GKSA sinode 2012: AD 9 Januarie 2012

21h00: sinode verdaag, vergader weer more-oggend vanaf 08h00.

Hier is die program vir more (met dank aan ds. Hennie van Wyk via gerefkerke poslys):

Opening Dr ME Schalekamp Ordekommissie/Order Commission Rapport 1 Deputate Ekumenisiteit Buitel – Alg/Report 1 Deputies Ecumenicity Abroad- Gen Rapport 2 Deputate Ekumenisiteit Buitel – Ned/Report 2 Deputies Ecumenicity Abroad- Neth Rapport 3 Deputate Ekumenisiteit Buitel -Austr /Report 3 Deputies Ecumenicity Abroad-Austr Aanv Rapport 3-Dep Ekum Buitel-Austr/Suppl Report 3-Deputies Ecumenicity Abroad-Austr Rapport 4 Dep Ekum Buitelands-Noord-Amerika/Report 4-Dep Ecum Abroad-North America Aanv Rapport 4-Dep Ekum Buitel-NA/Suppl Report 4-Deputies Ecumenicity Abroad-NA Rapport 5 Deputate Ekumenisiteit Buitel – Komitee/Report 5 Dep Ecumenicity Abroad- Comm Rapport 6 Deputate Ekumenisiteit Buitel – Ooste/Report 6 Deputies Ecumenicity Abroad- East Rapport 7 Deputate Ekumenisiteit Buitel – SA in/Report 7 Deputies Ecumenicity Abroad- SA in Rapport 8 Dep Ekumenisiteit Buitel – Sending/Report 8 Dep Ecumenicity Abroad- Mission Rapport 9 Deputate Ekumenisiteit Buitel-VK/Report 9 Deputies Ecumenicity Abroad-UK Rapport 10 Dep Ekumenisiteit Buitel-S Amerika/Report 10 Dep Ecumenicity Abroad-S America Rapport 11 Deputate Ekumenisiteit Buitel-Afrika/Report 11 Deputies Ecumenicity Abroad-Africa Rapport 12 Dep Ekumenisiteit Buitel-Europa/Report 12 Dep Ecumenicity Abroad-Europe Rapport 13 Dep Ekum Buitel-Ekumeniese/Report 13 Dep Ecumenicity Abroad-Ecumenical MIDDAGETE/LUNCH Rapport 1 Diak Sake-Diak Inrigtings/Report 1 Deac Matters-Deac Inst Rapport 2 Diak Sake-Bestuur/Report 2 Deac Matters-Management Aanv Rapport 2 Diak Sake-Best/Suppl Report 2 Deac Matters-Managem Rapport 3 Diak Sake-Konst/Report 3 Deac Matters-Constitution Rapport 4 Diak Sake-Bestuur en fin/Report 4 Deac Matters-Deac Inst Fin State SDDS-2009-2011/Fin Reports SDDS-2009-2011 Fin State SDDS -PKK Pretoria/Fin Reports SDDS-PKK Pretoria Fin State SDDS-PKK Reddersburg/Fin Reports-PKK Reddersburg Fin State Glenzicht/Fin Reports Glenzicht Rapport 5 Diak Sake-Noodtoestande/Report 5 Deac Matters-Emergency Aanv Rapport-Diak Sake-Nood/Suppl Report-Deac Matters-Emergency Rapport 6 Diak Sake-Bystandsfonds/Report 6 Deac Matters-Assistance Beskr punt StrSin Pretoria-Glenzicht/P of Descr Reg Synod-Glenzicht Beskr punt StrSin Pretoria-NWO/P of Descr Reg SynodPretoria-NPO Beskr punt StrSin Pretoria-Samestelling/P of Descr RegSynod-Composition AANDETE/SUPPER Rapport 1 Deputate Hist Sake -Kerkargief/Report 1 Deputies Hist Matters Rapport 2 Deputate Hist Sake -Kerkmuseum/Report 2 Deputies Hist Matters-Church Museum Rapport 3 Deputate Hist Sake-Burgersdorp/Report 3 Deputies Hist Matters Burgersdorp Beskr Punt Besprekingspunt 1 StrSin VS/KZN/Point of Description-Discussion Point 1 Beskr Punt Bespr 2 StrSin VS/KZN/Point of Descr-Disc Point 2 StrSin FS/KZN Beskr Punt Bespr 3 StrSin VS/KZN/P of Descr-Disc Point 3 StrSin FS/KZN Beskr Punt StrSin VS/KZN-Omkeerstrategie/ Point of Descr RegSyn FS/KZN Beskr Punt StrSin NW-Ekologie/Point of Descr RegSyn NW-Ecological Beskrywingspunt StrSin Pretoria/Point of Descr Reg Syn Pretoria DAGSLUITING/CLOSURE Oudl. RJ Müller

20h45: 24.15 nou op die tafel. Aanvaar met ‘n paar woordveranderings

20h40: 24.14 met verandering van ‘n paar woorde aanvaar.

20h30: 24.14 is nou op die tafel, beskrywingspunt oor verdere toerusting van predikante, ouderlinge en diakens.

20h25: 19.7 se aanbevelings is ook goedgekeur, oor NWU kampus, behalwe 3.3:

“3. Sake waaroor die Sinode besluit

Aanbevelings

3.1 Briewe aan Kerkrade gestuur word waarin verbondsouers aangemoedig word om hul kinders na die NWU Potchefstroomkampus te stuur om te help verseker dat Gereformeerde waardes gehandhaaf en uitgebou word.

3.2 Die te benoeme CO Deputate kry opdrag om met die Rektor van die Potchefstroom kampus van die NWU, prof HD van Schalkwyk, en verteenwoordigers van die Senaat en Fakulteite te onderhandel oor die vestiging van ʼn leerstoel in Filosofie ten opsigte van Christelike Reformatoriese wetenskap asook ‘n navorsingsprojek oor Reformatoriese Onderwys deur die Fakulteit Opvoedingswetenskappe.

3.3 Die Sinode ten opsigte van die uitvoering van bogenoemde, finansieel betrokke raak.

3.4 Die Sinode ouers, in die lig van die feit dat die NWU die enigste universiteit in die land is wat volgens die statuut waardegedrewe is, aanmoedig om hulle kinders na die NWU te stuur.”

20h00: nog steeds besig met art.24.

19h10: art.24, teologiese skool en opleidingsake is op die tafel.

19h05:  “38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag (deur Ps.36:10 te verwerp in hul universiteitslogo en die naam ‘Christelik’ te verwyder uit hul universiteitsnaam – slc), vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.” (Mark.8:38)

19h00: die rektor van NWU sluit af met die woorde dat ons nie meer die PU vir CHO is nie … maar die waardes in ons harte dra … Dit klink soos die Cloete omdigting van Ps.110: ons het nie meer die Messias in die Psalmteks nie maar wel in ons harte …

18h55: die rektor van die NWU hou sy toespraak, die deel wat ek gehoor het stel hy dit dat ‘selfs ongelowiges besef ons moet reg en verkeerd herontdek anders is daar nie ‘n toekoms nie’

Vraag: kan die ongelowige, ‘n godsdienstige raad (los van Christus en sy wet) weet wat is reg en verkeerd ? Sien Joh.15:5b en HK v/a 91, asook DL 3/4:4.

17h15: 19.1 (deputate christelike onderwys, bl.142) is ook volledig aanvaar.  Daar het ook ‘n belangrike amandament plaasgevind. Die oorspronklike aanbeveling was:

“3.5 Kerkrade word opgeroep om Christenjongmense aan te moedig om hulself as Christenopvoeders te bekwaam. Hierin kan organisasies soos Aros van onskatbare waarde wees.”

Dit is nou met meerderheidstem verander om soos volg te lei (beklemtoonde deel het bygekom):

“3.5 Kerkrade word opgeroep om Christenjongmense aan te moedig om hulself as Christenopvoeders te bekwaam. Hierin kan organisasies soos Aros en die NWU van onskatbare waarde wees.”

Oudl. Thys Lourens het in sy spreekbeurt daarteen beswaar gemaak omrede hy meen “NWU is lankal nie meer ‘n Christelike universiteit nie, as ‘n mens sien al die dinge wat daar aangaan”.

Die sinode meen egter hy is verkeerd en aanvaar die amandament.

Daar word nou gebreek vir aandete, en word daar weer om 18h30 vergader, waar die rektor van die NWU ons gaan vertel hoe ‘Christelik’ die NWU nog is (‘n afgevaardigde het nou net vir my genoem dat die NWU kampus ‘n rooms-katolieke homoseksuelis aangestel het, ek sal graag bevestiging daarvan wil ontvang as dit so is, indien enigiemand sulke inligting het. Dankie).

17h10: art.19.16 word van kennis geneem, deputate het hul opdrag uitgevoer.  So daar is geen aanvaarding of afkeur van die inhoud soos op die gksa se webblad nie.  Amandament is bygevoeg dat dit die ‘standpunt van die skrywers’ is.  Die implikasie daarvan soos ek dit sien: die GKSA is nie amptelike vir of teen ewolusie nie, al hoe wel daar in die verlede reeds ‘n verklaring oor die saak deur die sinode uitgereik is wat nog die amptelike standpunt van die kerkverband is (as iemand die verklaring het, stuur dit vir my aan asb).

17h05: art.19.16 oor ad-hoc deputate evolusionisme is nou op die tafel. Sekeres wil bloot kennis neem en ander wil die inhoud bespreek.  ‘n Kontroversiële saak, want Ps.11:3.

17h00: 19.15 goedgekeur oor ‘Kruispad’ jeugtydskrif.  Daar is verwys na finansiële kommissie om te adviseer oor ‘n ‘jaarlikse verpligte kollekte vir Kruispad’.

15h55: 19.8 is op die tafel. – deputate katkisasie.

15h05: art.23 oor kerklike media en tydskrifte is nou op die tafel.

15h00:  Saak word verwys na die appélkommissie vir aanbeveling.

14h40: eerste appél word nou hanteer, br. Neels Malan stel prof. Bouke Spoelstra se appél teen streeksinode Pretoria, 22 Nov.2011.  (dit gaan oor beroepbaarstelling van eersgenoemde).  Saak word verwys na die appélkommissie vir aanbeveling.

14h40: ds. Erik van Alten van die VGKSA bring sy groete boodskap aan die sinode. “In al die belangrike besluite moet die Here se Woord ons lei, as die Here die huis nie bou nie tevergeefs die wat daaraan bou.”

14h30: besluit oor 16.23 – 1.7.1 en 1.7.2 word nie aanvaar deur die sinode nie, maar 1.7.3 word wel aanvaar. Dus, geen volle lidmaatskap by SARK nie, maar wel nog daar getuig via deputate.  ‘n Mens is dankbaar vir hierdie besluit.

14h20: ds. Peet Coetzee (GK Potchefstroom) wys die sinode opnuut op art.46 KO in verband met hierdie saak wat reeds in 2009 gedien het en afgehandel is.  Daar is geen nuwe inligting of noodsaak in die rapport om nou aan te sluit by SARK nie.

14h10: 16.23 ( AA 483-485) is nou op die tafel.  Hier is dit:

Vir besluitneming: Aanbeveling

1.7.1 In die lig van die riglyne en besluite van Sinode 1997 (vgl 1.2 hierbo), besluit die

Sinode dat die GKSA vir volle lidmaatskap by die SARK aansoek doen ten einde sy

profetiese roeping insake sosiale ongeregtigheid uit te leef.

1.7.2 Die te benoeme Deputate moet vir sodanige lidmaatskap aansoek doen.

1.7.3 Die te benoeme Deputate moet aan die werksaamhede van die SARK deelneem via

relevante insette en getuienis.”

12h15: daar word gebreek vir ete, tot 14h00. Sien die volgende artikel as agtergrond vir die bespreking van AA 16.23 wat nog moet kom, aansoek vir volle lidmaatskap by SARK:

GKSA sinode 2012: DIE GKSA EN DIE SARK/WRK

11h55: met ‘n meerderheid van stemme is 4.3 se aanbevelings nie aanvaar nie en terug verwys na deputate binnelandse ekumenisiteit.  In gewone Afrikaans beteken dit: die sinode is nog nie ‘ryp genoeg’ om so ingrypende saak te aanvaar nie, maar die saak is nou op die tafel vir die komende sinodes om deur te druk.  Die ekumeniese tydsgees waar eenheid ten koste van waarheid nagejaag word, gaan voort.

11h30: daar is nou heelwat bespreking wat plaasvind. Ds Gerhard Meijer (GK Oos Moot) wys die vergadering dat hierdie baie belangrike saak eers in die aanvullende agenda verskyn het (en eers beskikbaar geword het met die opening van die sinode, 4 Januarie 2012), en die plaaslike kerke geensins tyd gehad het om daaroor te besin nie, daarom stel hy voor dat dit nie nou behandel word nie maar op ‘n toekomstige sinode.  Heelwat afgevaardiges wys daarop dat dit die bestaansreg van die GKSA aantas en dat daaroor ernstig besin sal moet word alvorens 16.21 aanvaar kan word.  Ander afgevaardiges wys op al die teologiese en belydenisprobleme wat daar tans heers in die NGK, wat eers oor gesels moet word voordat sake soos genoem in art.16.21 aanvaar kan word.

11h10: bespreking gaan voort oor 16.21. Met die eerste rondte bespreking was daar ‘n baie sterk teenkanting, en nou is daar gevra vir nog ‘n rondte bespreking (seker omrede die teenkanting met die eerste rondte bespreking?) Daar is skielik nou ook uitsondering gemaak dat twee professore oor hierdie saak kan saamgesels. Ds. Gustav Opperman het die vergadering gewys op hul vooraf besluit dat niemand behalwe afgevaardiges spreekreg het nie en dit beteken dat ‘n sekere predikant nie spreekreg het nie wat wou saam gesels, waarop die voorsitter antwoord dat die vergadering finaal besluit oor wie kan saamgesels.

10h30: 16.13 is ook aanvaar, die aanvaarding van ‘n ‘Christelike perspektief’ ten gunste van menseregte.

10h20: 16.21 is nou op die tafel, verhouding met NGK/NHK. Sien veral die radikale aspekte van nr.2 ‘aspekte oor eenheid en eenwording’ (bl.479) in Aanvullende Agenda:

Aspekte oor Eenheid en Eenwording (met NGK)

2.1 Ons eenheid en roeping tot eenheid in die volle sin en betekenis van die woord is begrond in ons gemeenskaplike geloof in God Drie-Enig.

2.2 Ons gemeenskaplike belydenisskrifte (Apostolicum, Nicea, Athanasius, Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls) vorm die raamwerk vir ons beplanning en realisering van die eenheid.

2.3 Daar bestaan ’n diep geestelike eenheid tussen die twee Kerke, hoewel dit nog nie volledig en sigbaar en struktureel gerealiseer het nie.

2.4 Die Kerke onderneem om binne die raamwerk van die Gereformeerde Belydenis en kerkregering met mekaar en ook onderling binne een Kerk verskille wat die belydenis in gedrang (kan) bring, aan te spreek.

2.5 Die twee Kerke bestaan en funksioneer steeds afsonderlik van mekaar volgens elkeen se Kerkorde en relevante bepalinge, maar beweeg nader na mekaar toe deurdat die volgende onderneem word (waar van toepassing onder die leiding en besluite van plaaslike kerke):

2.5.1 Lidmaatskap word erken aan die hand van goeie getuienisse (attestate);

2.5.2 Belydende lidmate word tot die sakramente toegelaat op grond van goeie getuienisse oor leer en lewe;

2.5.3 Kanselruiling mag plaasvind op grond van goeie getuienis oor die leer en lewe van die betrokke bedienaar;

2.5.4 Gesamentlike dienste vind plaas soos en wanneer plaaslike kerke van die twee Kerke (byvoorbeeld in dieselfde omgewing) dit nodig ag;

2.5.5 Verteenwoordigers by die twee Kerke se meerdere vergaderings vervul ’n meer effektiewe en konstruktiewe funksie, met adviserende stem.

2.6 Aangesien die GKSA struktureel ’n nuwe wyse van samestelling van meerdere vergaderings aanvaar het waarvolgens verskille ten opsigte van taal, ras, kultuur en volk nie meer tot afsonderlike sinodes lei nie, en aangesien die NG Kerk binne die NG Kerk-familie tans nog hieroor gesprek voer, onderneem die twee Kerke om mekaar se besluite hieroor te respekteer, mekaar te akkommodeer, en verder om mekaar te betrek by verdere ontwikkelinge en besluite in hierdie verband.”

10h00: Artikel 16 is nou op die tafel: “Ekumenisiteit en Owerheid”. Die volgende aanbevelings is reeds goedgekeur en aanvaar deur die GKSA se sinode: 16.14 nr.2:

“Sake waaroor besluit word

2.1 Die Sinode gee aan die Deputate Ekumensiteit Owerheidsake die mandaat om die GKSA op die Raad te verteenwoordig.

2.2 Dat begroot word vir lidmaatskapgelde”

16.15 nr.2: 2. Sake waaroor besluit word

Die Sinode gee aan die Deputate Ekumenisteit Owerheidsake die mandaat om saam met ander godsdienste oor sake van gemeenskaplike belang getuienis te lewer, met dien verstande dat die unieke begronding van die Christelike etiek nie in gedrang kom nie en sodanige getuienis geskied binne die raamwerk van KO, art 49.”

4 thoughts on “GKSA sinode 2012: AD 9 Januarie 2012

Add yours

  1. “Die Sinode gee aan die Deputate Ekumensiteit Owerheidsake die mandaat om die GKSA op die Raad te verteenwoordig”

    Hoe het hulle verby a46 gekom?

  2. “2.5.3 Kanselruiling mag plaasvind op grond van goeie getuienis oor die leer en lewe van die betrokke bedienaar”

    Is dit net om te verseker dat daar genoeg vroue nadergehark kan word sodra die kansel vir vroue oopgestel word?

  3. As die NWU christelik is, dan is die Universiteit van Timbuktu ook! Sjoe! Ek kan net my kop oor die stiksienigheid skud.

Leave a Reply to JA Louw Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: