Preek: Openbaring 14:6-13 – Corona virus, die ewige evangelie en die ewige oordeel van God

Preek: Openbaring 14:6-13

Corona virus, die ewige evangelie en die ewige oordeel van God

Lees: Openbaring 14:1-13

Teksfokus: “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.  … En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.” (v. 7, 11)

Preekopname (GK Carletonville, 2020-03-15): Die ewige evangelie en die ewige oordeel.

(Nota: die audio opname is die volledige preek, die preekteks hier onder bevat die basiese inhoud.)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Wat is die grootste krisisvraag van ons tyd, waaroor alle mense praat,

besorg is, beplan en bedink?

Ja, daar is ’n groot gesondheidskrisis wat die wêreld in die gesig staar.

Dit is die corona-virus wat regoor die wêreld besig is om te verspei,

en veroorsaak dat die wêreld op baie terreine van die lewe,

half tot stilstand geruk word.

Hoe erg hierdie virus is en nog kan word, sal net tyd leer.

Maar baie mense raak angsbevange, nie net oor die virus self nie,

wat in baie gevalle tot die dood lei (155, 845 gevalle, dood: 5,814, vanaf 22/01),

maar dalk meer nog, die paniek en chaos wat dit vir samelewings kan veroorsaak.

Nou moet ons hierdie krisis nie onderspeel of oorspeel nie,

’n mens moet altyd alle soorte voorsorg tref sover kan,

ons moet nie onverantwoordelik wees nie,

maar om vir u perspektief te gee van krisisse wat die mens al getref het, ek noem net 3:

– Daar is 125-000 aborsie moorde per dag oor die wêreld… meer as 50miljoen per jaar

– 2de grootste epidemie in die wêreld, die groot verkoue/griep epidemie van 1918 het 20-40 miljoen mense se lewens ge-eis.

– die hiv/aids virus het vanaf die 1960’s… 25miljoen lewens geneem.

DALK is hierdie corona krisis so groot, want ons kan dit almal op internet sien?

Dit is ’n gesondheidskrisis wat aangespreek word.

Maar geliefdes, midde hierdie en baie ander krisisse in die lewe,

kom die lewende Woord van die Here, en wys op die grootste krisis wat nog oppad is, vir enige mens, gesin, gemeente, volk, land, samelewing, ja die mensdom se grootste krisis.

DIT leer Op. 14:6-13 vir ons, soos dit deur engele/boodskapper vir ons gebring word, is:

STAAN JY ONDER DIE BESKERMING/KWARANTYN VAN DIE EWIGE EVANGELIE,

OF STAAN JY ONBESKERMD ONDER DIE EWIGE OORDEEL VAN GOD?

Daar is ’n krisis oppad geliefdes, WAT NIKS EN NIEMAND KAN KEER NIE

wat alle plae, epidemies, aardskuddings, oorloë, natuurrampe,

na ’n kinderspeletjie gaan laat lyk,

En dit is die ewige oordeel van God wat gaan plaasvind,

as sy Seun weer kom op die wolke,

soos ons weer vanoggend bely het …. “en sit aan die regterhand van God,

waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel

Ja, in verse 8 tot 11 word die werklikheid van hierdie oordeel beskryf.

Die stad Babilon, wat verteenwoordigend is van ongeloof, die goddelose,

diere van hfst 13, die sondige denke van hierdie wêreld, is,

word en sal geoordeel word.

Ja, hoofstuk 13 se dier uit die see en aarde, sal geoordeel word,

hulle sal val weens sonde en opstand teen God, vers 8, ‘hul hoerery’.

Die hoerery, verwys na beide die eerste en tweede tafel van die wet,

Geestelike hoerery, om enigiets of iemand anders in die plek van die ware

God te erken en te aanbid… maar dan letterlik ook,

alle vorme van oortreding van die 7de gebod, teenoor my naaste,

enige onkuisheid wat die heilige huwelik aantas, voor, tydens na die huwelik.

Al die dwaalleraars, profete, misleiers, die babiloniete wat ander en hulself

mislei om God en sy gebod te verwerp, EN HUL NIE BEKEER NIE,

sal vir ewig geoordeel word….

Vers 9 herhaal weer wat ons einde hfst. 13 gehoor het,

almal wat geestelik die merk van die dier dra, denke, woorde, dade, ens.

wat die dier aanbid, sal drink van die grimmigheid van God…. v. 10

‘beker van sy toorn drink’… vuur en swawel soos in die dae van Sodom en Gomorra.

O geliefdes, dit is nie maklik vir my as u herder, om hierdie woorde te preek nie,

maar weë my as ek dit nie doen nie, en alle ander predikers wat dit nie wil doen nie.

Om elke mens IN LIEFDE te waarsku oor hierdie komende oordeel,

die grootste krisis wat die mensdom gaan tref (sien solank v. 14-20….)

Babilon, vandag, regoor die wêreld wat bloot aangaan om te eet, drink en vrolik

te wees, sonder om die Here ernstig te neem … selfs met corona virus en al!

Soos Jesus noem daar in Matt. 24/25, soos in die dae van Noag,

almal maar ge-eet en gedrink … so sal die koms van Christus wees.

 

En dan, is die ewige oordeel ’n volle realiteit, kyk hoe beskryf v.11 dit: … LEES!

– pyniging

– tot in alle ewigheid

– dag en nag geen rus nie

vir die goddelose….

Die virusse van hierdie wêreld, wat ook hul pyn en geen rus bring nie,

en fisiese dood kan bring … is egter niks in vergelyking met die ewige dodelike

virus van sonde en die ewige straf wat dit verdien nie.

HOE gaan ons keer dat die corona virus ons nie tref nie?

Allerlei mediese versorging, diete, voorkoming, ens.

Maar dit is gebroke en onvolmaak.

 

Hoe gaan ons keer dat die ewige oordeel van God ons nie tref nie?

Die antwoord geliefdes, het ons reeds die vorige keer gehoor,

in die preek uit Op. 14:1-5,

maar wat ons weer hier duidelik hoor in verse 6 en 7.

Die ewige evangelie van Jesus Christus,

wat verkondig moet word aan al die bewoners van die aarde,

aan alle nasies, stamme en tale en volke.

(Luk. 24:23,24 Bekering en vergifnis van sonde moet verkondig

word aan alle nasies.)

ALLEEN, v. 1 as ek saam met die Lam staan,

gedek met sy bloed, gereinig deur Hom,

Sy merk op my voorhoof, hande, dade

kan ek die krisis van die ewige oordeel vryspring,

daar is geen ander manier nie.

HY het gekom sodat ons van ons afgode, valse verlossers, onsself

kan en moet bekeer, sodat, vers 7,

Ons God sal vrees en Hom die heerlikheid sal gee,

dat ons/ek Hom sal aanbid … wat alleen aanbid moet word.

Aanbid Babilon en sy gode, vers 8,

met my hande, denke, geld, dade ens… eindig dit in die ewige oordeel.

Aanbid God, soek verlossing in die ewige evangelie, dan is daar lewe,

goeie nuus en vreugde.

36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom. – Joh. 3

En nou wil die Here deur Johannes,

sy kinders, sy kerk, ja, daar in die eerste eeue,

toe die groot Babilon van daardie tyd regeer het, Rome,

maar ook al die valste state en kerke deur die eeue geregeer het,

ook vir ons wat ons in die midde van geestelike hoererende Babel bevind,

BEMOEDIG, daar met die woorde van vers 12, 13…. LEES!

Die woord ‘lydsaamheid’ beteken volharding, geduld, hoop, gaan voort,

moenie moed opgee nie, hou die regte weg, MIDDE die fisiese of geestelike

Babilon van vandag, midde al die aanslae wat misleidend na ons uitroep,

“los die geloof, los Christus, los sy Woord, los die kerk….

aanbid die dier, aanbid die mens, vertou op jouself, jou behoeftes”

DAN bemoedig maar vermaan die Woord ons hier, en die essensie geliefdes,

is hierdie x2 sake, waarin die gelowige, ware kerk geken word:

– die gebooie van God (hoe ons lewe, reg en verkeerd is), en

– die geloof in Christus

Ons het dit reeds gehoor daar in Op. 12:17 (lees)

God se Woord is die gebooie/waarheid, bepaal reg en verkeerd, nie ek of Babilon nie,

maar God self, en

As ons dan besef ons is sondaars, verlore, dan soek ons Christus as die enigste

Verlosser en Koning.

En ja, dan gaan ons ly, swaarkry, worstel, vervolg word deur Babilon,

ons sien dit regoor die wêreld, niks nuuts nie, Johannes is op eiland weens

sy geloof…. MAAR die groot troos is, ek sterwe in die Here, vers 13…

En dan gaan ons rus van ons arbeid in sy diens en Koninkryk,

en ons werke sal ons volg, dws dat ons gaan weet dat

ons werk nie tevergeefs was nie.

Die vader en moeder wat worstel met al die onderrig,

die ouers besorgd oor hul kinders se geloof

die ouderlinge en diakens en ds vir hul dienswerk (v. 12).

In die woorde van 1 Kor. 15:57, 58… kan ons vertroos wees:

57Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

58Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Geliefdes, In hierdie visioen van v.6-14, verkondig die engele aan ons om saam te vat:

die troos van die ewige evangelie, én die waarskuwing van die ewige oordeel.

Dit roep ook op tot bemoediging om aan te hou aan Jesus te glo in alle tye,

en sy Woord te volg wat ookal oor ons lewenspad kom.

Kind van God, is jy daarmee besig, die gebooie van God en die geloof in Jesus?

Pa en Ma, ouers, is jy daarmee besig?

Ouderlinge, diakens, ekself is ons hiermee besig?

Wat ek vir myself, kinders, almal om my gaan leer wat is die grootste krisis van ons lewe,

sal bepaal of ek sal uitroep na die grootste troos en hoop,

midde epidemies, geesteike en fisiese aanslae van die lewe:

Die ewige genoegsame troosvolle evangelie van Jesus ChristusAMEN.

2 thoughts on “Preek: Openbaring 14:6-13 – Corona virus, die ewige evangelie en die ewige oordeel van God

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: