“The typically not understood principle is that if human life is sacred (6th commandment – slc), then the act that generates human life is sacred (7th commandment – slc). Conversely, if the act that generates life is treated as a thing that is recreational or casual in nature, then the biological end of that act will not long be regarded as sacred either.
To put it crassly, if sex is cheap, life is cheap, and vice-versa, if life is cheap, sex is cheap. One would never casually, flippantly, or promiscuously end a human life; neither should one casually, flippantly, or promiscuously generate a human life. In other words, if we are to be consistently pro-life, then the act that generates life must be regarded as sacred.
Furthermore, all that tends toward sexual expression outside of the sacred context of marriage must be forsaken, whether they be found in literature, cinema, television, fashion, or personal speech.”
Dit is ‘n aanhaling uit ‘n baie goeie insiggewende artikel oor die verhouding tussen die 6de en 7de gebod. Dit verduidelik ook hoekom daar absoluut geen meer respek is vir lewe en vir mekaar in ons samelewing nie … want daar is geen respek vir die huwelik as basis van die samelewing nie (dink maar aan die groeiende egskeidingsyfer asook die gay agenda), en nog minder vir die goeie regverdige God wat die huwelik vir ons verordineer het nie.
Die artikel is geskryf deur dr. Terry L. Johnson, predikant van die Independent Presbyterian Church. Die volledige artikel kan hier afgelaai word: A Consistent Ethic of Life
Die 5de tot die 7de gebod (soos al die ander gebooie) is onlosmaaklik aan mekaar verbonde:
– aangesien daar geen meer vrees/respek is vir God nie (gebooie 1 tot 4),
– daarom ook geen respek vir ouers (en ander) gesagsinstellings nie (5de gebod, sien die verklaring van HK Sondag 39), en
– so ook nie vir lewe nie (6de gebod), en daarom
– ook geen respek vir die huwelik nie (7de gebod).
Saam met Dawid roep ons ook uit oor ons land (Ps.11:3):
“As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”
Spr.8:35,36 is ook in aksie in ons land: “Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ‘n welbehae van die HERE. Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.”
Die misdaad, moord, doodslag en veral aborsie-moord getuig van ‘n land wat God haat, wat nie die lewe gevind het nie, want ons land verwerp Christus, wat die weg, waarheid en lewe is, die enigste.
Maar daar is ook troos en hoop vir die Here se kinders, sy ware kerk onder alle volke, want daar staan ook in Ps.11, na vers 3:
4 Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
5 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ‘n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
7 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.
Die enigste hoop vir ons land en sy mense is en bly nog altyd Jesus Christus alleen, en dit is WIE ons moet verkondig, teenoor alle mense, met die oproep tot geloof en bekering.
Geen menseregte of ‘goodwill’ sal ons red nie, geen burgerlike regering (vorige of huidige een), kan ons red nie.
Alleen Christus wat spreek deur sy Woord en Gees. En alle goeie verandering en reformasie begin by MY en my gesin, die bekering van ons sondige harte, om te vlug na Christus en sy verdienste alleen, en dan ‘n lewe van dankbaarheid volgens sy gebooie te lewe, tot sy eer.
Mag die Here ons genadig wees hier aan die suidpunt van Afrika !
Hier is nog ‘n paar aanhalings uit bogenoemde artikel:
“We may surmise that one reason (among the many) why divorce is forbidden is the value of maturing human life. Human beings are of such worth that they must be reared in intact homes. Divorce subjects young image-bearers to a nurturing environment that is damaging to their development. Consequently, divorce must be discouraged and severely restricted.”
“To be consistently pro-life requires that one be consistently pro-marriage, and consistently anti-everything that tends to undermine marriage as the sole context within which human sexual expression is to occur. Only if we in the pro-life community clean up our own act, only if we live morally chaste lives, can we expect the world to take us seriously.”
“We do not retreat from the gospel when we take time to discuss our ethical principles. Have we shown disregard for the sanctity of human life, perhaps even participating in an abortion? Christ Jesus came into the world to save sinners, even the foremost of all (1 Timothy 1:14,15). Have we shown disregard for the sanctity of marriage? Do we need to repent of thoughts, words, entertainment choices, and deeds that have cheapened the procreative act? Where sin abounds, grace abounds all the more (Romans 5:15,20).
It is only when we face our failures that the gospel shines its most glorious rays of mercy and forgiveness into our hearts, and the doors for further service open most widely.”
Sien gerus ook ander insiggewende artikels, preke, ens. van dr. Johnson hier: Resources (die artikels oor ‘modesty’ is baie nodig vir ons tyd om weer te hoor)
Jak 2:10: “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” ‘n Oud-kollega van my het gereeld sy wyse ou vader aangehaal wat glo gesê het: “As mens kan lieg, kan jy steel ook”.