17h45: ek groet van die sinode. Baie dankie vir almal wat deelgeneem het. In die besonder dankie vir Leendert van Oostrum wat sy Vodafone 3G vir my geleen het, dit het my taak baie vergemaklik. Ek groet met die volgende prent waaroor ons elkeen biddend verootmoedigend nederig moet besin, in die lig van Josh.24:15,
17h00: Sonia se nuwe uitgawe:
“Ek self is tans kerklos en ek weet van nog lidmate wat die kerk gelos het. A.g.v. bogenoemde redes. Baie van die NG kerke is besig om op ‘n totale dwaarspoor te gaan. Ek kan nie en sal nie na predikers luister wat nie bereid is om God se Woord 100% getrou verkondig nie. Boonop is baie van hulle besig is om afvallig te raak omdat hulle ‘people pleasers’ is. Hul jok blatant van die kansel af en neem hul eie besluite. Net ‘sommige gemeentelede’ het gesag in hulle oë.
• Wat die vroue in die ampte aan betref is baie van die manne nie beïndruk daarmee nie. Dit is ook een van die redes waarom hulle en hul gesinne die kerk te verlaat. Paulus het juis Timotius vermaan oor die vroue wat in daardie tyd predikers was omdat hulle hoogmoedig geraak het.
• Die charimatiese kerke is glad nie vir my ‘n opsie nie omdat daar ook teveel vals leringe is.
• So waar gaan ons heen?
• Die klomp Bybelvertalings is beslis ‘n rede vir die vals lerings.
Met al die verskillende vertalings het baie waardevolle inligting van die Woord van Christus verlore gegaan – nog ‘n rede waarom daar nie ‘n suiwere Woord verkondiging is nie. Hoeveel van ons predikante weet dit en ignoreer dit of gebruik dit juis om gemeentelede gelukkig te hou?
• Ek bid baie en vra ons Here Jesus Christus om my na ‘n ware WOORD bedienende kerk te lei. In tussen doen ek self studie, lees baie, soek baie inligting op, vergelyk die Bybelvertalings ens. Ons is ook ‘n klomp gelowiges wat inligting uitruil en mekaar probeer help met inligting wat ons benodig.
• Ek wil pleit by die NG kerk om asseblief terug te draai na die Verlossing in ons Here Jesus Christus se kruisdood, en, SY ware WOORD.
• EN onthou satan IS springlewindig en BAIE besig om mense op die aarde te verlei. ONS Enigste Here Jesus Christus, wat aan die kruis vir ons gesterf het, se koms is BAIE naby. Ons kan dit NIE waag om nie met JESUS CHRISTUS reg te maak, en die pad saam met HOM te loop NIE.
• Dis is nie die moeite werd om in die hel se vuur te brand nie, OF te sê: ek het nie geweet nie.
JY WEET NOU!”
16h40: Cobus Rossouw skryf:
“Hallo almal. Rom 14 is ‘n baie belangrike hoofstuk. Ons as gesin is op die oomblik besig om by HuisGodsdiens deur Romeine te werk. Ons het aan die hand van Thomas&Steele se kommentaar deur Rom 14 gewerk. Uit hierdie hoofstuk leer ons vier beginsels wat jou optrede behoort te bepaal.
(a) Is ‘n handeling in ooreenstemming met God se woord? – bv die drink van wyn
(b) Kan hierdie optrede my later in die versoeking lei of tot sonde bring? (Mat 5:29-30)
(c) Kan hierdie optrede my swakker broeder laat struikel?
(d) As ek onseker is oor of iets sondig is of nie, laat dit na – Rom 14:22-23
Wat sê hierdie beginsels vir ons deelname aan meerdere vergaderings in die toekoms?”
16h25: hier is hoe ek die toekoms van die ordevoorstel sien:
16h20: Janneman, met daardie tweede parafrase-vertaling by 16h10 van 1 Tim.2:11-15 gaan jy maklik werk kry daar by die Bybelgenootskap ! 😉
16h15: Nico van der Dussen skryf:
“Omkeerstrategie?
Hoe pas dit aan by die belydenis van Ek glo aan die heilige algemene kerk en die besondere uitleg daarvan in die Kategismus vanuit Die Woord dat Christus ‘n vergadering van uitverkorenes vergader…
Missionêr – watter evangelie? Menseregte of God se reg om gedien te word soos Hy beveel?”
16h10: Janneman skryf:
Dit wil my voorkom dat daar tans twee Bybels is wat die diepte oorsaak van die verskil tussen die kerke is.
Die een klomp se Bybel lees by 1 Tim 2:
1Ti 2:11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
1Ti 2:12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
1Ti 2:13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
1Ti 2:14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
1Ti 2:15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
Die ander klomp se Bybel lees by 1 Tim 2:
1Ti 2:11 Die vrou moet haar nie in stilte laat leer nie, ook in die minste nie in alle onderdanigheid nie, want dis diskriminasie.
1Ti 2:12 Ek laat die vrou egter wel toe om onderrig te gee, en veral om ook oor die man te heers. Sy hoef haar nie stil te hou nie, sy mag protesteer en stry.
1Ti 2:13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva – volgens die evolusiebeginsel is sy dus die mees aangewese.
1Ti 2:14 En Adam is nie verlei nie, want hy was te dom daarvoor, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom, sy weet dus beter hoe om die mens weer tot verlossing te lei.
1Ti 2:15 Maar sy sal gered word, nie deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid, nie, maar as sy haar huis verlaat en ‘n beroepslewe in kompetisie met die man en prestasie teen die man najaag.”
16h00: Sonia, ek het jou bydrae uitgehaal soos jy gevra het.
15h50: Niclaas skryf:
“Hoe gaan hierdie lang ordevoorstel en gebeure aan lidmate verduidelik word? Daar word baie stellings gemaak wat nie sin maak nie – kerke kan hulle gebruike voortsit, terywl die gebruike nooit goedgekeur was nie? Lidmate gaan moeilik tevrede wees met die voorstel.”
15h40: Andries Vorster skryf:
“Ek sien die agterdeur by oop “op ‘n volgende Sinode beoordeel word” nie die volgende sinode nie. In 2015 sal ons weereens ter wille van een of ander nuwe “strategie” GEEN BESLUIT neem nie. dan kan die sinode weereens “‘n ernstige beroep op kerke doen om in hierdie tyd, totdat ‘n besluit geneem word:
– die verskeidenheid in gebruike in ons kerke met liefde en begrip teenoor mekaar te hanteer in die gees van Rom 14.
– nie ander gebruike in te voer, wat verskil van dit waarin kerke met mekaar ooreengekom het of wat tans in kerke in gebruik is nie.
“wat tans in kerke in gebruik is” – waar is die Omkeerstrategie?”
15h30: Hier is nou die volledige VIDA ordevoorstel wat netso goedgekeur is, bestudeer dit gerus en gee u opmerkings deur:
ORDEVOORSTEL
1. Dat die beswaarskrifte in verband met die vrou in die besondere dienste eers op ‘n volgende Sinode beoordeel word, aangesien daar sake is wat dringende aandag moet geniet alvorens hierdie beswaarskrifte tot opbou van kerke gehanteer kan word.
2. Motivering
2.1 Die Algemene Sinode 2012 het agt beswaarskrifte in verband met die vrou in die besondere dienste ter tafel. Dit het tydens hierdie Sinode duidelik geblyk dat daar by kerke, ondanks besluite wat tydens Sinodes geneem is, verskille in standpunte en praktyke bestaan met betrekking tot die vrou in die besondere dienste. Al sou die Sinode uitsluitsel op die beswaarskrifte gee, sou dit nie werklik die problematiek rondom die verskille oplos nie.Die moontlikheid is groter dat – as ‘n beoordeling tans gedoen word – die uitslag die verskille mag verdiep. Die grondliggende rede(s) vir hierdie verskille in standpunte en praktyke behoort eerstens vasgestel te word en konkrete aandag te geniet.
2.2 Die Here het die Algemene Sinode gelei om die missionêre roeping van die Kerke op die voorgrond te stel. Die Sinode het besluit om ‘n Omkeerstrategie vir die GKSA uit te werk om hierdie roeping na te kom. Indien daar tydens hierdie Sinode uitspraak gegee word oor die beswaarskrifte, gaan die verskillende standpunte nog nie opgeklaar wees nie.Inteendeel, dit kan die fokus vanons kerke eerder op die onderlinge verskille plaas.En daardeur kan die heerlike positiewe en eenparige gesindheid by kerke jeens die besluit oor ons roeping gedemp word.
3. Aanbevelings:
Dat die Algemene Sinode deputate aanwys met die volgende opdrag:
3.1 Om in samewerking met plaaslike kerke te bepaal wat die grondliggende redes is waarom daar, ondanks besluite wat kerke gesamentlik geneem het, steeds verskille in standpunte en praktyke bestaan in die sake waaroor besluite reeds geneem is.
3.2 Om die beswaarskrifte na te gaan en in 2015 te rapporteer.
3.3 Om die Sinode te adviseer:
3.3.1 oor hoe eenheid en verskeidenheid in ons kerke ons missionêre roeping kan dien.
3.3.2 wanneer gaan vryheid in verskeidenheid oor in ongehoorsaamheid aan die Woord.
3.3.3 wanneer die besluite en optrede van die plaaslike kerk die gemeenakkoord in gedrang bring
3.3.4 wanneer kerklike besluite ‘n las plaas op mense se gewetens (NGB,Art. 32)
3.3.5 hoe die Gereformeerde Kerke verlos kan word van ‘n verlammende persepsie van ‘n sterwende kerk tot ‘n helder beeld van ons missionêreroeping.
3.4 Die Sinode doen ‘n ernstige beroep op kerke om in hierdie tyd, totdat die beswaarskrifte afgehandel is:
3.4.1 die verskeidenheid in gebruike in ons kerke met liefde en begrip teenoor mekaar te hanteer in die gees van Rom 14.
3.4.2 nie ander gebruike in te voer, wat verskil van dit waarin kerke met mekaar ooreengekom het of wat tans in kerke in gebruik is nie.
Hierdie oproepe word spesifiek gemaak om kerke in hierdie tyd te help om op die Omkeerstrategie en ons missionêre roeping te fokus en nie deur verskille tot strydvrae verlei te word nie.”
15h30: Cobus Rossouw skryf:
“Goeie dag almal. Wat is die sake wat dringende aandag moet geniet alvorens die beswaarskrifte tot opbou van die kerke behandel kan word? … Dit moet tog bekend wees alvorens afgevaardigdes kan stem oor die saak. Groete”
14h30: sinode gaan weer voort op 16h00.
14h00: Die feit dat ons nie bereid is om as kerkverband tug toe te pas teen hulle wat ‘n dwaling leer en handhaaf nie (wat ‘n aantasting is van die 3de kenmerk van die ware kerk, NGB art.29), saam wil werk met SARK/Godsdiensraad/NG parlementere ongeloofstoel, ens., laat my opnuut dink aan 1 Kon.18:21,
21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
14h00: Shaun Green skryf:
“Irrationalism just bought itself another three years of indecision”
13h55: Andries Vorster skryf:
“Beste Slabbert
As ons amptelike verslaggewer by die sinode kan jy nie nou oppak as al die sake wat “dringende aandag” geniet aan die orde gestel word nie.”
Watter dringende sake bly nou oor ?
Andries Vorster skryf:
“Beste Louis, Ons het tog nie ‘n sinode nodig om “sekerheid te verkry oor God se wil” nie. So laat hulle maar voortgaan om hulle tyd en ons geld (diegene wat nog ramings betaal) te mors met sake wat “dringende aandag geniet”. Na my beskeie mening is dit hoogtyd dat ons ophou om ons tyd (kosbare tyd wat ons in diens van God en sy koningkryk moet spandeer) te vermors op kerklike politiekery. Die blote feit dat hierdie kwessies (VIDA, SARK-lidmaatskap, NGK-eenheid) op die agenda is vertel genoeg oor hoe ver die GKSA gedeformeerd is.”
Josef du Toit skryf:
“Baie dankie aan ds Slabbert vir die puik verslaggewing.”
12h45: dit is nou middagete. Ek gaan nog tot aandete, verslag lewer en dan oppak hier by die sinode (17h15). Ek vra dat u asb van nou tot 17h00 enige opmerkings sal deurstuur sodat ek dit hier kan plaas. Dankie
12h15: Bouwe van Eems skryf:
“As ek so tussen die lyne lees, lyk dit of daar aanvaar word dat ‘n duidelike besluit oor VIDA (maak nie saak watter kant toe nie) gaan lei tot ‘n skeuring in die kerkverband. As daar so ‘n skeuring sou plaasvind, dan sou dit ‘n noemenswaardige afname van die inkomstes uit ramings vir die Admin Buro beteken. Die Admin Buro sit alreeds met ‘n agterstand van R12 miljoen se agterstallige ramings. Oor 3 jaar gaan hierdie probleem nog erger wees, maar indien daar ‘n skeuring sou kom in die kerkverband, gaan die probleem nog veel groter word. In hierdie situasie is die enigste manier om die Admin Buro nog aan die gang te hou om ‘n duidelike besluit oor VIDA uit te stel.”
11h50: Ds. Hennie van Wyk se opsomming op gerefkerke poslys van die VIDA ordevoorstel:
“U het in die dagprogram gesien dat die beswaarskrifte oor die saak van die vrou in die kerk. Daar het ‘n ordevoorstel op die tafel gekom. Die ordevoorstel is: Dat die beswaarskrifte in verband met die vrou in die besondere dienste eers op ‘n volgende Sinode beoordeel word, aangesien daar sake is wat dringende aandag moet geniet alvorens hierdie beswaarskrifte tot opbou van die kerke hanteer kan word. Die konsekwensie van die voorstel is dat hierdie Sinode geen formele uitspraak maak ten opsigte van die dien van die vrou in die Ouderling en predikant diens nie.”
Dit beteken dan dat tans die besluite van sinode 2009 geld in ons kerke.
Daar is afgevaardiges wat meen ek maak verkeerde afleidings vanuit 3.3.1 en 2 oor die ‘gebruike’ wat verdra word, en wat strydvrae is en nie is nie. Ek sal luister na hul verduidelikings en dan weer daaroor skryf.
11h45: Johan van der Walt skryf:
“Dit is vir my net verstommend is, is dat “Man en vrou en die kerk” as DIE enigste en kanoniese uitgangspunt van baie in die GKSA beskou word. “Women in the Church” van Andreas Koestenberger is stukke beter as “Man en vrou in die kerk”. Die pro VIDA standpunt in “Man en vrou in die kerk” is sover ek weet gebou op twee artikels van Douw Breedt wat in “In die Skriflig” verskyn het. Ek het dit gelees en die geensins oortuigend gevind nie en is nou nog van mening dat dit nie gekeur sou word om in ‘n tydskrif soos die WTJ gepubliseer te word nie.”
11h40: die VIDA ordevoorstel is met geslote stembriefies afgehandel. Die doel daarvan is seker om ‘intimidasie’ te voorkom, en sodat ons nie kan sien wie eintlik saamstem en nie saamstem nie.
11h35: Louis du Plessis skryf:
“Ek is ‘n Gereformeerde lidmaat en volg hierdie Blog met groot belangstelling. Die huidige verloop van sake is egter regtig kommerwekkend en hartseer. Die eerste beswaar teen vroue-diakens sou al gistermiddag 14:00 begin het. Sedertdien is dit uitstel op uitstel en nou vanoggend die ordevoorstel. Die ordevoorstel alleen neem soveel waardevolle tyd in beslag. Tyd wat, volgens die ordevoorstel self, eintlik nodig is vir ander sake ‘wat dringende aandag geniet’. Hoeveel ure en ure se werk is nie reeds in VIDA ingesit nie. Kan ons nie eerder die tyd spandeer om sekerheid te kry oor God se wil en dan tot ‘n besluit kom oor die VIDA beswaarskrifte nie. Dit is hartseer om dit te sê, maar laat die wat dan nie saamstem nie, reformeer of anders hulle eie pad gaan. (Die huidige stand van sake, waar sekere kerke / kerkleiers in elk geval onderling ‘doen wat hulle wil’, is na my beskeie mening veel erger.)”
11h25: die ordevoorstel is met ‘groot meerderheid’ aanvaar as die amptelike standpunt van die GKSA sinode oor VIDA-dag 2012, INSLUITENDE al die aanbevelings:
“Dat die beswaarskrifte in verband met die vrou in die besondere dienste eers op ‘n volgende sinode beoordeel word, aangesien daar sake is wat dringende aandag moet geniet alvorens hierdie beswaarskrifte tot opbou van kerke gehanteer word.”
Deputate sal nou ‘n kommissie aanwys om by hierdie sinode terug te rapporteur oor die pad vorentoe oor die VIDA saak …
11h20: so elke afgevaardigde wat die ordevoorstel ondersteun, stem hiermee dat die VIDA saak bloot ‘n ‘gebruik’ is (3.3.1) en nie ‘n ‘strydvraag’ is (‘n leersaak is, 3.3.2, laaste sin van ordevoorstel) waarby die kerke staan of val nie. Dit raak dus nie ons belydenis en die eenheid van die kerke.
11h15: Die 3de aanbeveling van die ordevoorstel is:
“3.3 Die Sinode doen ‘n ernstige beroep op kerke om in hierdie tyd, totdat die beswaarskrifte afgehandel is:
3.3.1 die verskeidenheid in gebruike in ons kerke met liefde en begrip teenoor mekaar te hanteer in die gees van Rom.14.
3.3.2 nie ander gebruike in te voer, wat verskil van dit waarin kerke met mekaar ooreengekom het of wat tans in kerke in gebruik is nie.
Hierdie oproepe word spesifiek gemaak om kerke in hierdie tyd te help om op die ‘Omkeerstrategie’ en ons missionêre roeping te fokus en nie deur verskille tot strydvrae verlei te word nie.’ “
11h00: verskoning, daar is nog afgevaardiges wat spreek. Dr. Wim Vergeer, ‘n groot voorstaander van VIDA, sê hy ondersteun ook die ordevoorstel. Een van sy redes: want dit beteken dat dit hulle nog 3 jaar gee om die kerke te oortuig dat VIDA ‘werk’ in die kerke.
10h30: al die sprekers vir en teen die ordevoorstel is nou aangehoor, daar word gebreek vir teetyd tot 10h45, en dan sal besluit word oor die ordevoorstel.
Josef du Toit skryf: “10h15: Ds. Sarel Cilliers ondersteun die orde voorstel ter wille van die eenheid” Te vergeefs, of overgesetsynde ‘Watse eenheid?’.”
10h15: Ds. Sarel Cilliers ondersteun die orde voorstel ter wille van die eenheid. Hy is oortuig die vrou kan nie predikant en ouderling wees nie, maar meen die orde voorstel sal die kerke dien. Ds. Kobus van der Walt wys daarop dat gemeentes beswaarskrifte ingedien het en antwoorde nou verwag, nie nog drie jaar te wag vir hul besware aan te spreek nie.
