Opmerkings oor “Die NT en Psalms: ‘n Direkte Vertaling” (1:Die Messiaanse Psalms)

Product Details

“Die NT en Psalms: ‘n Direkte vertaling” is beskikbaar by Amazon om afgelaai te word.Dit is ‘n proefvertaling en nog nie die finale vertaling nie.

Hierdie proefvertaling bestaan uit:

1. Die Voorwoord

2. Nuwe Testament

3. Die Psalms

4. Woordelys

Ek gaan so met die tyd ‘n paar kort opmerkings oor die Direkte Vertaling (afkorting: BDV = Die Bybel: Direkte Vertaling) maak, hier is solank my eerste gewaarwording:

[nota: my opmerkings is gebaseer op die eerste 2014 uitgawe van die DV. Sien gerus die verskillende proefvertalings van die DV hier, aangesien daar aanpassings gemaak word: Direkte Vertaling: proefvertalings.]

As mens kyk na sekere spesifieke eksplisiete Messiaanse gedeeltes in die Psalms, o.a. Psalm 2 en 110, dan blyk dit dat die Direkte Vertaling wel meer ‘letterlik’ wil vertaal oor die algemeen, maar ongelukkig bloot die nie-Messiaanse teologie en skrifbeskouing wat onderliggend is aan die NAV, Bybel in Praktyk en Cloete omdigting navolg in hul vertaalwerk.

Hier is twee voorbeelde (Psalm 2 en 110, en onthou – hierdie is die 2 Psalms wat die meeste aangehaal en as direk Messiaans aangedui word in die NT. Wat met hierdie twee Psalms gedoen word is deurslaggewend vir wat met die res van die spesifiek Messiaanse Psalms, asook die res van die OT gedoen word.  Die vertaling daarvan openbaar ook die verhouding OT tot die NT, skrifbeskouing, ens., van die vertalers):

Psalm 2 (BDV):

v.2, “teen die HERE en sy gesalfde

v.7, “Jy is my seun

v.12,  “Soen die seun

BDV = gesalfde, seun, seun

Psalm 2 (OAV, 1933/53):

v.2, “teen die HERE en teen sy Gesalfde

v.7, “U is my Seun

v.12, “Kus die Seun

OAV = Gesalfde, Seun, Seun

Ps.110:1 (BDV):

BDV: “Die uitspraak van die HERE vir my heer

OAV: “Die HERE het tot my Here gespreek”

Die BDV is verbetering op die NAV (1983) deur die verbondsnaam (Jahwe) aan te dui met hoofletters (HERE), maar hul volhard met die nie-Messiaanse verstaan van die OT, deur waar die Skrif self Christus direk aandui in die OT, hul dit ontken met die gebruik van kleinletters (seun, gesalfde, heer, ens.), in plaas van hoofletters soos met bv. die OAV (Seun, Gesalfde, Here, ens.)

En as iemand dan weer gaan kom met die argument, “maar die Hebreeus is nie in hoof en klein letters geskryf nie”, dan is die argument dan soveel te meer:

– as die vertalers dan ons Afrikaanse taalstruktuur (wat onderskei tussen hoof en kleinletters) kan gebruik om te onderskei tussen die Godsname in die BDV (HERE en/of Here en/of heer/here), hoekom kan hulle dan nie ook daardie selfde taalstruktuur gebruik om die Messias aanduidings aan te wys nie, dus waar Christus direk ter sprake is aan te dui met ‘n hoofletter, soos die OAV dit deeglik doen (Seun, Gesalfde, Here, ens.) ?

Waarom of hoekom is die hele Teks (OT én NT en hul verhouding tot mekaar) nie bepalend vir die vertaalkeuses van die BDV nie ?

As die Heilige Gees implisiet en eksplisiet deur latere Openbaring sekere gedeeltes as Messiaans aandui, waarom dit nie aandui in ‘n vertaling met bv. hoofletters nie ?  Waarom hierdie verwerping van die gebruik om van hoofletters gebruik te maak om die Messias aan te dui (die hoofletter aanduiding word ook so gebruik met meeste betroubare moderne vertalings vandag, hoekom wil die BDV dit nie navolg nie?).

Ek het ook die ‘inleiding’ gelees tot die Psalms in die BDV.  Daar is geen sprake van enige verwysings na die Messias as een van die sentrale temas regdeur die Psalms nie, ook nie eers vermelding van die NT se verklaring daarvan nie.  Dit blyk dus dat daar geen erkenning van die Skrif-moet-Skrif verklaar beginsel is, of dat die eenheid van die Skrif vasgehou word nie ?

Is die vertalers se skrifbeskouing dus: die OT moet op sy eie verstaan word, die NT is weer ‘n ander openbaring met sy eie boodskap wat opnuut geskep word met ‘n ander betekenis, die Messias word teruggelees in die OT in (soos die ‘Bybel in Praktyk’ dit verstaan) ?

Die eenheid van die Skrif gaan juis daardeur verlore, kontra Christus se woorde:  “… en die Skrifte nie gebreek kan word nie” (Joh.10:35; Luk.24:25-27).

Die enigste konklusie wat mens ongelukkig by uitkom, is dat die BDV volhard in die nie-Messiaanse teologie en skrifbeskouing wat onderliggend is aan die NAV, Bybel en Praktyk, Cloete omdigting, ens., wat basies leer dat:

– die Messiaanse verstaan van die OT was ‘n latere interpretasie of verwysing na die Messias in die eerste eeu,

– die Messias verklaring was nie deel van die ‘oorspronlike verstaan’ van die teksgedeelte nie.

– die OT gelowiges het bloot ‘n ‘algemene messiaas idee en/of verwagting gehad’, en nie ‘n eksplisiete Messiaanse verwagting, dus ‘n spesifieke Persoon  verwag nie (sommiges beweer die Messias verwagting het eers ontstaan in die tyd van die ballingskap en daarna, en was nie van die begin af [Gen.3:15] daar nie).

Dit is natuurlik alles contra wat die Skrif leer en pragtig saamgevat word in HK v/a 18 en 19, die OT gelowiges het ‘n duidelike eksplisiete Messiaanse verwagting gehad, van ‘n Gesalfde wat sou kom, sien Matt.22:41-46; Luk.1:28-32,38; Joh.1:46; Hand.3:22-26; 26:22,23; 1 Pe.1:10-12; ens.  Dit is wat die ware kerk van Christus nog altyd bely:

Vraag 18: Wie is hierdie Middelaar wat terselfdertyd ware God (a) en ware (b) regverdige mens is (c)?

Antwoord: Ons Here Jesus Christus (d), wat God vir ons tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gegee het (e).

(a)1 Joh 5:20; Rom 9:5; 8:3; Gal 4:4; Jes 9:6; Jer 23:6; Mal 3:1: (b) Luk 1:42; 2:6, 7; Rom 1:3; 9:5; Fil 2:7; Heb 2:14, 16, 17; 4:15. (c) Jes 53:9, 11; Jer 23:5; Luk 1:35; Joh 8:46; Heb 4:15; 7:26; 1 Pet 1:19; 2:22, 3:18. (d) l Tim 2:5; Matt 1:23; 1 Tim 3:16; Luk 2:11; Heb 2:9..(e) 1 Kor 1:30.

Vraag 19: Waaruit weet jy dit?

Antwoord: Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het (a). Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders (b) en profete (c) laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld; (d). Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul (e).

(a)Gen 3:15: (b) Gen 22:18; 12:3; 49:10. (c) Jes 53; 42:1-4; 43:25; 49:5, 6, 22, 23; Jer 23:5, 6; 31:32, 33; 32:39-41, Miga 7:18-20; Hand 10:43; 3:22-24; Rom 1:2; Heb 1:1. (d) Heb 10:1, 7; Kol 2:7; Joh 5:46. (e) Rom 10:4; Gal 4:4; 3:24; Kol 2:17.

Vir meer artikels oor vertaling, spesifiek ook die Messiaanse vertalings, asook artikels wat reeds geskryf is oor vorige proefvertalings van die BDV (wat ek ook reeds vir die Bybelgenootskap gestuur het), sien hier:

https://proregno.com/category/2016-vertaling/

https://proregno.com/category/1983-vertaling/

https://proregno.com/category/19331953-vertaling/

https://proregno.com/category/vertalings/

https://proregno.com/category/vertaalmetode/

Sien ook prof. HG Kruger se artikels oor die Messiasverwagting in die OT soos Calvyn dit verstaan het:

https://proregno.com/category/prof-hg-kruger-artikels/

Ons moet bid dat ons en veral die vertalers se verstande oop sal gaan om die Skrifte (ook die Psalms) reg te verstaan, sodat ons dit reg verklaar, vertaal en kan sing:

Luk. 24:44-47   44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.  45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.  46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,  47 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.


 Ander dele in die reeks van vertaling opmerkings oor die DV is hier beskikbaar: Direkte vertaling opmerkings

9 thoughts on “Opmerkings oor “Die NT en Psalms: ‘n Direkte Vertaling” (1:Die Messiaanse Psalms)

Add yours

  1. Ds Slabbert, Jou opmerkings is in die kol. Dit is ‘n doelbewuste uitskryf van die Messias uit die Ou Testament en deel van ‘n strategie om die Ou Testament irrelevant te probeer maak.

    ‘n Ander belangrike probleem is die bronteks. Die vertalers gebruik ‘n heel ander bronteks wat heelwat verskil van ons Bybel, vir hierdie vertaling. Hulle is ook baie oneerlik deur die feit te verswyg en so die gelowiges te mislei.

  2. BAIE dankie hiervoor, dit is tydig want binnekort verskyn die nuwe Afrikaanse vertaling van die hele Bybel en vele stemme het om dieselfde redes daarteen opgegaan.

  3. Ek stem saam met ds Slabbert dat die kleinwoorde in Afrikaans ‘seun’, ‘gesalfde’, ens neerkom op disrepek vir die Seun van God, Jesus Christus. En ja, dit weerspieel inderdaad die Nie-Messiaanse benadering wat ook by die 1983 Vertaling gevolg is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: