopende Skrifbeskouings. Die standpunt wat die vrou in die besondere amp wil bevestig, wyk af van geykte en gedeë Gereformeerde eksegese. Dit verteenwoordig dus ‘n Skrifbeskouing wat vreemd is aan Gereformeerde eksegese en behoort as sodanig afgewys te word (sien bygevoegde nota 1 hier onder, prof. Gert Jordaan se nabetragting na die ‘Geslagtelikheid in die Kerk’ GTV konferensie van 2008 – sien ook hieronder, slc)”
Vandag nog, probeer VIDA voorstaanders dit bloot ‘n ‘ou klein interpretasie-verskilletjie’ maak, wat dit nie is nie, daar is baie meer onderliggend op die spel, as bloot die bevestiging van susters al dan nie, as ouderlinge en predikante (sien my onlangse preek daaroor hier, net na sinode 2023, vir van die wesentlike sake wat op die spel is: Skrifgesag en Skrifbeskouing; God se skeppingsorde; rolle van man en vrou; huwelik en gesin as bousteen van die samelewing; kerkreg- en kerkregering, kerkorde terwille van die evangelie en kerkwees in die kerkverband; en ja, ongeag dat dit deur sommige VIDA voorstaanders aanhou ontken word: … as ‘geslag nie saakmaak in die kerk nie’, gaan dit later … soos bv. die NGK en ander afvallige kerkverbande al duidelik bewys het … ook nie saak maak in die huwelik self nie. As die ‘man en vrou’ van Gen. 1:27 en Matt. 19:4 en die ‘man van een vrou’ van 1 Tim. 3:2 en Tit. 1:6 nie meer ‘saakmaak’ nie, dan volg die gay agenda in die kerke, Rom. 1:18-32 wat gaan volg, want daar lees ons dat ‘geslag’ ook nie ‘saakmaak’ vir “…. hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.” (Rom. 1:25)
‘Teoreties’ is daar tans besluite teen die verkiesing van susters as ouderlinge en predikante [2009], daar is ‘teoreties’ besluit dit is ‘n wesentlike saak wat al die kerke moet handhaaf in ‘leer, diens en tug’ (2015), en daar is ‘teoreties’ alle beswaarskrifte afgewys teen 2009 en 2015 se besluite, met die sinodes van 2016 en 2018.
Met sinode 2023 is geen beswaarskrif teen hierdie besluite weer ingebring nie, so ‘teoreties’ staan dit ‘vas’ … maar daar is ook nie opgetree, tug toegepas teen VIDA gemeentes en hul optredes by die sinode nie, op verskillende wyses is VIDA gemeentes se wanordelike optredes gehandhaaf en ‘goedgekeur’, ook tydens die sinode self, waar vermaning en tug vereis is op die sinode self (KO artikel 43 … is geignoreer vir ‘n sekere gemeente se optrede tydens die sinode), maar dit het nie plaasgevind nie.
SO, vir alle praktiese [de facto] doeleindes word GKSA gemeentes met vroue ouderlinge verdra en geakkomodeer in die kerkverband, ongeag al die besluite daarteen ‘teoreties’ wat sogenaamd ‘vas’ staan, en hierdie wanorde en onvrede groei al meer (contra 1 Kor. 14:33-40, sien hierdie artikel wat wys op die kerkregtelike beginsels in hierdie teks, van toepassing juis op die VIDA krisis: Eiewillige ampsbeskouing lei tot eiewillige kerklike [wan]orde: ‘n Kerkordelike antwoord vanuit die Skrif (1 Kor.12-14) oor die vrou-in-die-amp kerklike wanorde saak.), en sal waarskynlik nog meer groei oppad na 2026.
Daar is in enkele gevalle in die verlede al tug toegepas op ‘n paar gemeentes oor die saak deur een klassis en een streeksinode, maar dit het wesentlik niks in die praktyk verander nie … alles gaan bloot voort soos altyd, een VIDA gemeente verskuif bloot van klassis en word aanvaar deur ‘n ander klassis (sonder advies en gesprek met die klassis waar die gemeente vandaan kom) … alles, asof daar nie leerbesluite geneem is in 2009 en 2015 en 2016 en 2018 nie, asof ons kerke nie ‘n kerkorde of kerklike weg het nie.
Vida verwante sake (behalwe vir een beskrywingspunt wat met meerderheid afgewys is omdat dit durf vra om die 2009 tot 2018 VIDA besluite konsekwent te handhaaf en toe te pas in ekumeniese gesprekke, eenheidsbande, ens. met ander kerke binne en buitelands), is nie behandel nie, en is uitgeskuif na die volgende sinode, DV, 2026.
Dit is juis daarom belangrik om opnuut dr. Jac Howell se destydse OPEBRIEWE te lees, sy lesing wat hy gehou het wat dit reeds in 2012 verduidelik het wat alles op die spel is, asook die reaksie daarop, en verdere skrywes daaroor.
Hopelik sal hierdie inligting lidmate, kerkrade, predikante, gemeentes ens. opnuut toerus om nie WEER te vergeet, soos ons dr. Howell se woorde in 2012 dalk al weer ‘vergeet’ het nie?
Sy skrywe help ons wat waarlik die GKSA liefhet, om opnuut te besef wat alles op die spel is oor hierdie wesentlike saak, die sake wat ek hierbo reeds vermeld het, maar dan ook al meer, soos een ouderling-afgevaardigde dit op die laaste dag in die 2023 vergadering genoem het, om ondersoekend oor te bid en te peins in verootmoediging … toe VIDA sake ‘uitgestem en uitgeskuif’ is na 2026…. :
“Is ons nog ware kerke van Christus saam in kerkverband, broers?”
… as, ja, as ons juis nie liefdevolle broederlike tug wil toepas op kerke wat na soveel geduldige liefdevolle vermaninge en oproepe oor soveel jare, nie wil hou by ons leerbesluite ‘volgens die Skrif’ oor die besondere ampte van ouderlinge en predikante nie? (sien NGB artikel 29, die derde kenmerk).
Hieronder is die verskillende bronne van 2012, lees dit biddend in die lig van die Skrif, en beantwoord dan Christus se vraag van Luk. 6:46, wat ook hierdie saak betref:
“En wat noem julle My: Here, Here (die Koning van die Kerk – slc)! en doen nie wat Ek sê nie?” (Lk 6:46)
________________________________________
1. DR. HOWELL SE OPEBRIEF 1
1.1 Die opebrief kan hier gelees word:
Ope brief aan die GKSA – dr. Jac H Howell (Heidelberg, Gauteng)
1.2 Toeligting lesing op die Opebrief:
2. REPLIEK OP DR. HOWELL SE OPE BRIEF:
Dr. Wim Vergeer, voorstaander van VIDA in die GKSA, het op dr. Howell se artikel destyds geantwoord, wat ek hier geplaas het, asook ander artikels wat daarby aansluit:
‘n Openhartige antwoord op ‘n openhartige brief
“Ek plaas dr. Wim Vergeer (GK Krugersdorp) se antwoord op dr. Jac Howell se Ope Brief ook hier op my blog. Die antwoord van dr. Vergeer spreek vanself en wys uit wat dr. Howell na verwys in sy Ope Brief, dat daar verskillende Skrifbeskouings is in die GKSA wat onversoenbaar is. Na dr. Vergeer se antwoord het ek ook twee replieke geplaas op sy skrywe, een deur oudl. Neels Malan (GK Kriel) en die ander een deur ds. Christiaan Jooste (GK Wonderboompoort).
Laastens is daar ‘n kort artikel deur myself: Die gebruik van sosio-historiese gegewens (die kwessie van die ‘Sitz im leben’ se rol in Skrifverklaring waarna daar in al drie skrywes verwys word.)
3. DR. HOWELL SE OPEBRIEF 2:
Opebrief 2 aan die GKSA – dr. Jac H Howell (Heidelberg, Gauteng)
“Gereformeerdes staan in 2012 voor ‘n kruispad. Wat gaan ons aan ons kinders nalaat?
Gaan daar nog ‘n Gereformeerde Kerk wees waar ons kinders en kleinkinders ‘n lewende lid van kan wees?
Op die ou end is dit in God se hand. Maar, jy en ek het steeds ‘n verantwoordelikheid. Daarom mag ons nie maar stilbly en akkomodeer omdat ons bang is om rimpels te veroorsaak nie. Daar kom ‘n tyd om standpunt in te neem. Die tyd is nou. Dit is tyd om “ja” te sê vir wat jy is. Jy is Gereformeerd. Onbeskaamd. Dankbaar. Dit is tyd om “nee” te sê vir dit wat nie Gereformeerd is nie, maar wat binne die GKSA as “Gereformeerd” voorgehou word.
En dit … sonder om andersdenkendes af te kraak. Steeds een met almal wat Christus en Christus alleen as enigste Verlosser en Saligmaker erken. Maar, dit beteken nie dat alle standpunte aanvaarbaar is en ter wille van die liefde (maar ten koste van die waarheid) verdra mag word binne een kerkverband nie. Weens die sondige verskeurdheid is daar verskillende hanteringswyses van die Skrif (verskillende Skrifbeskouings) wat die bestaan van verskillende kerkverbande ‘n voldonge feit maak. Tog het jy jou by die Gereformeerde Kerke gevoeg omdat jy glo dat die Gereformeerde leer (met sy onderliggende Skrifbeskouing) die waarheid volgens God se Woord verkondig.”
NOTA: sien ook byvoegings in die ‘comments’ afdeling hier onder.
__________________________
* Ten tye van sy skrywe was hy leraar van GK Heidelberg, later van GK Pretoria-Kandelaar. In daardie bedieningstyd, die hartseer, hy sterf saam sy vrou in ‘n motorongeluk in 2018, maar met die Troos vir ons van die wete dat hul ook veilig in die Here se Hande was en is.]
Sien die tragiese verval van die Gereformeerde Kerke in Nederland, Vrijgemaakt, soos dit hier verwoord word, dat onderliggend aan hul VIDA besluite, is ‘n ander nie-gereformeerde Skrifbeskouing: De Kerngroep bezinning GKv
Sien ook hierdie belangrike skrywe van prof. Jorrie Jordaan oor die VIDA verwante sake:
“MANLIK EN VROULIK IN DIE KERK” – NABETRAGTING OOR ‘N BOEK EN KONFERENSIE
Twee aanhalings:
“Kortom: Die boek Manlik en vroulik sê nie dat al die verstaansmoontlikhede wat voorgestel word waar of ewe waar is nie. Die boek sê ook nie dat kerke nou maar as gevolg van verskillende verstaansmoontlikhede in hierdie verband maar kan doen wat hulle wil nie. As kerke nogtans hierdie reaksie op die boek sou hê, sou die water inderdaad dieper wees as wat ons vermoed.
Daarom moet onderstreep word wat in 17.3.1 (p.202) van die Manlik en Vroulik geskryf is: “In hierdie studie word aanvaar dat God se Woord sy openbaring van die vasstaande, onveranderlike waarheid oor Homself, sy wil en ons verlossingsweg bevat. God weerspreek Homself nie in sy Woord nie, en gee daarom ook nie twee teenoorstaande ‘waarhede’ oor ’n saak nie.” Dit geld ook vir die waarheid wat God in sy Woord bekendmaak oor sy wil oor die rol van manlike en vroulike lidmate van sy kerk. Indien hierdie aanvaarde standpunt in Manlik en Vroulik nie duidelik genoeg na die lesers oorkom nie, roep ook hierdie saak om hersiening.”
“Uit bogenoemde getuienis blyk dit dus dat dit nie korrek is om die regulerende beginsel bloot as ’n vorm van Biblisisme af te maak, soos wat in 3.2.3.1.1 van Manlik en vroulik in die Kerk gedoen word nie. Ten minste moet daar meer genuanseerd oor hierdie beginsel gepraat word as wat in 3.2.3.1.1, 15.6 en 16.1.11 van die boek gebeur. Trouens, groter kundigheid oor die aangeleentheid sal die besef laat posvat dat dit wat met die beginsel bedoel word, in werklikheid nie vreemd aan die gereformeerde teologie en godsdiens is nie.
Hoewel die uitdrukking “regulerende beginsel” om redes wat hierbo genoem is waarskynlik moeilik in Gereformeerde kringe ingang sal vind, is die saak waaroor dit gaan tog nie by Gereformeerdes vreemd nie. Daarom stel Henry Sikkema (1999) voor dat eerder gepraat word van die “Bybelse beginsel” of “gereformeerde beginsel” van kerklike diens (“Scriptural principle of worship”; “reformed principle of worship”). Sikkema dui dan aan dat hierdie beginsel in sy wese niks anders wil sê nie as die Sacra Scriptura-uitgangspunt van die reformasie. Hy meen verder dat die beginsel in werklikheid net die Skrif en die gereformeerde belydenisskrifte nasê (Sikkema, 1999:8).
… [Nadat prof. Jorrie gewys het op die RB in NGB art.7, 32; HK v/a 96, skryf hy verder]:
Uit laasgenoemde artikel van die Nederlandse Geloofsbelydenis [art.32] is dit duidelik dat hierdie onderneming in die belydenis om God op geen ander manier te dien as wat Hy in sy Woord beveel nie, nie net vir die inrigting van die erediens nie maar ook vir die kerkregering en –orde geld (d.w.s. ook vir wie in die ampte dien – slc). Uiteraard het Calvyn met die Sola Scriptura-benadering en so ook die gereformeerde belydenisskrifte afwysend gestaan teenoor die bykomstige sakramente en ander praktyke wat Rome in die kerk ingevoer het.”
Byvoeging: Gereformeerde Kerk Meintjeskop (Sinode Terugvoer)
Gelei deur Ds. Ben Smit
Tydsindeling:*
0.00min: Opening met Skrif (Sag. 10:1-5), gebed en inleiding
14.00: sinode van skeiding: goed en sleg, verduideliking van verloop van sake oor VIDA vir GK Pta-Meintjeskop, klassis Pta-Moot, SS Pta, en dan na sinode 2023 (die oploop na die gebeure by sinode op dag 1 toe SS Pta uitgestuur is deur die roepende kerkraad (Bult), en hoe sinode 2023 dit verder hanteer het.)
28.00: kern van die VIDA probleem, wat op die spel is: Christusregering
35.00: Kerkblad besluite
38.00: Beswaarskrif geslaag teen dat sustentasie afhanklik is van Expando bediening en goedkeuring
40.00: TSP losgemaak van NWU, GTA opgerig om oor 3 jaar te begin
44.00: GKSA kan moontlike nuwe professore beroep vir GTA oor drie jaar?
47.00 Beskrywingspunt van SS Pta was moontlik ‘n voetfout, want dit is verkeerd gebruik deur sinode om weer VIDA saak uit te stel vir verdere studie
49.00 Uitsaai eredienste saak uitgestel vir verdere studie
50.00 Pad vorentoe vir GK Pta-Meintjeskop, die kerkraad het duidelike streep getrek om nie meer saam VIDA gemeentes te vergader nie
55.00 vrae en bespreking
1.25.00 Afsluiting
*ek het hierdie tydsindeling en onderwerpe bygevoeg – slc.
DR. GEORGE W. KNIGHT(1931-2021) SE ANTWOORD OP MY SKRYWE DESTYDS OOR DIE VERKLARING EN TOEPASSING VAN 1 TIM. 6:3-5 OP DIE VIDA-SAAK IN DIE GKSA
In 2011 het ek ondergenoemde brief vir dr. George W. Knight (OPC; GPTS, skrywer van ‘n standaard kommentaar op die Pastorale Briewe) geskryf, sien sy kort antwoord daarna:
—–Original Message—–
From: Slabbert Le Cornu
To: gwkiii
Sent: Thu, Mar 17, 2011 4:21 am
Subject: 1 Tim.6:3-5
Dear dr. Knight,
I met you once, when you were here in South Africa, I think it was 2008 with the conference on women in office in Potchefstroom. I later also contacted you to ask permission to translate your article on women deacons into Afrikaans. Thanks for that.
Our denomination (GKSA: Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika; Reformed Churches in South Africa), has decided in 2009 at our Synod, women can serve as deacons, but not as elders and pastors. Meanwhile, 3 churches did not accept the decision, and went ahead and installed women as elders in their congregations. One of those churches is part of our congregation’s part-synod and our local church has testified at 5 ecclesiastical assemblies against this ‘independentism’, and asked that these churches to be disciplined. But, nothing happened, these churches are accommodated and nothing will be done against their unbiblical stance and independent actions.
It seems that in practice at least, our denomination decided already to accept women in all offices, and one prominent leader of the pro women in office group said openly at a church assembly that whether our Synod decide in 2012 for women in all offices or not, his congregation will go ahead and install women as elders after Jan 2012.
So we are already in a Judg.21:25 situation (contra 1 Cor.14:40), and maybe even more so after our next Synod. These churches with others, will once again, plea for women in all offices at our next Synod, Jan.2012, and they will try and get a decision that says every congregation will have freedom to decide for themselves whether they want women elders/pastors or not, much like the CRCNA ?
I am struggling and praying about this issue, how to lead my congregation and advice others in this situation, if it will happen that women in office are officially accepted in our denomination. And, one of the passages I have been struggling with, is 1 Tim. 6:3-5,
1 Timothy 6:3-5 “3 If anyone teaches otherwise and does not consent to wholesome words, even the words of our Lord Jesus Christ, and to the doctrine which accords with godliness, 4 he is proud, knowing nothing, but is obsessed with disputes and arguments over words, from which come envy, strife, reviling, evil suspicions, 5 useless wranglings of men of corrupt minds and destitute of the truth, who suppose that godliness is a means of gain. From such withdraw yourself.”
I also have read your commentary on this passage in your commentary on the Pastoral Epistles, and with that as foundation, my exegetical and applicatory questions would be:
1. Am I correct to deduce that ‘part’ of the ‘doctrine which accords with godliness’, is the teaching of 1 Tim.2:11-15, i.e. that women may not teach or have authority over man?
2. That, if those who keep teaching women in office (that are not in accord with the ‘doctrine which accords with godliness’) are accepted with their false teaching as official doctrine of a denomination, and are protected by church assemblies, and that after faithful believers have testified for more than two decades against this false doctrine (since the late eighties), then the following verses not only becomes an ‘option’, but a ‘command’ to follow:
3. “From such withdraw yourself” (v.5b), i.e. depart from a apostasizing denomination that has officially embraced a teaching that are against God’s Word?
I would like to hear if my understanding and application would be correct for our situation?
Thanks
Greetings
Slabbert Le Cornu
From: gwkiii@aol.com
Sent: Thursday, March 17, 2011 7:51 PM
To: slabberto@gmail.com
Subject: Re: 1 Tim.6:3-5
Dear Brother Le Cornu,
Sorrowfully and sadly I think that your exegesis and application is following the teaching of Paul in that passage.
The question I would propose is where will you turn to for your congregation’s fellowship and membership?
Cordially in Christ,
George Knight
_______________
* Meer inligting oor dr. Knight, wat veral bekend is vir sy standaard NT kommentaar op die Pastorale Briewe:
https://gpts.edu/in-memoriam-dr-george-w-knight-iii-1931-2021/
The Pastoral Epistles in New International Greek Testament Commentary
https://www.bestcommentaries.com/book/3705/0802823955-the-pastoral-epistles-george-w-knight-iii
Byvoeging (2023): sien hier meer inligting en artikels van dr. Knight:
Die rol van vroue in die kerk
Vroue diakens?