In my vorige bloginskrywing het ek vermeld van die proses wat aan die gang is om die Belharbelydenis in die NG kerk as belydenisskrif te aanvaar.
In vandag se koerant word die volgende vermeld:
Kerklui opgewonde oor Belhar-besluit
Daar word berig in die artikel:
“Dr. Allan Boesak, destydse moderator van die NG Sendingkerk toe dié kerk Belhar aanvaar het, het gesê die sinode se besluit is “vreeslik verblydende nuus”. Hy was onlangs in die VSA waar Presbiteriaanse kerke dié belydenis nou “hartlik aanvaar”.”
Boesak verwys vermoedelik na die PC(USA), ‘n kerkverband waaruit die OPC en PCA kerkverbande ontstaan het omdat die PC(USA) afvallig liberaal geraak het. Die PC(USA) het reeds die vrou tot alle ampte toegelaat, en sal heel waarskynlik met hul volgende algemene sinode (1-3 Julie 2011) die Belhar belydenis omhels, aangesien heelwat van hul ‘presbyteries’ die belydenis alreeds aanvaar het.
Die PC(USA) het ook ‘n paar dae gelede besluit om homoseksuele persone toe te laat as predikante. Sien die volgende artikel oor die besluit:
Following Jesus While Rejecting the Bible? Yet Another Tragedy in Mainline Protestantism
Die skrywer van hierdie artikel, dr. Al Mohler sê:
“That is a fundamental error that leaves this denomination now in the implausible position of claiming to affirm the Lordship of Christ while subverting the authority of Scripture. The removal of the constitutional language about marriage and chastity, coupled with the removal of the language about repentance from what Scripture identifies as sin, effectively means that candidates and presbyteries may defy Scripture while claiming to follow Christ.
Clearly, this action could not have happened without this denomination having abandoned any required belief in the full authority, inspiration, and truthfulness of the Bible long ago. This most recent decision sets the stage for the total capitulation of this church to the normalization of homosexuality — an act of open defiance against the Scriptures.”
Inderdaad, “As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos” (Spr.29:18). As God se Skriftuurlike openbaring verwerp word, dan volg die morele verval. Daarom is moreel-etiese kwessies soos die vrou in die kerklike ampte en homoseksualisme die vrug van die wegbeweeg, hoe langer hoe meer, van die onfeilbaarheid en gesag van die heilige Skrif (NGB art.2-7).
Dit maak daarom logies sin dat die PC(USA) en ander kerkverbande wat al meer die Heilige Skrif en die gereformeerde belydenis verlaat, ook bevrydings-feministies-egalitariese dokumente soos die Belhar belydenis ‘hartlik aanvaar’, soos Boesak daarop wys as een van die oorspronklike opstellers en verklaarders van die Belhar belydenis.
Boesak is bekend vir sy standpunt dat die Belhar belydenis (en die teologie daaragter) ook diskriminasie teen gay persone verbied:
“Also in 2008, while serving as the Moderator of the Cape Synod of the Uniting Reformed Church in Southern Africa,[3] Boesak, to the shock of many senior church leaders,[4] announced that he would resign all of his positions within the church because of the church’s discriminatory position on homosexuality and gay and lesbian persons. Boesak invoked the anti-apartheid 1986 Belhar Declaration, which lambasts all forms of discrimination, to say that the church should welcome gays and lesbians and begin to perform gay marriage ceremonies and appoint gay clergy. Dr. Boesak had originally come out in favour of same-sex marriage in 2004,[5] a year before South Africa’s Constitutional Court ruled that the denial of marriage rights to gay people was discriminatory and violated the country’s constitution.[6][7]
Bron: Wikipedia
Wel, as die huwelikstaat nie meer vir Boesak heilig is nie (in 1985 en 1990 was hy in buite-egtelike verhoudings betrokke), is dit nie vreemd dat alle soorte verhoudings, ook onbybelse verhoudings soos gay verhoudings vir hom aanvaarbaar sal wees nie. As jy volhardend, koppig en wederstrewig God se gebod verwerp, God se wysheid vir jou dwaasheid verruil, God se wysheid vir jou leuens verruil, nie in sak en as bekeer nie (1 Kor.6:9-11), dan is die gevolg dat die Here so ‘n mens en geslag en land sal oorgee aan hulself (Rom.1:22-31), nie net hulle wat dit ‘doen’ nie, maar ook hulle, die valse leraars van ons dag (2 Tim.4:3,4) wat hul ‘goedkeuring skenk’ aan dit wat God se wet verbied (Matt.5:19a).
Allan Boesak was ook aan bedrog skuldig bevind, maar het destyds amnestie ontvang van pres. Mbeki omdat hy nog ‘n groot bydrae te lewe het vir ons land, volgens Mbeki:
“Dr Boesak was delighted and said: “The president felt it was in the public interest because I still have a contribution to make to the country… From the moment the president signed the pardon, I didn’t have a criminal record… Look, there will always still be people who will call me a criminal and a thief. But I no longer have a criminal record.”
[‘n Sylangse vraag: hoekom word dit gesien as ‘n ‘skande’ as ‘n politikus ‘steel en moor’, maar as hy ‘egbreuk’ pleeg, is dit OK en aanvaar beide kerk en staat hom sonder enige probleme ? Die Skrif leer mos dat beide ‘n skande is, en dat daar vergifnis is vir albei sondes, as ons ons waarlik bekeer: 1 Kor.6:9-11. Maar hoekom diskwalifiseer ‘oneerlikheid/bedrog’ jou van jou werk, maar nie ‘egbreuk’ nie ?]
En, wat is ons taak as gelowiges midde hierdie verval, plaaslik en in kerkverband ?
Ja, daar is tyd vir geduld, nie oorhaastig wees nie, aanhou profeties getuig, tydig en ontydig (2 Tim.4:2), maar daar kom ook ‘n tyd, ‘n plig om gehoorsaam te wees en jou voete af te stof. En wanneer is dit ?
Dit lê myns insiens in die woorde van Rom.1:32,
“… mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.”
Wanneer kerke na jarelange se vermaning volhard in die sonde van om God se duidelike Woord te verwerp, sy skeppingsorde te verwerp (deur bv die vrou in die besondere ampte en die gay lewenswyse amptelik goed te keur, ongeag al die vermaninge).
Wanneer daar openlik getuig is, opgeroep is tot bekering terug na God se skeppingsorde in beide gesin en kerk, en ‘n kerk en sy leiers volhard in die feministiese en gay dwalinge en tydsgees (wat in stryd is met die ‘gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en met die leer van die godsaligheid’, 1 Tim.6:3) wat tot vernietiging is van die bybelse gesin, kerk en samelewing en God se Naam onteer, dan kom daar ‘n tyd om meer gehoorsaam te wees aan God soos ons dit vind in Paulus se oproep aan die ware gelowiges en die ware kerk, hoe hartseer en gebroke dit ook al mag wees vir ons lewens:
“Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim.6:5c)
Dit is nie genoeg om te sê “ons plaaslike gemeente” aanvaar nie die dwalinge van ons kerkverband nie, en het ‘niks’ met die dwalinge te doen of gaan nie openlik profeties daarteen getuig nie. In Op.2 en 3 lees ons telkens hoe Jesus Christus die ‘plaaslike kerke’ vermaan omdat hulle valse leringe en groepe verdra wat Jesus haat:
“So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat. Bekeer jou, anders kom Ek gou na jou toe …” – Op.2:15,16
“Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.” – Op.2:20
“Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.” – Op.3:3
“Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. ” -Op 3:15,16
As ons meen, hetsy as ampsdraers of lidmate, ek het nog ‘n roeping in my afvallige kerkverband, in my afvallige hoererende ‘Moeder’, dan mag ek nie stilbly nie, dan staan ek onder die mandaat om in liefde die waarheid te verkondig, en op te roep tot (ware) geloof en bekering:
“Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. ” – 2 Tim.4:1-5
Ons mag ons nie skaam vir Jesus Christus en sy Woord nie (Mark.8:38), en as ons sy skape, sy kerk werklik liefhet, dan sal ons die wrede wolwe (Hand.20:28-30) ontbloot en verjaag van sy kudde:
“Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief ? … Ja, Here, U weet dat ek U liefhet … Pas my skape op.” – Joh.21:16.
Mag ons Here Jesus Christus, die enigste Koning, Verlosser en Hoof van sy Kerk, weer bymekaar bring wat bymekaar hoort onder gelowiges wat Hom wil aanbid en dien volgens die Heilige Skrif soos bely in die gereformeerde konfessies.
Maar, waar is die profetiese stemme, waar is die honde wat moet blaf as Christus se eer so aangetas word, waar God se gebooie so vertrap word, en sy skape so mislei en vertrap word ?
“9 Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos! 10 Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer. 11 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam. 12 Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot! ” – Jes.56:9-12
” ‘n Hond blaf wanneer sy meester aangeval word. Ek sal ‘n bangbroek wees as ek sien dat God se Waarheid aangeval word en dan nog steeds stilbly.” – Johannes Calvyn (sien Spr.29:25)
PCUSA stem ten gunste van homoseksualisme:
http://townhall.com/columnists/bobburney/2011/06/10/the_suicide_of_a_denomination/page/full/
http://www.christianpost.com/news/pcusa-votes-to-allow-openly-gay-clergy-50176/