Die Belhar belydenis

In vanoggend se Beeld, onder die opskrif Kaapse sinode aanvaar Belhar, word berig dat die NG kerk se Wes- en Suid-Kaapland sinode die Belhar belydenis aanvaar het en nou ‘n versoek gaan rig aan die algemene sinode, wat in Oktober vergader, om dieselfde te doen.

Vir die wat nog nie die Belhar belydenis gelees het nie, en nie veel van die geskiedenis daarvan weet nie, gaan kyk hier.

Die Belhar belydenis is reeds aanvaar deur die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika. Oorsee het die Reformed Church in America die belydenis reeds aanvaar, en is die CRCNA in die proses om die belydenis te aanvaar by hul algemene sinode in 2012.  Behalwe vir plaaslike belange, is laasgenoemde van besondere belang vir gelowiges van plaaslike gemeentes wat aan die GKSA kerkverband behoort, aangesien die GKSA sustersbande het met die CRCNA.

Die beste kritiek in Afrikaans beskikbaar, is van ds. Theo Danzfuss, Belhar – Bely of Bestry ?  Hierdie boekie is by die volgende uitgewers beskikbaar:

Lig en Duisternis uitgewers: 012 362 1390

Die skrywer: theod@telkomsa.net

Ds. Danzfuss het in 2005 vir die tydskrif, Waarheid en Dwaling, 3 artikels oor die Belhar belydenis geskryf, onder die titel: Evaluering van die Belharbelydenis.

Hierdie artikels kan van die Waarheid en Dwaling webblad afgelaai word, in die volgende drie uitgawes: Jaargang 2005 – Mei, Junie, Julie.

Hier is ds. Danzfuss se samevattende konklusie van die Belharbelydenis na sy evaluering:

“Uit hierdie en die twee voorafgaande artikels is aangetoon waarom die belydenis van Belhar nie kwalifiseer as gereformeerde belydenis nie.

• Die Belharbelydenis het ‘n vreemde oorsprong.  Dit kom nie voort uit ‘n teologiese worsteling met die Skrif nie, maar uit ‘n politieke en sosiaal-maatskaplike stryd van ‘n klein groepie mense.  Dit verdeel christene om polities eendersdenkendes saam te bind.

• Die Belharbelydenis is die draer van ‘n vreemde teologie.  Dit is sterk beïnvloed deur drukgroepe uit die bevrydingsteologie.  Dit is in sonde ontvang en gebore.  Dit is soos die Trojaanse perd wat ‘n groot gevaar in sy binneste ronddra.

• Die Belharbelydenis dra nie een van die kenmerke van ‘n ware gereformeerde belydenisskrif nie.

Sien ook hierdie skrywe van Gospel Defense League, hier is ‘n aanhaling:

“This Declaration was authored in 1982 at the height of the “Liberation Struggle”.  It is a product of the revolution and designed for spiritual conquest.  In 2005, however, it is very much out of date.  Have we not just celebrated Ten Years of Democracy?  We live in the new South Africa, the Rainbow Nation, where all racial discrimination is outlawed, except affirmative action.  Why force the Dutch Reformed Church into making a confession of guilt now?  In 1990, at the Rustenburg Conference, Prof Willie Jonker of Stellenbosch University confessed his own and the DRC’s guilt, but he did it without right or mandate.  His confession became a sensation and was applauded all over the world!  Could it be that Dr Boesak plans to change Jonker’s unofficial confession into an official one?  Is that why he was pardoned?  And could this hoped for prostration be in the ‘national interest’?  If the Afrikaners can be made to condemn themselves, if they can be made to reject their history, culture and religion, then their enemies will gladly destroy them, and their friends will be unable to defend them. 4) The irony is, that Dr Boesak who works so hard to get the DRC to declare its guilt, has never yet acknowledged or repented of his own sins. ”

Oorsese gelowiges het ook hul kritiek uitgespreek teenoor die Belharbelydenis:

“And for some, “social justice” includes the affirmation of the homosexual lifestyle. This concern cannot be dismissed as fear-mongering. Allen Boesak (sic), under whose leadership Belhar was first drafted, recently made headlines when he “dramatically insisted that the church’s Belhar Confession demands the defense of the full rights of gay members. When the synod rejected this, he announced his intention to resign from all church offices and left the synod floor with his wife” (The Banner, January, 16). If the man responsible for overseeing the first draft of the Belhar Confession asserts that support for homosexual unions and homosexual ordination is demanded by the Confession, why should we think that this document will not be used in the RCA to a similar end.”

The Belhar Confession: Yea or Nay

“Indeed, God is no more for or against the destitute vs. the prosperous, the rich vs. the poor, the wronged vs. the treated right if they are all in Christ. The writers of Belhar are Liberation theologians who draw the Reformed antithesis in the wrong place. God’s is against all the unredeemed and is God in a special way to all the redeemed. It matters not what their financial status is. The Belhar says some good things but taken as a whole, which is how all confessional documents must be taken, it is a anti-Christ confession.”

Synod Approves Belhar Proposal

“Boesak was also instrumental in drafting the 1986 Belhar Confession, which I welcomed at the time as an important confessional statement about race relationships. He now appeals to that document in support of his advocacy for gay-lesbian ordination. In a recent insightful blog posting, “The Belhar Confession & God’s Final Revelation,” Violet Larson argues that this is a good reason to question the theological adequacy of the Belhar Confession, precisely because of the use to which it is being put these days by proponents of full inclusion on same-sex topics. I agree with her. While that document spoke forthrightly against the injustices of apartheid, it did not explicitly appeal to biblical authority. That it can now be seen by some of its drafters as capable of being extended to the full inclusion of active gays and lesbians in ministry says something about the weaknesses of Belhar—not as an important prophetic declaration in its original context, but as a statement that can stand on its own as a normative confession.”

Kritiek vanuit Presbyterian Church (USA)

Comments on the Belhar Confession

Why the Belhar Confession Should Not Be Adopted

Four reasons the PCUSA should not adopt Belhar Confession

My eie opmerkings:

Ek kan begryp dat konfessionele gereformeerdes die Belharbelydenis verwerp vir wat dit is: bevrydingsteologie gekamoefleer in Skriftuurlike en konfessionele taalgebruik, of beter gestel taal(mis)bruik. Dr. WD Jonker skryf in sy behandeling van die Belharbelydenis:

“Die fout van die teologie van bevryding is nie dat dit verstaan dat God se heil die totale mens en sy hele lewe raak nie, maar dat dit met gebruikmaking van ‘n Marxistiese sosiale analise die Bybelse boodskap dikwels juis vereng tot ‘n politieke wapen wat die evangelie aan ‘n ideologie diensbaar stel (Jonker: 1987, 74v). Daarvan kan die Belydenis van Belhar werklik nie beskuldig word nie” (Bevrydende Waarheid: die karakter van die gereformeerde belydenis [Wellington: Hugenote Uitgewers], 1994: 170)

Ironies genoeg, is dit juis die probleem, ongeag dr. Jonker (as ‘n ‘slagoffer’ van die bevrydingsteologie?) se sosio-politiese bril waarmee hy die Belhar belydenis lees en probeer goedpraat:

Belhar is die ANC/SAKP in gebed – gedoop in en deur die bevrydingsteologie vir die nuwe SA. 

Zuma se polities-godsdienstige uitsprake die laaste tyd, is die produk van Boesak en Tutu en die mede-Belharteoloë se onderliggende bevrydingsteologie, ongeag die Verenigende Gereformeerde Kerke en die NGK se protes daarteen.    

Daarom, wat ek nie kan verstaan nie, is hoe iemand wat die nuwe SA met sy bevrydingsteologie grondslae omhels en verwelkom, saam met die bevrydingsteologie se tweelingbroer, die menseregte-feministiese ideologie, nog die Belharbelydenis wil verwerp.  Dit is natuurlik bekend dat ook in die GKSA laasgenoemde ideologieë sterk invloed uitoefen, soos ons sekerlik weer sal sien in die komende algemene sinode in Januarie 2012.  So dalk is dit net ‘n kwessie van tyd voordat Belhar ook op die GKSA se sinode tafel beland ?

As jy dit goedkeur as jou kerkverband en universiteite doktorsgrade gee en lofliedere sing vir marxistiese vrysinnige bevrydingsteoloë soos Desmond Tutu en Allan Boesak, dan behoort jy geen probleem daarmee te hê dat die Belharbelydenis aanvaar word vir jou kerkverband nie.

Verder, soos teoloë en ander gelowiges deur die dekades al gewaarsku het, daar is ‘n duidelike band tussen bevrydingsteologie, liberale teologie, feministiese teologie en gay teologie: die verwerping van Skrifgesag en die onfeilbaarheid van die Skrif.  En daaruit volg gewoonlik die vrou in al die besondere ampte en later dat die homoseksuele lewenswyse goedgekeur word, asook homoseksuele ampsdraers. 

Sien die volgende artikel/boek oor die onderwerp:

Is Evangelical Feminism the New Path to Liberalism? Some Disturbing Warning Signs

Sien ook die volgende gratis boeke oor die onderwerp.

Hier is een van die nuutste artikels en boek as ‘n kritiek op ‘swart teologie/bevrydingsteologie’:

The Marxist Roots of Black Liberation Theology

“Black Liberation Theology, originally intended to help the black community, may have actually hurt many blacks by promoting racial tension, victimology, and Marxism which ultimately leads to more oppression. As the failed “War on Poverty” has exposed, the best way to keep the blacks perpetually enslaved to government as “daddy” is to preach victimology, Marxism, and to seduce blacks into thinking that upward mobility is someone else’s responsibility in a free society.”

Liberating Black Theology: The Bible and the Black experience in America

Ja, die Belharbelydenis moet (nog steeds) bestry word, nie net op die ‘kerklike weg’ nie, maar soveel te meer in die harte en lewenswyse van ons teologiese skole, leraars, kerkrade en kerkvolk, onder alle volke, tale en kulture, veral in die nuwe SA.

“Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees (en nie hoe ryk of arm jy is nie), en sy verbond om hulle dit bekend te maak.” – Ps.25:14

9 thoughts on “Die Belhar belydenis

Add yours

  1. Die kerke wat nou die Belhar belydenis aanvaar is kerke wat oor die laaste dekades en selfs eeue gedemonstreer het dat hulle hul nie eintlik aan beklydenisse steur nie.

    Die gemiddelde lidmaat in die NG Kerk weet bv. nie eers dat die Dordtse Leereels ‘n belydenis van hulle kerk is nie, en nog minder wat die inhoud van daardie belydenis is.

    Indien die Belhar belydenis bygevoeg word tot die ry van belydenisse waaraan hulle hul nie steur nie, watter verskil gaan dit maak?

    1. Ek stem so saam met jou. Alhoewel, en dis wat ek uit die artikel bespeur, sal die NG-kerk haar juis aan Belhar steur. Waarom nie? Dis ‘n mens-sentriese struktuur wat inpas by die tyd. Dordrecht is God-sentries en is diametries tot die mens en sy trots – iets wat in ons huidige samelewing ‘n “anathema” is! Belhar, is deur die “belhammels” van die trop opgetel en sal deur die drop soos skuldige dors skape by die krip opgesuip word, want die soet water is die water van bevryding. Dit is dalk net reg dat die NG-ker haarself nou sigbaar maak vir wat sy lankal is, ‘n wolk sonder water, want wat help dit tog om Dordrecht te onderskryf indien (soos jy sê) niemand (selfs nie die juiste belhammels) is wat hulle trag om dit eens te weet, laat maar onderhou, leer en glo nie. Ek’t so ruk gelede ook juis hieroor geskryf: http://hendriekusr.wordpress.com/2010/12/07/holding-a-confession-but-not-believing-it-means-nothing/. Nieteenstaande, hierdie is ‘n puik artikel oor die onderwerp – dankie!

  2. Die uiteindelike aanvaarding van die Belhar behoort nie so n groot skok te wees nie,dit is lankal verwag.Ons eie Kerk is nie ver daarvan om dit te bepleit dat dit amptelik gemaak behoort te word nie. Dit is reeds gedeeltelik gedoen met die aanvaarding van besluit 54/69.Besluit 54/69 is maar net n voorloper daarvan soos wat die “akkomodasie van diversiteit” meer en meer plek moet maak vir al dié nukke en grille van n mensdom wie nie omgee wat die Woord sê nie, solank hulle net in lyn is met die hedendaagse.

  3. Dankie vir die inligting. Dit val my veral op hoe daar meer en meer van vroulike predikers gebruik gemaak word op oa Radio Pretoria, om die aandgodsdiens te lei.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: