23h30: My indrukke van dag 2, wat ek van die middag bygewoon het en op grond van gespekke met verskeie afgevaardiges:
Met die besluit en rigting om nouer eenheidsbande te soek met die NGK, terwyl hul juis al meer deformeer van ons gereformeerde belydenis, word ‘n verdere streep getrek deur die herstigting van die GKSA van 1859 en daarna. Dit volg tragies in navolging van die 2012 besluit om nou ook ‘n Gesangsingende kerkverband te wees, ongeag die ryke kosbare erfenis van ‘n hoofsaaklik Psalmsingende (en later Skrifberyming singende) kerkverband, wat ons met nederigheid wil vashou (ekself: Psalms alleen).
Die gevolge van hierdie besluite sal nou biddend verootmoedigend verwerk moet word en dan opgetree word.
As ‘n begin wil ek vir elke dopperlidmaat en ander gelowiges wat baie besorg is oor hierdie tragiese besluit (ook ons gereformeerde dopper broers en susters wat ongelukkig nog in die NGK vasgevang is), die volgende driedelige artikel reeks aanbeveel om te begin lees:
– persoonlik
– gesin en familie
– saam mede gemeentelede
Quo Vadis, Gereformeerde Afrikaner ?
“Nieteenstaande hierdie agteruitgang glo ek nog dat daar ‘n kern van ons volk is wat aan sy verlede ten volle trou bly en in die regte rigting voortbou. Ek glo nog dat daar ‘n tyd sal kom waarin God ons volk sal wakker skud tot ‘n stryd wat die so nodige antitese sal skep en die toegedekte antitese, die dubbelslagtige en dubbelhartige karakter van die sinkretisme, sal ontbloot en daardeur vernietig – ‘n stryd wat noodwendig op kerklike en godsdienstige terrein sal moet begin omdat die Calvinisme die geestelike wortel van ons volksbestaan is.
Ek glo dit omdat die taak wat God aan ons volk hier in Suid-Afrika en ten bate van die hele Afrika gestel het, nog lank nie afgehandel is nie, ‘n taak waarin die stryd tussen Oos en Wes ‘n sentrale rol gaan speel. Dat God ons volk roep, blyk duidelik uit die roeping van ons volk in die huidige wêreldverwarring.” – oud-prof HG Stoker se woorde in 1952 (beklemtoning bygevoeg).
Laat ons bid dat die Here ons wysheid en krag gee om te doen wat reg is, vir sy eer en liefde vir sy gemeentes … en nie wat (ge)maklik is of ‘werk’ nie.
Laat ons verootmoedigende gebed ook wees die versugting van Dawid (1 Kronieke 21:13):
Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
(Sien die volgende artikels oor die dwalinge wat leef en al meer oorneem in die NGK: Dwaalleer in die NGK; Belhar belydenis)
21h00: sinode verdaag tot môre 07h15. Sal voortgaan om Omkeerstrategie te bespreek (is tans by nr.5, bl. 445 van Agenda).
20h35: Vir die wat die historiese agtergrond van die Omkeerstrategie (sinode 2012) nie goed ken nie, sien die volgende skrywe oor ‘VIDA Dag 2012’:
Omkeerdag Sinode 2012 – onthou om alle inskrywings in ‘Hebreeus’ te lees, dus van onder na bo 😉
Na aanleiding van daardie dag en die Omkeerstrategie besluite, het ek die volgende daaroor geskryf destyds:
‘n Dopper ‘omkeerstrategie’ – ‘n Bekeringstrategie
Die GKSA en PCA se ekumeniese eenheid en Strategiese Planne
Die missionêre Omkeerstrategie en ‘n kerklike minderwaardigheidsgevoel
20h30: opmerking deur Johan van der Walt:
“Slabbert, ek het gedurende die vakansietyd twee “eredienste” in die NGK op verskillende plekke bygewoon. Ek noem dit “eredienste” want dit was nie werklik enige diens tot eer van God gewees nie. Albei die predikante het die gemeente in die Naam van die Here gegroet maar wat die res betref kon mens glad nie s^e dat die Woord van die Here gehoor is nie: grappies word vanaf die preekstoel vertel, die woorde van ander mense kry meer aandag as die Woord van die Here ens. Ek kan nie sien dat dit die kerkgemeenskap is waarmee die GKSA hegter bande wil aanknoop nie.
Wat die doop betref, by die een gemeente is ‘n babatjie van 6 maande gedoop: Geen uiteensetting van wat die doop is nie, geen openbare instemming met die gereformeerde leer van die ouers is vereis nie ens. En dan word ook by geleentheid van die doop ‘n grappie gemaak. Wat die Nagmaal betref, wat is die betekenis van “goeie getuienis van leer en lewe” as die NGK nog altyd ‘n oop nagmaalsgeleentheid het?”
19h40: Sien die belangrike opmerking deur Wynand Louw hier onder:
“Die Memorandum erken die eenheid tussen die Kerke op grond van die gemeenskaplike Belydenis van die twee Kerke.”
En “Die goedkeuring van die Memorandum is met groot dankbaarheid deur Dr Kobus Gerber van die NG Kerk ontvang.”
Dit beteken mos of die GKSA moet Belhar aanvaar of die NGK moet dit verwerp?
Ek dink die NGK is nou ge “double date” met die VGKSA en die GKSA. Dit werk nooit nie. Die meisies kom dit altyd agter, dan sit jy sonder ‘n date…”
slc (Slabbert Le Cornu): op bl.56 van die ‘Memorandum‘ van eenheidsverhouding tussen NGK en GKSA, staan daar ook duidelik, in soveel woorde dat Belhar nie eenheidsbande sal keer ‘noodwendig’ nie:
“2.f Die aanvaarding van nuwe belydenisskrifte bring nie die ekumeniese verhouding noodwendig in gedrang nie.”
19h40: besig met Omkeerstrategie, bl. 428 en verder
16h00: die buitelandse afgevaardiges kry nou elkeen geleentheid vir hul groete woord vanaf hul kerkverbande. Dit sal aangaan tot aandete, 19h00.
15h20: regstelling – die saak vermeld by 14h45 van RCNZ is verwys na deputate buiteland kommissie, dus nog nie oor besluit nie.
15h15: GK Bet-el, Carletonville en Meintjeskop se beswaarskrif wat onontvanklik verklaar is kan hier gelees word: Beswaarskrif
15h10: Hier is die amptelike elektroniese Agenda http://www.cjbf.co.za/sinode15/
14h45: tans op die tafel – rapporte van deputate ekumeniese buiteland wat dien. (Agenda, bl.77 ev.).
Die Reformed Churches of NZ (RCNZ) getuig as volg –
“To continue to express our deepest concern to the GKSA concerning its decision to allow women to be ordained as deacons (with emphasis on the matter of ordination). To express our concern to the GKSA at the way they dealt with the appeals surrounding the ordination of women at their 2012 Synod. To inform the GKSA that if they continue to ordain women as deacons this may lead to our relationship being put under strain. That Synod charge the IRC to respond to the request of the GKSA Synod 2012 to demonstrate to them where their decision to ordain women to the office of deacon is contrary to the Scripture and Confessions.”
Sinode het kennis geneem daarvan en RCNZ gevra om aan te toon hoedat diakonesse in stryd met Skrif en belydenis is.
14h00: Hier is die besluit oor eenheidsbande met die NGK, soos deurgegee deur ds. Cassie Aucamp op die Gerefkerke poslys:
GEREFORMEERDE KERKE AANVAAR MEMORANDUM VAN EKUMENIESE VERHOUDING MET NG KERK
Nadat ‘n voorgestelde Memorandum van Ooreenkoms met die NG Kerk deur die GKSA se Sinode van 2012 afgekeur is, is die saak weer na Deputate verwys om die bi-laterale gesprekke met die afgeaardigdes van die NG Kerk te voer en by hierdie Sinode daaroor te rapporteer.
Die voorgestelde Memorandum van Ekumeniese Verhoudinge het vanoggend op die Sinode gedien en is met ‘n oorweldigende meerderheid goedgekeur.
Die Memorandum erken die eenheid tussen die Kerke op grond van die gemeenskaplike Belydenis van die twee Kerke.
Terreine van samewerking wat reeds tussen die twee kerkverbande plaasvind word in die memorandum aangestip, onder andere:
- Gesamentlike getuienis teenoor owerheid en gemeenskap;
- Samewerking met Buitelandse Bediening;
- Gesamentlike deelname aan Bybelvertaling, hervertaling van Belydenisskrifte;
- Gesamentlike betrokkenhied by Onderwyskwessies;
- Gesamentlike studie oor etiese kwessies;
- Samewerking in die Tussen Kerklike Raad en die Gereformeerde Konvent;
- Samewerking op die gebied van Barmhartigheisdwerk.
Die Memorandum stel dit ook duidelik dat die konkretisering van eenheid nie tot bogenoemde samewerking beperk word nie,. Indien plaaslike kerke die geleentheid sien om met mekaar saam te leef kan, onderhewig aan die besluit van die plaaslike kerk, die volgende sake plaasvind, welke sake reeds deur vorige sinodes besluit is:
- Aanvaarding van mekaar se lidmate op grond van goeie getuienis van Kerkrade;
- Belydende lidmate kan hul kinders onderling ten doop bring volgnes die gebruik van en onderhewig aan die goedkeuring van die plaaslike kerk;
- Volle tafelgemeenskap vir belydende lidmate op grond van goeie getuienis oor leer en lewe;
- Toegang tot mekaar se kansels deur leraars met bedieningsbevoegdheid onder toesig van die Kerkraad;
- Gesamentlike eredienste vind plaas soos en wanneer Kerkrade dit nodig ag.
