Die Pro Regno blog is vandag twee jaar oud.
Baie dankie vir almal se besoeke, ondersteuning, opmerkings en (selfs) beledigings deur die tweede jaar. Die belangstelling (deur besoeke) het soos volg gegroei:
2010: 13 241
2011: 23 229
Jan’ 2012: 6076
Enige voorstelle en terugvoer is altyd welkom, al kan dit nie altyd gepubliseer word nie. Met hierdie skrywe wil ek opnuut ‘n uitnodiging rig aan alle lesers om enige artikels aan te stuur wat u op hierdie blog wil publiseer: proregno@gmail.com
Die doel van die blog bly: om artikels beskikbaar te stel oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Jesus Christus (Matt.6:33; Heb.12:28).
Met die viering van Pro Regno se verjaarsdag het ek die domein naam, proregno.com, by ‘wordpress’ gekoop as geskenk. Die webadres is dus nou korter www.proregno.com en nie meer die langer naam www.proregno.wordpress.com nie. Verder het ek ook die tema (prent) van die blog verander vir die nuwe jaar.
U is ook welkom om direk te reageer op elke artikel in die ‘comment’ afdeling onder aan elke draad/skrywe, of op poslyste soos calvyn-subscribe@yahoogroups.com of gksaforum-subscribe@yahoogroups.com
“Birthdays are good for you. Statistics show that the people who have the most live the longest.”
“Birthdays are nature’s way of telling us to eat more cake.”
Geluk!!!
baie goeie werk!
BAIE geluk – – ek het baie hier geleer en hoop om nóg meer te leer. Mag al jou drome vir dié blog waar word.
congrats 🙂