Reformasie 500 – RLC: Kom ons lees Romeine saam met Luther en Calvyn

REFORMASIE 500 – RLC

Lees Romeine saam met Luther en Calvyn

Image result for luther and calvin with the bible

“This letter is truly the most important piece in the New Testament. It is purest Gospel. It is well worth a Christian’s while not only to memorize it word for word but also to occupy himself with it daily, as though it were the daily bread of the soul. It is impossible to read or to meditate on this letter too much or too well. The more one deals with it, the more precious it becomes and the better it tastes.

Therefore I want to carry out my service and, with this preface, provide an introduction to the letter, insofar as God gives me the ability, so that every one can gain the fullest possible understanding of it. Up to now it has been darkened by glosses [explanatory notes and comments which accompany a text] and by many a useless comment, but it is initself a bright light, almost bright enough to illumine the entire Scripture.”

Dit is Maarten Luther se begin woorde in sy voorwoord tot sy Romeine kommentaar (of lesings), wat die belangrikheid van die boek Romeine vir die Here se Kerk, in die besonder ook aan ons in hierdie jaar saamvat.

Die Reformasie het nie-amptelik 500-jaar gelede begin toe Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenburg vasgespyker het in Duitsland.

Dit is nog so ongeveer 4 maande voor 31 Oktober 2017, maar regdeur die jaar is daar al verskillende herdenkings-geleenthede.

REF500 – RLC leesprojek

Hier op my blog, met hierdie REF500 – RLC (Reformasie 500: Kom ons lees Romeine saam met Luther en Calvyn) leesprojek van my, wil ek een en elkeen uitnooi om in die volgende 120 dae (ongeveer) saam met my:

  • die Here se Woord, spesifiek die Boek Romeine te lees, en
  • die twee grootste Reformatore van alle tye, Luther se kommentaar en Calvyn se kommentaar daarop die lees.

Die doel van hierdie saamlees is om met die oorspronklike bronne te werk, die Bybel self en dan Luther en Calvyn se omgang daarmee, met die doel die verheerliking van ons Here en die opbou en groei van sy Kerk orals, soli Deo gloria. 

Hier onder verwys ek u na verskillende bronne om te gebruik ter agtergrond van die Boek Romeine, asook Luther en Calvyn se kommentare.

Ek wil almal uitnooi om elkeen op hul manier hierdie leesprojek te gebruik soos jy goeddink. Beveel dit ook aan vir ander gelowiges om te gebruik. Ek gaan nie namens almal die studie alleen doen nie, ek gee net leiding, maak opmerkings waar ek kan, en sal navrae hanteer soos dit inkom. Gebruik gerus die volgende plekke om enige opmerkings en voorstelle te maak:

  • die Pro Regno blog ‘comments’ hier onder,
  • of by elke Facebook inskrywing van Ref500:RLC

Julle is ook welkom om jul eie studie en oor die Teks, of ander kommentare se insigte met ons almal te deel.  Sien dit as ‘n gesamentlike Bybelstudie.

Prakties

Hoe dit prakties gaan werk is, dat ek in die volgende 100 dae ongeveer, so nou en dan ‘n paar verse uit die boek Romeine gaan plaas, met of sonder ‘n paar opmerkings daaroor vanuit Luther en Calvyn se kommentare, asook my eie opmerkings waar nodig.  Dit kan predikante help met preekmaak uit Romeine, asook lidmate verder toerus om vanuit die boek Romeine met mekaar en ‘n verlore wêreld Christus te deel (sien hierdie artikel oor die belangrikheid van om Christus orals te verkondig: Hoe Christene, ons Verlosser en Koning, Jesus Christus moet verkondig midde die veelgodedom van die nuwe SA)

Vandag so srkywe is dus bloot inleidend van aard, as u enige navrae en/of voorstelle het, kontak my gerus hier op Pro Regno of op my Facebook.

Al my kontakinligting is hierbo in die Pro Regno menu onder “Wie is Pro Regno?

Primêre bronne

  • Die Bybel, ek volg die 1933/1953 Bybel (OAV). Hy is hier gratis beskikbaar (moenie vir die Bybelgenootskap sê nie)
  • Calvyn se kommentaar op die boek Romeine in Engels kan hier gratis aanlyn gelees word.
  • Prof. Stefanus Postma se Afrikaanse vertaling, harde kopie, kan hier bestel word: Kommentaar Romeine (Sien hier [bl.12] prof. L Floor se artikel oor prof. Postma se vertaling . Prof Floor skryf onder andere: “‘n Uitvoerige inleiding op die vertaling waarin Calvyn se metode van Skrifuitleg breedvoerig bespreek word, saam met ‘n beredenering van
    Paulus in die brief aan die Romeine, maak hierdie uitgawe besonder
    interessant.”)
  • Luther se kommentaar of lesings is hier gratis, of kan hier aangekoop word.
  • Sien ook die volgende boek of e-boek om as hulp middel te gebruik:

Reading Romans with Luther

Die skrywer, RJ Grunewald, ‘n Lutheraanse predikant, wil graag Luther laat spreek in vandag se taal tot die gelowige wêreld. Hy het nie die hele Romeine kommentaar van Luther vertaal nie, maar as hulpmiddel onder verskillende temas, laat hy Luther self direk spreek tot vandag. Sien ook hierdie en hierdie ander resensies.

“The Epistle to the Romans contains some of the Bible’s richest explorations of the Gospel. Luther’s commentary on Romans shows how great a theologian—that is, an expositor of Scripture—he is. In this book, RJ Grunewald serves up extracts from both St. Paul and Luther and then explains and applies them in an utterly fresh, contemporary, and illuminating way. With its three voices—those of St. Paul, Luther, and Rev. Grunewald—this book is a highly original, extremely readable treatment of our justification by Christ. Laypeople will read it with pleasure and give it to their non-Christian friends.” – Gene Veith

Internet bronne

Kyk gerus op die internet orals waar enige uitgawes dalk beskikbaar is wat u die beste pas om te gebruik. Kindle se formaat is na my mening die beste, al kos dit natuurlik geld om dit te gebruik. Kyk ook na Logos sagteware.

Ek weet ook nie watter vertalers van Luther of Calvyn se Romeine kommentare is die beste nie, so enige aanbevelings sal waardeer word, dankie.

Sekondêre bronne

Daar is baie kommentare op die boek Romeine deur die eeue geskryf, seker die meeste saam met die Boek Psalms en die Boek Johannes ?

Ek wil die volgende ander paar Romeine kommentatore aanbeveel, dit is natuurlik glad nie volledig nie (u kan die soektog op mnr. Google doen vir meer inligting oor hierdie en ander kommentare):

  • William Hendriksen
  • John Murray
  • Douglas Moo
  • Morris
  • Ouer kommentare: Charles Hodge, Robert Haldane.

In Afrikaans/Nederlands:

  • Nederlands: JC Sikkel, Greijdanus, van Leeuwen.
  • Afrikaans: Dr. Willie Jonker in die Swart kommentaar reeks. Ek wil net waarsku – dit lyk asof daar groot veranderings is tussen die vroeëre en later uitgawes is van sy kommentaar, en ek weet nie of dit hyself is wat dit aangebring het toe die swak 1983 vertaling verskyn het nie. Ek het die swart hardeband 1969 uitgawe, en leer baie daaruit, maar as ek dit soms vergelyk met die Logos aanlyn uitgawe, dan verskil dit heelwat, die gedeeltes wat ek vergelyk het. Dit is teleurstellend. So probeer die ouer pre-1983 uitgawes kry
  • Sien ook die Bybel met Verklarende Aantekeninge se notas op Romeine.

U kan ook op dr. Attie Bogaards se blog kyk vir enige verdere bronne oor die boek Romeine: Enigste Troos (kyk spesifiek onder die NT afdeling)

Luther en Calvyn in Afrikaans Stereo ?

Ek het ongelukkig nié tyd om Luther en Calvyn die hemelse taal, Afrikaans te laat praat nie (wat hul seker nou doen waar hul nou is …), al sal ek hoe graag wou, daarom die aanhalings uit die Engelse bronne wat vrylik orals aanlyn beskikbaar is. As een van die lesers kans sien om engelse aanhalings hier te vertaal soos ons deur die boek Romeine gaan, sal dit waardeer word, stuur dit gerus vir my aan, dankie.

Inleiding en agtergrond van die Boek Romeine
Oud-prof JC Coetzee se boekie, Briewe van Paulus, is seker die beste kort en kragtige oorsig van Paulus se briewe, hier is sy inleiding en oorsig oor die boek Romeine (asook oorsig van al die briewe van Paulus). Lees dit gerus solank voordat ons met die Teks self, en Luther en Calvyn se kommentare begin werk, dit is spesifiek bl.43-53:

Romeine: die Brief van die nuwe lewe van die onskuldigverklaardes

“Vanweë hierdie besondere eieaard het die Romeinebrief inderdaad deur die eeue ‘n geweldige invloed uitgeoefen op die Kerk van onse Here Jesus Christus:

– VERWAARLOSING van HIERDIE brief het grootliks gelei tot die geweldige verval van die Rooms Katolieke Kerk in die bande van die werkheiligheidsleer en die afkoopstelsel.

– Daarteenoor was dit juis hierdie brief wat die Hervorming onder leiding van LUTHER EN CALVYN eerste geïnspireer het. Tot vandag is die Brief se invloed regmatig sterk in die Kerke van die Hervorming, soos veral blyk uit ons Belydenisskrif, die HEIDELBERGSE KATEGISMUS, wat sy driedeling: Ellende, Verlossing, Dankbaarheid, aan die breë basiese opset van die Romeinebrief ontleen.”

‘n Baie behulpsame boek wat ook ‘n goeie oorsig en indeling van die boek Romeine gee, is: Romans: An Interpretive Outline – A Study Manual, including a series of interpretive notes and charts on the major doctrines of the Epistle. Sien die voorwoord tot die boek, deur dr. Gordon H. Clark hier:

Preface to Romans: An Interpretive Outline

“God has imposed the burden of his Word upon us. He did not send it to a hierarchy of professional priests who stand between us and himself. God addressed the Bible to the people. But with the burden the Lord also sends the Spirit of Truth to lead us into all truth. As we read the inspired message, we can and we ought to seek illumination from the Holy Ghost. He was its original author and he is willing to help us through its difficulties.” – Gordon Clark

Bybelstudie vrae

Ek gaan ook gebruik maak van prof. Jorrie Jordaan se bybelstudie vrae oor die boek Romeine, dit is hier beskikbaar as u dit solank wil aflaai (bl.31-34):

Voëlvlug oor die NT

“Uit bostaande uiteensetting is dit duidelik dat ons in hierdie brief die mees sistematiese uiteensetting het van die Bybelse leer van verlossing in Christus: ons word verlos nie deur eie verdienste nie maar slegs uit genade deur die geloof alleen! Juis hierdie leer van die Romeinebrief het Maarten Luther daartoe geïnspireer om 95 stellinge teen die valse leer van die Roomse kerk aan die kerkdeur van Wittenberg vas te spyker – die begin van die Reformasie van die 16e eeu!” – prof. Jordaan

Beplanning

Gebruik die res van die week om bogenoemde bronne te versamel soos u dit wil gebruik, asook om prof. JC Coetzee se inleiding en oorsig te lees (meeste hedendaagse kommentare help ook daarmee, maar is baiemaal omslagtig. U kan ook goeie studiebybels raadpleeg vir ‘n oorsig en inleiding, ek beveel die volgende aan:

Hierdie en enige ander van die bronne wat ek vermeld het kan by Augustine Bookroom bestel word, vir ouer en uitdruk boeke, doen navraag by Protea Boekhandelaars asook Deo Gratia Boeke in Potchefstroom.

Ons begin dan DV, volgende week die Boek Romeine saam met Luther en Calvyn te lees, en wie weet, terwyl en veral na ons dit gelees het, kan ons dalk in vrolikheid en vreugde saam Luther en Calvyn aan die ‘drink’ gaan.

Mag die Here ons almal afsonderlik, saam ons geliefdes, en saam sy Kerk orals seën deur sy Gees en Woord, sodat ons ons nie sal skaam vir Hom en sy kosbare Evangelie nie, wat die enigste Hoop en Troos is vir verlore sondaars, vir ‘n land wat besig is om homself te vernietig (Rom.1:18-32).

Mag hierdie leeswerk ons help om daarin vas te hou dat ons uit genade alleen, deur die geloof alleen gered is én nou lewe. Ja, dat ons ons eerder sal skaam oor ons sonde, en omdat sy Naam nie orals geloof en geprys word nie. Mag die Here in sy kerke en orals ‘n terugkeer na die Evangelie van Jesus Christus:

Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. – Romeine 1:16,17

Romeine groete

Slabbert Le Cornu

proregno@gmail.com

“Righteousness must be left to Christ alone, and to Him alone the works of grace and of the Spirit” —Martin Luther

17 thoughts on “Reformasie 500 – RLC: Kom ons lees Romeine saam met Luther en Calvyn

Add yours

    1. Hallo Fanie, ek het reeds daardie skakel van CALVYN se kommentare in my skrywe geplaas, wat inderdaad gratis is, dankie.

      Maar ons soek nou LUTHER s’n, daardie skakel wat jy gestuur het is Calvyn s’n, dankie.

  1. Ons wil graag saamlees. Ons het die Bybellennium eenvolumekommentaar en ek sien Prof. Wim Vergeer het die kommentaar oor Romeine gedoen. Sal ons dit kan gebruik? Baie dankie.

    1. Hallo Karen, ja en nee:

      Ja, omdat ek nie mense gaan beperk watter bronne hul gebruik nie, hoe meer hoe beter, vergelyk net heeltyd met ander bronne.

      Nee, omdat die vertaling waarop die Bybellenium gebaseer is, die Nuwe Vertaling baie problematies is en myns insiens nie goed vertaal is nie, veral wat Romeine betref (vergelyk bv die NAV met die OAV en meeste engelse vertalings by Rom.1:16,17, dit klink heeltemal anders). Mens kan seker wel na die notas kyk van die die BL, maar toets dit dan heeltyd ook aan Luther en Calvyn se kommentare.

      Sien hierdie 2 artikels oor die probleme met die NAV:

      https://proregno.com/2013/01/18/waarom-ons-die-oav-behoort-te-gebruik-en-nie-die-nav-nie/

      https://proregno.com/2011/07/27/probleme-met-die-nuwe-afrikaanse-vertaling-1983-2016/

      Ek het lank gelede ‘n resensie geskryf oor die Bybellenium, sal dit vir jou aanstuur as ek dit kan opspoor.

    1. Hallo Fanie, dink nie ek gaan uitkom daarby om deur Romeine (en Luther en Calvyn) te kom in 100 dae nie.

      Hier is wat ek vir ‘n ander leser ook geskryf het:

      “Hallo Marelize, ek kan nie vooruit sê hoeveel tyd ek aan sekere gedeeltes gaan spandeer nie, omdat die aandag wat Luther en Calvyn aan sekere tekste gee meer is as aan ander. My plan was om voor 31 Oktober deur die hele boek te werk, maar nou dat ek hul kommentare begin lees het, besef ek dit is vir my glad nie moontlik nie. Ek wil nie oorhaastig daardeur gaan nie, hul kommentare is diepsinnig en verg tyd om oor te besin. So ek gaan soos die tyd my toelaat stuk vir stuk daardeur werk, en soos ek daar deurgaan dit plaas op my blog. Groetnis.”

      Jammer daaroor, maar ek dink dit is beter om rustig deur die boek saam met Luther en Calvyn te werk, as te haastig en te veel te mis. Dalk maak ons klaar as ons Reformasie 1000 fees hou ? 😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: