Dr. Attie Bogaards skryf o.a.:
“Die Versamelde Werke van 1960, dus nie die uitgawe van Tafelberg nie. Dank aan br Willem Swanepoel van GK Wilropark en br Freek Kruger van GK Bet-el. Willem het die skandering gedoen en Freek het sy kosbare stel beskikbaar gestel.
Dit was ‘n yslike groot werk. Br Freek se kosbare stel stel moes heeltemal uitmekaar gehaal word. Omdat die ou boeke se bladsye dikker is as die nuwe boeke van vandag, het omtrent elke 10e bladsy vasgehaak.
Uiteindelik is die werk egter nou klaar. Dit kan alreeds gebruik word. Dit moet nog ge-OCR word en mense wat dit kan doen, kan my of Willem gerus kontak.
Baie dankie aan br Willem en br Freek vir die wonderlike werk.
Mag dit van groot nut vir die kerk van die Here wees.”
Met hartlike broedergroete,
dr. Attie Bogaards
attie@enigstetroos.org
U kan die Versamelde Werke hier aflaai: Totius se VERSAMELDE WERKE
___________________
Sien ook hier vir nog artikels van en oor Totius.
