Neem en lees: 10 April 2013

buiteblad0001

1. Die hemel en die hel

Al meer teoloë bevraagteken die werklikheid van die hemel en die hel. Met die toestemming van die Die Kerkblad, plaas ek sommige van hul artikels oor die onderwerp wat in hul 15 Mei 1996 uitgawe verskyn het, met dank:

Die hemel – en ons ?!, prof. JC Coetzee

Die hel – is dit ‘n werklikheid ?, prof. GJC Jordaan

Die opstandingsliggaam, prof PJ de Bruyn

Die hel – God se waarskuwingsteken, prof. L Floor

Vrae oor die hemel, dr. PW Bingle

Die oordeel, ds. Hennie van Wyk

2. Boekresensies van: In Six Days God Created: Refuting the Framework and Figurative Views of the Days of Creation by Paulin Bedard (Xulon Press: USA, 2013, 252 pages):

IN SIX DAYS GOD CREATED

Refuting a Figurative Genesis

A Devastating Critique of the Framework Hypothesis

3. David Murray artikels

Mental Illness & Suicide: The Church Awakes     

Church Power Games

4. Oplossings vir owerheidsmislukkings, Andries Opperman

“Owerhede moet die skares minder paai. God het hulle ‘n dure plig opgelê: hulle moet die Christelike godsdiens beskerm en reg en geregtigheid laat geskied. ‘n Godvresende prof Du Plessis waarsku: ‘Die Kerk is nie ‘n toevallige vereniging van godsdienstige mense nie, en die staat kom nie op as die produk van ‘n wilsaksie van ‘n soewereine volk nie. Dit is nie ‘n sosiale kontrak nie. Nee, beide Kerk en Staat is deur God gewilde en ingestelde institute.’ “

Lees hier verder.

5. Kerkstryd in die PCA

Soortgelyke strydpunte in die PCA as in die GKSA (daar is kerklike eenheidsbande tussen hierdie twee kerkverbande)

An Open Letter to James Kessler and the leaders of the National Partnership

6. Artikels oor die Bybel en homoseksualiteit

Sien die volgende webblad: www.robgagnon.net

7. Doctrine of Man Conference – lesings is aanlyn beskikbaar

GPTS Conference 2013: Doctrine of Man

8.  Rezolution Konferensie, 17-20 April 2013

Met onder andere Ligon Duncan en Kevin de Young as sprekers

Tema: What is the Gospel ?

9.  Juventus lesing komende Maandag

John Gilchrist is die kenner van die Islam in Suid-Afrika.  Hy het al 11 boeke gepubliseer oor die Islam en hoe die evangelie aan Moslems verkondig kan word. Hy het ook al verskeie openbare debatte met prominente Moslems gevoer.  Hy kom praat oor die tema: Islam in relation to the Christian faith. Beslis iets wat u nie moet misloop nie!

Datum: Maandag 15 April 2013

Plek: Ark-lokaal; Aros-kampus (Dickensonlaan 1180, Waverley, Pretoria)

Spreker: John Gilchrist T

ema: Islam in relation to the Christian faith

Tyd: 18h30

Navrae:  Juventus kantoor: 012 332 3227 of epos: kantoor@jjv.co.za

Almal welkom!

10. The Christian Family, by Herman Bavinck

Luister na ‘n gesprek oor die boek hier: Bavinck on Marriage and the Family

10 thoughts on “Neem en lees: 10 April 2013

Add yours

  1. Baie dankie hiervoor – dit is waarom ek my nog altyd baie na aan die Gereformeerde Kerk gevoel het – al is daar hier en daar krake (soos ook al vantevore deur jouself uitgewys) wat ‘n mens uiteraard bekommer en noop om ernstig te bid, staan die GKSA tog nog sterk vir die Waarheid!

    Van ‘n Gereformeerde Baptis.

    Kobus (J.A.) van der Walt Landline: +27-16-423-1284

    Postal Address: P.O.Box 263435 THREE RIVERS 1935 SOUTH AFRICA

    Date: Wed, 10 Apr 2013 12:33:21 +0000 To: kobus.j.a.vanderwalt@gmail.com

  2. Selfs al kan ‘n mens nie met alles saamstem nie en al bly daar nog baie oor om te sê i.v.m die onderwerpe hier genoem, is dit duidelik dat moeite gemaak is met hierdie post. Dankie vir al die skakels dis nogal baie informasie in een post.
    Vir die volgende 2 onderwerpe wil ek graag die volgende 2 Bybel verse vir oorweeging voorhou. Verse wat dalk nie so lekker inpas by die gegewe verduidelikings nie en daarom (neem ek aan) ook nie aangehaal word nie:

    Die Hemel:
    Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered — en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. (Efesiers 2)

    Die Oordeel:
    Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
    Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. (Johannes 3)

      1. Wat daardie eerste artikeltjie (3 bladsye) van Coetzee oor die Hemel betref… wel… in my opinie, is daar so baie foute, ek weet nie waar om te begin nie.
        Maar dit is nie my doel om dit alles uitmekaar uit te ruk nie, ek wil eerder probeer help om nog verder te dink.
        Daarom het ek daardie gedeelte uit Efesiers 2 aangehaal, ‘n baie belangrike gedeelte oor die Hemel wat gladnie deur Coetzee oorweeg word nie.
        “(God het ons deur sy groot liefde)… saam laat sit in die Hemele…”
        Coetzee skryf: “En óns? Gaan ons ook “hemel toe” na ons dood? Ja, inderdaad: direk na ons dood”
        Die Apostel Paulus skryf dat ons al reeds saam met Christus in die Hemele sit.

        Wat die 6de artikel betref van van Wyk oor die oordeel, wel die oordeel waarvan hy praat is vir die toekoms (wederkoms of dood), daarom het ek Johannes 3 aangehaal waar die oordeel nie toekoms is nie maar teenwoordig: “hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel”.

        Oor die algemeen neem ek nie 3-bladsy-artikels oor sulke groot onderwerpe baie erenstig op nie.
        En verwag natuurlik ook nie van u om ander mense (Coetzee en Van Wyk) se idees te verdedig of te verduidelik nie. Ek probeer maar net ‘n gaping in hulle skrywe uitwys.

      2. Andre, inderdaad, jy is heeltemal te slim vir ons eenvoudige gelowiges wat tevrede is met 3 bladsye artikels. Jou kritiek is niks minder as belaglik nie. Jy mis heeltemal die punt van die artikels en waaroor die onderwerpe gaan, deur na sake en verse te verwys wat al die skrywers in elkgeval oor gaan saamstem. Maar jy mis totaal die doel en spesifieke onderwerp van die artikels, die spesifieke saak wat hul aanspreek. Ek is eintlik verbaas dat jy nog enigsins jou tyd mors om hier te kom ‘artikeltjies’ lees (dink jy sal dalk intellektueel meer gestimuleer word by die Nuwe Hervorming/Jesus Seminar tipe webladsye). Jy help nie eers naastenby om verder te help dink nie, so ek neem ook nie jou paar skiet-uit-die-heup argumentjies ernstig op nie. Ek dink die gaping is dalk op ‘n ander plek as in die artikels.

      3. “Die Apostel Paulus skryf dat ons al reeds saam met Christus in die Hemele sit.”

        En al hierdie tyd het ek gedink jy is in Duitsland, maar toe nie ?

        ns. jy weet verseker dat Coetzee en gereformeerdes glo dat ons wel geestelik nou reeds in die hemele sit, maar nie letterlik nie, ons gaan na die hemele eers met ons dood, en eendag met die wederkoms.

        Maar soos reeds genoem, jy verkies moedswillig om die ‘artikeltjies’ in jou hoogmoedigheid verkeerd te verstaan en ‘n valse teenstelling te maak tussen die geestelike nou en die konkrete hiernamaals na ons dood en met die wederkoms.

      4. Andre, wat die oordeel artikel betref, presies dit, as Van Wyk oor die toekomstige eindoordeel skryf, beoordeel hom daarvolgens, die onderwerp wat hy spesifiek hanteer, nie oor wat hy nie hanteer nie, naamlik die tydelike oordele of ander sake nie. Dus, die feit dat daar nou al oordeel plaasvind, vervang nie, of ontken nie die latere komende oordeel of andersom nie. Hoekom die twee sake (soos al jou ander argumente) teen mekaar afspeel ? Dit is nie goeie teologie nie, ook nie goeie gesprekvoering om ‘te help dink’ nie.

        Jy laat my dink aan die lidmaat wat kwaad is vir die dominee omdat hy nie die hele raad van God ELKE sondag verkondig nie, en as die predikant dit probeer doen, kerm die preek is te lank ! 😉

      5. Ek is glad nie kwaad nie ek het eintlik gehoop hierdie kan tot ‘n goeie gesprek ontwikkel.
        Kan jy dalk ‘n Nuwe Hervorming/Jesus Seminar Blog aanraai? Ek het nog nie daarvan gehoor nie maar ek hoop jy is reg.

      6. Andre, dalk ‘n goeie les om te leer: as jy met iemand regtig opreg in gesprek wil gaan, moenie die teks wat jy wil bespreek van die begin af verkleineer of afkraak nie. Die gevolge is dan dat jy nie ‘goeie gesprek’ gaan vind nie, inteendeel, jou motief vir ‘goeie gesprek’ gaan juis bevraagteken word. Dit gaan nie so werk nie.

        Wat die Nuwe Hervorming/Jesus Seminar betref, ek is seker Google sal daarmee kan help. Geniet die 2 Tim.4:3,4 postmoderne artikels daar.

      7. Sien ook hoe pragtig HK Sondag 18, v/a 49 die ‘nou en toekomstige’ van die hemelse werklikheid vashou, nie net die een of die ander nie:

        Vraag 49: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?

        Antwoord:
        Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is (a).
        Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as ‘n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof; ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem (b).
        Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur (c) deur wie se krag ons soek na wat daar bo is, waar Christus is en aan die regterhand van God sit, en nie na wat op die aarde is nie (d).

        (a) 1Jo 2:1; Rom 8:34.
        (b) Joh 14:2; Joh 17:24; Joh 20:17; Joh 2:6.
        (c) Joh 14:16; Joh 16:7; Act 2:33; 2Co 1:22; 2Co 5:5
        (d) Col 3:1.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: