GKSA sinode 2015: 8 Januarie 2015 (dag 3)

gksa sinode 8 jan 2015

17h15: verskillende rapporte oor Bybelvertaling en ander sake gaan verder hanteer word vanaand. Ek gaan eers afteken, sal môre-oggend terug wees vir verslaggewing oor wat die sinode gaan besluit oor 7.3.2


16h10: Deur een sin noem die voorsitter dat 7.3.2 eers môre-oggend bespreek en oor besluit gaan word en dit word eenstemmig aanvaar ….

Nou op die tafel: 20.4 aanvulling van KO art.31 (bl. 375).


16h00Baie belangrik – daar was deur sekeres die poging om 7.3.2 (A, bl.154) uit te stel of te ‘skip’ … maar met die stemming is dit oorweldigend gehandhaaf: hierdie sinode moet dus nou besin en besluit of al die beswaarskrifte genoem in 7.1 (VIDA) wesentlike sake aanraak of nie. So, in ‘n sekere sin gaan hierdie bespreking en besluit die WESE raak van die hantering van die verskille, soos ek dit verduidelik het by my vorige inskrywing (15h30).

Hierdie saak (7.3.2) raak dus eintlik presies wat GK’e Betel, Carletonville en Meintjeskop in ons beswaarskrif aangeraak het, nl. dat ons van die oortuiging is dat VIDA ‘n wesentlike saak is, ‘n belydenissaak wat die eenheid van ons kerke in gedrang bring.

So, as die sinode besluit dit is nie-wesentlik = dan moet die beswaarskrifte almal deur hierdie sinode hanteer, bespreek en besluit word.

As, dit wesentlik is, dan kan en sal dit heelwaarskynlik verwys word na spesiale sinode.

Maar die besluit gaan by implikasie die wese van ons kerke se toekoms raak aangaande VIDA en hoe dit verder hanteer gaan word.

Dit is hoe ek dit tans sien. 


 

15h30: 7.1 op tafel. Kyk spesifiek na 7.3.2, die sinode moet besluit of VIDA ‘n wesentlike saak is of nie, en die implikasie is (dink ek):

– indien ja: verwys na spesiale sinode.

– indien nee: moet hierdie sinode die saak handel.

Maar ek kan dit verkeerd staan, so bly ingeskakel ……


15h15: daar word besluit om nie net kerke waarmee ons volle eenheid het uit te nooi na spesiale sinode nie, maar ook kerke met wie ons eenheidbande het (bv. NGK). So alles van 6.3.3 is aanvaar.

Kyk spesifiek na 6.3.3.4 en 5:

6.3.3.4 Spesiale Sinodes vergader so dikwels en so lank as wat dit nodig is vir die afhandeling van hulle opdrag.
6.3.3.5 Spesiale Sinodes handel verwysde sake af sodra daar eenstemmigheid oor ‘n saak/sake bereik is en stel die kerke daarvan in kennis.

Hierdie twee punte in die kerklike praktyk, met die konkrete werklikheid van 30 jaar se kerkstryd “wat VIDA nie kon afhandel nie en daar nie eenstemmigheid oor is nie”, beteken die spesiale sinode kan die kerke gevange hou oor die ‘moeilike sake’ … tot in ewigheid … of tot die pensioenfonds op is?

 


14h55: dit lyk my die beginsel van spesiale sinodes is nou aanvaar, of en wanneer moet nog besluit word, nie presies seker wat bedoel word nie, sal laat weet as ek meer kan uitvind.


14h50: Die spesiale sinode span het gewen, loshande 140 – 73. Punt 6.3.3.1 is amptelik besluit en aanvaar (bl. 153).


14h35: Dr. Wim Vergeer maak sterk pleitdooi vir spesiale sinode oor sake van groot verskil, hy noem dat dit regdeur die geskiedenis plaasgevind het, dink aan vroeë kerk se spesiale vergaderinge (bv. Nicea) en die sinode van Dordt. Ons moet dit ook so benader, nie te vinnig besluit nie, is dr. Vergeer se pleitdooi. Ds. Danie Snyman maak ook ‘n pleitdooi vir ‘n spesiale sinode want hy meen die huidige sinode het nie tyd om (as ek reg gehoor het) ‘nege’ beswaarskrifte oor VIDA te hanteer nie.


14h20: onthou ook om die ‘comment’ afdeling hier onder te lees, vir ons lesers se verskillende opmerkings: Daan Malan wat vra oor die Belhar belydenis en die GKSA; Josef du Toit wat dieselfde tendens by ons sien plaasvind in die kerke in Nederland, veral onder Vrygemaaktes.


14h00: vergadering gaan voort oor spesiale sinode plan. Dr. Braam Kruger noem dat afgetrapte afgevaardiging reeds ‘n groot probleem is (wat ek noem: losskrum afgevaardiging), en ‘n spesiale sinode gaan net nog meer van ‘n ‘getrappery’ afgee. Ds. Ben Fourie noem dat om kardinale sake aan te spreek benodig ons nie ‘n ‘Sinode van Kardinale’ nie, hierdie sinode moet die sake bespreek en besluite neem. Die voorsitter, dr. Douw Breedt, kry ook ‘n spreekbeurt, en hy is van mening ons het nog tyd nodig het om mooi na mekaar te luister oor moeilike sake, daarom is hy vir die spesiale sinode. Ds. Carel Jansen meen as ons gaan vir ‘n spesiale sinode, dan is ons nie meer presbiteriaans besig nie, maar kollegialisties.


12h20: nog ‘n paar sprekers maak sterk pleitdooie, beide kante toe. Breek nou vir ete, ons is 14hoo terug vir die SSP se opvolgbeurt (spesiale sinode plan) …


12h00: ds. Sarel Cilliers (teen VIDA) maak sterk pleitdooi vir spesiale sinode ter wille van eenheid en weens Omkeerstrategie … wat ek nie met my broer saamstem nie (d.i., die spesiale sinode plan). Ds. Sarel noem dat dit sy laaste sinode is, sinodes het nie sy oortuigings verander nie, maar die werk van die Eenheid in Verskeidenheid wel.


11h55: dss. Piet Venter, Fanie Coetzee, Freek Dreyer (almal ten gunste vir VIDA) maak sterk pleitdooi teen spesiale sinode idee, hierdie vergadering moet besluite neem, nie aanhou uitstel nie … ek stem met hul saam (maar nie met hul pro-VIDA standpunte nie).


11h50: 6.3.3 nou op tafel, bl.153, baie belangrik om te gaan lees. In wese kom dit daarop neer om weer alle sake oor verskil te verwys na ‘n ‘Spesiale Sinode’.


11h40GKSA en NGK ‘het mekaar nodig’

In die artikel lees ons die volgende tragiese woorde:

“Die besluit om saam met die NG Kerk te werk is stilweg ná ’n gesprek agter geslote deure op die Gereformeerde Kerke se algemene sinode met ’n oorweldigende meerderheid aanvaar. Uit ongeveer 280 afgevaardigdes het minder as tien teen die samewerking gestem, het Beeld verneem.”

maar, die troos is … daar was tien, en sal altyd daar wees,

Op.5:11 Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende; 12 en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

En dan hoor ons ook:

Rom.9:1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: 3 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! 4 Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. 5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.


11h15: hoor valse teenstellings tussen Christus se Verlosserskap (regverdiging) en Christus se Koningskap (heiligmaking) wat ons kerkwees betref. Die argument is dat ons gebind is aan eersgenoemde, maar nie so sterk oor laaste nie, wat natuurlik nie waar is nie.

Bv. (en dit is my eie voorbeeld), vat Verlossing (regverdiging/redding) en VIDA (heiligmaking/gehoorsaamheidsvraag: kerkregering):

Regverdiging/redding saak:

1 Tim.1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

Heiligmaking/gehoorsaamheid vraag (van toepassing op kerkregering, VIDA):

1 Tim.3:1 Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk. 2 ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig

Natuurlik is heiligmaking die vrug van die regverdiging (HK So. 23 en 24), maar dit maak nie heiligmaking minder belangrik en/of nie-wesentlike saak nie. Daarom ook artikels 30-32, NGB.

Albei in Christus word gehandhaaf tot ons Vader se eer … en ons moet ook, in ons lewens, gesinne, gemeentes en kerke wat saamvergader, dus kerkverband:

1 Kor. 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. 31Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

 

In die woorde van Christus self, van toepassing op hierdie saak:

“Wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Mark.10:9)


11h10: Daar word nou besin oor bewoording oor wat wesentlike en nie-wesentlike sake is.


11h00: Omkeerstrategie aanvaar met wysigings. Nou is dit 21.1 Leerstellig – rapport eenheid in verskeidenheid,  (reeds al bespreek, is nou besig met afronding). Besig met amandement, oor herbewoording van 7.3, bl.154.


09h25: Beeld die volgende tekenprent nie treffend uit wat die wesentlike krisis van ons tye is nie, in stryd met wat gereformeerdes nog altyd glo volgens Rom.11:36, Uit HOM, en deur HOM, en tot HOM, is alle dinge. SYNE is die heerlikheid tot in ewigheid.

Peanuts Cartoon for Jan/07/2015

Mag ons hemelse Vader ons genadig wees in sy regverdige oordele (Klaagl.5:19-21).


09h20Gereformeerde Kerk sê nou ‘ja’ vir samewerking met NG Kerk


09h00: Sien die volgende artikels oor die dwalinge wat leef en al meer oorneem in die NGK: Dwaalleer in die NGK; Belhar belydenis.


08h40: ds. Ben Smit noem (met verwysing na grafiese voorstelling op bl. 446 AA (Aanvullende Agenda), dat die sentrale doel is nie om ‘siele te wen’ (missio Dei) nie, maar ‘die eer van God’ (soli Deo Gloria), wat wel sentraal redding insluit, maar nie daartoe beperk kan word nie. Daarom moet soli Deo Gloria ingewerk word by grafiese voorstelling.  Bespreking volg.

Daar word besluit bo ‘Missio Dei’ word ingevoeg ‘Alles tot eer van God’.


08h15: ‘n paar sake van die dagprogram wat groot gevolge het vir die res van die Sinode,

– Omkeerstrategie

– Kommissie leerstellig: rapport 1 (VIDA)

– Rapport eenheid in verskeidenheid

– Beskrywingspunt KO art.31

– Beskrywingspunt oor onderskeid wesentlike en nie-wesentlike sake

– Beskrywingspunt – moontlike spesiale sinode (om o.a. sake soos VIDA te hanteer) – dus, indien aanvaar, is VIDA weer van die huidige sinodetafel af … tot ‘n volgende keer …


07h45: Goeie môre, sinode nog nie begin nie, gaan voort met bespreking van Omkeerstrategie, bl. 445 Aanvullende Agenda.  My indukke van gister se sinode sitting:

Met die besluit en rigting om nouer eenheidsbande te soek met die NGK, terwyl hul juis al meer deformeer van ons gereformeerde belydenis, word ‘n verdere streep getrek deur die herstigting van die GKSA van 1859 en daarna. Dit volg tragies in navolging van die 2012 besluit om nou ook ‘n Gesangsingende kerkverband te wees, ongeag die ryke kosbare erfenis van ‘n hoofsaaklik Psalmsingende (en later Skrifberyming singende) kerkverband, wat ons met nederigheid wil vashou (ekself: Psalms alleen).

Die gevolge van hierdie besluite sal nou biddend verootmoedigend verwerk moet word en dan opgetree word.

As ‘n begin wil ek vir elke dopperlidmaat en ander gelowiges wat baie besorg is oor hierdie tragiese besluit (ook ons gereformeerde dopper broers en susters wat ongelukkig nog in die NGK vasgevang is), die volgende driedelige artikel reeks aanbeveel om te begin lees:

– persoonlik

– gesin en familie

– saam mede gemeentelede

Quo Vadis, Gereformeerde Afrikaner ?

Nieteenstaande hierdie agteruitgang glo ek nog dat daar ‘n kern van ons volk is wat aan sy verlede ten volle trou bly en in die regte rigting voortbou.  Ek glo nog dat daar ‘n tyd sal kom waarin God ons volk sal wakker skud tot ‘n stryd wat die so nodige antitese sal skep en die toegedekte antitese, die dubbelslagtige en dubbelhartige karakter van die sinkretisme, sal ontbloot en daardeur vernietig – ‘n stryd wat noodwendig op kerklike en godsdienstige terrein sal moet begin omdat die Calvinisme die geestelike wortel van ons volksbestaan is.

Ek glo dit omdat die taak wat God aan ons volk hier in Suid-Afrika en ten bate van die hele Afrika gestel het, nog lank nie afgehandel is nie, ‘n taak waarin die stryd tussen Oos en Wes ‘n sentrale rol gaan speel. Dat God ons volk roep, blyk duidelik uit die roeping van ons volk in die huidige wêreldverwarring.” – oud-prof HG Stoker se woorde in 1952 (beklemtoning bygevoeg).

Laat ons bid dat die Here ons wysheid en krag gee om te doen wat reg is, vir sy eer en liefde vir sy gemeentes … en nie wat (ge)maklik is of ‘werk’ nie.

Laat ons verootmoedigende gebed ook wees die versugting van Dawid (1 Kronieke 21:13):

Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

(Sien die volgende artikels oor die dwalinge wat leef en al meer oorneem in die NGK: Dwaalleer in die NGK; Belhar belydenis)

13 thoughts on “GKSA sinode 2015: 8 Januarie 2015 (dag 3)

Add yours

  1. Is die Voortrekkers nie juis uit die Kaapkolonie agv – onder andere – die sing van onskriftuurlike gesange nie?

  2. Waarom word daar nie ten minste teenoor die NGK getuig dat hulle op die deformasie-pad is met die Belhar Belydenis nie? Ons getuig soom met hulle teenoor bv die regering oor verkeerde paaie, maar ons getuig niks teenoor hulle oor hulle verkeerde paaie nie,… dit is mos liefdeloosheid!

  3. Die Gereformeerde Kerke in Nederland (Vrygemaak) (GKN(V)), Christelike Gereformeerde Kerke in Nederland (CGKN) en die Nederlandse Gereformeerde Kerke (NedlGK) het sogenaamde samewerkingsgemeentes wat op plaaslike vlak vir praktiese doeleindes soos een plaaslike kerk funksioneer. Dit lyk asof ‘n soortgelyke ree”ling nou voorsien word vir plaaslike kerke in die GKSA en NGK (Nederduitse Gereformeerde Kerk (Suid-Afrika)).

    In Nederland het die mees onlangse sinode (te Ede) van die GKN(V), en spesifiek die preses/moderator en skriba se interpreterende advies daarna, verduidelik dat VIDA soos dit voorkom in die NedlGK nie ‘n struikelblok vir eenheid op plaaslike vlak is indien daar darem wel “ernstig met die Skrif omgegaan” word nie. Om grond hiervan, het twee plaaslike kerke van die GKN(V) wat in plaaslike samewerkingsverband met NedlGK verkeer, naamlik Nunspeet & Dalfsen, onlangs bekend gemaak dat hulle wel vroue predikante uit die NedlGK sal poog te beroep, en so dus vroue op Vrijgemaakte kansels kry, sonder dat die GKN(V) direk vroue in die predikants amp goedgekeur het.

    Die GKSA/NGK ooreenkoms lyk vir my dieselfde oop deur na VIDA gee, indien die GKSA Sinode / toekomstige spesiale sinodes vir ewig “ter wille van die eenheid” geen direkte besluit oor VIDA neem nie.

    Oor die aanmerking rakende Christus se Koningskap en VIDA, moet mens inderdaad saamstem, dat VIDA-ondersteuning niks minder is as ‘n weiering om die Koningskap van Christus oor Sy Kerk te aanvaar nie!

    Josef du Toit
    Brussel, Belgie”

  4. Hierdie “samewerking met die oog op eenwording” is ‘n ou wysie wat gesing word al van die tagtigerjare af. Party paddas het gelukkig nie aan die lou water gewoond geraak nie maar het lankal uitgespring. Ons is bly dat dinge nou na ‘n kant toe gaan sodat ons weer kan kerk wees en ons tyd ophou mors met dinge wat nie koninkryksgerig is nie. Ons is min maar in Jeremia se tyd was daar ook net 7000 wat nie die knie voor Baal gebuig het nie en dit sal altyd so gaan tot die eiendtyd toe. Laat ons sterk wees en aangaan want ons het reeds begin om weer op te staan.

  5. Indien die sinode se besluit inderdaad behels dat leraars van die NGK, sonder enige beperkings soos slegs manlike leraars, in die GKSA mag preek, is dit noodwendig so dat vroulike leraars van die NGK voortaan in die GKSA sal mag preek.

    Ek dink nou aan Calvyn wat gesê het dit is tirannie om ongelyksoortiges saam te dwing…

  6. Wie het tyd om “so lank as wat nodig is” ‘n Sinode by te woon?

    In die dae van die Dortse Sinode was daar nie internet en sulke dinge nie.

    Ek vertrou die Sinodegangers is genoeg geletterd in die lewenswyse van vandag om daaraan te dink dat ‘n “Virtuele Sinode” ook gehou kan word.

  7. Josef, ek het vanoggend dieselfde soort van opmerking teenoor iemand anders gemaak nl. dat dit vir my lyk of dit nou moontlik sal wees vir gemeentes om direk predikante wat in die NGK stal is, te beroep. En tereg soos jy s^e, kan dit ‘n vrouepredikant wees.

    Johan

    1. Verder rede dink ek Johan, vir Dopperbehoudendes om ook algaande hegter alternatiewe/direkte binnelandse en buitelandse kerkverbandelike bande te smee soos trouens wel deur sommiges gedoen word, bv met APK(SA), Hersteld (Nederlandse) Hervormde Kerk, Vrye Kerk van Skotland (Voortgaande), Gereformeerde Presbiteriaanse Kerk van Ierland, Vrye Gereformeerde Kerke van Noord-Amerika, Gereformeerde Kerke van Nieu-Zeeland en die Presbiteriaanse Kerk van Oostelike Australie”. Josef

  8. Die verwysing na “Presbiteriaans” laat my wonder! Wat is die oortuiging dat daar beperkte hoeveelheid predikante en professore (leer-ouderlinge) kan wees en hoofsaaklik ouderlinge (regeer- ouderlinge). Sodat daar geregeer word onderleiding van die leer-ouderlinge? Het ons nie vandag tedoen met luisterende regeerders, wat oor die leer-ouderlinge se argumente vir en teen sake (soms leerstellig) moet stem nie?

    ‘n Dringende versoek, kom ons bepaal uit hoeveel punte bestaan die herkenning van die valse kerk 4,5,6,7? (wat maklik is om ware en valse kerk te onderskei Art 29 NGB)

  9. Indien die spesiale sinodes daar is om wesenlike sake te hanteer, dan impliseer dit dat normale sinodes slegs nie-wesenlike sake hanteer. Mens het nie ampsdraers nodig on nie-wesenlike sake te hanteer nie. Gemeentes kan daarom in die toekoms gewone lidmate afvaardig na die normale sinodes.

  10. Dit sal baie goed wees as ons eerder van die ouer Katkisasie-handleidings vertaal en vermeerder, die wat nog die moeite werd was, want dit gaan net geld en tydmors wees om die gemors wat vandag in gegruik is te gebruik. Meeste predikante / kerke wat erns maak met katkisasie gebruik lankal nie meer die goed huidige materiaal nie!

  11. Probeer asb volgende week die Sinode bywoon, Slabbert, ter wille van ons wat jou volg en nie self daar kan wees nie! Dankie vir jou bydrae tot so ver! Daan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: