God se tegnologie

1. Die Christen en sosiale media

Hier is ‘n belangrike stuk statistiek:

Dit het die radio 38 jaar gevat om 50 miljoen luisteraars te hê.

Die TV het 13 jaar geneem om daardie kykerstal bereik.

Die Internet 4 jaar !

En Facebook ?

In minder as ‘n jaar 200 miljoen gebruikers !

Die sosiale media (rekenaars, selfone, ipod’s, ipad’s, ens.) is met ons, of ons daarvan hou of nie.  Die sosiale media rewolusie word beskou as die grootste rewolusie sedert die Industriële Rewolusie.

Die moontlikhede van die sosiale media is ongelooflik, en veral gelowiges kan die media ten goede aanwend.  Die Hervormers, met Luther en Calvyn aan die voorpunt, het goed gebruik gemaak van die ‘sosiale media’ uitvindsel van hul tyd, nl. die boekdrukkuns van Gutenberg, soos ‘n Rooms Katolieke skrywer dit hier stel:

“The Gutenberg press was an indispensible tool of the Reformers. For instance, Luther’s doctrine sola scriptura would have been unintelligible in a Europe where the vast majority of people had no access to a Bible and didn’t even know how to read. The Gutenberg press gave Luther’s 15th century doctrinal innovation credibility. …Later, in 1534, Luther published his translation of the Bible into the German language, making it more accessible to the German people. But still, most people couldn’t yet read, so the Protestant Reformers resorted to the same teaching tools the ancient Church (Catholic Church) had used for the previous 1500 years – they used preaching and artwork to convey their messages.”

‘n Ander skrywer stel dit soos volg:

 “The printing press was one of the key factors in the explosion of the Renaissance movement, historians say. Access to standard works of science, especially, stimulated and spread new ideas quicker than ever. When Martin Luther nailed his first Ninety-Five Thesesto the door of a German church in 1517, launching the Protestant Reformation, he had multiple copies made to hand out elsewhere. “
Maar, soos enige ander instrument of middel, kan en word dit misbruik deur die Satan en bose mense wat in stryd met God en sy gebod die sosiale media gebruik vir dinge soos pornografie, dobbel, ‘cyber-bulling’, ‘false dating’, ‘cyber cheating’, ens.  Dan is daar ook die gevaar om te veel tyd aan die sosiale media af te staan sodat jy later nie meer in ‘n fisiese gespreksgroep kan funksioneer nie.

Die afgelope naweek het ek saam my gesin ‘n DVD gekyk van dr. David Murray (professor by PRTS), met die titel, wat baie leersaam is oor hierdie deel van ons lewens:

God’s Technology

Dr. Murray gee in hierdie professionele DVD leiding aan ouers hoe om kinders (en natuurlik jouself!) te begelei in die wêreld van die sosiale media. Sy DVD bestaan uit die volgende afdelings:

– vier bybelse beginsels

– drie reaksies teenoor sosiale media

– 7 praktiese stappe om ‘bybelse onderskeiding’ toe te pas

– die toepassing van die 7 stappe op facebook

‘n Baie leersame DVD om as gesin of kerkgroep saam te kyk en te bespreek.  Sien hier en hier resensies van die DVD.

Die DVD kan by Augustine Bookroom in SA aangekoop word, of hier afgelaai word vir omtrent R50-00 (daar is ook ‘n gratis studiegids beskikbaar om af te laai).

2. Beskerming op die Internet

Hier is van die beste internet filters wat gebruik kan word om ons en ons kinders teen onwelvoeglike materiaal op die internet te beskerm:

www.covenanteyes.com

www.cyberpatrol.com

www.netnanny.com

3. Beskerming op selfone

www.mobiflock.com (nokia & android)

Netnanny Mobile (android)

Safeyes Mobile and iPad (iphone & ipad)

Die gelowige ouer en kind van God moet in vandag se ‘alles is toelaatbaar’ kultuur nog steeds Rom.13:14 gehoorsaam (en wat ons bely in HK So.44), ook en veral op die terrein van al die tegnologiese media:

“Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.”

As iemand weet van nog goeie programme en advies wat hierdie sake behels, noem dit gerus hier onder in die ‘comments’ afdeling.

12 thoughts on “God se tegnologie

Add yours

  1. Baie dankie van my kant af ook. Dit lyk na ‘n baie goeie DVD om aan te skaf. Wil graag jou kommentaar hoor op die nuwe neiging om projektors in die kerke te gebruik. By baie is dit net om nuus en inligting deur te gee en die woorde van die liedere te vertoon vir samesang, maar dit het ook gebeur dat sommige predikante dit inspan in hulle preke. Ek sit basies tussen twee vure oor dit. Aan die een kant neem mense beter in waaroor gepreek word (daarom word dit so effektief in voorleggings gebruik). Aan die ander kant voel dit vir my asof ons terugkeer na die roomse gebruik van beelde as boeke vir die leke. Of dit nou marmerbeelde, skilderye of geprojekteerde beelde is…beelde bly beelde.
    Ek sal dit baie waardeer om van jou te hoor hieroor.

  2. Nico, hier is so vyf redes waarom ek verkies om nie projektors te gebruik vir die eredienste nie:

    1. Wil graag sien dat ons lidmate, veral ons kinders, met die Bybel en Psalmboek ‘werk’ in die erediens, wat nie moontlik is as die gemeentelede nie hul Bybels en Psalmboeke saambring a.g.v. die skerm nie (HK, v&a 98).

    2. In die preke word daar dikwels verwys na verskillende Skrifgedeeltes, en dan is dit goed as lidmate dit kan naslaan en volg in hul Bybels (Hand.17:11). Sodoende leer die kinders ook waar watter boeke in die Bybel is.

    3. In die Kategismusprediking is dit ook belangrik om die verwysing na die belydenisskrifte agter in ons Psalmboek te kan volg en naslaan. Dit is baie belangrik dat ons ook ‘n goeie kennis opdoen van ons belydenisskrifte, deur dit tydens die erediens te kan naslaan en lees (KO artikel 68).

    4. Verder is dit ook so dat indien elkeen uit sy eie Psalmboek sing, dit die sang bevorder, omdat die note dan ook gelees kan word by elke Psalm wat gesing word, en dit ook by die huisgodsdiens so gebruik kan word.

    5. Dit is ook ongelukkig so dat indien iemand die truprojektor moet dryf, dit sy aandag aftrek om volledig saam met die gemeente aan die erediens deel te neem. (ek het al gesien hoe jong seuns verdiep is in die ‘bestuur’ van die tegnologie, dat hy nie ‘met ons’ is in die diens nie)

    In ons gemeente se geval is dit ook so dat baie min lidmate goed is met die tegnologiese goed, en daarom is daar nie altyd iemand wat dit sal kan bedryf nie, wat nog ‘n ekstra reëling is wat voor gesorg moet word, as die tegnologiese kenners nie in die diens kan wees nie.

    En, al is daar nie baie kere kragonderbrekings nie, kan dit plaasvind, wat dan ?

    In ons gemeente gebruik ons wel as ‘n geleentheid hom voordoen, die projektor vir toerusting, lesings, ens.

  3. Slabbert,
    Goeie punte wat jy beethet. As die tegnologie ingespan word by spesifieke geleenthede of eredienste waar dit regtig ‘n bydrae lewer, het dit waarde, maar andersins verval ons net nog meer in lomerige afwesigheid.
    Terloops, die gebruik van die moderne tegnologie is andersins so ontsettend belangrik, veral die internet. Ek wat tans nog nie ‘n dopper is nie, waag dit om iets te skryf oor die VIDA-vraagstuk waarmee julle worstel. Op my blog antwoord ek ‘n vraag van Yf Veldhuizen en sit twee belangrike vrae op die tafel wat die meeste Kerke nie ernstig opgeneem het nie en deur humanisme oorspoel is! (http://bybelverskille.wordpress.com/2012/01/31/50-vrou-in-die-amp/) Sal graag jou opinie hoor.
    Seën, Herman.

  4. Dagse,
    Die enigste “voordeel” van die gebruik van ‘n projektor, wat ek persoonlik tydens ‘n erediens ervaar het, was dat die gemeente se hoorbare sang- kwaliteit merkbaar verbeter het.
    Seker agv die feit dat jou lugweg oop is as jy na bo kyk om op die projektor te lees.
    Soos met enige hulpmiddel behoort die gemeente eers ingelig te word van die voor- en nadele voordat dit dit in gebruik geneem word.
    ‘n Ouer lidmaat het jare gelede beswaar gemaak teen die “invoer” van gestoffeerde banke, sou dit veroorsaak dat lidmate te gemaklik sit, en dan aan die slaap raak.
    Dankie vir die goed geballanseerde blog

  5. Dear Slabbert

    Bravo and well-done for including a Catholic article. I would suggest that everyone read the whole article as the conclusions are worth considering.

    On balance though I would argue that the invention of printing was ultimately more useful to the counter-reformers than the reformers. In the final analysis the counter-reformation succeeded; winning many areas back to the Catholic Faith, excluding the reformers from Catholic countries (Political force playing a large role) and re-establishing or consolidating Catholic minority communities in many Protestant countries (that often being in the face of political reprehension).

    In this printed books, pamphlets and documents played a role. St Francis de Sales reconversion of Le Chablis (in Switzerland) being a case in point. Francis was shunned so he spread pamphlets contesting the Reformed doctrines and on the strength of those gained admission to homes etc. to preach.

    But as my time is short I will come back to this on another occasion.

    What interests me more is the idea that the use of projectors during church services is in some way Catholic. When I would have to say that it strikes me as quintessentially Protestant. It strikes me that the people who would oppose the use of projectors would be perhaps unknowingly reflecting a Catholic conception of worship rather than a Protestant one or a very least reflecting a traditionally form of worship that had its roots in Catholic practice.

    Perhaps being unfamiliar with Catholic practice they cannot see the links that are very obvious to Catholics.

    But I will come back to that as soon as I have some time.

    God Bless

    Christopher.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