Die Evangelie op die spel met die NGK algemene sinode 2015

DIE WARE EVANGELIE VAN CHRISTUS OP DIE SPEL MET DIE NG KERK SE ALGEMENE SINODE 2015 

Die NGK se algemene sinode 2015 het hierdie week begin in Pretoria. Twee van die kontroversiële sake op die tafel is:

  • die Belhar belydenis … weereens
  • die homoseksuele debat … weereens

Lees hier van die nuwe moderator van die NG Kerk sinode,

Die nuwe moderator van NGK wil eers in Kalahari rus

Regdeur die artikel hoor ons ‘kreatiewe oplossings’ is nodig, ons hoor niks van ons moet onvoorwaardelik buig voor ons Koning se Woord nie ?

Lees ook Fritz Gaum se artikel oor sy ‘besorghede’ oor die sinode en wat hy meen van belang is,

‘n Toets vir NG Kerk

Sy laaste woorde is,

“Nou het die algemene sinode van 2015 in die lig van die Stellenbosse beskrywingspunt die kans om finaal oor hierdie Rubicon te kom en ons gay naaste se menswaardigheid voor God en mens eens en vir altyd en elke opsig te erken. Ja, juis in die ‘seisoen van menswaardigheid’! Is die NG Kerk nog ter sake? Hier is ‘n lakmoestoets soos min.”

Dit is hartseer, tragies om so iets te lees, hoe blind en dwaas kan ‘n mens raak, maar dan dink mens weer aan die woorde van Spr.14:12,

Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.”

En ja, die vraag is, gaan die Here die NGK totaal oorgee aan hulself, omdat hul die Skepper verruil het vir die skepper se ‘menswaardigheid’, omdat hul die waarheid van die heilige huwelik wil verruil vir die satanistiese leuen van homoseksuele huwelike ?

In die woorde van Rom.1:22-32,

Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
23en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
25hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
26Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
28En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
29hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
30nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
31onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
32mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Hier is wat ek reeds oor die onderwerp begin skryf het, ook om te wys hoe (baie) relevant dit is vir GKSA lidmate, want die GKSA algemene sinode 2015 het besluit om ‘n ‘samewerkingsooreenkoms’ met die afvallige NGK te sluit, lees dit ook asb as belangrike inleiding wat hier verder gaan volg:

Van die VIDA plan na die HIDA plan

‘n Mens is regtig baie dankbaar vir ons broers en susters wat nog sterk getuig al die jare teen al die verval in die NGK. Sien hierdie paar voorbeelde, en daar is sekerlik meer:

NG Kerk Tsumeb

Glo die Bybel

Dwaalleer in die NG Kerk

Kaapse studiegroep

‘n Mens wonder egter, of die beste (liefdevolle) advies vir die ware kerke en lidmate wat nog oor is in die NGK, nie dalk is:

Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. – Op.18:4

Die NGK het eintlik klaar in wese die sonde van homoseksualisme aanvaar (met dieselfde onskriftuurlike ongereformeerde Skrifbeskouing en hermeneutiek daaragter as met die vrou-in-die-amp kwessie), goedgekeur, die waarheid verruil vir die leuen.

En daarmee word die Evangelie, die Goeie Nuus in Christus verwerp.

Die sonde van homoseksualisme (ja, soos al die ander sondes van 1 Kor.6:10), hoef nie van bekeer en teen gestry word my hele lewe lank nie, duisternis word nou as lig ge-herinterpreteer, leuens word nou waarheid, verkeerd word nou reg (Jes.5:20).

Dit is in wese die sondeval, die opstand teen die Here en sy Gesalfde, dit is ‘n afruk van God se goeie bande (wette) vir die mensdom (Ps.2).

Op die huidige NG sinode is eintlik dus nié die kwessie van of homoseksualisme reg of verkeerd is volgens die Skrif nie, maar of:

  • daar nog verwag kan word van homoseksuele NG predikante om selibaat te bly (dus nie hul homoseksuele ‘oriëntasie’ [lees:sondige neigings] uit te leef in ‘n ‘homoseksuele ‘huwelik’ nie), en
  • dat homoseksuele huwelike amptelik erken word deur die kerk, in navolging van die staat (wêreld).

Om dit te bevestig, haal ek vir u aan uit die NG Kerk se Namibië nuusbrief oor wat die NGK se besluit was en nog is volgens sinode 2007,

“Lesers word herinner dat daar net een amptelike standpunt van die NG Kerk oor homoseksualiteit bestaan, en dit is die besluit van die Algemene Sinode van 2007. Tot tyd en wyl die Algemene Sinode self ‘n ander besluit hieroor neem, is dit die standpunt.

Die volgende 8 punte van hierdie besluit moet volledig en in samehang met mekaar gelees en verstaan word:

Die Algemene Sinode besluit soos volg:
1.   Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke oor homoseksualiteit soek ons eerlik na maniere om die Bybelse waardes betekenisvol binne die konteks te interpreteer.
2.   Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die geloofsgemeenskap gebaseer word. Alle mense is geskep na die beeld van God, die verlossing in Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die menswaardigheid van alle mense.
3.   Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle doop en geloof as lidmate van die kerk van Christus aanvaar. Onder lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die kerklike tug.
4.   Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat, volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ‘n huwelik beskou kan word.
5.   Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word.
6.   Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ‘n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie.
7.   Die verlening van predikantsbevoegdheid is ‘n funksie van die Algemene Sinode. Die sinode besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ‘n selibate lewenstyl beoefen tot die predikantsamp toegelaat word.
8.   Die Algemene Sinode erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.”

Die probleem lê veral by nr.3, 5 en 7 – wat homoseksualisme nie meer as sonde erken nie, maar as ‘n aanvaarde lewenswyse (oriëntasie), met sekere voorwaardes aan gekoppel, wat niks minder as verwarrend en dwalend is nie.

As homoseksualisme dan aanvaarbaar is (solank dit nie ‘promisku’ is nie … punt 5, wat dit ook alles kan beteken), hoekom dit nog enigsins verbied vir homoseksuele predikante (punt 7) om uit te leef in homoseksuele huwelike?

Die NGK het klaar besluit dat homoseksuele neigings (‘n seksuele neiging tot dieselfde geslag) nie meer sonde is nie, dit is net ‘n ‘oriëntasie’, nie teen God se gebod en skeppingswil is nie (Gen.1 en 2).

Dit bring die vraag na vore, waarom word dan nog gediskrimineer teen ‘heteroseksuele neigings’, soos bv om ‘n vrou seksueel te begeer in jou hart buite die huwelik (soos Jesus dit stel in Matt.5:27,28)?

Waarom dit nog as sonde beskou en die vrug daarvan tugtig, egbreek en hoerery ?

Hoekom word dan nog gediskrimineer teen ‘arme gelowige mense’ wat se ‘seksuele oriëntasie’ is om te hoereer en rond te slaap buite die eg …. of teen ‘arme gelowige mense’ wat se ‘oriëntasie’ dit is om diewe, dronkaards, kwaadsprekers en rowers te wees (sien 1 Kor.6:10) …. ‘die Here het hul so gemaak’, of hoe ?

‘n Honderd jaar gelede sou dit verregaande wees as iemand hom beywer vir homoseksuele verhoudings en huwelike binne die kerk … wat van pedofiele verhoudings en selfs sodomitiese verhoudings in die kerk in die toekoms ?

In die woorde van die nuwe moderator:

“Ons moet besef dit is nie net ‘n saak nie. Daar is mense betrokke – mense, lidmate, gelowiges.”

Dit geld dus seker ook vir die volhardende egbreker, hoereerder, pedofiel, afgodedienaar, rower, moordenaar, dronkaard, ens., of hoe ?

Hoekom moet sekeres hul bekeer en stry teen sondes, maar ander nie ?

Is dit dan nie baie liefdeloos en ‘onmenswaardig’ (dr. Gaum?) om in hierdie ‘seisoen van menswaardigheid’ teen alle soorte sondaars te diskrimineer nie ?

Hoekom moet slegs die homoseksueles die voorkeur kry om hul sondes uit te leef onder die seënende hand van die kerk, maar mense met ander (sondige) oriëntasies moet dit onderdruk en daarteen stry ?

En om nog verder te gaan, wat van ons ‘broers en susters’ wat se ‘oriëntasie’ dit is om te haat, bitter te wees, rassisties, geweldadig, verkragters  … het die Here hul nie so gemaak nie, is dit nie maar hoe hul is nie, moet hul nie ook in hierdie ‘seisoen van menswaardigheid’ netso aanvaar word deur die kerk nie ?

Ja, dit is die weg waarin die NGK begin wandel het, dit is nié die weg van waarheid, lewe of liefde nié.

Ware liefde is volgens die goeie wet van die Here in Christus deur die krag van die Heilige Gees (Ex.20:6; Matt.5:17-19; 22:37-40; Joh.14:15; 1 Joh.5:1-5).

Die weg wat die NG sinode ingeslaan het is die weg na die hel, dit is demonies van aard, dit is boos, dit is verskriklik liefdeloos om vir enige homoseksuele persoon te sê: bly in jou sondes, jy hoef nie te bekeer nie, netsoos dit liefdeloos sal wees om vir iemand te sê wat hoereer, bly maar daarin volhard, niks sal met jou gebeur nie.

Dit is in stryd met Jesus se woorde in Matt.18:1-22!

Die ergste van alles is dat die Evangelie aangetas word, want die Evangelie leer dit is ‘n redding vir elkeen wat glo, en dat die Evangelie my hoe langer hoe meer verander, dat ek nie meer ‘n slaaf is van my homo of hetero sondes nie, ek is bevry daarvan om nou daarteen te stry, hoe langer hoe meer. Sien Joh.8:31-36.

Bely die NGK dat Heidelbergse Kategismus Sondig 41 nog leer wat die Skrif leer, of verwerp hul dit ?,

Sondag 41
108. Vr. Wat leer die sewende gebod ons?
Antw. Dat alle onkuisheid deur God vervloek is (a) en dat ons daarom van harte vyande daarvan moet wees (b) en kuis en ingetoë moet lewe (c), in die heilige huwelikstaat of daarbuite (d).
(a) Lev. 18:28 Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
(b) Judas:23 maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.
(c) 1 Thess 4:3-5 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
(d) Heb. 13:4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
1 Cor 7:7 Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.

109. Vr. Verbied God in hierdie gebod nie meer as egbreuk en dergelike skandelikhede nie?
Antw. Omdat ons liggaam en siel tempels is van die Heilige Gees, daarom wil Hy dat ons altwee suiwer en heilig moet bewaar; daarom verbied Hy alle onkuise dade, gebare, woorde (a), gedagtes, luste (b) en wat die mens daartoe kan verlei (c).
(a) Eph 5:3-4 Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam; ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
1 Cor 6:18-19 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
(b) Matt. 5:27-28 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
(c) Eph 5:18 Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
1 Cor 15:33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

Die Skrif en die belydenis leer, vlug van die sonde weg, na Jesus toe. Die NGK leer bly in jou sonde, geniet jou sonde, gaan verlore in die hel in ‘vrede en menswaardigheid’.

Die drie kenmerke van ‘n ware kerk is (volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis art.29),

  1. die suiwer verkondiging van die Evangelie
  2. die suiwer bediening van die sakramente
  3. die suiwer bediening van die kerklike tug

Die NGK leer tans,

  • dat mense hul nie hoef te bekeer van die sonde van homoseksualisme nie,
  • dat die Evangelie iemand nie kan red en bevry van die sonde van homoseksualisme nie,
  • dat die sakramente wel bedien kan word aan mense wat openlik volhard in die sonde van homoseksualisme,
  • dat die kerklike tug nie toegepas moet word in liefde teenoor hulle wat openlik volhard in ‘n ‘belydenis en lewe (wat) ongelowig en goddeloos’ is nie.

Dit is alles in stryd met wat die Skrif leer in 1 Kor.6:9-11, asook wat ons as gereformeerde kerke bely in Sondag 30 tot 32 van die HK,

9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. 11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

HK 82. Vr. Moet ook diegene aan hierdie nagmaal toegelaat word wat hulle met hul belydenis en hul lewe as ongelowige en goddelose mense gedra?
Antw. Nee; want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die ganse gemeente verwek (a). Daarom is die Christelike Kerk verplig, volgens die ordening van Christus en van sy apostels, om sulke mense deur die sleutels van die hemelryk uit te sluit totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

87. Vr. Kan diegene dan nie salig word wat in hulle goddelose ondankbare lewe volhard en hulle tot God nie bekeer nie?
Antw. Nee, hoegenaamd nie; want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar, egbreker, dief, geldgierige, dronkaard, lasteraar, of rower, of dergelike die koninkryk van God sal beërwe nie (a).
(a) 1 Cor 6:9-10 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Eph 5:5-6 Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
1 Joh. 3:14 Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.

Ek het hier al heelwat geskryf oor die pastorale bewoëenheid en passie om verlore sondaars te red soos ons, waaronder homoseksuele sondaars, so ek herhaal nie.

Dit is nou egter die tyd om te waarsku teen die valse profete van ons dag (2 Tim.4:3,4), teen die valse kerke, teen valse vergaderings wat nie meer die wil van die Here waarlik soek nie, wat nie hul lidmate/skape meer waarlik liefhet nie, wat hul skape nie waarsku teen die komende oordeel nie, wat mense-dienaars geword het volgens die mens se sondige begeertes en welluste.

Mag die Here sy kinders en sy paar kerke wat nog oor is in die NGK bewaar en genadig wees.  Mag die Here ons genadig wees en bekering skenk waar ons afgedwaal het (sien hier).

My eerste advies aan die arme verskrikte skape wat nog in die NGK oor is, is lees en gehoorsaam Op.18:4, en soek dan die ware kerk volgens NGB art.29

As jy as NG lidmaat meen jy moet nog binne die NGK verband getuig en ‘n pad loop, doen dit dan voluit, maar jy mag nie stilbly nie, sien Mark.8:38 en 2 Tim.3:15-4:2 !

Voeg jou en jou gesin dan by daardie plaaslike NGK’e wat nog die goeie stryd wil stry, bemoedig daardie groepe/gemeentes wat ek hierbo genoem het, en hou kontak met hulle om te hoor waar kerke en predikers is wat nog die suiwer Evangelie verkondig.

Die Evangelie van Christus,

mense se sieleheil is op die spel,

dit is ‘n saak van lewe en dood (Joh.3:36).

Dit is nié bloot ‘n saak van nog ‘n sinode wat afgehandel moet word … en dan kan ek maar lekker vakansie gaan hou na die sinode nie.

17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? 18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn? 19 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade. – 1 Petrus 4

5 thoughts on “Die Evangelie op die spel met die NGK algemene sinode 2015

Add yours

  1. Ek het nie alles van Slabbert se kommentaar gelees nie, maar wat ek gelees het, daarmee moet ek saamstem. Ons moet onderskei tussen gelowiges wat sondige, homoseksuele begeertes het en gelowig daarteen stry soos teen alle ander sondige begeertes, en onbekeerdes wat in hulle sondige homoseksuele lewenswyse volhard.

  2. Dankie Slabbert. Jy het dit goed saamgevat. Mens het nooit gedink die dag gaan aanbreek dat op ‘n gereformeerde sinode gesukkel gaan word om te verstaan gay is sonde en wat is die huwelik nie. Die ware evangelie en die Heiligheid van God word belaster. Paulus se woorde is baie ernstig in die verband: “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal 1:8)

  3. 2 Thes 2:10b – 11 “omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo”. Die king James vertaling vertaal vs 11 “And for this cause God shall send them strong delusion, that they should believe a lie:” Die definisie van ‘n delusie begin “‘n Vaste valse geloof…” Ek glo nie hulle besef watter deur hulle oopgemaak het nie (die delusie). Nou kan elke sonde deur die NGK geseën word. Die mens se opinie troef die Woord van God. Dan vog dit dat die mens ‘n hoër god is, met meer gesag, as as die God van die Bybel!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: