Wanneer ‘geslag nie meer saak maak nie’: van VIDA na homoseksualisme na pedofilie

Wanneer ‘geslag nie meer saak maak nie’: van VIDA na homoseksualisme na pedofilie

Inleiding
Ja, wanneer God se skeppingsorde, dat Hy man en vrou geskape het (Gen. 1 en 2; Matt. 19:1-12), nie meer saak maak nie, dan volg die een dwaling na die ander, van kwaad na erger (Op. 22:11).

Alles is op die spel:

Godsbeskouing: het God ‘n mens homoseksueel geskape, met homoseksuele begeertes, of, ‘n ander man as egbreker geskape, met egbreek wellus in sy hart, of een met ‘n ‘pedofiel oriëntasie’, en dit is alles reg, ‘baie goed’ (Gen. 1:31) … solank hy dit net nie ‘doen’, beoefen, uitvoer in dade nie, of is al drie daardie voorbeelde, dus egbreek, pedofilie en homoseksuele gedagtes/begeertes (wat sommiges noem ‘oriëntasies’?) en die dade wat daaruit vloei, sonde, waarvan bekeer, en teen gestry moet word, in en deur Jesus Christus se oorwinning oor die sonde, wêreld en die Satan (Rom. 6-8)?

Skrifbeskouing: is God se Woord ons hoogste gesag oor leer en lewe, wat reg en verkeerd is, lig en duisternis, sonde en gehoorsaamheid, geregtigheid en ongeregtigheid, of bepaal die tydsgees, en die wysheid van die wêreld wat nou reg en verkeerd is (1 Kor.1:1-31)? Is bv. Rom. 1:18-32 en 1 Kor. 6:9-11 God se onfeilbare ewige Woord en wil vir alle mense en alle tye, of is dit bloot mensewoorde, menings en opinies wat opsy moet staan vir sogenaamde ‘nuwere kennis’ wat ons nou ‘anders’ laat dink en glo?

Christusbeskouing: in die woorde van HK Sondag 11, is Christus ‘n ‘volkome Verlosser’ of net ‘n halwe verlosser? Dus Hy red ons vir die ewigheid, ons regverdiging, maar nie tot ons heiligmaking nie. Hy is Verlosser, maar nie ook Koning nie. Glo ons nog werklik Rom. 6:1-4 en verder, dat as Christus ons verlos, verlos Hy ons ook van die mag, vloek en binding van die sonde, sodat ons nou hoe langer hoe meer vir hom kan lewe (1 Kor. 6:9-11)?

Hoekom soek mede-sondaars spesiale voorkeur as dit by hul sonde van homoseksualisme kom, spesiale voorkeur behandeling, of vrywaring? Al ons  sondes, innerlik en uiterlik, in die hart of dade, moet gehaat en teen gestry word, nie geregverdig word of goedgepraat word nie. Want, as ons nie weet hoe groot ons sonde en ellende is nie, kan ons nie weet hoe groot ons verlossing in Christus is nie, anders kan ons nie almal saam uitroep nie:

Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (Rom. 7:24-25)

Ja, ‘geslag maak nie saak’ as dit by ons redding kom nie, God red mans en vrouens, jonk en oud, onder alle volke, stamme en tale (Gal. 3:28; Op. 5:9), maar sy reddingswerk in Christus, vernietig nie geslagsonderskeid nie, vernietig nie man en vrou wees nie, maar heilig elkeen in sy diens, soos God se Woord openbaar.

Van VIDA na homoseksualisme na pedofilie

Ek het reeds baie geskryf teen die gay agenda, asook om te wys hoe die VIDA agenda (geslag, d.w.s God se skeppingsorde van man en vrou, maak nie saak in die kerk nie), lei tot die homosekuele agenda (geslag, d.w.s., God se skeppingsorde van man en vrou, maak ook nie saak in die huwelik nie), sien spesifiek hier:

Romeine 1: Van die VIDA plan na die HIDA plan

Na aanleiding van die NG kerk se moderator Nelis Janse van Rensburg, wat nou erken dat hy pro-gay is, het daar heelwat artikels verskyn wat ook wys op die skakel tussen die homoseksuele agenda en die pedofilie agenda. Ek verwys u na daardie skrywes, asook ander relevante skrywes oor die onderwerp, insluitende ‘n paar oorsese skrywes :

Nelis Janse van Rensburg erken hy is pro-gay

“Vir homoseksuele mense om te floreer, moet hulle seksualiteit myns insiens gelykwaardig aan heteroseksualiteit beskou word. Dieselfde standaarde en waardes met betrekking tot leer en lewe moet vir alle persone geld, ongeag hulle seksuele oriëntasie.”

My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte

Die skrywer is dr. Chris van Wyk, wat getuig teen ds. Janse van Rensburg se standpunt, waarin hy o.a. skryf:

“Anders as wat jy beweer, is seksuele oriëntasie nie iets waarmee ‘n mens gebore word nie. So lees ek in wetenskaplike artikels. Dit is iets wat ontwikkel aan die hand van jou ervaring van aangetrokkenheid tot ander mense. Dit word met puberteit al hoe duideliker. Jou fisiese, emosionele, seksuele en romantiese aangetrokkenheid speel alles ‘n rol. Seksuele oriëntasie kan daarom moeilik sonder meer as ‘n gawe van God beskryf word, soos jy dit doen. Dit staan nie só in die Bybel nie. Dit is dus nie deel van God se openbaring aan ons nie. Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as ‘n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges. ‘n Mens sou pedofilie dan ook as ‘n goeie gawe van God moet beskryf. Iets wat moeilik in ’n geloofsgemeenskap gedoen kan word.”

Ope brief aan Hennie Pienaar, geskryf deur ‘n eks homoseksuele pedofiel)

“Nie alleen het God my georiënteerdheid tot dieselfde geslag verander nie, maar ook my georiënteerdheid tot die ouderdomsgroep na wie toe ek aangetrokke was. Jy sien, ek was ‘n homoseksuele pedofiel. En God het ook daardie komponent van my oriëntasie kom verander. Net soos jy, het ek nie hierdie homoseksuele-pedofiliese oriëntasie gekies nie. Jy verwys mos graag daarna dat ’n mens se  oriëntasie jou kern identiteit is.”

(nota: proponent Hennie Pienaar het vir dr. Chris van Wyk aangekla by die Menseregte kommissie oor sy skrywe teen die NGK moderator. Sien ook Andre Bekker se skrywe: Opebrief aan NGK leraars)

Wetenskaplike Gebrabbel in Leketaal – Ope Brief aan die Moderatuur van die NG-Kerk

“In a time of universal deceit, telling the truth is a revolutionary act” ~George Orwell

As ’n persoon wat eens ’n homoseksuele pedofiel was, volg ek die gebeure, soos dit hulleself tans in die NG Kerk afspeel, met groot belangstelling en diep bekommernis. Dit verstom my om te lees dat prof. Juan Nel kan sê: “We strongly reject Dr Van Wyk’s statement that homosexuality and pedophilic disorder are related; sexual orientation and sexual interest are not the same or even comparable.”

If Pedophilia is a Sexual Orientation, Now What?

“If you think it sounds outlandish that pedophilia might be normalized in this way, you wouldn’t be alone. Most people feel moral revulsion at the prospect of such a thing. But this book appears to be questioning the “ick factor” associated with pedophilia. Is the “ick factor” just an aesthetic preference or an intuition about a moral absolute? If it’s just an aesthetic preference, then it can’t always in every case be wrong. At least that’s the logic.”

Is same sex attraction sinful?

“Same Sex Attraction is a “Vile Affection

Homosexual desire is not analogous to heterosexual desire. Man desiring woman is not sinful in itself because that is the way God made men (Gen. 2:18; 3:16). Man desiring man is sinful in itself because it is not the way God made men, so Scripture calls it “vile affections” (Rom. 1:26). Heterosexual desire is often sinful because it is misdirected in a particular or excessive way (e.g. toward a particular woman who is not one’s spouse), not because it is sinful in essence; but homosexual desire is sinful in its very essence, just as pedophile or bestial desires are. Whether homosexual proclivity is innate in some people or acquired, the proclivity itself is “against nature” (Rom. 1:26) and must be repented of. This is not true of heterosexual proclivity, which is natural and good by God’s design.

The affection for the opposite sex is a natural and good inclination of the human mind, because that is how God made men and women (Gen. 2:18; 3:16). The affection for the same sex is an “unnatural” and “vile affection” (Rom. 1:26) of the human mind because it militates against God’s design for human sexuality. Same sex attraction is sinful in itself while opposite sex attraction is not.

Opposite sex attraction only becomes sinful in two ways: 1) when the passions are aroused in an excessive way, what the Bible calls “inordinate affection” or “evil concupiscence” (Col. 3:5), or 2) when it is misdirected to an inappropriate particular object, such as toward a particular woman who is not one’s spouse (Deut. 5:21; Ex. 20:17). It is not sinful in the abstract, nor when husbands and wives are attracted to each other, but same sex attraction can never be lawful in any circumstance.”

Paul’s Understanding of Sexuality

“A “gay Christian” is a contradiction in terms. One may identify as “gay,” one may identify as “Christian,” but one may not identify as both at the same time. .. In summary, Paul identifies in 1 Cor 6:9 male same-sex behavior as sinful. He places none of the qualifications or limitations upon that behavior for which some in recent times have pled. There is, in other words, no category of acceptable or virtuous same-sex behavior in Paul’s thinking. Paul furthermore recognizes that what may attend such behavior is the conscious blurring of culturally discernible lines between masculinity and femininity.”

Die kerk: Hospice of rehabilitasiesentrum?

“Die skeidslyne raak al hoe duideliker: Aan die een kant kry jy die Chris van Wyks en aan die ander kant kry jy die Nelis Janse van Rensburgs en die meer as 54 teoloë wat hulle by hom skaar. Die een kant kies vir ‘n Skrifbeskouing wat strook met die kerklike en reformatoriese tradisie terwyl die ander kant kies vir ‘n Skrifverstaan ‘van onder’ waardeur die waarhede van die Skrif nie in stryd met die werklikhede van die tyd kan wees nie.”

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