Alida van der Kruk skryf:
“Hi Renee, julle is welkom om in Pretoria by Bet-El te kom kuier, Daar sing ons net Psalms, die man is die hoof van die gesin en God is die man se hoof, ons leef die kinderseën uit soos God dit beskik.”
Jaco Wattel skryf:
“Ek stem saam met die stelling dat dit nie net ‘n verskil van gebruike is nie. Diegene wat nuwe goed in die Geref. kerk in bring soos die sing van gesange en kelkies ensovoorts, is altyd gou om te noem dat hulle nog steeds suiwer gereformeerd is. Dit is dood eenvoudig nie waar nie, want dit waarvoor die gereformeerde kerk staan, word verwater en die Skrifbeskouing verskraal dan sodat belangrike sake skielik nie meer so belangrik is nie. En so stadig maar seker word die mens belangriker en ons God wat eintlik die middelpunt moet wees, word eenkant toe geskuif. Ek bid dat die sinode reg sal besluit, want ek sou verkies om in ‘n gereformeerde kerk te wees wat nog gereformeerd is.”
08h55: met VIDA-dag stel ek vandag ‘n dokument bekend wat nog nie voorheen beskikbaar was nie. Dit is van prof. Jorrie Jordaan van die TSP, ‘n ‘nabetragting’ wat hy geskryf het na die ‘Geslagtelikheid in die Kerk’ GTV konferensie van die GKSA in 2008.
Die artikel sou in die ‘In die Skriflig’ verskyn het, maar het toe nie.
Prof. Jordaan het my gister hier by die sinode toestemming gegee om dit hier op my blog beskikbaar te stel. Dit is myns insiens ‘n baie belangrike dokument om te bestudeer in die lig van vandag se belangrike saak, die VIDA debat, asook om te sien wat prof. Jorrie skryf oor die ‘regulerende beginsel se rol in die VIDA saak’ (afkorting: RB).
‘n Sekere deel van die Geslag-boek (asook ‘n paar predikante en lidmate in die GKSA) is onnodig negatief teen die RB, meestal weens ‘n verdraaide siening van die RB, of omdat hul bloot nie regtig moeite doen om hierdie bybelse gereformeerde beginsel van die erediens te bestudeer nie. Alhoewel nie in naam nie, word die wese en inhoud van die RB in NGB art.7, 32; HK Sondag 35, ens van harte geglo en bely. Soos gereformeerde teoloë dit stel, die RB is sola Scriptura van toepassing op die erediens/aanbidding.
Prof. Jorrie skryf onder meer (beklemtoning bygevoeg):
“Uit bogenoemde getuienis blyk dit dus dat dit nie korrek is om die regulerende beginsel bloot as ’n vorm van Biblisisme af te maak, soos wat in 3.2.3.1.1 van Manlik en vroulik in die Kerk gedoen word nie. Ten minste moet daar meer genuanseerd oor hierdie beginsel gepraat word as wat in 3.2.3.1.1, 15.6 en 16.1.11 van die boek gebeur. Trouens, groter kundigheid oor die aangeleentheid sal die besef laat posvat dat dit wat met die beginsel bedoel word, in werklikheid nie vreemd aan die gereformeerde teologie en godsdiens is nie.
Hoewel die uitdrukking “regulerende beginsel” om redes wat hierbo genoem is waarskynlik moeilik in Gereformeerde kringe ingang sal vind, is die saak waaroor dit gaan tog nie by Gereformeerdes vreemd nie. Daarom stel Henry Sikkema (1999) voor dat eerder gepraat word van die “Bybelse beginsel” of “gereformeerde beginsel” van kerklike diens (“Scriptural principle of worship”; “reformed principle of worship”). Sikkema dui dan aan dat hierdie beginsel in sy wese niks anders wil sê nie as die Sacra Scriptura-uitgangspunt van die reformasie. Hy meen verder dat die beginsel in werklikheid net die Skrif en die gereformeerde belydenisskrifte nasê (Sikkema, 1999:8).
… [Nadat prof. Jorrie gewys het op die RB in NGB art.7, 32; HK v/a 96, skryf hy verder]:
Uit laasgenoemde artikel van die Nederlandse Geloofsbelydenis [art.32] is dit duidelik dat hierdie onderneming in die belydenis om God op geen ander manier te dien as wat Hy in sy Woord beveel nie, nie net vir die inrigting van die erediens nie maar ook vir die kerkregering en –orde geld (d.w.s. ook vir wie in die ampte dien – slc). Uiteraard het Calvyn met die Sola Scriptura-benadering en so ook die gereformeerde belydenisskrifte afwysend gestaan teenoor die bykomstige sakramente en ander praktyke wat Rome in die kerk ingevoer het.”
Prof. Jordaan se artikel bespreek die verkeerde afleidings wat gemaak word na aanleiding van die boek en die konferensie, wat ook vandag nog voortleef in standpunte soos “die VIDA standpunte vir én teen is ALBEI reg en aanvaarbaar”. Hier is die hoofpunte van die artikel:
“MANLIK EN VROULIK IN DIE KERK” – NABETRAGTING OOR ‘N BOEK EN KONFERENSIE (2008)
1. INLEIDING
2. DIE REGULERENDE BEGINSEL
2.1.1 Die term “regulerende beginsel”
2.2.2 ’n Eg gereformeerde uitgangspunt
3. EKSEGETIES “ON/HOUDBAAR” EN/OF “ON/OORTUIGEND”?
3.1 Verdraagsaamheid ter wille van eenheid?
3.2 Die maatstaf waaraan eksegetiese verskille geweeg word
4. DIE REDE VIR HANDHAWING VAN MEER VERSTAANSMOONTLIKHEDE
GERAADPLEEGDE BIBLIOGRAFIE
Archbald, P.N. 2008. Response to Male and female in the church – Gender in the Ordained Ministries. Ongepubliseerde notas, GTV-konferensie op 22 en 23 April 2008 te Potchefstroom.
Beveridge, H. 1930. Tracts relating to the Reformation by John Calvin. Edinburgh: T & T Clark.
Calvin, J. 1979a. Commentary on a Harmony of the Evangelists, translated from the original Latin by the rev. William Pringle. Grand Rapids: Baker Book House.
Calvin, J. 1979b. Commentary on a Epistles of Paul the Apostle to the Corinthians, translated from the original Latin by the rev. John Pringle. Grand Rapids: Baker Book House.
Greijdanus, S. 1964. Schriftbeginselen ter Schriftverklaring. Kampen: Kok.
Knight, G.W. 2008. A Response to Male and female in the church, Gender in the ordained ministries. Ongepubliseerde notas, GTV-konferensie op 22 en 23 April 2008 te Potchefstroom.
Murray, Iain. 1984. The Life of John Murray: Professor of Systematic Theology, Westminster Theological Seminary, Philadelphia, Pennsylvania 1937-1966. Banner of Truth. Vgl ook http://en.wikipedia.org/wiki/John_Murray_(theologian).
Sikkema, H 1999. Understanding the Scriptural Principle of Worship.
Williamson, G.I. 2001. The Regulative Principle of Worship. Referaat gelewer tydens 2001 International Conference of Reformed Churches (ICRC) te Westminster Theological Seminary, V.S.A.
‘n Laaste aanhaling van prof. Jorrie:
“Kortom: Die boek Manlik en vroulik sê nie dat al die verstaansmoontlikhede wat voorgestel word waar of ewe waar is nie. Die boek sê ook nie dat kerke nou maar as gevolg van verskillende verstaansmoontlikhede in hierdie verband maar kan doen wat hulle wil nie. As kerke nogtans hierdie reaksie op die boek sou hê, sou die water inderdaad dieper wees as wat ons vermoed.
Daarom moet onderstreep word wat in 17.3.1 (p.202) van die Manlik en Vroulik geskryf is: “In hierdie studie word aanvaar dat God se Woord sy openbaring van die vasstaande, onveranderlike waarheid oor Homself, sy wil en ons verlossingsweg bevat. God weerspreek Homself nie in sy Woord nie, en gee daarom ook nie twee teenoorstaande ‘waarhede’ oor ’n saak nie.” Dit geld ook vir die waarheid wat God in sy Woord bekendmaak oor sy wil oor die rol van manlike en vroulike lidmate van sy kerk. Indien hierdie aanvaarde standpunt in Manlik en Vroulik nie duidelik genoeg na die lesers oorkom nie, roep ook hierdie saak om hersiening.”
09h30: daar gaan nou 8 afgevaardiges vir en 8 afgevaardiges teen die ordevoorstel spreek.
Louwrens de Beer skryf: “ek lees wat Renee Coetsee sê stig nuwe kerk. NEE ons is die GEREFOMEERDE KERK soos sy dit definieer. Hulle wat nie volgends die skrif is/ wil wees nie moet ‘n heenkome soek waar hulle kan inpas alternatief keer terug na die Skrif.”
09h15: hierdie orde voorstel is net ‘n uitstel van die wesentlike probleem, hierdie saak is nie ‘n ‘verskil in gebruike’ nie, maar Skrifbeskouing en leerverskille.
09h00: Die orde voorstel word nou uitgedeel oor hoe om VIDA saak te hanteer:
“Dat die beswaarskrifte in verband met die vrou in die besondere dienste eers op ‘n volgende sinode beoordeel word, aangesien daar sake is wat dringende aandag moet geniet alvorens hierdie beswaarskrifte tot opbou van kerke gehanteer word.”
Hierdie orde voorstel gaan nou hanteer en bespreek word.
08h45: Renee Coetsee skryf – “kom ons stig ‘n nuwe eg GEREFORMEERDE kerk wat net psalms sing en die man as die hoof is soos God ons beveel het. Is Noordbrug se kerk nie beskikbaar nie?”
08h40: ordereëling vir vandag hier op my blog: in die lig van hierdie belangrike saak, gaan ek enige kommentaar wat u as leser stuur ook hier tussen my mededelings plaas, so wees welkom om boodskappe aan te stuur. Hier is die eerste een: br. Gert de Beer skryf: “GKSA-sinode 2012. die hele wêreld se oë is op julle gerig en op die uitsprake. moenie julle oë op die wêreld rig nie, maar op die HERE.” 08h35: Media en publikasie kommissie rapport AA 22.5, 23.1 word gestel voordat die VIDA rapporte gaan volg. 08h30:dr. Flip Buys uit Joh.7:37,38:
37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
ek lees wat Renee Coetsee sê stig nuwe kerk. NEE ons is die GEREFOMEERDE KERK soos sy dit definieer. Hulle wat nie volgends die skrif is/ wil wees nie moet ‘n heenkome soek waar hulle kan inpas alternatief keer terug na die Skrif.
Ek stem saam met die stelling dat dit nie net ‘n verskil van gebruike is nie. Diegene wat nuwe goed in die Geref. kerk in bring soos die sing van gesange en kelkies ensovoorts, is altyd gou om te noem dat hulle nog steeds suiwer gereformeerd is. Dit is dood eenvoudig nie waar nie, want dit waarvoor die gereformeerde kerk staan, word verwater en die Skrifbeskouing verskraal dan sodat belangrike sake skielik nie meer so belangrik is nie. En so stadig maar seker word die mens belangriker en ons God wat eintlik die middelpunt moet wees, word eenkant toe geskuif.
Ek bid dat die sinode reg sal besluit, want ek sou verkies om in ‘n gereformeerde kerk te wees wat nog gereformeerd is.
Groete
Jaco Wattel
“10h15: Ds. Sarel Cilliers ondersteun die orde voorstel ter wille van die eenheid”
Te vergeefs, of overgesetsynde ‘Watse eenheid?’.
Josef du Toit
Carlingford, Ierland
Belydende Lidmaat: Loughbrickland RPCI
Ek is ‘n Gereformeerde lidmaat en volg hierdie Blog met groot belangstelling. Die huidige verloop van sake is egter regtig kommerwekkend en hartseer. Die eerste beswaar teen vroue-diakens sou al gistermiddag 14:00 begin het. Sedertdien is dit uitstel op uitstel en nou vanoggend die ordevoorstel. Die ordevoorstel alleen neem soveel waardevolle tyd in beslag. Tyd wat, volgens die ordevoorstel self, eintlik nodig is vir ander sake ‘wat dringende aandag geniet’. Hoeveel ure en ure se werk is nie reeds in VIDA ingesit nie. Kan ons nie eerder die tyd spandeer om sekerheid te kry oor God se wil en dan tot ‘n besluit kom oor die VIDA beswaarskrifte nie. Dit is hartseer om dit te sê, maar laat die wat dan nie saamstem nie, reformeer of anders hulle eie pad gaan. (Die huidige stand van sake, waar sekere kerke / kerkleiers in elk geval onderling ‘doen wat hulle wil’, is na my beskeie mening veel erger.)
Dit is vir my net verstommend is, is dat “Man en vrou en die kerk” as DIE enigste en kanoniese uitgangspunt van baie in die GKSA beskou word. “Women in the Church” van Andreas Koestenberger is stukke beter as “Man en vrou in die kerk”. Die pro VIDA standpunt in “Man en vrou in die kerk” is sover ek weet gebou op twee artikels van Douw Breedt wat in “In die Skriflig” verskyn het. Ek het dit gelees en die geensins oortuigend gevind nie en is nou nog van mening dat dit nie gekeur sou word om in ‘n tydskrif soos die WTJ gepubliseer te word nie.
Jammer vir die vele tikfoute!!! Dis wat haastigheid doen!!
As ek so tussen die lyne lees, lyk dit of daar aanvaar word dat ‘n duidelike besluit oor VIDA (maak nie saak watter kant toe nie) gaan lei tot ‘n skeuring in die kerkverband. As daar so ‘n skeuring sou plaasvind, dan sou dit ‘n noemenswaardige afname van die inkomstes uit ramings vir die Admin Buro beteken. Die Admin Buro sit alreeds met ‘n agterstand van R12 miljoen se agterstallige ramings. Oor 3 jaar gaan hierdie probleem nog erger wees, maar indien daar ‘n skeuring sou kom in die kerkverband, gaan die probleem nog veel groter word. In hierdie situasie is die enigste manier om die Admin Buro nog aan die gang te hou om ‘n duidelike besluit oor VIDA uit te stel.
Beste Slabbert
As ons amptelike verslaggewer by die sinode kan jy nie nou oppak as al die sake wat “dringende aandag” geniet aan die orde gestel word nie.
Beste Louis,
Ons het tog nie ‘n sinode nodig om “sekerheid te verkry oor God se wil” nie. So laat hulle maar voortgaan om hulle tyd en ons geld (diegene wat nog ramings betaal) te mors met sake wat “dringende aandag geniet”. Na my beskeie mening is dit hoogtyd dat ons ophou om ons tyd (kosbare tyd wat ons in diens van God en sy koningkryk moet spandeer) te vermors op kerklike politiekery. Die blote feit dat hierdie kwessies (VIDA, SARK-lidmaatskap, NGK-eenheid) op die agenda is vertel genoeg oor hoe ver die GKSA gedeformeerd is.
Baie dankie aan ds Slabbert vir die puik verslaggewing.
Irrationalism just bought itself another three years of indecision
Correct! in order that satan can continue on his influential, destructive path
Goeie dag almal. Wat is die sake wat dringende aandag moet geniet alvorens die beswaarskrifte tot opbou van die kerke behandel kan word? … Dit moet tog bekend wees alvorens afgevaardigdes kan stem oor die saak.
Groete
Cobus
Ek sien die agterdeur by oop “op ‘n volgende Sinode beoordeel word” nie die volgende sinode nie. In 2015 sal ons weereens ter wille van een of ander nuwe “strategie” GEEN BESLUIT neem nie. dan kan die sinode weereens “‘n ernstige beroep op kerke doen om in hierdie tyd, totdat ‘n besluit geneem word:
– die verskeidenheid in gebruike in ons kerke met liefde en begrip teenoor mekaar te hanteer in die gees van Rom 14.
– nie ander gebruike in te voer, wat verskil van dit waarin kerke met mekaar ooreengekom het of wat tans in kerke in gebruik is nie.
“wat tans in kerke in gebruik is” – waar is die Omkeerstrategie?
Hoe gaan hierdie lang ordevoorstel en gebeure aan lidmate verduidelik word? Daar word baie stellings gemaak wat nie sin maak nie – kerke kan hulle gebruike voortsit, terywl die gebruike nooit goedgekeur was nie? Lidmate gaan moeilik tevrede wees met die voorstel.
Dit wil my voorkom dat daar tans twee Bybels is wat die diepte oorsaak van die verskil tussen die kerke is:
Die een klomp se Bybel lees by 1 Tim 2
1Ti 2:11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
1Ti 2:12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
1Ti 2:13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
1Ti 2:14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
1Ti 2:15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
Die ander klomp se Bybel lees by 1 Tim 2:
1Ti 2:11 Die vrou moet haar nie in stilte laat leer nie, ook in die minste nie in alle onderdanigheid nie, want dis diskriminasie.
1Ti 2:12 Ek laat die vrou egter wel toe om onderrig te gee, en veral om ook oor die man te heers. Sy hoef haar nie stil te hou nie, sy mag protesteer en stry.
1Ti 2:13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva – volgens die evolusiebeginsel is sy dus die mees aangewese.
1Ti 2:14 En Adam is nie verlei nie, want hy was te dom daarvoor, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom, sy weet dus beter hoe om die mens weer tot verlossing te lei.
1Ti 2:15 Maar sy sal gered word, nie deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid, nie, maar as sy haar huis verlaat en ‘n beroepslewe in kompetisie met die man en prestasie teen die man najaag.
Goed opgesom!
Omkeerstrategie?
Hoe pas dit aan by die belydenis van Ek glo aan die heilige algemene kerk en die besondere uitleg daarvan in die Kategismus vanuit Die Woord dat Christus ‘n vergadering van uitverkorenes vergader…
Missionêr – watter evangelie? Menseregte of God se reg om gedien te word soos Hy beveel?
Hallo almal. Rom 14 is ‘n baie belangrike hoofstuk. Ons as gesin is op die oomblik besig om by HuisGodsdiens deur Romeine te werk. Ons het aan die hand van Thomas& Steele se kommentaar deur Rom 14 gewerk. Uit hierdie hoofstuk leer ons vier beginsels wat jou optrede behoort te bepaal.
(a) Is ‘n handeling in ooreenstemming met God se woord? – bv die drink van wyn
(b) Kan hierdie optrede my later in die versoeking lei of tot sonde bring? (Mat 5:29-30)
(c) Kan hierdie optrede my swakker broeder laat struikel?
(d) As ek onseker is oor of iets sondig is of nie, laat dit na – Rom 14:22-23
Wat sê hierdie beginsels vir ons deelname aan meerdere vergaderings in die toekoms?
Groete
Cobus