Posted by: proregno | December 13, 2012

Die Interliniêre Bybel: Grieks-Afrikaans NT – enkele opmerkings

IBGA

CUM het onlangs die eerste Interliniêre Bybel: Grieks-Afrikaans NT (afkorting: IBGA) in Afrikaans uitgegee.

Hier is ‘n kort oorsig van die IBGA:

“Die INTERLINIÊRE BYBEL (Grieks-Afrikaans), ontsluit die volledige Griekse teks van die Nuwe Testament vir Afrikaanse lesers in ‘n unieke formaat. Elke bladsy van die INTERLINIÊRE BYBEL bestaan uit ‘n middelblok, met die Direkte Vertaling aan die linkerkant en die 1983-vertaling aan die regterkant.

Die middelblok bied:

  • die Griekse teks (Nestle-Aland, 27ste uitgawe) ;
  • ‘n transkripsie van die Griekse woorde om lesers te help met die uitspraak daarvan; en
  • ‘n Afrikaanse woord-vir-woord-vertaling van elke Griekse woord.

Die 1983-vertaling in die regterkolom help lesers om die woord-vir-woord-vertaling in die middelkolom te vergelyk met hierdie bestaande Bybelvertaling.

Die Direkte Vertaling in die linkerkolom is ‘n nuwe vertaling, so na moontlik aan die oorspronklike Griekse teks, maar tog verstaanbaar.

Die INTERLINIÊRE BYBEL sal lesers bemagtig om self te oordeel oor die akkuraatheid van Bybelvertalings omdat dit aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang bied tot die Griekse teks van die Nuwe Testament. Dit sal tot ‘n besonder ryk leeservaring van die Bybel lei.”

Gaan kyk hier hoe een van die interliniêre bladsye in die IBGA lyk: Matteus 1-2

Hier is ook die lys van medewerkers aan die IBGA, met ‘n lys van die verskillende boeke waaraan elkeen gewerk het: IBGA medewerkers

Ek gaan poog om so met die tyd opmerkings te maak oor die IBGA, soos ek daardeur werk en dit gebruik.  Onthou, die doel van hierdie interliniêre NT projek, is om lesers te,

“bemagtig om self te oordeel oor die akkuraatheid van Bybelvertalings omdat dit aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang bied tot die Griekse teks van die Nuwe Testament. Dit sal tot ‘n besonder ryk leeservaring van die Bybel lei.”

Kom ons kyk of daar voldoen word aan hierdie doel, hier is ‘n paar opmerkings:

1. Die Griekse teks

Soos verwag sou word, gebruik die IBGA uitsluitlik en eksklusief die “Nestle Aland, 27ste uitgawe van die Bybelgenootskap van SA” (afkorting: NA) as ‘Griekse Teks’.  Hierdie NT uitgawe (waarop die totale meerderheid van modern vertalings gebaseer is, o.a. die NIV, ESV, NLT, NAV[1983-vertaling], die komende 2016 vertaling, ens.), verskil omtrent in 15% present van die Meerderheidsteks (MT) en die Oorgelewerde Teks (OoT), waarop vertalings soos die KJV, NKJV, Statevertaling en die OAV[1933/53-vertaling] gebaseer is.

Hierdie verskille behels dat hele gedeeltes, verse of gedeeltes van verse nie gevind word in die NA uitgawes nie, as mens bv die OAV en NAV met mekaar vergelyk. Van die bekendste voorbeelde is die laaste verse van die Onse Vader is (Matt.6:13b), Mark.16:9-20, Joh.7:53-11, 1 Joh.5:7,8 en baie ander verse (daar is omtrent 150 verse wat op een of ander manier hierdeur geraak word. Sien ook hier: Bible verses not included in modern versions).

Die IBGA gee nie enige verduideliking in voetnotas of in die voorwoord vir hierdie teksverskille nie, so as die ‘(onkundige) leser’ nie van beter weet nie, en op hierdie verskille gaan afkom, as hy die IBGA vergelyk met die OAV/KJV/NKJV, dan gaan daar baie vrae ontstaan.

Insiggewend om wel van kennis te neem, is dat bv. Matt.6:13b en 1 Joh.5:7,8  (en blykbaar heelwat soortgelyke ‘kleiner’ verskille in sekere verse) bloot weggelaat word sonder enige verduideliking/vermelding in die voetnotas of ander plekke. By langer gedeeltes, spesifiek Mark.16:9-20 en Joh.7:53-8:11 word hierdie MT en OoT gedeeltes wel behou in die NA Griekse teks wat die IBGA in die middelkolom plaas.  Daar word dan dubbele vierkantige hakies daarom geplaas.  Hier en daar sien ek ook enkele vierkantige hakies, wat seker bedoel daardie woorde of dele is ook eintlik nie in die NA Griekse teks nie ?   Weet nie of ek dit iewers gemis het nie, maar ek kon nêrens ‘n tabel of verduideliking vind vir die gebruik van hierdie verskillende hakies in die teks nie, so ek maak daarom self die afleidings, iets wat die leser ook oor gaan wonder.

Nou hoekom hierdie dubbelslagtigheid ?

Aan die eenkant word gesê die NA grondteks word gebruik, maar dan word gedeeltes van die MT/OoT Griekse teks ingeplaas, en op ander plekke heeltemal weggelaat, en dan weer in enkel hakies geplaas.  Dit skep baie verwarring, en die leser gaan ook verward wees oor die doel van hierdie hakies op verskeie plekke.

Daarom bly die NKJV Greek English Interlinear NT van Farstad en Hodge ‘n baie beter opsie, omdat hul die MT gebruik, maar dan wel baie duidelik in voetnotas en kantaantekeninge die verskillende lesings van die OoT en die NA teks aandui.

(Sien ook Majority Text)

En as ‘n mens se vertrekpunt is, die eklektiese benadering waar alle lesings geweeg en oorweeg word, d.w.s. “al die Griekse manuskripte wat ons het is die NT Griekse tekste wat die Here vir ons bewaar het”, daarom sal mens verwag dat al die verskillende uitgawes gebruik en erken word (MT, OoT, NA).  Dan sou mens verwag in so ‘n werk dat die verskillende tekslesings deurgegee word, veral as die doel nog verder is om die ‘leser’ toegang te gee om nader aan die Grieks van die Bybel te kom en self te kan oordeel.

Die indruk wat dus met hierdie IBGA se eksklusiewe (beperkte) ‘Griekse Teks’ geskep word, is juis dit wat die NA-UBS voorstaanders die MT/OoT voorstanders baiemaal van beskuldig: dat die NA uitgawe nou die ‘KJV only’ tradisie van ons tyd geword het, en die res van die teksuitgawes dus uitgesluit word. Die ‘leser’ kan nie eers kennis neem van hierdie belangrike saak as hy met die IBGA gaan werk nie, hy kan nie self oordeel en besluit nie, want net een tekstradisie word vir hom gegee.

Lees meer oor hierdie saak van verskillende Griekse grondtekste hier:

https://proregno.files.wordpress.com/2011/06/pr-2009-07-22-nr-6.pdf

Dit bring my by ‘n tweede opmerking.

2) Die gebruik van die OT in die NT

Regdeur die hele NT word die OT op baie plekke aangehaal (Augustinus: skaduwee-vervulling verhouding tussen OT en NT), maar daar is geen hulp in die IBGA in voetnotas of kantaantekeninge om die leser te wys uit watter OT boek die betrokke aanhaling of verwysing kom nie.  Die betrokke gedeelte wat in die NT aangehaal word (bv. Jes.7:14 in Matt.1:23) word wel in aanhalingstekens geplaas, maar geen teksverwysing om die leser te help nie.  Dit is jammer, want dit sou juis die leser baie help om te sien hoe die NT skrywers die OT gebruik het, om die oorspronklike teks en konteks te gaan opslaan in die OT, en daardeur een van die belangrikste bybels-gereformeerde verklaringsbeginsel na te volg:

Die Skrif moet met die Skrif (en nie ons sosio-historiese omstandighede) vergelyk word,

oftewel die Skrif moet die Skrif verklaar.

‘n Mens kry die indruk die werk aan die IBGA moes dalk so vinnig as moontlik afgehandel word, dalk voor die 2012 kersverkope ?, en daarom die slordige en onvolledige werk, wat betref:

– die plasing van slegs een tekslesing, in plaas van die vergelyking van verskillende Griekse tekslesings,

– die gebrek aan verduidelikings, voetnotas en kantaantekeninge om die leser te help met teksverwysings en ander hulpmiddels.

– hier en daar is daar ook vraagtekens by die woord-vir-woord vertalings onder die Griekse teks, wat verwarrend is, want nêrens word dit verduidelik (bv. in die voorwoord) wat die vraagtekens se doel is nie.

3) ‘n Vers aangaande homoseksualisme

(nota: onthou om hierbo te gaan kyk hoe lyk die IBGA, as u nie ‘n idee het nie.  Daar is 4 lesings wat vir die leser gegee word, wat ek ook navolg: i. die Grieks ii. woord-vir-woord vertaling (afkorting: WVWV) iii. die NAV en iv. Direkte Vertaling [afkorting: DV]. Ek gaan elke keer ‘n bepaalde frase/woord vir u in al vier lesings gee, en dit daarna vergelyk met nog twee ander vertalings, v. OAV en vi. die ESV, daarna volg my opmerkings/besprekings)

1 Korinthiërs 6:9/10,

“Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.” (OAV)

i. Grieks: oute malakoi oute arsenokoitai

ii. WVWV: nog manlike prostitute nog homoseksuele bedmaats

iii. NAV: of mense wat homoseksualiteit beoefen

iv. DV: of manlike prostitute of die mans wat by hulle slaap

v. OAV: wellustelinge of sodomiete

vi. ESV: nor men who practice homosexuality

Opmerkings: Die lesing van die DV vertaling beperk die sonde van homoseksualiteit hier, naamlik dat hierdie vers homoseksuele ‘prostitusie’ verwerp, dus net ‘n bepaalde aspek, en nie homoseksualisme oor die algemeen nie.  Baie gay-voorstaanders, o.a. Neels Jackson het dit al aan my genoem, dat dit dus eintlik ‘losbandige’ homoseksuele verhoudings is wat die Bybel verwerp (daarom die woord wat bykom, ‘prostitute’?), maar nie ‘getroue’ homoseksuele verhoudings nie.  Hierdie direkte vertaling (DV) kan hierdie dwaling versterk.

Die eintlike vraag is nie of die Griekse woorde wel so vrylik vertaal kan word nie, of dat een van die betekenismoontlikhede juis ook ‘homoseksuele prostitusie’ insluit nie, die vraag is: hoekom wil die DV dit beperk tot hierdie een bepaalde betekenismoontlikheid ?  As jy dit algemeen vertaal volgens die begrip, soos dit van ‘n ‘Direkte Vertaling’ verwag sou word, dan laat jy juis die ‘lesers’ toe om die verskillende betekenismoontlikhede te ondersoek en te oorweeg.  Hierdie DV vertaling wil blykbaar ‘n spesifieke bepaalde beperkte verklaring tot gevolg hê met sy vertaalkeuse, wat nie in lyn is met die oogmerke van die IBGA nie, nog minder met die ‘direkte vertaling’ van die Griekse teks.

Die Complete Jewish Bible vat die essensie van hierdie Griekse woorde goed saam:

“who engage in active or passive homosexuality”

Nog meer letterlik beskryf: die man wat ‘passief’ seksueel onder lê (en) die man wat ‘aktief’ seksueel bo-op hom lê (sien Lev.18:22, waar die Septuagint [Griekse OT], die woord koimētēsē het[om aan die slaap te val = dit gebeur met jou] in die ‘passiewe’ vorm, om te dui op die ‘gemeenskap’ in ‘seksuele gemeenskap’, hier in Lev.18:22, om daarop te wys dat ‘n man nie by ‘n man seksueel mag verkeer, soos ‘n man by ‘n vrou dit doen nie.) … sal nie die koninkryk van God be-erwe nie, of dit nou in die tempel, die bordeel of by die huis gedoen word, en of dit nou in ‘n losbandige of ‘vaste’ verhouding gedoen word, dit bly ‘n gruwel in die oë van God waarvan sulke mans verlos moet word deur die bloed van Christus, waarvan die opvolgende vers (v.11) dan ook getuig:

“En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.”

In Israel was daar ook sprake van ‘tempel prostitusie’  wat afgekeur is (en heel waarskynlik homoseksuele prostitusie ingesluit het), saam met enige homoseksuele seksuele verhoudings, so ook in die NT (Lev.18:22; 20:13; Rom.1:27; 1 Tim.1:10):

“Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.” (Deut.23:17)

‘n Laaste opmerking by hierdie saak: in 1 Tim.1:10 kry ons dieselfde Griekse woord arsenokoitai as hier in 1 Kor.6:9, en daar word dit vertaal in die ‘Direkte Vertaling’, deur ‘n ander vertaler, as:

“seksuele immoreles, homoseksuele, slawehandelaars, leuenaars, dié wat meineed pleeg, of iets anders wat met die regte leer in stryd is.”

Dit laat opnuut die vraag: hoekom die twee ‘Direkte vertalings’ so kan verskil ?

4) ‘n Vers aangaande die vrou se verhouding tot die man in die gemeente

1 Korinthiërs 14:34,

“Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.” (OAV)

Grieks: alla hupotassesthosan (stam: hupotassō)

ii. WVWV: en hulle moet ondergeskik wees

iii. NAV: hulle moet onderdanig wees

iv. DV: en hulle moet ondergeskik wees

v. OAV: maar om onderdanig te wees

vi. ESV: but should be in submission

Opmerkings: Weereens, hupotassō volgens die Griekse woordeboeke kan die volgende beteken: ‘om onderworpe te wees, gehoorsaam te wees, ondergeskik te wees, onder beheer te bring/wees, onder gesag te wees/staan, ‘.  Die konteks van die woord/vers moet bepaal watter betekenis gebruik word, en daarom is dit baie belangrik om te vra waarom ‘n bepaalde woord bo ‘n ander verkies word:

Hoekom word spesifiek hier, by 1 Kor.14:34, gekies vir die (meer negatiewe?) woord ‘ondergeskik’, in plaas van ‘onderdanig/onderworpe’, wat beide deur die OAV en NAV weergegee word, en die onderwerping aan gesag of ‘n andere positief stel ?

As ‘n mens die HAT gaan bestudeer, dan kry mens die volgende betekenismoontlikhede by die volgende woorde (beklemtoning bygevoeg):

onderdanig: 1. gewillig om iemand te gehoorsaam 2. gedwee, nederig, onderworpe.

onderworpe: 1. Onderdanig aan 2. Berustend, sonder verset, gedwee, lydsaam 3. Blootgestel, onderhewig aan.

ondergeskik: 1. Onder bevel staande, van iemand afhanklik 2. Laer in rang; inferieur 3. Van minder belang.

Dit is duidelik dat die woord ‘ondergeskik’ in Afrikaans baie meer negatiewe betekenisse dra as ‘onderdanig’ en ‘onderwerp’, en om dan daardie woord te kies by so ‘n ‘gevoelige onderwerp’ waar dit oor gedeeltes gaan wat die vrou se rol in die gemeente raak (veral vir vandag), laat dit opnuut die vraag ontstaan, hoekom hierdie woord ?

Is dit dalk juis omdat dit hier gaan oor die rol van die vrou in die gemeente, en dat haar rol ‘deur die wet’ (v.14:34c), d.w.s. deur die Ou Testament (spesifiek Gen.1 en 2?) as negatief beskou moet word (deur die betrokke vertaler), as ‘n ‘ondergeskikte posisie’ wat nou vandag verander moet word in die ‘NT bedeling’ ?

Ek vind ook nie hierdie woordkeuse van ‘ondergeskik’ as vertaling in die NAV vir enige vorm van hupotassō nie.

Meeste engelse vertalings, vertaal hierdie woord as ‘in submission, subject, submissive, in obedience’.

Ek het ook gaan kyk hoe hupotassō vertaal is by ander verse in die IBGA, met die Direkte Vertaling, in dieselfde vorm:

“Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie net as gevolg van die straf nie, maar ook as gevolg van die gewete.” – Rom.13:5

“Die slawe moet in alles die gesag van hul eie eienaars erken en hulle tevrede stel, nie teëpraat nie.” – Tit.2:9

“Herinner hulle daaraan om die gesag van die regeerders en gesagsinstansies te erken, gehoorsaam te wees, gereed te wees vir enige goeie werk” – Tit.3:1

Die volgende plekke, wat almal stamverwant is aan hupotassō vertaal nie een keer die woord as ‘ondergeskik’ in die IBGA nie, maar as ‘onderdanig wees, onderwerp of onderworpe wees, gesag erken/aanvaar, onder gesag wees/plaas’:

Luk. 2:51; 10:17, 20; Rom 8:7, 20; 10:3; 13:1; 1 Kor 14:32; 15:27f; 16:16; Ef 1:22; 5:21, 24; Filp.3:21; Kol 3:18; Tit.2:5, 2:9; Heb.2:5, 8; 12:9; Jak.4:7; 1 Pe. 2:13, 18; 3:1, 5, 22; 5:5

Uit al hierdie verse, die volgende opmerkings:

a. Kyk hoe word hupotassō vertaal op die volgende plekke in die IBGA se ‘Direkte Vertaling’, waar dit gaan oor die verhouding tussen man en vrou (nie eenkeer met ‘ondergeskik’ nie):

Onderwerp julle aan mekaar uit eerbied vir Christus, vroue (onderwerp julle – slc) aan julle eie mans soos aan die Here” – Ef.5:21

“Vroue wees onderdanig aan die mans soos dit gepas is in die Here.” – Kol.3:18

“(sodat hul die jongvroue kan leer om) … die gesag van hul eie mans (te) erken” – Tit.2:5

“Net so moet hulle, vroue, die gesag van julle eie mans erken … Want ook so het die heilige vroue destyds wat hul hoop op God gevestig het, hulleself versier deur die gesag van hul eie mans te erken.” – 1 Pe.3:1,5

b. Die woord ondergeskik, as dit daarom gebruik gaan word om ‘n verhouding van ‘n mindere in waarde teenoor ‘n meerdere in waarde uit te druk, kan dan juis gebruik word by die volgende verse, waar dit gaan oor die mens/skepping/engele wat in wese en in rol ‘ondergeskik’ is aan die Vader en die Seun (die Skepper-skepping onderskeid), juis omdat ons inferieur is in vergelyking met sy majesteit, ja, ons is ‘van minder belang’:

“Hy het alles onder sy voete geplaas, en Hom as Hoof oor alles gegee aan die kerk.” – Ef.1:22

“kragtens sy mag waarvolgens Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.” – Filp.3:21

(sien ook Hebr.2:8; 12:9; Jak.4:7)

c. Die feit dat hupotassō gebruik word om die onderwerping/onderdanigheid te beskryf van:

i. Christus aan sy menslike ouers se gesag:

“En Hy (Jesus) het afgegaan saam met hulle en by Nasaret gekom. En Hy was onderdanig aan hulle.” – Luk.2:51

ii. die jongeres/kinders aan oueres/ouderlinge:

“Net so moet julle jongeres, die gesag van oueres erken.” – 1 Petrus 5:5

iii. burgers aan burgerlike owerhede:

“Laat elke mens hom onderwerp aan die regerende gesagsinstansies.” – Rom.13:1

iv. diensknegte aan hul meesters:

“Die slawe moet in alles die gesag van hul eie eienaars erken en hulle tevrede stel, nie teëpraat nie.” – Tit.2:9

beteken daarom volgens die Skrif (en nie moontlike sosio-historiese spekulasies), dat Jesus (na sy mensheid)/kinders/burgers/diensknegte nie ‘van minder belang of inferieur is’, of minder in waarde en wese is as ouers/oueres/owerheidspersone/meesters nie.  Verskillende rolle/take maak mens nie minderwaardiger as ander wat weer ander rolle/take verrig nie.

Dieselfde geld daarom vir die huwelik en gemeente verhoudings, om onderworpe of onderdanig te wees aan jou man, die (manlike) kerkraad, ens., maak nie van ‘n vrou ‘ondergeskik’, as daarmee bedoel word ‘van minder belang, inferieur, minderwaardig’ ens. nie.   Dit is nie wat ‘die wet’ (1 Kor.14:34c, die OT) leer nie, so ook nie die ‘evangelie’, die NT nie.

As Christus Hom onderwerp aan die Vader; onderdanig is aan die Vader; die Vader se gesag erken en gehoorsaam is (almal vorme/gebruike van hupotassō), dan beteken dit nie die Seun is van minder waarde, minder belang, infereur ten opsigte van die Vader nie. Nee, Hy is in sy Godheid dieselfde in waarde en wese, maar verskillend in rol/taak binne die Godheid, in die woorde van die Geloofsbelydenis van Atanasius, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus:

“volkome God, volkome mens …. na die Godheid met die Vader gelyk, na die mensheid minder as die Vader …”

“Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in ‘n enige God, een enige wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat Hulle nie met mekaar deel nie.” (NGB artikel 8)

“HK, Vraag 24: Hoe word hierdie artikels ingedeel?

Antwoord: In drie dele: die eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die tweede oor God die Seun en ons verlossing; die derde oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking.”

Daarom bly die vraag: hoekom word op geen plek in die IBGA hupotassō as ‘ondergeskik’ vertaal nie, behalwe hier by 1 Kor.14:34 ?  

Hoekom moet juis daar – waar die verhouding tussen man en vrou in die gemeente raak – die negatiewe koppelings aan hupotassō gegee word ?

Hoekom word hupotassō nie ook bv. by Luk.2:51; Rom.13;1,5 en 1 Pe.5:5 met ‘ondergeskik’ vertaal nie ?

5) In stilte of niks sê nie ?

1 Tim.2:11,12,

  11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.

i. Grieks: en hēsuchia manthanetō en pasē hupotagē … all’ einai en hēesuchia

ii. WVWV: in stilte sy moet leer/onderrig word in volle gehoorsaamheid/onderdanigheid … maar om te wees in stilte.

iii. NAV: moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer … sy moet stil wees.

iv. DV: moet in stilte en volle gehoorsaamheid leer. Ek laat nie ‘n vrou toe om te onderrig of gesag oor ‘n man te hê nie; sy moet niks sê nie.

v. OAV: moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. … maar sy moet haar stil hou.

vi. ESV: learn quietly with all submissiveness. … rather, she is to remain quiet.

Opmerkings: dit gaan spesifiek oor die DV vertaling in v.12, ‘sy moet niks sê nie’, hoekom hierdie vreemde vertaling, terwyl nie een ander vertaling wat ek kon raadpleeg so vertaal nie. Ek het geen engelse vertaling opgespoor wat dieselfde griekse woorde (wat netso in v.11 voorkom) as bv. ‘she must say nothing’ vertaal nie ?

Wat all’ einai en hēesuchia (maar sy moet haar stil hou) hier beteken, wys die konteks duidelik uit, sy mag nie ‘leer en regeer’ oor mans nie, d.w.s. sy mag nie amptelike onderrig/regering uitoefen in die gemeente nie. Dit wys die teëstellende voegwoord uit (wat beide die NAV en die DV verkeerdelik weglaat en nié vertaal nie), nl. die ‘maar’ (Grieks: alla, sien GW Knight, Pastoral Epistles).

Hierdie woorde maak dus nie die vrou ‘monddood’ nie, in die sin dat sy nie saam kan sing en deelneem aan onderlinge gesprekke in die gemeente nie, of ander vroue en kinders kan leer nie (Tit.2:4,5) of mans kan help leer bv by die huis nie (Hand.18:26), ens. Die ‘in stilte’ is spesifiek gefokus op wat ons ‘ampswerk’ sal noem waarin sy nie kan funksioneer en/of voorgaan nie, want dit is in stryd met die skeppingsorde (v.13), en word teen – die omverwerping van die skeppingsorde (as die vrou leer en regeer oor die man) – gewaarsku met die gebeure van die sondeval (v.14). Hierdie woorde (maar sy moet haar stil hou) is dus van toepassing op die ‘leer/regeer situasie’ (Knight, ibid.)

‘n Vertaling van ‘sy moet niks sê nie’ kan daarom baie misverstand veroorsaak, en soos hierbo genoem by 1 Kor.14:34 se bespreking, veral in vandag se ‘sensitiewe tye’ oor hierdie onderwerp.

Wat ook vreemd is, is dat die vertaler by v.11 dieselfde frase (soos in ander vertalings ook) as ‘in stilte’ vertaal, maar dan in v.12 oorslaan na ‘sy moet niks sê nie’ ?

6) Die IBGA beweer dat hul deur hierdie werk “… lesers bemagtig om self te oordeel oor die akkuraatheid van Bybelvertalings omdat dit aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang bied tot die Griekse teks van die Nuwe Testament.” (beklemtoning bygevoeg)

Hierdie stelling is oor optimisties, aangesien jy nie bloot deur net Griekse woorde te kan lees met behulp van ‘n interliniêr, daarmee dit kan verstaan nie, iets wat elke eerlike Griekse student sy hele lewe lank besef en mee worstel (beginnende met myself!).  Prof Gert Jordaan van die GKSA Teologiese Skool in Potchefstroom verduidelik as volg in sy Griekse handboek (“Die Binnewerk van die Griekse Taal: Handleiding vir eksegete en ander student van Grieks”):

“Hoewel werkwoorde en selfstandige naamwoorde as vertrekpunt vir Binnewerk geneem is, is die primêre belangstelling nie woordformasie (morfologie) nie maar sinsbou (sintaksis).  Die aandag word dus toegespits op hoe werkwoorde en selfstandige naamwoorde in die sinskonstruksie figureer.  Vir die filoloog (én vir die eksegeet) is veral twee sake ten opsigte van sinsbou van belang:

a.  Wat kan ‘n bepaalde sinskonstruksie beteken?

b.  Op watter verskillende maniere kan ‘n bepaalde sin gekonstrueer word?

Die eerste van hierdie vrae is van belang omdat die leser van ‘n Griekse teks deurgaans tot ‘n beslissing moet kom wat die betekenis van sinskonstruksies is. Daartoe moet hy weet tot watter moontlike betekenisse ‘n bepaalde sinskonstruksie hom leen.

Byvoorbeeld: Die imperatiewe hoofsin  kleivse th;n qu’ran  kan óf ’n opdrag stel (Maak toe die deur!, vgl. ž102), óf ’n versoek (Maak asseblief die deur toe, vgl. ž103) óf ’n aanname (Gestel die deur is toe, vgl. ž104), óf ’n aansporing (Maak tog die deur toe, vgl. ž105), óf ’n wens (Mag die deur toe wees!, vgl. ž106) of selfs ’n voorwaarde (As jy die deur toemaak, vgl. ž107).

Eers wanneer die leser  alle moontlike betekenisse van ‘n bepaalde sinskonstruksie oorweeg het, kan hy, deur ‘n proses van eliminering op grond van die konteks van die voorhande sin of frase, tot ’n verantwoordelike besluit kom oor wat die skrywer waarskynlik met die konstruksie bedoel het.

