Lesings beskikbaar oor genadeverbond en algemene genade

Professore Russell Dykstra en Barry Gritters van die PRCA, by die Uniegebou en Pretoria in die agtergrond

In albei lesings het dit baie duidelik deurgekom dat ons moet vashou aan die sentrale leerstuk van God se soewereine genade in Jesus Christus deur die genadeverbond, soos ons dit bely in ons gereformeerde geloof en dit tot uiting kom in ons gereformeerde lewensbeskouing. Daarom moet ons die antitese (Gen.3:15) handhaaf teen die (af)godsdienste van die Mens (van humanisme tot arminianisme).

U kan hier luister na die twee lesings (en besprekings) wat gehou is die afgelope naweek in Pretoria (let wel, daar is Afrikaans, Engels/Amerikaans en selfs ‘Englikaans’ gepraat … die laaste is die nuutste taal in die wêreld, wat Saterdag 19 Junie gebore is, en meestal deur myself gepraat is!):

1. Covenant of Grace, prof. Russell Dykstra

https://proregno.files.wordpress.com/2010/06/prca.mp3

Hier is die lesing op skrif beskikbaar:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/06/covenant-pape-rafrica.doc

Die bespreking van die lesing:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/06/prca2.mp3

2. Common grace, prof. Barry Gritters

https://proregno.files.wordpress.com/2010/06/prca-algemene-genade-klein.mp3

Prof Gritters se lesing by die Eben haesar kerkgebou in Pretoria

Prof Gritters se lesing is nie op skrif beskikbaar nie, maar u kan gerus na hierdie artikel van hom gaan kyk oor die onderwerp:

http://prca.org/pamphlets/pamphlet_55.html

(Sien ook die volgende artikel oor ‘Common Grace’: http://www.trinityfoundation.org/journal.php?id=28)

Vir PRCA inligting oor die algemeen: www.prca.org

Die verbond is die wese van die ware godsdiens.” – Herman Bavinck

7 thoughts on “Lesings beskikbaar oor genadeverbond en algemene genade

Add yours

  1. This is an absolute BLESSING from God, and a GREAT work taking place where congregations from the GKSA and PRCA can come together. May God bless this effort.
    Dit is my gebed wat verhoor is. 12 jaar gelede het na die VSA verhuis, en vanuit die GKSA by die PRCA aangesluit. Dit was vir my ‘n openbaring hoe die twee kerkverbande met mekaar ooreenkom, sover dit formelure van eenheid, geloofs belydenisse, en ander leerstellings aangaan. Alhoewel ek vir 40jaar lank aan die Afrikaanse GKSA behoort het, gedoop, grootgeword, belydenis gedoen, getroud en weer eie kinders gedoop het, voel ons heeltemal tuis in die PRCA. Die grootste verskil is Engels. Die prediking in the PRCA is suiwer volgens die Skrif, en doktrine word streng toegepas soos in die konserwatiewe Dopper Kerk van ouds.
    Ons hoop en vertrou op God om hierdie verhouding tussen die ons te versterk.
    Dankie
    Christo

  2. Weer ek. Het Prof. Gritters die 5 punte van die Calvinistiese Geloof opgesom nagelang van die Tulp blom, in Engels TULIP – T=Total Depravity of man; U=Unconditional Election; L=Limited(particular) Atonement; I=Irresistable Grace; P=Perserverance of the Saints. Die Armeniese Geloofs blom is die “Daisy : He loves me; He loves me not”. Dus, die Arminieers, voorstaanders van algemene genade vir almal, het geen versekering dat hulle gered is nie.
    Praat later weer.

  3. Hallo Chris, goed om te ontmoet. ‘n Paar dopper gesinne in Pta het gesprekke met die profs gehad in persoonlike hoedanigheid, nie amptelik in gemeenteverband nie. Ekself vind my goed tuis in die PRCA se sterk klem op God se soewereine genade in Jesus Christus deur die genadeverbond. Ek meen so tot en met die 60/70’s van die vorige eeu die GKSA se verbondbeskouing meestal die onvoorwaardelike beskouing was in die lyn van Calvyn, Kuyper, Bavinck via Totius en PJS de Klerk. Daarna het die voorwaardelike verbondsbeskouing (W. Heyns, Schilder, Greijdanus), Van Genderen?) baie meer veld gewen sodat dit onder baie behoudende teoloë vandag hul standpunt sou wees, dink ek. Dink die GKSA sal sê albei lyne is binne die gereformeerde tradisie, en beide moet geakkomodeer word, ongeag hoe weersprekend die beskouings is.
    Goed om van jou te hoor, hou gerus kontak !

    1. Hallo Slabbert – was daar enige verdere verwikkelinge met the 6 Suidwes gemeentes ?

      1. Christo, vir sover ek weet het die 6 gemeentes by hul klassis ‘n beskrywingspunt ingedien om die PRCA te nader. Die klassis het geantwoord dat dit ‘n saak is wat die hele kerkverband raak en daarom deur die algemene sinode hanteer moet word. Of die 6 gemeentes verder gaan met die saak weet ek nie, jy kan vir ds. Neil Prinsloo van Suidwes kontak vir meer inligting, hy is die predikant van 3 van daardie gemeentes: prinsloo@mweb.com.na

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: