BOEKRESENSIE: ‘N ONMISBARE GIDS
‘TEEN DIE REVOLUSIE, DIE EVANGELIE’
(Groen van Prinsterer se Ongeloof en het Revolutie)
deur Totius
“Kuyper sê êrens dat die Gereformeerdes in die Dordtse tyd nie meer as een-tiende van die hele Nederlandse bevolking getel het nie. Ten slotte is dit nie die getal wat tel nie. As diegene wat hulle Calviniste noem, in alle beslistheid Calviniste wil wees, kan ons nog die redding van ons volk tegemoetsien.” – Totius

Inleiding
Ek plaas Totius se resensie hier van prof. ds. H. Smitskamp se belangrike werk, Teen die revolutie die evangelie: Die betekenis van Groen van Prinsterer vir ons tyd (vertaal en verwerk deur prof. S. Du Toit, uit die Nederlands in Afrikaans).
Dit is ‘n kosbare geskrif, en daarom die resensie wat ook bemoedigend is vir ons tye, ongeag die ‘getalle oormag’ en groot verval van ons rewolusie tye, wat veral gesien word in die neo-marxistiese woke ongeloofskultuur wat die basis van kerk en staat probeer vernietig, naamlik die huwelik en gesin.
Groen van Prinsterer was ‘n begenadigde sterk getuie in sy tyd, en hy het ook nie sy getuienis afhanklik gemaak van ‘getalle’ nie. Beginsels bepaal getalle, nie getalle beginsels nie. Om Bybels te wees is juis om totaal relevant te wees, Noag was totaal ‘relevant’ vir sy tyd, nie hulle wat buite die ark was nie!
Baie van Groen se eie mense het hom ongelukkig ook vervolg en as ‘middeleeus’ gesien in hul tye, hom gewaarsku teen ‘isolasie en verkramptheid’.
En so sal dit wees met die Here se kinders wat vandag nog teen VANDAG se afgode, misleidings, valse kerke en valse profete, tydig en ontydig die evangelie van Christus verkondig, en terugroep na sy goeie wette as standaard van die ganse lewe, sien Matt. 5:10-20, sien 2 Tim. 4:1-9 … Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, dit is wat vir Demas wesentlik saakgemaak, nie of Paulus gepreek het ‘so sê die HERE’ nie, maar wat gaan die ‘wêreld en kerk’ van ons tye dink oor Paulus wat so ‘aanstoot’ veroorsaak teen die valse profete van 2 Tim. 4:3,4?
So gebeur dit ongelukkig met baie kerkmense ook vandag, soos 2 Tim. 3:1-13 al meer in ons tye waar word, lees dit oor en oor geliefdes, peins, en bid vir die Here se genade om staande te bly en te volhard tot die einde toe (Matt. 24:13)!
En die enigste antwoord vir ons, vir my, ja ons sieleheil, maar ook tydelike heil en toekoms, is die woorde van 2 Tim. 3:14 tot 4:8 (lees en peins en bid daaroor liewe broer en suster, en maak seker dit is die wese van u en u gesin en gemeente se lewe, Matt. 6:21!), vir elke gelowige, gesin, gemeente, gemeenskap, volke, lande, ens, sien daarom die waarskuwende uitnodiging en oproep van Ps. 2:10-12 en Joh. 3:36.
Sien ook Paulus se waarskuwende liefdevolle oproep aan Timoteus, en aan elke gelowige en elke kerkraad, en elke ampsdraer in 2 Tim. 1:7-9,
“Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie … Skaam jou dan nie oor die getuienis van ons Here of oor my … nie.”
Mag die Here ons en ons kerke genadig wees vir die huidig en toekomstige stryd wat voorlê, hou aan bid vir Ps. 25:22 ook vir ons kerke onder alle volke en alle plekke in die ganse wêreld.
Lees en leer saam uit Totius se samevattende boekbespreking van Groen van Prinsterer se werk, Ongeloof en Revolutie, soos saamgevat deur dr. Smitkamp.
Groen van Prinsterer oor die Bybel as die onfeilbare Bron en toetssteen van die hele lewe:
“Ek vestig jul aandag op die Bybel, op Geskiedenis en op politieke skrywers, oud en modern. Die Bybel is die boek van boeke, ook en veral in die anti-revolusionêre biblioteek. Moderne wysheid, selfs wanneer dit Openbaring nie heeltemal verwerp nie, is van mening dat die uitsprake daarvan nie op politiek toegepas kan word nie.
Ons, aan die ander kant, huldig, sonder om ‘n ensiklopedie daarin te soek, soos sommige gedoen het, die standpunt dat die Skrif die grondslag van geregtigheid en moraliteit, van vryheid en gesag vir private persone sowel as vir nasies en regerings bevat. Die Bybel, as dit opreg en biddend ondersoek word, is die onfeilbare toetssteen. Onvoorwaardelike onderwerping aan die Woord van God was nog altyd die waarborg van sowel pligsgetroue gehoorsaamheid as van pligsgetroue verset, van orde en van vryheid. Geen leerstelling van trotse selfvolmaaktheid of moedswillige libertinisme kan langs die uitsprake van Openbaring bestaan nie. Daar staan geskrywe! Hier is die byl wat elke wortel van revolusionêre misgroei afsny.”
Sien ook ‘n paar verdere aanhalings uit Groen se werk hier onder, na die artikel van Totius.
___________________________________
BOEKRESENSIE: TEEN DIE REVOLUSIE DIE EVANGELIE
Ons wens hiermee ‘n uitgawe aan te kondig wat ons soveel moontlik versprei sou wil sien.
Die tyd het gekom dat die Afrikaner ‘n ondersoek na die grondslae van sy volkslewe moet instel.
Wat is reg en wat is verkeerd?
As daar eenmaal op ongewisse grond gebou is, is die Afrikaner sy vastigheid kwyt en sal daar ontaarding intree weens volksvreemde invloede.
Die uitgawe wat hierby onder die aandag van al die lesers gebring word, dra as titel: Teen die revolutie die evangelie. Die ondertitel lui: “Die betekenis van Groen van Prinsterer vir ons tyd.”
Die skrywer is prof. dr. H. Smitskamp van die Vrye Universiteit.
Om die geskrif des te gemakliker by ons volk ingang te laat vind, het prof. dr. S. du Toit van die Teologiese Skool dit in Afrikaans oorgesit. Dit is egter geen oorsetting sonder meer nie. In oorleg met die skrywer en met die oog op die Afrikaanse leser is sowel vertaal as omgewerk, terwyl enigsins vreemde woorde tussen hakies verduidelik word.
Hierdie paar woorde van die vertaler plaas ons midde-in die betekenis van die geskrif. Dit lui:
“Tereg wys dr. Smitskamp daarop dat die woorde van Groen van Prinsterer na die tweede wêreldoorlog nog net so aktueel bly. Ons staan immers nog teenoor ‘n beliggaming van die revolusiegedagte en wel in ‘n nog afgrysliker gedaante. Groen het hierdie toestande reeds in die 19de eeu vooruitgesien. Hy het gewaarsku dat Europa ‘n puinhoop sal word as die revolusiegedagte en die verwerping van die Evangelie veld win. En daarom kan hy ook vir ons nog ,siener’ wees.”
Stryder teen die Ongeloof
Groen is so ‘n pragtige persoonlikheid. Vandaar dat skrywers geprobeer het om sy hoogstaande persoonlikheid in een formule saam te trek. Dr. Smitskamp noem hom „stryder teen die ongeloof”.
En dit was hy inderdaad.
In vier punte vat dr. Smitskamp die stryd saam:
1) Hy het gestry vir die Christelike Skool, want hy het aangetoon dat die ongeloof hom meester gemaak het van die onderwys.
2) Hy het sy kerklike aksie gevoer (nl. as lid van die Nederduits Hervormde Kerk), want hy het waargeneem dat die ongeloof, onder die naam van modernisme, in die Kerk ingedring het.
3) Hy het die geskiedenis bestudeer, want dit het vir hom duidelik geword dat die ongelowige wetenskap die voorstelling van die Nederlandse geskiedenis vervals het.
4) Ook het hy hom in die politieke stryd gewerp, want op staatkundige gebied het hy die toenemende invloed bespeur van die dwalinge wat voortvloei uit die ongeloof.
Groen het die verwyt moes hoor dat hy die lewe soek by die dode, dat hy ‘n reaksionêr is, ‘n dweper met middeleeuse toestande, ‘n duisterling wat enkele eeue te laat gebore is ! So het „die denkende deel van die nasie” oor hom gedink!
„En”, so vra dr. Smitskamp, „wat het daar oorgebly van die selfgenoegsame wysheid van die oorheersende liberalisme? . . . Maar na Groen word nog steeds geluister en weer opnuut geluister, ook deur hulle wat nie sy geesverwante is nie” (bl. 14, 15).
In hoë volksvergaderinge en elders hier in Suid-Afrika hoor ons ook, as vir C.N.O. geywer word: Julle wil na die middeleeue terug. En, leser, moenie dink dat hier by ons nie so ‘n ding soos
Liberalisme is nie. Lees maar hierdie geskrif noukeurig en u sal tot ander gevolgtrekkinge kom.
Getuienis gee
Groen was ‘n generaal sonder ‘n leer. So het hulle hom ook genoem.
Sal ‘n mens jou dan agter so ‘n eensame gaan skaar? Ons wil mos graag by die groot trop gereken word. Liewer dood as uit die mode! Dit is ‘n gesegde wat nog altyd inslaan en aanhangers werf.
Hoe het Groen hierteenoor gestaan? Hy het geweet dat as ‘n mens vir beginsels getuienis aflê, dan is „spoedige sukses uitgesluit”. Maar dan voeg hy daaraan toe: „Ook by die onguns van die omstandighede kan daar getuienis afgele word; hierdie voortdurende getuienis self is reeds kragtige praktyk”.
Pragtige geloofstaal!
Dan vra Groen: „Is die verkondiging van beginsels ‘n weinig betekenende werk?” Hy verwys na die wêreldomvattende en altyd nog voortdurende krag van die Franse Rewolusie van 1789. Maar hoe het dit begin? Met „geskrifte en gesprekke”.
Daarmee wil hy sê dat ons as gelowiges net so moet aanhou en uithou met ons getuienis.
Dit is Groen se woorde:
„Glo u dat daar in die geskrifte en gesprekke van die 18e eeu geringe krag tot voorbereiding van die Revolusie gele het? . . . Daar lê ook tans in vrymoedige belydenis van oortuiging ‘n vermoë waarvan die werking alleen bekend is aan Hom wat laat groei. Ons het lank genoeg gespreek en geskrywe, hoor ‘n mens soms: die tyd van handel is daar! Asof spreek en skrywe geen handeling is nie, en slegs die saaier niks doen nie!”
Laat ons „in die oog hou dat die heerskappy van die waarheid veld gewin het deur getuienis wat die krag gehad het om, waar dit nodig was, getuies tot in die dood, in die mees praktiese sin martelaars te wees”.
Van die krag van getuienis gee het die skrywer van hierdie reëls genoeg bewyse in sy lewe gesien.
Neem die Afrikaanse taal.
Hoe het hulle dié klein seun van ons gemartel! Selfs in die hoogste kerklike vergadering het hulle hom op die kop getik (‘n harde hou was nie eers nodig nie) en hom toegevoeg: „Wat maak die klein bog hier onder ons grootmense? Sluit hom uit!”
Neem die Afrikaner-Bond in die ou Kolonie. Dit wou eers nie groei nie. Maar standvastig is getuienis vir die goeie saak gegee, totdat die Transvaalse Vryheidsoorlog gekom het. Toé het die Bond eers gaan groei, soos die vader daarvan gesê het: Die Bond het op Amajuba wortelgeskiet. Dit danksy die ou Transvaalse nasionalisme.
Om na Groen terug te keer.
Hy sê: „Vir die getuie vind hierdie selfverloënende volharding sy beloning in homself”. Want „wat sou daar vir die Christen heerliker kan wees as om iets te voel van die woord: Die ywer vir u huis het my verteer! as om enigsins die eenvoudige beeldspraak van die Benediktyners te verstaan, nl. die brandende kers met die opskrif: Terar dum prosim (laat ek verteer word, as ek slegs van nut mag wees” (bl. 57 en 58).
Groen was generaal sonder leer. Maar nie lank nie of Kuyper het gekom, ‘n generaal met ‘n groot leer — die Antirevolusionêre Party.
Christelik-nasionaal
Groen wou die nasie se nasionale besef opwek maar nie volgens die Franse, uitheemse model nie. „Geen nasie is vry”, so het hy uitgeroep, „as dit nie ooreenkomstig die grondtrekke van die historiese volksbestaan geregeer word nie . . . Daar sal geen ander redding wees nie as deur terugkeer tot Christelike, historiese, Nederlandse beginsels”.
Deur die toepassing van hierdie waarheid het Nederland in die verlede groot geword. En ook die Suid-Afrikaanse volk sal nie anders aan sy bestemming kan beantwoord nie.
Christelik: „Uit die stryd vir die geloof’, sê Groen, „het die Gemenebes (Republiek) opgerys. Godsdienstigheid was die heersende en vormende trek van die nasionale karakter. Die godsdiens was, soos voorheen oral, die grondslag van die staat . . . Laat ons die onverskrokkenheid op slagveld en in raadsale sowel as op moordskavotte aflei uit die feit dat hulle bewapen was met die swaard van die Gees, met die Bybel.
„Hierdie Gereformeerde volksgeloof was, volgens die eienaardigheid van die sogenaamde Calvinistiese en Puriteinse rigting, in elke haglike tydsgewrig die steun van kerk en vaderland. Die Gereformeerdes, hier nie deur aantal magtig nie maar deur die onbedwingbaarheid van ‘n moed en volharding, uit geloofsvertroue en pligsbesef, het die kern van die nasie gevorm” (bl. 66).
(Kuyper sê êrens dat die Gereformeerdes in die Dordtse tyd nie meer as een-tiende van die hele Nederlandse bevolking getel het nie.)
Ten slotte is dit nie die getal wat tel nie. As diegene wat hulle Calviniste noem, in alle beslistheid Calviniste wil wees, kan ons nog die redding van ons volk tegemoetsien.
Vryheid. Is gehegtheid aan die Christendom die eerste van die tradisionele trekke, daarnaas staan die tweede historiese kenmerk van die Nederlandse volk: die Vryheidsin. Tussen die twee is daar samehang. „Vryheid en onafhanklikheid”, sê Groen, „is verkry en behou deurdat onwankelbaar vasgehou is aan die Woord van God.”
Meer kan ons hier nie aanhaal nie. Alleen moet vasgestel word die smartlike feit dat ons volk wel in prakties-politieke opsig in die laaste jare vinnig vooruitgegaan het; maar in godsdienstige opsig word dit, helaas, van sy ankers losgeruk. Die laaste tientalle jare het dit hard agteruitgegaan.
Isolement
Die skrywer van hierdie reëls herinner hom nog goed uit sy kindsheid dat in sy vader se studeerkamer, mooi uitgewerk, omlys en agter glas met groot letters die woorde gestaan het: „In mijn isolement ligt mijn kracht“. Onderaan die naam: Groen van Prinsterer.
Die opgroeiende seun was dus heeltemal vertroud met dié sinspreuk sonder dat hy eintlik die betekenis daarvan verstaan het. Eindelik het sy vader hom die vreemd klinkende woord isolement verklaar, en sedert het die krag van hierdie sinspreuk hom bygebly. In sy isolement, dus in sy afgesonderdheid, het Groen sy krag gesoek.
Oor hierdie lewensleus is Groen van bekrompenheid beskuldig. Ten onregte. Teen ‘n eenheid wat neerkom op die prysgewing van beginsels, het Groen sy sinspreuk gerig.
Verder was hy tot medewerking met ander bereid as dit Christendom en Vaderland tot redding kon wees.
Hy spreek van vrae wat in Europa „op die voorgrond kom waarmee die bestaan’ of nie-bestaan van godsdiens, reg en sedelikheid op die spel is; vrae waarby die onderskeiding van Katolieke of Protestante of Liberale of Konserwatiewe party op die agtergrond raak” (bi. 77).
Dan verlang Groen ‘n „vereniging van welgesindes, uitgaande van vrye werking, elkeen op sy standpunt …ten behoewe van godsvrug, sedelikheid, verkreë regte, nasionale selfstandigheid, in een woord van alles waarvan die hoe waarde, teenoor die gedrogtelike waanwysheid van die huidige dag, deur baie verstandiges en brawes in Nederland nog erken word”.
Toekoms donker
„Die toekoms is meer as ooit in donker wolke gehul”, sê Groen. Daarom het hy uitgeroep: „Laat ons moed hou! Moedeloosheid pas nie in die woordeboek van die Nederlander en Christen nie”.
„Namate die revolusiebeginsel veld win, word die toekomsperspektief somberder.” Wat sal Groen sê as hy dit moes beleef hoe die rewolusie nou lande verower het wat toe nog geen gevaarpunte was nie. Ons dink byvoorbeeld aan Rusland en China (bl. 87).
‘n Apokaliptiese geluid
Dit hoor ons ook by Groen: „Te midde van al die onsekerheid is daar vir die Christen sekerheid; veiligheid te midde van gevaar. Daar is die wederkoms van die Here”.
Beluister hierdie woorde van die profeet-staatsman aangaande die tyd van die wederkoms:
„Wanneer? As die evangelie van die Koninkryk in die hele wêreld verkondig sal word tot ‘n getuienis vir al die volke. Wanneer? As baie profete sal opstaan en baie sal verlei. Wanneer? As die ongeregtigheid vermenigvuldig sal word, sodat die liefde van die meeste sal verkoel. Wanneer? As daar groot verdrukking sal wees, soos daar van die begin van die wêreld nie gewees het nie. Wanneer? As julle hoor van oorloë en opstande, van groot aardbewinge en hongersnode en pessiektes”.
In hierdie profetiese trant gaan Groen nog verder deur. Lees maar wat op bl. 89 staan.
Mag die boekwerk in die hande van duisende gevind word!
Vir baie lesers sal dit miskien gerade wees om die laaste helfte eerste te lees. Dan sal wat voorafgaan, makliker wees om van woord tot woord te volg.
Bron: Die Kerkblad, no. 1127, 7 April 1950.
________________________________________
Sien ook die volgende bronne van en oor Groen:
Engelse vertaling: Unbelief and Revolution
‘n Paar aanhalings uit Groen se boek:
“I have in mind the conduct of King Frederick William IV of Prussia. Without presuming to pass judgment upon the timeliness and propriety of convoking the United Diet, I do note the contrast between historical and revolutionary constitutional law, genuine and apparent freedom, modern constitutions and traditional rights, denial and adoration of Him who rules the willing and the unwilling. I do rejoice when one of the most powerful monarchs, surrounded by the inhabitants of the land, avows with solemn gravity and touching simplicity his intention to serve the Lord; when he regards the will and ordinances of God as the foundation of authority, the guide for his duties, the indestructible guarantee of princely responsibility; when he pays heed not only to the independence but also to the limits of a sovereign lord’s authority; when he has no wish to aspire to revolutionary omnipotence which is so easily smuggled into the hands of ‘constitutional government.’ I do rejoice when he is sincerely intent on granting those liberties and guarantees of which liberalism gives only the counterfeit.”
“I conclude with the declaration that, over against all the wisdom of men and in awareness of my own frailty, my motto consists of two words that assure me of victory: It is written! and It has come to pass! — a foundation that will stand against any artillery, a root that will hold against every whirlwind of philosophic unbelief.
History—which is also the flaming script of the holy God.
Scripture—which is also the historical Scripture since what comes to pass is inseparable from what is taught. History—as it is formed, not just by the succession of deeds, but especially by the unfolding of ideas.
History—as it receives its beginning and meaning and direction and unity from the facts of Revelation. Scripture—as it gives the law to scribes, in the foolishness of the Cross confounding the wisdom of the philosopher with the humble faith of little children.
Scripture—as it bears witness to the Lamb that was slain, to the rod out of the stem of Jesse and the unconquerable Lion from the tribe of Judah, David’s son and David’s Lord, God and man, Mediator or Judge, who after holding out the staff of grace in vain, has in His hand a rod of iron to smite a stiffnecked people.
History and Scripture—as they in unison, under the forfeited blessing of that Lord whose longsuffering exceeds all calculations, direct the penitent sinner to Him who has revealed Himself in all the glory of His perfections also on Dutch soil; Whose promise and threat, Those that honor me will I honor, but those that despise Me shall be lightly esteemed, was fulfilled in the far-reaching blessing by which a nation that was hardly a nation was elevated to a first rank among the Powers, and in the far-reaching humiliation and misery which the denial of His holy Name has brought upon an ungrateful posterity; Whose word of warning, I will destroy the wisdom of the wise and will bring to nothing the understanding of the prudent, is seen today, after so much puffed-up arrogance on the part of an unchristian political theory and political practice, in the vanity of its sparkling water bubbles; in a condition the sad reality of which is admitted by all, regardless of their views; in that general frame of mind for which it is difficult to find an appropriate name; in that somber physiognomy of the times whose every feature is a mark of the powerlessness of men who fancy themselves autonomous: apathy for all that is rightly called good and great; disregard for former excellence and splendor; a restless impotence, a moral enervation and paralysis, a weariness and listlessness which, depending on whether men seek out or shun the forsaken fountain of life, precedes the healing of a repentant nation or else, when the goodness of God does not lead men to repentance, heralds the destruction of a rebellious people.“
“I would have you notice one point in particular. Just as all truth rests upon the truth that is from God, so the common foundation of all rights and duties lies in the sovereignty of God. When that Sovereignty is lost, when God is denied or (what amounts to the same thing) banished to heaven because His kingdom is not of this world, what becomes then of the fountain of authority, of law, of every sacred and dutiful relation in state, society and family? what sanction remains for the distinctions of rank and station in life? what reason can there be that I obey and another commands? that the one is needy, the other rich? All this is custom, routine, abuse, injustice, oppression. There can be, despite all social diversities, no real differences among men.
Eliminate God, and it can no longer be denied that all men are, in the revolutionary sense of the words, free and equal. State and society disintegrate, for there is a principle of dissolution at work that does not cease to operate until all further division is frustrated by that indivisible unit, that isolated human being, the individual— a term of the Revolution’s naively expressive of its all-destructive character.”
Resensie: The Political Consequences of Unbelief: a review of Groen van Prinsterer’s “Unbelief and Revolution”
https://af.wikipedia.org/wiki/Rewolusie
http://vcho.co.za/wp-content/uploads/2018/01/Wat-is-Revolusie-Van-Prinsterer.doc
Calvinisme as wortel van ons volksbestaan
R&R: “Teen die Revolusie die Evangelie”
TEEN DIE REVOLUSIE, DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS!
Strategic Narratives: Groen van Prinsterer as Nineteenth-Century Statesman-Historian, dr Adi Schlebusch
The Legacy of Groen van Prinsterer
“Following the Biblical tradition of Augustine and Calvin, Groen articulated an independent Christian position based on the infallible Bible and a perception of the fundamental antithesis in history between the City of Man and the City of God. Stress was put upon the conversion of the heart to Christ, the importance of the Reformation heritage for the modern world, and the Kingship of Christ over all aspects of created reality. In this statesman’s view, the spiritual antithesis is between the gospel and humanism, while the historical antithesis is between the Reformation spirit of historical obedience to God’s standards and the Revolution’s spirit of modern secular indifference to Biblical norms. Due to his independent position based on the Bible, Groen differed from the conservatives of his day who opposed revolutionary change with a vague, scholastic notion of Natural Law.“
How an Obscure Dutch Historian Helped Me Understand 2019
Good Neighbours verkoop Groen se boeke.
“Due to his independent position based on the Bible, Groen differed from the conservatives of his day who opposed revolutionary change with a vague, scholastic notion of Natural Law.“
Gereformeerdes ontken nie die regmatige rol en plek van ‘natuurlike openbaring’, ‘natuurreg/wet’, ens nie, soos bely en verwoord in bv. NGB art. 2, wat in die mens ingeskape is, maar dit is nie die finale en hoogste bron en onfeilbare standaard van leer en lewe nie, nie binne of buite die kerk nie, dit kan die Bybel as onfeilbare bron en standaard alleen wees.
In NGB art. 14, 25, 36; HK So. 31-44 en veral DL 3/4.4 leer ons in navolging die regte plek van die ‘lig van die natuur’ in verhouding tot die Skriftuur/geopenbaarde Woord van God, naamlik dat veral na die sondeval en gevolge daarvan, die mens “in natuurlike en burgerlike sake hierdie lig nie reg gebruik nie. Hoe ook al, veeleer verduister hy dit heeltemal op verskillende maniere en bedek dit in ongeregtigheid. Omdat hy dit doen, is daar voor God vir hom geen verontskuldiging nie.”
Daarom volgens God se bevel (Ps. 119; Pred. 12;13,14), Christus se bevestiging en handhawing van sy geopenbaarde Woord (Matt. 5:17-20; 22:37-40), is God se geopenbaarde Woord, sy wet en evangelie, die enigste onfeilbare Bron en standaard waaraan alles, dus ook die ‘natuurreg’ gemeet en getoets moet word.
Die meeste wat gesê kan word van natuurreg in terme van etiek en moraliteit is: fons est sed non Fons (dit is ‘n bron, maar nie die Ps. 36:10 Bron waardeur ons na alles kyk en alles meet nie). Daarom laat ons bly by die Skrif wat ons ‘sola et totat Scriptura’ (die Skrif alleen, en die hele Skrif) leer vir die ganse lewe, waarin die ware kerk deur die eeue en die Reformasie in die besonder gestaan het (Op. 12:17).
Alleen met daardie onfeilbare basis en bron, kan ons dan deur Gees en Woord semper reformanda (aanhou reformeer) najaag in ons ganse lewe, met hart, siel en verstand, in liefde tot God en ons naaste (Matt. 22:37-40)