Geagte Pro Regno lesers,
Die Pro Regno blog is hierdie maand 7 jaar oud (ons het begin in Januarie 2010), waarvoor ons baie dankbaar is vir die Here se seëning in hierdie tyd.
Met hierdie skrywe wil ek opnuut – soos ek eenmalig jaarliks doen – vra vir enige vrywillige donasies vir die onderhouding van hierdie webblad.
Ek is dankbaar teenoor die individue en instansies wat Pro Regno in die verlede al finansieël ondersteun het, opnuut dankie. Enige donasies vir die jaar 2017 deur die lesers sal baie waardeer word (sien die inligting hier onder.)
In die jaar 2016,
– is 86 artikels/inskrywings gepubliseer van verskillende skrywers en onderwerpe (670 in totaal vanaf 2010).
– was daar 35 244 besoeke gewees teen ‘n gemiddeld 96 per dag (193 000 in totaal vanaf 2010).
– die besigste maand was Januarie 2016, met 8368 besoeke.
Die skrywes/artikels wat die meeste besoeke ontvang het deur die jare, is:
Begrafnispreek: Tannie Anna Malan
DIE GKSA SE AMPTELIKE STANDPUNT OOR HOMOSEKSUALISME
Probleme met die Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983 & 2016)
Preek: Psalm 23 (Die Here lei met genade)
Besoekers kom van 91 lande, die meeste natuurlik van SA, gevolg deur Suidwes en die VSA.
Die doel van die blog word saamgevat in die naam, ‘Pro Regno’ (die Latynse woorde wat: ‘vir die Koninkryk’, beteken), en poog om artikels beskikbaar te stel oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Christus. Alle artikels word deur die uwe geskryf, tensy anders vermeld.
Tydens Pro Regno se verjaarsdag jaarliks in Januarie, vra ek vir enige vrywillige donasies vir die opbou en bevordering van hierdie blog. Dit is ‘n gratis blog om te lees, daar is egter wel eenmalige jaarlikse kostes om die blog in stand te hou en verder uit te bou, en daar gaan ook heelwat tyd en kragte in om die artikels beskikbaar te stel.
Enige donasies vir Pro Regno se roepingstaak sal met groot dank baie verwelkom word en kan hier in betaal word:
Rekening naam: S. Le Cornu
Absa tjekrekening: 010 951 90673
Takkode: 632005
Merk u donasie-inbetaling asb. met: pro regno
Baie dankie vir u ondersteuning.
Groete
Slabbert Le Cornu
Leave a Reply