Die tweede vraag is: Op watter alternatiewe maniere kon die skrywer die sin gekonstrueer het? Die inligting waarop hierdie vraag gemik is, is soortgelyk aan die inligting wat by semantiese woordstudie ingesamel word deur komponensiële analise. Hierdie inligting is belangrik omdat dit die betekenis van die woord/ konstruksie wat gebruik is opweeg teen alternatiewe moontlikhede. Die feit is dat daar in Grieks dikwels verskeie alternatiewe konstruksiemoontlikhede vir dieselfde sin bestaan. Soms maak dit geen verskil watter van die konstruksies gebruik word nie. Dan is die moontlike konstruksies bloot alternatief, sinoniem. Maar dikwels het elke konstruksie ’n eie onderliggende nuansering wat verskil van dié van ander konstruksies.

Voorbeeld: Die imperatief-konstruksie kleivse th;n qu’ran is maar een van vier verskillende maniere waarop die opdrag “Maak toe die deur!” in Grieks gestel kan word. Benewens die imperatief kan ook ’n futurum indikatief (kleivsei” th;n qu’ran) gebruik word; of ’n optatief (kleivsai” th;n qu’ran); of ’n blote infinitief (kleivsein th;n qu’ran).  Hierdie konstruksies is egter nie blote alternatiewe vir mekaar nie, want elkeen verleen gewoonlik ’n bepaalde onderliggende nuansering aan die opdrag:

–      Die imperatief-konstruksie is die mees algemene en dus mees ongenuanseerde manier waarop ’n opdrag in Grieks gestel kan word.

–      Wanneer egter van ’n futurum indikatief gebruik gemaak word, is die bevel waarskynlik bedoel as ’n plegtige, formele opdrag (vgl. ž300);

–      In die optatief, daarenteen, is dit straks bedoel as ’n sagte, beleefd-vriendelike opdrag (ž301);

–      ’n Bevel in die infinitief dra die idee oor van ’n noodsaaklike verpligting (vgl. ž302) eerder as dié van ’n formele opdrag.

Met al hierdie konstruksiemoontlikhede tot sy beskikking, waarom sou die skrywer juis die imperatief-stelwyse verkies? Dit is natuurlik moontlik dat dit by hom maar ’n kwessie van persoonlike voorkeur is. Juis daarom is dit nodig om op hoogte te kom met elke Nuwe-Testamentiese skrywer se eie stylvoorkeure (vgl. Bylae 3). Indien daar egter nie ’n persoonlike voorkeur by die skrywer aangewys kan word nie, moet deur ’n proses van eliminering vasgestel word wat die skrywer se bedoeling met die gebruik van die imperatief was.

–     Sy bedoeling was blykbaar nie om ’n plegtige of formele opdrag te gee nie, anders sou hy ’n futurum  indikatief gebruik het.

–     Ook wou hy dit nie as ’n sagte, beleefd-vriendelike opdrag deurgee nie, waarvoor hy tog ’n optatief sou gebruik het.

–     Verder het hy nie bedoel om dit as ’n blote noodsaaklikheid te stel, soos wat met ’n infinitief die geval sou gewees het, nie.

So blyk dit dan dat die skrywer se bedoeling waarskynlik was om die opdrag as ’n informele, nie juis vriendelike (d.w.s. outoritêre of selfs bars) bevel aan te bied. Hierdie proses van eliminering is net so belangrik vir die ontrafeling van sinsbou soos komponensiële analise vir die bepaling van woordbetekenisse is.”

Dus, uit prof. Jordaan se verduidelik, leer ons dat ‘n mens moet ten minste iets weet van die basiese morfologie (woordbou) en veral die sintaksis (sinsbou) van NT Grieks, om werklik ‘toegang’ tot die Griekse teks van die NT te kan kry.  Jy gaan nie die Griekse taal bloot verstaan deur die gebruik van ‘n interlinear op jou boekrak nie, en dan gaan jy juis nie die vertalers se vertalings kan kontroleer aan die Griekse teks, soos die IBGA dit voorhou as die doel van die IBGA nie.

Dit bevestig verder opnuut die belangrikheid van betroubare akkurate vertalings vir die kerkvolk, en dus die getrouheid en regsinnigheid van alle vertalers wat aan ‘n vertaling werk vir die kerkvolk.  ‘n Interliniêre Bybel is ‘n goeie hulpmiddel, maar meer vir iemand wat ‘n basiese kennis opdoen van die Griekse taal.  Indien jy dan wel ‘n interliniêre NT Bybel wil aankoop, sal ek die een van Farstad en Hodge (wat ek hierbo genoem het) aanbeveel, bloot omdat daardie uitgawe:

a) se vertrekpunt die MT is,

b) dit eerlik objektiewe erkenning gee aan die ander Griekse lesings in die voetnotas en kantaantekening (OoT, NA-UBS), sonder om waarde-oordele daaroor uit te spreek,

c) dit ‘n deegliker inleiding gee as die IBGA aangaande teksvariasies, studienotas, verskillende simbole wat gebruik word in hul teks, ‘n basiese verduideliking van Griekse sinsbou en taalkunde, ens.

7) Leer die tale

Laastens, ek is ‘n groot voorstaanders dat ons en ons kinders, elke lidmaat, so veel moontlik van die Bybelse tale kan aanleer, en daarom ook die aanbeveling om die volgende bronne te gebruik, om soveel moontlik te leer van die tale, en nie net bloot tevrede te wees met ‘n interlinear nie:

http://www.teknia.com/

http://ntgreek.org/other_resources.htm

http://kidsgreek.com/

In die besonder, aan alle predikante, ouderlinge en enige ander leraars van God se Woord, in die lig van 2 Tim.2:15, lees die volgende artikels (veral Piper s’n) wat ons opnuut oproep om die ‘woord van die waarheid reg te sny’, deur juis lewenslange studente van God se Woord te bly, in die oorspronklike tale:

Brothers, Bitzer Was a Banker! by John Piper, The Standard, June 1983

The Place of Greek and Hebrew in a Minister’s Education by Michael Burer.

The Importance of the Biblical Languages by Martin Luther, And excerpt from: “To the Councilmen of All Cities in Germany That They Establish and Maintain Christian Schools 1524

Why Study NT Greek by Dr. William D. Ramey,  the instructor at InTheBeginning.org.  He has a brief introduction on this page giving reasons why ministers should study Greek.

John Piper skryf oor tale studies en liberalisme:

“Weakness in Greek and Hebrew also gives rise to exegetical imprecision and carelessness. And exegetical imprecision is the mother of liberal theology.

Where pastors by and large can no longer articulate and defend doctrine by a reasonable and careful appeal to the original meaning of biblical texts, they will tend to become close-minded traditionalists who clutch their inherited ideas, or open-ended relativists who don’t put much stock in doctrinal formulations. In both cases the succeeding generations will be theologically impoverished and susceptible to error.

Further, when we fail to stress the use of Greek and Hebrew as crucial in the pastoral office we create an eldership of professional academicians. We surrender to the seminaries and universities essential dimensions of our responsibility as elders and overseers of the churches.” – John Piper

‘n Laaste woord van Martin Luther se kant:

“And let us be sure of this: we will not long preserve the gospel without the languages. The languages are the sheath in which this sword of the Spirit is contained; they are the casket in which this jewel is enshrined; they are the vessel in which this wine is held; they are the larder in which this food is stored; and, as the gospel itself points out, they are the baskets in which are kept these loaves and fishes and fragments. If through our neglect we let the languages go (which God forbid!), we shall not only lose the gospel, but the time will come when we shall be unable either to speak or write a correct Latin or German. As proof and warning of this, let us take the deplorable and dreadful example of the universities and monasteries, in which men have not only unlearned the gospel, but have in addition so corrupted the Latin and German languages that the miserable folk have been fairly turned into beasts, unable to speak or write a correct German or Latin, and have well-nigh lost their natural reason to boot.”


Responses

  1. Prof Fika Janse van Rensburg het ek gesien is een van die samestellers en op grond van die respek wat ek het vir Gereformeerdes aan NWU se siening van die Skrif het ek my IBGA (op enkele Rande na vir R500) so twee weke gelede (met hoë verwagtinge ! ) gekoop – – dus voordat ek hierdie gelees het. Ek is spyt dat ek dan nie liewer die NKJV Greek English Interlinear NT gekoop het soos jy hier aanbeveel nie. Baie dankie dus dat jy my (en ander dan ook) wys op inkonsekwente dele.

  2. Ds Le Cornu, ek is verwonderd oor u negatiewe aanmerkings oor eenvoudig alles. Ek persoonlik dink hierdie is n wonderlike boek in ons eie taal wat ook vir my die Nuwe Testament nog meer oopsluit. Waarom het u dan nie gaan deel word van die span mense wat baie ure gespandeer het om hierdie boek die lig te laat sien nie? Die span medewerkers is tog bekwame en toegewyde en hoogsopgeleide mense wat eerlik en opreg en sekerlik met baie gebed en denke aan hierdie grootse taak gewerk het. En sekerlik het hulle in gedagte gehou dat hulle ook maar net feilbare mense is wat streef om God se naam ook op hierdie manier te eer.

    • Hettie, baie welkom hier, gesels gerus saam.

      Ek dink jy is heeltemal te negatief oor sekere negatiewe opmerkings wat ek gemaak het, want om baiemaal juis positief te wees, moet mens ook negatief wees. Daarin is die Tien Gebooie vir ons ‘n pragtige voorbeeld, en ook ons Here Jesus Christus.

      Ek het en kon ook nie oor ‘alles’ ‘n opmerking maak nie, dit was ook nie die bedoeling nie, en daarom het ek aan sekere belangrike sake aandag geskenk.

      Aan die einde van my skrywe (as jy tot daar gelees het?), noem ek dan ook dat ‘n interliniëre bybel wel ‘n goeie hulpmiddel kan wees, solank dit goed en reg gebruik word. Soos ek aangewys het, meen ek daar is beter interliniërs tans beskikbaar, ongelukkig net nie in Afrikaans nie.

      Ek glo die uitnodiging van die IBGA is self dat gewone eenvoudige lesers soos ek en jy daarmee werk, vrae kan vra, en soos die oorsig dit self stel ‘self te kan oordeel oor die akkuraatheid van bybelvertalings’, dus, ook die akkuraatheid van die IBGA se eie vertalings.

      Laat ons dit juis doen, en nie bloot verwag sekere geleerdes en taalkundiges moet al ons dinkwerk en verstaanwerk vir ons doen nie.

      Laat ons almal die volgende bid en soek:

      Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet. – Ps.119:18

      “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.” – Hand.17:11

      Onthou, die dinge wat die gemeente in Berea ondersoek het, was dit wat Paulus deur die Gees van God aan hul gepreek het en geopenbaar het, en nogtans, ja nogtans het hul al sy leringe getoets aaan God se Woord, daardie tyd spesifiek die OT.

      Hoeveel te meer moet ons vandag, alles wat elkeen van ons [en ook ‘bekwame en toegewyde en hoogsopgeleide mense’] leer, preek, vertaal, omdig of wat ookal, toets aan God se ewige onfeilbare foutlose Woord.

      • Slabbert
        Waar kom jy aan die 15 persent? (Soos verwag sou word, gebruik die IBGA uitsluitlik en eksklusief die “Nestle Aland, 27ste uitgawe van die Bybelgenootskap van SA” (afkorting: NA) as ‘Griekse Teks’. Hierdie NT uitgawe (waarop die totale meerderheid van modern vertalings gebaseer is, o.a. die NIV, ESV, NLT, NAV[1983-vertaling], die komende 2016 vertaling, ens.), verskil omtrent in 15% present van die Meerderheidsteks (MT) en die Oorgelewerde Teks (OoT), waarop vertalings soos die KJV, NKJV, Statevertaling en die OAV[1933/53-vertaling] gebaseer is). maar ek

      • Neels, om presies te wees, het ek ‘n 13 persent aanduiding gekry, in die voorwoord van die New Geneva Study Bible, wat gebaseer is op die NKJV.

  3. Slabbert, Baie dankie vir jou eerlike siening.
    Die NA Griekse teks is meer as 100 jaar aan die strengste wetenskaplike ondersoeke onderwerp en telkens saam met die nuwer United Bible Societies – teks as ver meer akkuraat bewys as die Textus Receptus (of Oorgelewerde teks) waaruit die Ou Afrikaanse NT vertaal is. Die Rextus Receptus verskil weer met meer as 2000 plekke van die standaard Bisantynse teks (Meerderheidsteks)! Die OT bied geen aanduiding van enige verskille in Griekse tekste nie. ZILCH! Jy moet net vat wat iemand in die verlede op besluit het – ongeag wat hom daartoe laat besluit het! Al bestaan daar geen Griekse Teks ouer as die gedrukte teks van Erasmus van 1522 wat byvoorbeeld die uitbreiding op 1Joh.5:7-8 in het nie! Dit is verander om by die Roomse Vulgaat aan te pas! (Kyk na die feite op my blog by http://bybelverskille.wordpress.com/2012/02/13/51-comma-johanneum-1johannes-57-8/ )
    Beide die NA en die UBS – tekste bied al die belangrike verskille in manuskripte sodat die vertaler ‘n ingeligte besluit kan neem. Hierdie tekskritiese apparaat is geweldig uitgebreid, en met absolute afkortinge beslaan dit dikwels net soveel plek op die bladsy as die teks self. Dis sou totaal onprakties wees om van die IBGA te verwag om al daardie apparaat ook te publiseer, wat staan nog dit te interpreteer en te verduidelik.
    Aan Henrietta: As jy daardie kosbare hulpmiddel nie wilhê nie, gee dit aan vir iemand wat nie een kan bekostig nie!
    Seën,
    Herman Grobler van bybelverskille.wordpress.com

    • Herman, dit sou nie ‘totaal onprakties’ gewees het om bloot in voetnota’s die verskillende lesings van die TR(OoT)/MT te plaas nie, of bloot te vermeld dat daar ander manuskripte is wat anders lees, veral by daardie gedeeltes wat dan met die OAV verskil, sodat ons kerkvolk nie in verwarring is nie.

      As jy ‘n kopie het van die IBGA, daar is baie papier op die bladsy oor om in kort voetnotas die verskille aan te dui, soos bv. die NAV in sy voetnotas het, en die NKJV en die MT Interlinear van Farstad en Hodge deeglik doen. Natuurlik nie die ‘apparate’ van die NA-UBS uitgawes nie, net voetnotas van ‘n sin of twee.

      Maar, soos ek noem in die artikel, blyk dit dat 21ste eeuse ‘KJV only’ aanhangers (hierdie keer net WH, en nie meer Erasmus nie), so seker is van hul ‘wetenskaplike apparate’ en ‘feite’, dat hul sommer die Griekse tekste weggooi wat die kerk van Christus eeue der eeue gedra het, tragies.

      Onthou altyd, alle ‘feite’ is ge-interpreteerde feite. Dit blyk dat mense te maklik klone word van Metzger en wat gevolg het sonder om – soos hul met die MT/TR doen – kritiese vrae te vra oor sy werksaamhede. Ons moet verder lees en alles weeg, ook ons eie wetenskaplike argumente, dalk het ons/hy/hulle ook foute gemaak ? Hier is een aanhaling om te oorweeg, van mense wat ook baie wetenskaplik, histories en feitlik omgaan in hierdie teksvariante debatte:

      “By their own admissions, not all the stories which these “scholars” tell about Erasmus are true. Since 1964, on p. 101 of all three editions of Text of the New Testament, Metzger has claimed that Erasmus inserted 1 John 5:7 in his Greek New Testament only because “in an unguarded moment [he] promised that he would….if a single manuscript could be found that contained the passage. At length such a manuscript was found—or made to order!” He has claimed further (pp. 62, 101) that Erasmus wrote notes stating his suspicions that the manuscript was a forgery and the passage was spurious. Yet in the third edition, in small print in footnote 2 on p. 292, he (Metzger) makes this admission: “What was said about Erasmus’ promise….and his subsequent suspicion that MS. 61 was written expressly to force him to [add 1 John 5:7 to the text], needs to be corrected in light of the research of H.J. de Jonge, a specialist in Erasmian studies who finds no explicit evidence that supports this frequently made assertion” [bold emphasis mine –SMR; italic Coats’]. Why isn’t this admission in larger type in the text of the book? Why is the “assertion” (that is, lie!) still included? Because the enemies of the Bible are liars and crooks at heart.”

      Gaan lees die hele debat hier, veral die bydraes van Steve Rafalsky, wat baie deeglike studies doen oor hierdie onderwerp:

      http://www.puritanboard.com/f63/majority-text-vs-received-text-75376/

      http://www.puritanboard.com/blogs/jerusalem-blade/jerusalem-blades-posts-partial-compilation-268/

      Herman, die belangrikste punt wat ek wil maak teenoor jou, is: julle NA-UBS voorstaanders is nie die enigstes wat meen julle is ‘wetenskaplik’, werk ‘histories eerlik’ en met ‘feite’ nie, voorstaanders van alle tradisies is so besig, en natuurlik is party ongelukkig meer aggresief daaroor as ander.

      Daarom my pleitdooi in my artikel, dat myns insiens die beste en veiligste is om met die Oorgelewerde teks te werk , en bloot in voetnotas verskillende variante lesings van ander Griekse tekste te plaas, want as ons doen wat die IBGA doen (sommer net gedeeltes weglaat en ignoreer sonder ENIGE verduideliking), dan is dit kritiek teen die kanon van God se Woord, art. 4 NGB, sien my artikel vir meer:

      https://proregno.files.wordpress.com/2011/06/pr-2009-07-22-nr-6.pdf

    • Herman en Slabbert — Herman praat van ongeveer 2 000 verskille tussen die Meerderheidstekste van die eeue en die Textus Receptus van Erasmus. Kan een van julle asb vir my sse volgens watter kriterium of kriteria het Erasmus hd veranderings aangebring? Was dit blote willekeur?

  4. Slabbert,
    My vraag het nou nie werklik op die inskrywing toepassing nie, maar tog gesien in die lig van Direkte Vertaling, sinskonstruksie en grondtaal…

    1 Tim 2:15 “Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.”

    Wat is die betekenis van die vers (in konteks gesien en dan ook t.o.v. die grondtaal)?

    Dankie
    Marelize

    • Marelize, ek dink EP Groenewald se verklaring is mooi helder:

      Deur hierdie voorskrifte in verband met die plek en optrede van die vrou by die erediens wil Paulus nie te kenne gee dat sy minderwaardig is nie. Christus het die vrou immers bevry uit die posisie van minderwaardigheid wat sy in die destydse Joodse en Griekse samelewing gehad het (let wel: nie die OT nie, maar die samelewing het vroue as ‘minderwaardig’ beskou -slc). Ook in hierdie verband het Hy alles nuut gemaak en die vrou bevry, geadel en verheerlik. Daarom moet ook die huwelik nie verbied word soos die dwaalleraars doen nie (1 Tim. 4:3), maar in hoë eer gehou word, en die moederskap aanvaar word as ’n deur van redding.

      Die vloekuitspraak van Gen. 3:16 waarvolgens die vrou met smart moet kinders baar, word ’n woord van genade omdat deur die moederskap die Verlosser in die wêreld gekom het. Deur die moederskap het daar dus redding gekom, en voortaan vul die moederskap die lewe van die vrou met ’n eie heerlikheid.

      Deur die moederskap word sy “gered”. Die bedoeling is nie dat sy vir die ewige lewe gered word deur kinders in die wêreld te bring nie. Alleen die geloof in Christus bring redding in daardie sin. Buitendien praat Paulus van Christenvroue wat “bly in geloof en liefde en heiligmaking”, d.w.s. wat reeds die saligheid in Christus gevind het.
      Daarom is die “redding” waarvan hy hier praat, die bevryding uit die posisie van minderwaardigheid. Deur die moederskap bereik sy die volle heerlikheid wat sy as vrou kan beleef. Haar redding lê nie daarin dat sy met die man wedywer om op die man se terrein aan hom gelyk te word nie, maar dat sy op haar eie terrein die bedoeling van die Skepper met die vrou tot verwesenliking bring. Dit bring vir haar ’n geluksaligheid wat sy as redding beleef in haar posisie van onderdanigheid aan die man.

      Maar dan moet sy ook getrou bly en volhard in die geloof en die liefde en die heiligmaking. Hieraan word toegevoeg die “ingetoënheid” wat reeds in v.9 hierbo ter sprake was. Daar moet steeds ’n beteueling wees van sinlike luste en sondige ydelheid. Deur selfbeheersing, deur geloof, liefde en heiligmaking moet die vrou die sfeer skep waarin sy baar hoogste roeping, die van moederskap vervul, en haar grootste vreugde vind, haar geluksaligheid.

      Die pastorale briewe. 1998, c1977 (electronic ed.) (1 Ti 2:15). Kaapstad: NG Kerk.

      Dit is tragies hoe ons baiemaal net fokus op verse 11-14 en die positiewe aspekte van v.15 en ander plekke oor die vrou se rol afskeep. Sien hierdie artikel van my waar ek meer daaroor skryf:

      http://wp.me/pM9VW-1u

  5. Marelize, ek wou nog byvoeg: as daar iets spesifiek oor die konteks of grondtaal van hierdie vers is wat jy wil weet, vra gerus, dan sal ek probeer verduidelik.

  6. Slabbert, die wetenskaplike benadering wat ek volg is om alle feite op die tafel te sit. Motivering kan tog nie wat iemand doen regverdig of uitkanselleer nie?
    Oor 1Joh 5:78: Ongeag wat Erasmus se motivering was vir die uitbreiding wat hy aangebring het, maak DIT opsigself nie die uitbreiding legitiem nie. Kyk na die feite: 1) Net een Griekse manuskrip (Ms.629, ±1350 n.C.) wat ouer is as Erasmus se gedrukte teks (1516) bevat wel hierdie uitbreiding. Die meer as 300 Griekse manuskripte wat 1Johannes bevat, het nie een dit oorspronklik in nie! 2) GEEN van die 7 antieke vertalings buiten vir Latynse vertalings bevat hierdie uitbreiding nie. 3) 20 Kerkvaders wat tot 500 n.C. hierdie deel aanhaal of bespreek, ken nie hierdie uitbreiding nie. Nie eens Basilius die Grote, (†379 n.C.) biskop van Sisarea in Kappadosië wat die Drie-Eenheid geformuleer het soos ons dit aanvaar, het dit geken nie! Slegs 6 kerkvaders tot die jaar 800 n.C. ken die uitbreiding, almal in Latyns!
    Dis FEITE my broer!
    Jy lê groot klem op die aanvaarding van die Meerderheidsteks! Nie eens die Meerderheidsteks bevat hierdie uitbreiding nie! Moet ons ‘n uitbreiding in ons Bybels behou net omdat Erasmus dit vir watter rede ookal ingevoeg het sodat dit met die Latynse Vulgaat kan ooreenstem?
    Bestudeer hierdie uitbreiding binne konteks en jy sal sien dat dit die hele redinasie waarom dit gaan, uit verband ruk en in ‘n ander rigting stuur. Ek gaan nie my hele bespreking hier herhaal nie, lees dit self by: http://bybelverskille.wordpress.com/2012/02/13/51-comma-johanneum-1johannes-57-8/
    Baie dankie dat jy die medewerkers hier geplaas het. Jy hoef my siening van die Textus Receptus nie te aanvaar nie – jy meld die regte kenners! Die meeste van hulle ken ek persoonlik en het jare in hul klas onderrig ontvang, insluitend Prof. Jan vd Watt wat die Johannese biewe vertaal het. Hierdie manne is werklik bo verdenking en absolute eerlike ware kinders van die HERE.
    Slabbert, moedig jou lesers aan om hierdie uiters kosbare hulpmiddel, die Afrkaanse Interliniêre Bybel te gebruik. Weet dit, as daar ‘n vers uitgelaat is, is dit op baie goeie gronde! As jy oor ‘n vers twyfel, gaan kyk of ek die feite nie reeds op my blog hanteer het nie, of gee dit deur en ek sit die feite op die tafel.
    Waarom sou alle hoog geskoolde navorsers wat die voorreg het om al die manuskripte oor die wêreld heen onder oë te hê, die verkeerdes wees, en net Erasmus reg wees? Net HY kan nie ‘n fout maak nie?
    Nee gee my die Woord van God soos Hy dit gegee het, nie met al die veranderinge wat wie weet wie ookal daarin aangebring het nie -al was hy ‘n toegewyde Rooms Katoliek wat Hollands gepraat het!
    Baie seën,
    Herman Grobler

    • So Herman, voor die 1880’s het ons volgens jou ‘n korrupte woord gehad, en toe kom Westcott en Hort tot ons redding ? Die Reformatore en die geslagte daarna het nie die ‘Woord van God’ gehad nie, maar dank die opkoms van die tekskritici in die 20ste eeu, 2000 jaar later wat ons uiteindelik nou in die 21ste eeu die Woord van God kan gee deur dit ‘vas te stel’ ….. maar hulle is ook nie so seker nie, want wie weet, dalk ontdek ons iewers in die toekoms nog manuskripte, wat weer verskil met die huidiges, ens ens ens ? So het ons ooit die Woord van God ?

      Weereens, kyk mooi wat ek skryf, as ons dan die tekskritiek aanvaar, dan pleit ek juis vir ware objektiwiteit in die sin van kies ‘n bepaalde hoofteks (jou geval NA/UBS, en in my geval die TR of MT), en dan in die voetnotas gee die alternatiewe lesings sonder enige waarde-oordeel daaroor te spreek. Maar die IBGA, en dit klink my jy ook, het nou net die NA-UBS as God se NT Woord aanvaar en die res afgeskryf en in die asblik gegooi, tragies.

      Ek het nêrens in my resensie die lesers aanbeveel om nie die IBGA te gebruik nie, ek het wel uitgewys die dinge wat hul moet raaksien wat die medewerkers ongelukkig nie uitwys nie, en dan ook ‘n paar voorbeelde van hoe sekere vertaalkeuses werk.

  7. Man, ek is nou so lus vir daardie lankbeloofde koffie saam met jou! Ons staan so naby aan mekaar, want ons albei soek die Woord van God, onvervals en onafgewater.
    Ek het met die Ou Afrikaanse Bybel grootgeword en my Verloser daarin gevind! Ek is baie lief vir die OAB, maar is nie blind vir die foute wat onwetend daarin opgeneem is nie, ook nie vir die foute in die 1983 – Vertaling nie. Ek glo ware en opregte kritiek sal ook teen die ILB en die komende 2016 – Bybel ingebring kan word. Want waar die mens by betrokke is, sal daar altyd foute insluip. Selfs ‘n ou soos ek verspreek my soms 😉 !
    Ek het regtig nie bedoel om te sê dat jy jou lesers afraai om die ILB te gebruik nie. Ekskuus, sleg uitgedruk. Sien, my fout! Ek het bedoel moedig hulle aan om hierdie kosbare instrument te gebruik!
    Binnekort het ek my eie in die hand en sal dan op my blog daaroor kommentaar lewer. Ek sal jou uitnooi.
    Baie seën in liefde toegebid.
    Herman.

    • Herman, gaan lees gerus hierdie rustige uiteensetting van alles wat op die spel is met bybelvertaling. Ek is van mening omdat ons oor die 2 standaarde wat Einwechter aanlê vir ons keuse van die beste bybelvertaling verskil, ons heeltyd bymekaar verby gaan praat en aanhou verbypraat as ons nie oor daardie twee sake saamstem nie:

      http://www.chapellibrary.org/files/archive/pdf-english/ebtb.pdf

      Ek is van vandag af vir so week of twee in Pretoria, bel my gerus na jy die dokument gelees het, dan stel ek voor ons gebruik dit as basis vir ons gesprek om ‘n koppie koffie, my selnr. is 082 770 2669.

      • Slabbert, ek aanvaar hierdie uitdaging op die volgende voorwaardes:
        1. Ons plaas die resultaat ook hier sodat elkeen kan weet wat dit is.
        2. Wat ookal die uitkoms van hierdie ondersoek, ons albei onderneem om dit prakties toe te pas.
        3. Ons nooi lesers van hierdie blog uit om self ook deel te neem en hul resultaat met ander te deel.

        Die dokument waarna jy verwys, noem die twee belangrikste gronde vir die verskille tussen ouer en nuwer vertalings as volg:
        1. Die vertaalfilosofie. Hier gaan dit om die Fundamentele Ekwivalente (FE) vertalingsbenadering (of woord-vir-woord Vertaling) soos in die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel, teenoor die Dinamies Ekwivalente (DE) vertalingsbenadering (of gedagte-vir-gedagte Vertaling) soos in die 1983-Nuwe Afrikaanse Bybel.
        2. Die teks wat as basis vir die Nuwe Testament dien. Hier gaan dit om die Textus Receptus (TR) wat as basis gedien het vir die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel teenoor die Nestle-Aland Teks (of ook die United Bible Societies teks) wat vir die 1983 Nuwe Afrikaanse Bybel gebruik is.

        Omdat dit op die ou end gaan om die Woord van God verstaanbaar en onvervals aan gelowiges te bied, wil ek u lesers vra om deel te neem.
        Oor die eerste grond, die vertaalfilosofie (FE of DE) wil ek hê u moet die volgende eerlik ondersoek en rapporteer. (Die hele oefening sal sinloos wees indien ons ons ondersoek manipuleer om die antwoord te verkry wat die vertaling ondersteun wat ons self gebruik. Wees daarom objektief en eerlik. Dit gaan om die Woord van God!)
        1. Vra 10 mense uit die bloute die volgende: “What is a lunatic? Have you seen one or know of one?”. En in Afrikaans: “Wat is ‘n maansieke? Het jy al een gesien of ken jy een?”
        2. Vertaal asseblief die volgende sinsnede in Engels, sodat enigeen sal verstaan wat dit beteken. (Moet asb. dit nie in die Bybel opsoek of met ander vertalings vergelyk nie; dit gaan tog oor die verstaanbaarheid van die Bybel wat ons gebruik!) “Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul…”

        Oor die tweede grond, die teks wat as basis dien, vergelyk asb. die volgende aanhaling in ons twee Bybels. Wat is die grond vir redding volgens elkeen?
        1933/53 Vertaling: Op. 22:14: “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”
        1983 Vertaling: “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.”

        Slabbert, wat my en jou ontmoeting betref, wil ek versoek dat ons die 7 kriteria wat jou bron aanhaal as bewys vir die superioriteit van die Textus Receptus op ‘n paar tekste toets. Jou bron sê so duidelik: “Textual criticism is the discipline of establishing the true wording of the original Hebrew and Greek Scriptures.” Dit is tog wat ons wil bereik.
        Jou dokument dui tereg aan dat die Textus Receptus (TR) gebaseer is op die Bisantynse of Meerderheidsteks wat deur die Grieks Ortodokse Kerk gebruik word en waarvan die oorweldigende aantal manuskripte uit die laat middeleeue (900 – 1500) dateer. Die “Modern Critical Text (MCT) soos die Nestle Aland en die United Bible Societies tekste, verkies weer die oudste tekste en heg minder waarde aan die groot aantal laat manuskripte. Hieroor kan groot debat gevoer word.
        Vir die doel van jou uitdaging aan my versoek ek dat ons die volgende drie TR aanhalings aan jou eie dokument se kriteria onderwerp en die resultaat op jou blog bekendmaak.
        1. Hand. 9:5: Die woorde: “Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.”
        2. Hand. 9:6: “En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom:…”
        3. 1 Joh.5:7-8: Die woorde in donker gedruk: “Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.”

        Jou dokument stel die volgende kriteria wat sou bewys dat die TR die beste teks is wat God se Woord onvervals korrek weergee:
        1. Dit word gevind in die meerderheid Griekse tekste. (85-90%)
        2. Dit bevat die antieke teks. “It is also a text that is noted for its “lucidity and completeness” and “entirely blameless on either literary or religious grounds as regards vulgarised or unworthy diction…” (Na my oordeel moet die teks die toets van “konteks” slaag.)
        3. Die TR is deurlopend deur die Kerk gebruik, en daarom korrek. “The TR is the only form of the text that has been meaningfully available to the church in ‘all ages.’”
        4. Die TR is gebaseer op Erasmus se eerste gedrukte teks van 1516. “…with each edition printing substantially the same text.” (Wanneer is 1Joh. 5:7-8 verander? Op wie se aandrang? Wat was die motivering?)
        5. Die TR is vir 300 jaar as “ontvangde teks” as die onfeilbare Woord van God deur Protestantse Kerke aanvaar. (Beteken “ontvangde teks” “ontvang van God” of “Ontvang van die vorige uitgewery”?)
        6. Verskeie Sinodes het in die verlede die TR as die onfeilbare Woord van God aanvaar. (My vraag is of dit bepalend is aangesien daar nie ‘n keuse tussen tekste was nie, want die alternatiewe tekste is eers later saamgestel.)
        7. Die TR het as bronteks vir die KJV gedien en vanweë sy lang gebruik, groot invloed op die Kerk en geloof gehad. (Dit maak hom tot outoriteit!)

        As jy bostaande aanvaar, het ons ‘n uitdaging wat vir almal, veral ook die lesers van jou blog, tot insig en versterking van die geloof kan dien.

        Seën,
        Herman.

      • Herman, dit was geen ‘uitdaging’ nie, hierdie blog is nie ‘n teologiese skool forum of ‘n sinode forum waar op broederbondagtige wyse allerlei manipulasie van gesprek en voorwaardes plaasvind nie. Ek het die dokument vir jou aanbeveel sodat jy ook die anderkant van die storie kan lees, vir enige verdere besinning en gesprek.

        Jy is ook nie nou hier op jou blog om allerlei voorwaardes te stel oor wat moet waar geplaas word en wat nie, en wie wat met wie se ‘ondersoeke’ mag doen of nie doen nie. Jy het ‘n blog waar jy dinge kan plaas soos jy wil, en ek hier kan op my blog plaas wat ek dink goed is. Die ‘comments’ deel van my blog is oop vir verdere gesprek, soos ons nog altyd hier voer, dit is nie een of ander ‘kommissie van ondersoek’ waardeur ons mekaar nou moet bind om sekere ‘ondersoeke’ goed te keur of nie. Die ganse wye www is oop en beskikbaar vir enigeen om te lees en te ondersoek oor hierdie hele onderwerp van vertalings en tekskritiek.

        Verder, net na jy noem ons moet die gesprek nie ‘manupileer’ nie, kom jy met jou eerste vertaal voorbeelde juis met manipulasie strategie nr.1 van sekere vertalers, nl. deur so moeilik as moontlik voorbeelde te gebruik om vertaal uitdagings bekend te stel ? Daardeur wil jy en jou DE span eintlik ons ouens wat FE vertaal, en let wel: ‘formeel ekwiwalent’ en nie jou lekker ou liberale etiket van ‘fundamenteel ekwivalent’ nie, so belaglik as moontlik maak en redeneer dat dit eintlik ‘onmoontlik’ is dat FE vertaal kan word, ens ens. Nog geen FE vertaler wat ek van weet het al ooit gedink bybelvertaling is sommer baie maklik nie, dit is ‘n baie groot verantwoordelikheid en roeping, maar dank God, deur sy Gees en gebed moontlik.

        Jou manipulasie voorbeelde is soos iemand wat oor die etiese saak van aborsie-moord begin gesels, en dan begin hy met die uiterste geval van iemand wat verkrag is en dan verwagtend is, wat ‘n verstandelik gestremde is en niemand wat vir haar kan sorg nie. In plaas van dat hy begin met God wat lewe gee, die lewe is heilig vir God, aborsie oor die algemeen is moord, dat die meeste aborsies op aanvraag is en dan beweeg na moelike gevalle, maar hy begin met ekstreme emosionele voorbeelde om die gesprek te …. manupileer ?

        So begin jy met moeilike vertaalvoorbeelde om jou dwalende vertaalmetode goed te praat. Wat van begin met God wat almagtig is, wat tale geskep het, wat sy Seun gestuur het sodat ons weer waarlik kan ken en vertaal en verstaan ? Begin met die eenheid wat daar tussen tale is, omdat alle mense geskape is na die beeld van God, en dat omdat God denke het en dit openbaar, daarom is taal so wonderlik en kan verstaan word, al is dit moeilik as gevolg van die sonde.

        Onthou, daar is reeds ‘n Middelaar en daar is reeds die Heilige Gees. Julle DE ouens probeer blykbaar die werk van God self doen, in plaas van getrou die bybelse tale oor te sit, en die Gees die verstaanwerk te laat doen, besluit jul sommer om dit self alles te doen ?

        Waar in die Bybel leer ons dat die doel van die Skrif is dat letterlik elke mens dit moet en kan verstaan ? Is die mens se verstaan die hoogste en finale norm ? Dit is eenvoudig nie waar nie, so wie bepaal wat is verstaanbaarheid ? Die nuutste taalghoeroe of die media ? Waar trek ons die lyn wat ‘verstaanbaarheid’ betref ?

        Oor die TR het ons al vele gesprekke gehad, wat jy nou net weer herhaal. En, vanuit jou eie oortuiging oor die ‘vasstelling van die suiwere teks’, as 1 Joh.5:7,8 dan wel nie daar in die Teks moet wees nie, beteken dit dan die hele res van die TR/Bisantynse tradisie is dan korrup ? Sal graag jou eerlike antwoord wil hoor ? Het die ‘ware onvervalste suiwere woord’ eers in 1880 sy verskyning gemaak, verduidelik dit asb aan ons lesers ? Het die kerk vir 1800 jaar ‘n korrupte teks gehad ?

        Ek bly by my huidige oortuiging: laat ons bly by die manuskripte en uitgawes van die Griekse Teks wat die kerk deur al die eeue gedra het (MT en TR), en dan in die voetnotas die verskille noem van latere ontdekte tekste (NA-UBS).

        Herman, drie vrae vir jou:

        1. glo jy dat elke woord van God, die Bybel, is deur Hom ge-inspireer, uitgeadem (2 Tim.3:16), of glo jy net die boodskap oor die algemeen is ge-inspireer deur God ? (hierdie kriteria: woordelikse inspirasie, systap jy heeltemal, noem dit nie in jou skrywe hierbo nie, ek wonder hoekom ?)

        2. As ons nou tien duisend volledige manuskripte ontdek wat die ander twee briewe van Paulus aan die Korinthe by het by die 66 boeke, dus eintlik 68 boeke dan, sal jy dan daarvoor pleit dat ons huidige kanon verander word na 68 boeke ?

        3. Jy het al baie geraas oor my kritiek op die IBGA, maar ek het nog niks gehoor van of jy saamstem met die IBGA se ‘verduidelikings’ (nie vertalings nie) van 1 Kor.6:9,10; 14:34, 1 Tim.2:12 nie, aldrie juis verse wat gaan oor twee sake wat vir die nuwe SA kerke ‘n struikelblok blyk te wees in die sogenaamde ‘eenwording’van alle kerke en leringe ?

        Dankie vir jou eerlike objektiewe antwoorde.

  8. Hallo Neels, hier is meer inligting oor die verskille tussen die MT,TR en KT (kritiese teksuitgawes van NA/UBS), uit 3 bronne:

    1. New Geneva Study Bible se voorwoord, met die NKJV vertaling wat die TR as Griekse teksuitgawe basis het (hierdie studiebybel word nou onder die naam ‘Reformation SB’ uitgegee):

    “In light of these facts, and also because the NKJV is the fifth revision of a historic document translated from a specific Greek texts, the editors decided to retain the traditional text in the body of the NT and to indicate major Critical and Majority Text variant readings in the side reference column. Although these variations are duly indicated in the side-column notes of the present edition, it is most important to emphasize that fully eighty-five percent of the New Testament text is the same in the Textus Receptus, the Alexandrian Text, and the Majority Text.”

    Vir meer oor die NGSB:

    http://www.ligonier.org/reformation-study-bible/

    2. Robinson skryf in sy voorwoord tot Scrivener se TR uitgawe (1894) as volg oor die verskille:

    “This Scrivener edition of the “Textus Receptus” or “Received Text”, even though artificially constructed, yet reflects a general agreement with other early printed Greek texts also called by that name. These include editions such as those of Erasmus 1516, the Complutensian Polyglot of 1514/1522, Colinaeus 1534, Stephens 1546, Beza 1565, and (the one from which we obtain the term “Textus Receptus”) Elzevir 1633. As mentioned above, George Ricker Berry correctly noted that “In the main they are one and the same; and [any] of them may be referred to as the Textus Receptus” (Berry, “Interlinear,” p.ii).

    All these early printed Greek New Testaments closely parallel the text of the English-language Authorized (or King James) Version of 1611, since that version was based closely upon Beza 1598, which differed little from its Textus Receptus predecessors. These same Greek TR editions all generally reflect the “Byzantine” (otherwise called the “Majority” or “Traditional”) Textform which predominated throughout the period of manual copying of Greek New Testament manuscripts.
    The user should note that the Scrivener 1894 TR edition does NOT agree with modern critical editions such as that published by the United Bible Societies or the various Nestle-Aland editions. Those editions follow a predominantly “Alexandrian” Greek text, as opposed to the Byzantine Textform which generally underlies all TR editions. Note, however, that 85%+ of the text of ALL Greek New Testament editions IS identical.
    One should also recognize that NO printed Receptus Greek text edition agrees 100% with the aggregate Byzantine manuscript tradition (Majority/Traditional Text), nor with the Greek text presumed to underlie the Authorized Version. However, all printed Receptus texts DO approximate the Byzantine Textform closely enough (around 98% agreement) to claim a near-identity of reading between those Receptus forms and the majority of all manuscripts.

    The significant differences between the modern critical texts, the Authorized Version, and the Byzantine (Majority) Textform are most clearly presented in the NU-text and M-text footnotes appended to editions of the “New King James Version,” published by Thomas Nelson Co.
    No verse or verse number found in the Authorized Version is lacking in the Scrivener 1894 TR edition.”

    Volledige voorwoord hier:

    http://scripture4all.org/ISA2_help/DatabaseInfo/ScrTR/ScrTR.html

    3. Die nuutste Griekse teksuitgawe waarvan ek weet (2010), die SBLNT teksuitgawe (van die Society of Biblical Literature in samewerking met Logos Bible Software) het die volgende interessante vergelyking:

    A comparison of this new text (SBL) with the four editions listed above (RP = Robinson en Piermont se Majority Text), using as the data base the 6,928 variation units recorded in the accompanying apparatus (described below), reveals the following patterns of agreement and difference:

    Agreements Disagreements
    SBL—WH: 6,048 vs 880
    SBL—Treg: 5,700 vs 1,228
    SBL—NIV: 6,311 vs 617
    SBL—RP: 969 vs 5,959

    Also interesting is a comparison of agreements of the SBLGNT with one of
    the four editions against the other three and, vice versa, SBLGNT and the
    other three against the one:

    SBL + WH vs. Treg NIV RP: 99 SBL + Treg NIV RP vs. WH: 365
    SBL + Treg vs. WH NIV RP: 28 SBL + WH NIV RP vs. Treg: 150
    SBL + NIV vs. WH Treg RP: 59 SBL + WH Treg RP vs. NIV: 103
    SBL + RP vs. WH Treg NIV: 66 SBL + WH Treg NIV vs. RP: 4,875

    Volledige artikel hier beskikbaar: http://sblgnt.com/download/

    Uit hierdie vergelykings is een ding baie duidelik: die groot verskille tussen die kritiese tekste (NA/UBS tradisie) en die MT (waarvan TR deel is).

  9. […] Die Interliniêre Bybel: Grieks-Afrikaans NT – enkele opmerkings […]

  10. Waar kan ek ‘n bybel met afrikaans (1983) en die Engels KJV alles in een boek kry. Sal enige inligting baie waardeer

    • Rita, ek is nie bewus van so ‘n bybel nie, probeer uitvind by die Bybelgenootskap of CUM boekwinkels. Ek weet laasgenoemde boekwinkels het ‘n groot Bybel met 3 vertalings in: 1953 Afr vertaling plus 1983 vertaling plus NIV engelse vertaling.

  11. Die nuwe bybel nyg verskriklik baie na die alexandrian teks( die katolieke bybel)
    Al waar ek iets van die alexandriete lees in die Bybel is waar hulle met Stephanus in woordestryd was en hom ook later gestenig het; en waar oor was hulle in stryd ? Handelinge 6
    OOR JESUS wat die Seun is van die lewende God.
    Texus R moet die regte Woord van God wees, rede Psalm 12:6-7
    Let op, God sal Sy Woord bewaar, nie menses nie.
    Ek stel voor om so na as menslik moontlik aan die waarheid te probeer bly.
    Daarom stel ek voor om die KJV te gebruik.
    Vir die mense wat daar van hou om met God’s woord te peuter, lees gerus Open 22 veral verse 18 en 19 as jou nuwe bybel dit nog in het.
    Groette Sakkie


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: