In November 2010 het die Free Church of Scotland besluit om weg te beweeg van die sing van Psalms alleen (‘Exclusive Psalmody’), deur die sing van Gesange toe te laat aan die vryheid van die gemeentes.
Rev. Kenneth Stewart van die Dowanvale Free Church of Scotland het ‘n repliek geskryf op hierdie besluit waarin hy wys op die kerkordelike probleme met die neem van die besluit.
Die GKSA staan bekend as ‘n Skrifsingende (Psalms en Skrifberymings) kerkverband. Volgens alle aanduidings gaan hierdie 151 jare oortuiging tot ‘n einde kom by die GKSA se volgende sinode in Januarie 2012, en sal die kerkverband heel moontlik dieselfde besluit neem as die FCS.
Rev. Stewart se repliek is relevant vir ons wat deel vorm van die GKSA, aangesien hy daarop wys dat indien ‘n kerkverband ‘n verandering aan sy manier van aanbidding wil bring wat die hele kerkverband raak, die beplande voorstel eers aan die ‘presbyteries’ (klassisse?) deurgegee sal word vir oorweging en besluitneming (ratifikasieplig?), voordat by ‘n volgende ‘Assembly’ ‘n finale besluit geneem word.
Is dit nie ‘n baie beter kerkordelike weg om te volg as om bloot ‘n besluit deur te druk of te stem by net een meerdere vergadering nie ?
Rev. Stewart se repliek kan hier gelees word.
Nota: sien die volgende webblad aangaande kerke wat Psalms alleen bevorder:
Rev. Stewart het besluit om te bedank uit sy gemeente oor hierdie saak en ook bande te breek met die FCS kerkverband:
http://www.hebrides-news.com/free-church-minister-quits-3211.html