Moenie laat die Pous jou flous !

“Moenie laat die Pous jou flous”, gesing deur Frikkie Mulder en klein calvyntjies !  Hier verkrygbaar: http://rhythmmusicstore.com/music/5508/Frikkie-Mulder/Oom-Paul

Dit is die R7-00 werd !

Rome vandag

Die onderskeid tussen ware en valse kerke word al hoe meer as onbelangrik en irrelevant gesien, natuurlik onder aanslag van die postmodernisme kerk en tydsgees.  Daarom is dit nie vreemd dat daar lidmate van protestantse kerke is (waaronder ook gereformeerde kerke tel) wat nie meer die onderskeid tussen die protestantse geloof en die Roomse geloof duidelik raaksien nie. Die humanisties-ekumeniese tydsgees is besig om oor te neem, alles onder die dekmantel van ‘eenheid’. Maar, dit is ongelukkig baiemaal ‘n ‘eenheid’ sonder of in stryd met die waarheid (sien Joh.17, veral vers 17).

Richard Bennet

Richard Bennet was ‘n Roomse priester wat vanuit die Roomse kerk bekeer is, en doen nou groot werk om mense te waarsku teen al die dwalinge van die Pousdom.  Om u en u kinders te help, sodat die Pous en sy protestantse trawante u nie flous nie, sien die baie behulpsame kaart van Bennet, wat die mees basiese dwalinge van Rome duidelik uitwys en vanuit die Skrif beantwoord:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/02/u-woord-is-die-waarheid-kaart-a-b.pdf

Richard Bennet se webblad:  http://www.bereanbeacon.org/

Die volgende bronne kan ook help om die dwalinge van Rome (wat vandag nog net so lewendig is) beter te verstaan en te weerstaan:

  1. Rossouw P. 1984. Protestantisme en die Roomse kerk vandag – grondslag vir gesprek. Kaapstad: Lux Verbi.
  2. Calvyn se Institusies, veral boek 4.
  3. Reymond RL. 2002. The Reformation’s Conflict with Rome –  Why it Must Continue. Mentor.
  4. http://www.trinityfoundation.org/journal.php?id=248
  5. http://www.trinityfoundation.org/journal.php?id=133
  6. http://www.fpcr.org/blue_banner_articles/lee1.html
  7. Die Roomse Gevaar, PJS De Klerk

“There is no other head of the church but the Lord Jesus Christ. Nor can the pope of Rome, in any sense, be head thereof, but is that Antichrist, that man of sin, and son of perdition, that exalts himself, in the Church, against Christ and all that is called God.”  Westminster Confession of Faith, 25:6

“Die (Roomse) mis is dus in wese niks anders nie as ‘n verloëning van die enige offer en lyding van Jesus Christus en ‘n afgodery wat vervloek is” Heidelbergse Kategismus, antwoord 80

3 thoughts on “Moenie laat die Pous jou flous !

Add yours

  1. Die pous is boos maar Obama is nog boser. Lees onlangs ‘n artikel mbt tot staatisme en verdere vergoddeliking van die staat:
    – die presidensie in VSA het mag om uit sy eie karnwapens op enige nasie in die wereld te vuur – geen pous het soveel mag gehad dat hy die wereld kon vernietig nie

    Ek dink die staat is ‘n groter bedryging as die pous en rome. Die pous kan jou nie dwing om hom te gehoorsaam nie. Die staat is die enigste element in die samelewing wat jou kan toesluit as jy nie jou water en ligte betaal nie. Die staat gebruik sy mag om gehoorsaamheid af te dwing en nie om jou privaat eiendom te beskerm nie.

    All vorme van gesag wat deur dwang sy wil afdwing moet teengestaan word. Slef ons God dwing nie dat ons gered word nie. As jy teen hom kies (menslikgesproke) gaan jy hel toe – geen dwang hier nie.

  2. Nicolaas, dit is gewoonlik die valse staat en valse kerk wat deur die eeue saamwerk teen die Gesalfde en sy kerk (Hand.4:26,27). Sien ook Op.13

    Ons weet alle mag is in Christus se hande (Matt.28:18), en dat dit finaal Hy is wat bepaal wat met liggaam én gees gebeur (Matt.10:28), maar dan ook, menslik gesproke, die staat kan net jou liggaam doodmaak, maar die Pousdom (die valse kerk) kan jou liggaam en veral die siel doodmaak met valse leringe.

    Matthew 16:26, Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: