Sien die volgende artikel van ds. Al Baker, waarin hy wys op vier reaksies wat nodig is van die gelowige, om beide genade én waarheid te handhaaf en te spreek in sulke tye, met verwysing na Lukas 13:1-5,
Een aanhaling:
“And fourth, we must speak the truth in love (Ephesians 4:15, 25). John tells us that the Law was given through Moses; grace and truth were realized through Jesus Christ (John 1:17). Jesus had the remarkable ability to love the sinner with incomprehensible acceptance and compassion while at the same time to speak unmitigated truth to him. The Samaritan woman at the well comes immediately to mind (John 4:17,18). The natural tendency, in times of such sorrow and horror, is to take the edge off the word of God in certain areas. Some will allow their sense of compassion and justice to weaken their conviction that homosexuality is a perversion, an abomination before God. Prudence and wisdom are always necessary. “Like apples of gold in settings of silver is a word spoken in right circumstances,” (Proverbs 25:11).
The moments and days immediately following such tragedy may not be the prudent time to speak to homosexuals about their sin, but at some point we must pick up the mantle again of speaking truth as it is in Jesus. Namely, that neither fornicators, nor idolaters, nor adulterers, nor homosexuals, nor thieves, nor covetous, nor drunkards, nor revilers, nor swindlers, will inherit the kingdom of God. Such were some of you; but you were washed, but you were sanctified, but you were justified in the name of the Lord Jesus Christ and in the Spirit of our God (1 Corinthians 6:9-11).”
In my eie preek oor Lukas 13:1-5, stel ek dit as volg:
“Jesus leer ons dat ons ons tye reg moet ken en verstaan, die skokberigte van ons tyd mooi en goed moet oordink, dat wat ookal met wie gebeur, dit net nog ’n geleentheid is vir MY, vir ONS om te bekeer tot Hom, sodat ons nie sal omkom en ewig verlore sal gaan nie.
So ons tema vanoggend is:
Alle tragiese gebeure moet ons lei
tot bekering en geloof in Jesus Christus,
sodat ons nie verlore sal gaan nie.
Ons let op 2 sake:
1 Hoe ons nie ons tye moet lees en verstaan nie
2 Hoe ons wel ons tye moet lees en verstaan
… Christus leer almal wat na Hom luister, ook vir ons vandag, dat alles wat gebeur om my, en met ander, en met my, my moet oproep om te dink aan my eie lewe, my eie ewige geluksaligheid, of ek werklik bekeerd is, of ek gaan lewe, of ek gaan omkom, d.w.s. ewig verlore gaan of nie.
Dit herhaal Jesus ook in die verwysing daar in vers 4 en 5, Hy verwys na die geval van agttien wat gesterf het in ’n fratsongeluk klaarblyklik, die toring van Siloam het op hul geval en hul is dood.
Beteken dit die 18 was meer skuldig, groter sondaars as die res van Jerusalem? En dan antwoord Jesus weereens met die woorde van v.3 in vers 5 (lees), d.w.s. Bekeer en lewe, weier om te bekeer, dan gaan jy ewig verlore ! …
Geliefdes, hoor u die erns van die saak, die Woord wat tot ons kom, ook nou, vandag ?
Hoe lyk dit met u lewe ?
Is u bekeerd, glo u werklik in die Jesus (van die Skrifte), of nog nie, onthou die woorde wat ons gesing het, VANDAG as ek sy stem hoor ….. bekeer na Hom (Ps.95)!
As u glo, dra u nog goeie vrugte wat by die bekering pas, sien Luk. 12:43 (Matt.3:8), sien u dit in u lewe ?
Groei u kennis en liefde vir die Here, sy Woord, sy kerk ?
As u tragedies om u sien en lees, regverdig u uself (“ek is darem nie so nie”), of vlug opnuut na die Here,
na sy genadetroon, na sy beskerming,
watter woorde is op u mond en in u hart,
die tollenaar of fariseër s’n, lees Lukas 18:9-14 ?
Maar geliefdes, daar is ook die wonderlike troos en uitkoms:
Hoe wonderlik is ons Here Jesus ook, VANDAG, wat ons verlossing en redding soek, wat ons in liefde oproep tot geloof en bekering.
Kyk na die woorde daar van ons Tuinier, Jesus Christus in Lukas 13:8, (lees)
Dit verwys eerstens na die tydperk tot en met Jesus se dood aan die kruis, die volk het Hom verwerp, en die Here het toe die volk verwerp en geoordeel, 70 AD, maar dit geld ook vandag vir ons tye, vir my tye.
Vir elkeen wat nog nie waarlik bekeer het totaal na Jesus nie,
hoor u sy stem vandag, bekeer en glo in Jesus Christus, en jy sal gered word !
Vir elkeen wat dalk begin het en twyfel, bekeer jou en doen weer jou eerste liefdeswerk (sien Op.2:4,5)!
Maar, vir hulle wat weier om te bekeer, onthou die woorde van Luk.13:3,5,
“… maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.”
Daarom, bekeer na Christus, of gaan verlore ! Amen.”
Luister of lees die volledige preek hier: Bekeer na Christus of gaan verlore !
Luister en lees ook hier: a Christian response to terrorism
Leave a Reply