Nota: sien 4 Januarie se inskrywing as inleiding en oorsig.
20h00: vergadering verdaag vir kommissie werk. Vergadering gaan voort more-oggend om 08h00. Artikels 13 en 14 oor Admin Buro en Bybel aangeleenthede.
19h55: 20.9 is deur die sinode aanvaar met die volgende bewoording:
“Dat ’n kind wat wetlik by Gereformeerde ouers in pleegsorg geplaas is, ooreenkomstig die Here se eise wat aan doopouers gestel word, gedoop KAN word (KO, artt 56 tot 58 en 60). Die besondere inhoud van die Doopsformulier en die Skrifgronde wat in die Doopsformulier aangebied word, moet in die bediening van kinders in pleegsorg in alle geval dieselfde bly.”
17h05: 20.9 (bl.696) op die tafel.
16h50: wat 20.7 betref, is 2.2.1 – 2.2.3 (bl.658) deur die sinode aanvaar. Daar is dus nie verdere amptelike gesprek met broeders in Sinode Soutpansberg nie. ‘n Kommissie word aangewys om brief op te stel wat na alle gemeentes uitgestuur sal word oor hierdie saak, asook te besin oor die implikasies van hierdie besluit.
15h00: gister is die volgende besluit:
Appèl GL Erasmus teen besluit van Streeksinode Vrystaat Kwazulu-Natal, November 2010 betreffende Bloemburg (p10 12.1 agenda)
Aanbeveling: Die Appèl is onontvanklik weens gebrek aan stawing van die tyd van kennisgewing en die ontbreking van die amptelike redaksie van die besluit.
Besluit: Goedgekeur
Beswaarskrif – GL Erasmus teen die afwys van die Beswaarskrif op Sinode 2009 rakende die NAV (A14.4, p38) (p38-62 14.4 agenda)
Aanbeveling: Die Beswaarskrif is ontvanklik. Die Sinode wys ‘n kommissie aan om die Beswaarskrif te hanteer.
Besluit: Die beswaarskrif word onontvanklik verklaar. (deurmiddel van ‘n meerderheid “geel kaarte”.) Moderamen wys ‘n paar “swaargewigte” aan om ‘n motivering vir hierdie besluit te formuleer. (motivering wat genoem was 1 Kor 10:23 “Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.”)
14h45: die een oomblik is die internet vinnig, dan weer baie stadig. So ek sal tussen hier en die gksaforum opmerkings skryf, soos die omstandighede dit toelaat. Tans op die tafel: 20.7 oor art.48 – of daar nog gesprekke met Soutpansberg sinode (Venda kerke) moet wees.
14h30: Die internet opvangs is baie swak en BAIE stadig hier in Potch, so erg op hierdie stadium dat dit my ‘n klomp minute vat net om ‘in te log’ en twee sinne te skryf. Tot die situasie verbeter gaan ek enige nuus/opmerkings wat ek het op die epos groep ‘gksaforum’ deurgee. Indien u dit wil volg, stuur ‘n leë boodskap na gksaforum-subscribe@yahoogroups.com Ek gaan daarom ook nie oor elke detail verslag lewer nie, dinge gaan te vinnig in die vergadering en heeltemal te stadig op internet. Vra dus gerus vrae op die gksa forum oor spesifieke sake en ek antwoord soos ek kan.
10h30: Interessante waarneming: die Agenda wat vooraf beskikbaar was is 307 bladsye lank. Die Aanvullende agenda wat gister eers beskikbaar gestel is, is 773 bladsye lank. (byvoeging: die aanvullende agenda is vanaf bl. 308 tot 773, d.w.s. meer as die helfte van die oorspronklike agenda.
10h15: Dr. Wim Vergeer het in sy toeligting van GK Krugersdorp se beswaarskrif ten gunste van VIDA sy betoog afgesluit met die woorde dat ‘hierdie sinode mans genoeg sal wees’ om vrou in al die ampte toe te laat.
09h45: Ek is nou by die sinode en is besig om te luister na die stel van die verskillende beswaarskrifte deur toeligters voordat dit verwys word na die kommissies, sien artikel 12 van die Agenda.
Hier is die program vir die dag:
Dagprogram: Opening
Rapport studiedeputate: indiening beswaarskrifte/Report study deputies
Rapport Deputate: prosedure appèl/Report Deputies: procedure for appeal
Beskrywingspunt Appèlprosedure/Point of discussion procedure for Appeal
Appèl GL Erasmus/Appeal GL Erasmus
Beswaarskrif GL Erasmus NAV 2009/Petition of Protest GL Erasmus NAT 2009
Beswaarskrif GL Erasmus Verklaring van menseregte/Petition of Protest
TEETYD/TEA TIME
Beswaarskrif GL Erasmus menseregte 2009/Petition of prostest human rights 2009
Beswaarskrif/Petition of Protest GK Bloemfontein-Suid
Beswaarskrif/Petition of Protest GK Klerksdorp
Beswaarskrif/Petition of Protest GK Krugerdorp
Beswaarskrif/Petition of Protest GK Potch Noord/Noordbrug (Bult)
Beswaarskrif/Petition of Protest Ds AH Klopper, AP Kruger, AH Stavast, RL Vorster
Beswaarskrif/Petition of Protest Randvaal
Beswaarskrif/Petition of Protest Prof B Spoelstra
MIDDAGETE/LUNCH
Rapport Deputate vir die Toepassing van KO, art 66/Report Deputies Art 66
Rapport Deputate vir Regsaangeleenthede/Report Deputies for Legal Matters
Rapport Studiedeputate – Redaksie KO, art 31/Report Study Deputies art 31
Rapport Studiedep – “Aanbeveling”/Report Study Dep – “Recommendation”
Rapport Dep Kerkregsake toepassing art 38/Report application art 38
Rapport Dep Versoening/Report Dep Reconciliation
Rapport Dep art 48/Report Dep art 48
Beskrywingspunte StrSin Randvaal/Point of Discription Reg Syn Randvaal
Beskrywingspunte StrSin Pretoria/Point of Discription Reg Syn Pretoria
Beskrywingspunt StrSin Noordwes/Point of Description Reg Syn North West
TEETYD/TEA TIME
Dep Leerstellige sake /Dep Doctrinal Matters
Beskrywingspunt Str Sin Vryst/KZN/
Rapport Dep Hervertaling/Report Dep Retranslation
Rapport 1 Dep Liturgiese Sake art 69/Report 1 Dep Liturgical Matters art 69
Rapport 2 Dep Liturgiese Sake art 69/ Report 2 Dep Liturgical Matters art 69
AANDETE/SUPPER
Rapport 3 Dep Liturgiese Sake art art 69-Keuring/Report 3 Liturgical Matters art 69 -Testing
Rapport 4 Dep Liturgiese Sake art 69 – Identifisering/Report Liturgical Matters art 69
Rapport 6 Dep Liturgies Ps 110/Report Liturgical Ps 110
Rapport 7 Dep Liturgies – Keuring/Report 7 Dep Liturgical – Evaluation
DAGSLUITING/CLOSURE
Dankie weereens vir die verslag.
Ek dink dit sal ook interessant wees om te sien wat met Prof Spoelstra se beswaar gaan gebeur:
“20.10 Beswaar van Prof B Spoelstra teen handelinge in en van Sinode 2009”
Shaun, prof. Spoelstra se beswaar is na ‘n kommissie verwys en sal later behandel word.
Dit is merkwaardig hoe die Aanvullende Agenda Sinode na Sinode dikker is as die hoofagenda.
Hierdie toestand skep vrae – waarom word meer as die helfte van alle materiaal eers vir die aanvullende agenda beskikbaar gestel? In my werksomgewing is dit redelike standaard praktyk om goeie nuus so vinnig moontlik beskikbaar te stel, en slegte nuus tot die laaste oomblik terug te hou. Met hierdie tegniek word ‘n omgewing geskep waar baie tyd beskikbaar was om oor die goeie nuus te dink, en bitter min om oor die slegte nuus te besin.
Sinode na Sinode skep ‘n omgewing vir berge beswaarskrifte en verdere spanninge binne die GKSA.
Hoeveel hiervan is omdat daar nooit genoeg tyd beskikbaar gestel word vir vooraf besinning nie.
Br. Nico,
Dit toon ‘n onrusbarende ooreenstemming met die ANC se nuwe “Wet op die Openbaarmaking van inligting” of die “Media Wet”. Die gewone lidmaat noem dit sommer toesmeerdery, verdoeseling, weerhouding van inligting ens.