Die gemeenteblad van die GK Orania, Dordt Nuus, is elektronies beskikbaar en kan aangevra word by br. Gert en sr. Jeanette Erasmus by die volgende epos adres: glerasmus@oranet.co.za
Dordt Nuus bevat artikels wat baie leersaam is, ek plaas hier twee artikels uit die Nov 2014 uitgawe, met die nodige toestemming en erkenning:
1. ‘n Huwelik met Belhar is die begrafnis vir Dordt!
deur ds. Petrus Venter (GK Pretoria – Dolerend)
Daar is onlangs groot gewag gemaak dat die NG Kerk se sinode van Wes- en Suid-Kaapland die belydenis van Belhar met ‘n groot meerderheid aanvaar het. Volgens dieselfde berigte is die kerkordelike proses nou behoorlik in die NG Kerk aan die gang gesit dat hierdie belydenis as ‘n “vierde belydenisskrif aanvaar kan word”. In die konteks van hierdie spesifieke uitspraak soos deur die besluit van betrokke sinode veronderstel, is die ander drie belydenisskrifte wat in alle geval nog deur die NG Kerk aanvaar word, die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.
Spesifieke uitsprake op hierdie jongste Wes-Kaapse sinode het weereens aangetoon watter betekenis die handhawing van hierdie belydenis selfs vir blye sinodegangers ingehou het. Daar is weereens beklemtoon dat die hoofdoel waarby hierdie belydenis ons as kerke by wil uitbring, gaan oor eenheid, versoening en geregtigheid. Die assessor van die genoemde Wes-Kaapse sinode, dr Van Rensburg, het volgens persberigte sy dankbaarheid rondom die aanvaarding van hierdie belydenis baie duidelik wou stel. Hiermee het hy homself dan so rondom Belhar verenig dat die kerk met die aanvaarding van die Belharbelydenis wat leer dat alle mense voor God gelyk is en dat daar aan almal reg moet geskied. Hierdie is ‘n uitspraak heeltemal in stryd met die Dordtse Leerreëls en in waarheid die wese daarvan aantas.
Wanneer aanvaar word dat dr. Van Rensburg se getuienis met die belyers van Belhar ooreenstem en dat hierdie oortuiging op die sterkste moontlike wyse by wyse van ‘n belydenisskrif uitgedruk moet word, dan het ons as kerke wat onsself nog altyd op die sterkste wyse aan die Dordtse Leerreëls gebonde wou ag, ons vasgeloop. Die verskille tussen Belhar en die Dordtse Leerreëls is ingrypend en iemand wat in alle opsigte met al twee hierdie belydenisskrifte eerlik mee sal wil omgaan, het eintlik ‘n gereformeerde kruispad bereik. Sekere uitsprake uit die Dordtse Leerreëls waarvan net ‘n seleksie aan u getoon word (tien voorbeelde!) bring duidelike spanning met Belhar, wat eintlik dan beteken die voorgenome “huwelik” met Belhar is eintlik maar die “begrafnis” van die Dordtse Leerreëls!
Dordtse Leerreëls | Belydenis van Belhar | |
|
2.(b) Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in dié kerk as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is; | 1 |
1.7. Hierdie uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping ‘n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid in sonde en verderf verval. | 2 (c) dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe én opdrag is; dat dit ”n saambindende krag is deur die werking van Gods Gees maar terselfdertyd ‘n werklikheid is wat nagejaag en gesoek moet word en waartoe die volk van God voortdurend opgebou moet word; | 2
|
1.5. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God.
|
2 (d) dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wêreld kan glo. | 3 |
1.6. .Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlore is. | 2 (d) .dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is wat reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag hê nie, maar bestry moet word; | 4 |
1.7. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping ”n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid, in sonde en verderf verval. Die uitverkorenes is dus nie beter of waardiger as die ander nie, maar verkeer saam met die ander in die gemeenskaplike ellende. Nogtans het Hy hulle, uit volkome vrye welbehae van sy wil en uit louter genade, tot die saligheid in Christus uitverkies. | 2 (e) dat hierdie eenheid van die volk van God op ‘n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee; daarin dat ons een geloof deel, een roeping het, een van siel en een van sin is, een God en Vader het, van een Gees deur drenk is | 5 |
1.6. Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. | 3 (d) dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking daarvan in die weg gestaan word indien dit verkondig word in ‘n land wat op Christelikheid aanspraak maak. | 6 |
1.10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as ‘n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. | 3 (e)dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die evangelie by voorbaat verloën, ideologie en dwaalleer is.
|
7 |
1.4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).
Verwerping van dwalings 2.5 . Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Alle mense is in die staat van die versoening en in die genade van die verbond opgeneem 3/4.7Hierdie verborgenheid van sy wil het God in die Ou Testament aan min mense bekend gemaak, maar in die Nuwe Testament, waar die onderskeid tussen die volke nou weggeneem is, het Hy dit aan meer mense geopenbaar. |
3 (f) Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die evangelie of die wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in so ‘n situasie sanksioneer en daardeur die bediening en belewing van die versoening in Christus by voorbaat belemmer en van krag beroof.
|
8 |
1.5. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God. | 2 (b) Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in dié kerk as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is; | 9 |
1.4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16) 3/4.16 Die genade maak die wil geestelik lewend, genees, verbeter en buig dit tegelykertyd lieflik en kragtig. . Terwyl sondige opstandigheid en verset vroeër volkome oorheers het, begin ʼn gewillige en opregte gehoorsaamheid aan die Gees nou die oorhand kry. Hierin lê die ware en geestelike vernuwing en die vryheid van ons wil. | 2 (e) dat hierdie eenheid van die volk van God op ‘n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet. 2 (f) dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God; | 10 |
…. volgende keer verder
2. DIE KLEIN MENS – DIE GROOT AMP
deur prof. VE d’Assonvile (Uit Kerk en Tydsgees, 1990)
“Verlos ons van die preektoon …”
Persoonsverheerliking waarin die mens alles is, is altyd afgodery. Die Bybel verfoei eersug. Dit is ‘n “siekte” onder mense, ’n aansteeklike epidemie wat daagliks sy duisende neervel. Eersug en mensverheerliking kan die mooiste in ’n samelewing verwoes. Mensediens kan die pragtigste verhoudinge versteur.
Ja, persoonsverheerliking is afgodery! Maar nêrens is dit so gevaarlik as in die kerk nie. Dit kan selfs ʼn gemeente laat sterf. As lidmate hulleself soek om aansien te geniet, dan is dit erg. As ampsdraers in die kerk eersugtig word, dan word dit onhoudbaar.
Eersugtige ouderlinge maak die stem van die Goeie Herder stil en die skape raak verstrooid. Alreeds in die eerste eeu moes die apostel Johannes die gemeente teen so ’n eersugtige ouderling waarsku en hy noem selfs sy naam: Diotrefes, “wat onder hulle die eerste wil wees” [3 Joh. 1:9]. Ter wille van eie eer, lyk dit of hy selfs Johannes se briewe aan die gemeente nek omgedraai het. En waar die dominee nie by is nie, vaar hy met slegte woorde uit [vers 10]. Hierdie voorste ouderling handhaaf selfs sy eie soort “tug” as hy broeders uit die gemeente “uitwerp”. 0, hoe kerkverwoestend kan die optrede van eersugtige ouderlinge tog wees!
Maar wat van ons predikante?
’n Predikant wat sy eie eer soek en nie bo alles die eer van God nie, ruïneer die kerk so ver as wat hy gaan. Met sy preke word hy die aandagtrekker. In die samelewing is hy die populêre kêrel. Rondom sy persoon dra hy ‘n stuk wêreld die kerk in. En baie lidmate is nogal opgenome met hierdie “oulike” predikant met wie daar by die ander kerke se mense kan gespog word – die ideale sosiale leier.
Die grootste ellende kom egter op die preekstoel. As eersug dáár oorneem, dan word dit by al die elektriese ligte donker in die kerk. Dit kom tog altyd ten eerste daarop aan WAT die dominee preek. So oud soos wat die kerk is – eeue en eeue – moet dit maar altyd weer vir die gemeente gesê word: Dit gaan nie oor die mooi redevoerings, die gloedvolle improvisasies, die skitterende gedagtebou, die retoriese vernuf nie. In die kerk word dit dikwels patetiese bombasme.
In hierdie uiterlike vertoon as prediker, het die apostel Paulus byvoorbeeld maar sleg afgesteek by die heidense filosowe. Hy het nie na die gemeente “met voortreflikheid van woorde” gekom nie [1 Kor. 2:1]. Sy preke “was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag” [vers 4].
Calvyn, een van die grootste predikers van alle tye – omdat hy God se Woord gepreek het! – het maar ’n swak, power figuur op die preekstoel geslaan. “Hy het nie die minste grasie gehad nie en op die kansel selfs nie eens gebare gemaak nie”, verklaar De Raemond, die bekende historikus kort na die Hervorming. Hierdie voorloper op die pad van die Gereformeerde kerk; wou nie eens ‘n grafsteen vir sy graf hê nie sodat ons vandag nie eens weet waar sy graf is nie.
Moet ons dan die gawes wat God aan predikers en ouderlinge en diakens gegee het, verag? Nee, glad nie!
Van Apollos, Paulus se kollega word gesê dat hy ’n “begaafde spreker” was [Hand.18:24] en die Here het hierdie spreekgawes wonderlik in die kerk gebruik. En God doen dit vandag nog waar hy dit wil doen ter wille van Sy koninkryk. Maar die belangrikste wat van Apollos gesê word, is nie die saak van sy welsprekendheid nie, maar dat “hy magtig in die Skrifte was” .
Die “vertoon” op die preekstoel word dikwels ’n “toon” wat die predikant aanslaan. Dan gaan dit nie meer om die egte Skrifwaarheid nie, om die suiwer Woord nie, maar om die indruk wat die persoon maak. Van hierdie soort “preektoon” waar dit gaan om die mens, het die Nederlandse digter De Genestet in die vorige eeu ’n gebed laat hoor:
“Verlos ons van den preektoon Heer, Geef ons natuur en waarheid weer.”
Mensverheerliking in die kerk? Eersug? Ons is maar klein, nietige mense, maar ons dra ’n groot, heilige amp. Waarom? “ Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. ” [2 Kor. 4:7].
God alleen moet verheerlik word. “Soli Deo gloria” – dis die slagspreuk van die Gereformeerde belydenis en kerke.
Hier is die volledige Dordt Nuus November 2014
Leave a Reply