Die goedkeuring van die Memorandum is met root dankbaarheid deur Dr Kobus Gerber van die NG Kerk ontvang.
ds. Cassie Aucamp
13h00: Ek is nou by die algemene sinode van ons kerke, die GKSA, wat gehou word hier in Potchefstroom. Ek sal so met die tyd probeer deurgee wat reeds besluit is.
‘n Paar reëlings:
1. Die Agenda is hier beskikbaar: Sinode 2015
U moet die nommer verwysings volg waarna ek sal verwys.
2. As u enige vrae/opmerkings wil deurstuur, kan u dit hier onder doen by die ‘leave a reply’ – ‘comments’ afdeling. U kan my ook kontak by proregno@gmail.com, maar moet nie daarheen skrywes stuur wat u hier onder by die ‘comments’ afdeling direk kon geplaas het nie.
3. Daar is ook ‘n whatsapp groep waarheen ek kort boodskappe uitstuur, maar nie alles wat ek hier gaan plaas nie, as u dit wil ontvang moet u net u ‘business card’ vir my stuur na 082 770 2669.
Hallo Slabbert
“Die Memorandum erken die eenheid tussen die Kerke op grond van die gemeenskaplike Belydenis van die twee Kerke.”
En “Die goedkeuring van die Memorandum is met root dankbaarheid deur Dr Kobus Gerber van die NG Kerk ontvang.”
Dit beteken mos of die GKSA moet Belhar aanvaar of die NGK moet dit verwerp?
Ek dink die NGK is nou ge “double date” met die VGKSA en die GKSA. Dit werk nooit nie. Die meisies kom dit altyd agter, dan sit jy sonder ‘n date…
Hallo Wynand, sal my baie help as jy ‘n samevattende artikel vir my kan gee van al die deformasie die laaste paar dekades in die NGK, asook huidige tendense en besorgdhede. Dankie !
Click to access dwaalleer-in-die-ng-kerk.pdf
En iets oor Belhar:
http://hierstaanek.com/2014/12/14/in-gesprek-met-ds-robert-knobel-van-mosselbaai-oor-die-teologiese-grondslag-van-belhar/
Slabbert, ek het gedurende die vakansietyd twee “eredienste” in die NGK op verskillende plekke bygewoon. Ek noem dit “eredienste” want dit was nie werklik enige diens tot eer van God gewees nie. Albei die predikante het die gemeente in die Naam van die Here gegroet maar wat die res betref kon mens glad nie s^e dat die Woord van die Here gehoor is nie: grappies word vanaf die preekstoel vertel, die woorde van ander mense kry meer aandag as die Woord van die Here ens. Ek kan nie sien dat dit die kerkgemeenskap is waarmee die GKSA hegter bande wil aanknoop nie.
Wat die doop betref, by die een gemeente is ‘n babatjie van 6 maande gedoop: Geen uiteensetting van wat die doop is nie, geen openbare instemming met die gereformeerde leer van die ouers is vereis nie ens. En dan word ook by geleentheid van die doop ‘n grappie gemaak.
Wat die Nagmaal betref, wat is die betekenis van “goeie getuienis van leer en lewe” as die NGK nog altyd ‘n oop nagmaalsgeleentheid het?
Johan
HellonHierstaanek
Ek dink nie dat die “double date” met die VGKSA en NGK noodwendig ‘n probleem gaan veroorsaak nie, aangesien daar nie regtig ‘n wesenlike verskil is nie. Die VGKSA het lank reeds gesange goedgekeur en hulle moederkerk in Nederland oorweeg Vrou in die Amp sterk.
Ek lei uit die konteks van Wynand se nota af dat hy met VGKSA die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika in gedagte het, terwyl die konteks uit Bouwe se nota dui op die verstaan van VGKSA as die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
Om sulke verwarring te voorkom stel ek al vir jare voor dat mens eerder VeGKSA en VrGKSA gebruik vir hierdie twee kerkverbande.
Josef du Toit
Brussel, Belgie”
In vandag se BEELD wat oor hierdie saak berig:
“Die besluit om saam met die NG Kerk te werk is stilweg ná ’n gesprek AGTER GESLOTE DEURE op die Gereformeerde Kerke se algemene sinode met ’n oorweldigende meerderheid aanvaar.”
Waarom AGTER GESLOTE DEURE???
Kan iemand dalk verduidelik hoe ons dan nou eers, na bykans dertig jaar se debatvoering, moet besluit of VIDA n wesentlike – of nie- wesenlike saak is? Wat vir my insiggewend asook kommerwekkend is, is die uiteenlopende menings van verskillende predikante – sommige sê dit is wesenlik; ander weer nee, dit is nie n wesenlike saak nie. Hierdie “verskil” mag op die oog af nie belangrik lyk nie, maar beweeg ons weer na vorige sinode sittings toe daar geargumenteer is (deur deputate) dat daar meer as een verstaanswyse van die Woord kan wees. S
Ekskuus, seer sekerlik moet dit n wesenlike saak wees! Ek wonder waar party predikante studeer het.