Preek: Matt. 16:15-18 Bou die GKSA in ons 164-jarige bestaansjaar nog op die volledige Rots: Christus as Verlosser én Koning?

Preek: Matt. 16:15-18 Bou die GKSA in ons 164-jarige bestaansjaar

nog op die volledige Rots: Christus as Verlosser én Koning?

Lees: Ef. 2:17-22 & Matt. 16:13-23

Teks: “En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:18)

Preekopname: GK Carletonville, 2023-02-12:

Aflaai: Matt. 16:18 preek

[Die volledige boodskap is beide die preek en die teks hier onder, alle inhoud nie in beide gevind nie]

Geliefde gemeente in Christus, gebou op die Rots,

Die seël/logo/wapen van ons gereformeerde kerke, is ‘n kerkie wat op ‘n rots gebou is, kyk daar in die Mini-skakel nuusbrief bl. 1, regs bo, met die volgende woorde daaronder:

… en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. – dit is Matt.16:18b van ons teks.

Vandag is dit belangrik om daarop te let, dat die kerk op die rots,

die eerste deel van ons teks vanoggend verteenwoordig, nl die woorde:

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou – Matt.16:18a

Dus, die hele vers is ons kerke se seël, logo, leuse of wapen.

En, omdat vandag, hierdie naweek, die 164-jarige herdenking is

a) van die herstigting van die GKSA, 10-12 Febr 1859 was die herstigting,

b) dit onlangs ‘n baie belangrike sinode 2023 was (sien belangrikste besluite hier: Berea reeks nr. 51), en

c) ons volgende week, DV, aan die Here se tafel kom sit om te ‘drink’ van die Rots

wil ons leer wat hierdie kerkseël, of kerklogo, ook vir ons tye van vandag

Wat dit beteken ons kerkwapen volgens die Skrifgedeelte, en wat leer dit vir ons huidige kerkstryd oor die besondere ampte, en ander sake in ons gemeentes?

Christus is saam met sy dissipels, Hy oppad na die hoogtepunt van sy lyding in Jerusalem, v. 21

Hy vra hul eerstens wie die mense sê Hy is, en nadat ‘n paar menings gegee is,

Vra Hy hulle, sy dissipels: Wie sê JULLE is Ek?

 Ja, die wêreld het baie menings oor Christus, vandag nog …

Maar Christus wil weet wat sy Kerk van Hom bely, hulle wat sy Naam op hul lippe neem …

In die oorspronklike taal, is die woorde ‘julle’ sterk beklemtoon,

Dus, wie sê JULLE is Ek? … ook u en ek wat vandag hier is….

En dan by monde van Petrus, kom die belydenis:

U is die Christus (wat beteken Gesafde), die Seun van die lewende God (= God self), v.16

Waarop Christus antwoord, dat Petrus hierdie antwoord nie uit homself gekry het nie, maar “dit is aan jou geopenbaar deur die Vader wat in die hemel is”, dit is hemels … nie aards nie…., en … dan volg Christus se woorde wat die kerkseël/wapen uitmaak van ons kerke:

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. v.18

Nou is die eerste vraag wat ons wil beantwoord: wie is ‘hierdie rots’ waarop Christus sy gemeente bou en gaan bou?

– Is dit Petrus?

– Is dit die apostels wat daar saam met Christus en Petrus is?

– Is dit Christus?

Nou, geliefdes, sonder om in detail te gaan, is die regte antwoord: dit is al hierdie sake/persone, reg verstaan, elkeen in sy eie plek. (herhaal/belangrik: x2)

– i) Dit is Petrus in sy buitengewone eenmalige amp as geroepe Apostel van Christus, die eerste onder gelykes (onthou 1 Pe. 5:1,2), wat verteenwoordigend is van al die apostels, maar let wel: nie as die eerste Pous nie, nie die Roomse dwaling wat hul vandag nog glo nie!

– ii) Dit is Christus, omdat Hy die fondament rots is, waaruit die volk in die OT reeds gedrink het, die “geestelike drank”, want sê 1 Kor.10:4, hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus, Hy is die uitverkore Hoeksteen.

– iii. Dit is al die apostels (NT), saam met die profete (OT), want. in Ef.2:20 het ons gelees, die kerk is,

…gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

  En, daarom is “hierdie rots” verwysend na die woorde en inhoud van vers 16, wat Petrus bely het:

= Christus, die Seun van die lewende God … wat die enigste hoeksteen is,

die uitverkore Hoeksteen waarvan ons geleer het in 1 Pe. 2:4-8

(wat alles verbind, OT en NT, en die ganse geskiedenis, alles bymekaar hou, alles bepaal),

= MAAR baie belangrik dan: soos bely deur Petrus, as verteenwoordiger van al die apostels saam met Hom, wat die fondament of middel is wat steun en bou op die Rots, hoeksteen

Die HERE WAT IN OT (PROFETE) EN DIE NT (APOSTELS) DEUR HULLE GEOPENBAAR HET, GEBOU HET, wat Jesus daar sê in vers 17:

Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.” (Mt 16:17)

EN VERS 17 GELD VIR MOSES, ELIA, DAWID, PROFETE…. OT, en, DIT GELD VIR ELKE APOSTELS … NT

God het deur sy Seun geopenbaar, hoeksteen, wat op sy beurt deur sy profete eers deur die OT gegee is, sien weer 1 Pe. 1:10-12, en nou met die vervulling, deur die apostels geopenbaar word, die hele NT, Ef. 2:20; 2 Pe. 3:15,16  Judas 3, ens.

 En dit is wesentlik om dit so reg te verstaan.

Die rots, DIE Bron van lewe en alle Openbaring is dus geen mens nie, geen pous nie, geen sinode of ds nie, die mens in homself is geen bron van Openbaring in enige sake van ‘leer en lewe’ nie.

Dit is ook nie heilige mense soos Petrus bloot as mens, wat feilbaar is nie, wat geen Pous kan wees nie, want kyk, net na hierdie woorde, skaars ‘n paar minute later, sondig Petrus alweer, deur Christus te wil verhoed op die lydensweg te gaan, v.22 (lees)

… in so mate dat Christus sterk woorde moet gebruik om hom te vermaan: v. 23! (lees)

Daarom die belangrike woorde van v.17 (lees weer)!

Petrus, die Waarheid, die ‘hierdie rots’, kom nie uit jouself of enige mens nie, dit is  Godsopenbaring, deur sy Gees aan die mens, sien v.17

– nie aards nie, tydelik nie, … nie ‘vlees en bloed’ nie…

– maar uit die hemele van God ontvang, ewig en volmaak vir altyd:

Christus deur sy Gees en Woord! 

Die rots is Christus wat gegee is as Bron, en Hy gee sy Woord deur die profete en die apostels aan die kerk van alle eeue gegee is.

As ons dit dan reg verstaan geliefdes, die Rots is Christus, die Christus wat deur sy profete en apostels, deur sy Woord in die krag van die Gees openbaar, dan die volgende groot vraag:

HOEKOM is dit so belangrik om hierdie reg te verstaan?

Want, geliefdes, reeds in die eerste eeuse kerk het die dwalinge ontstaan, bv:

wat die Vader en sy Seun ‘direk’ (eie woorde) openbaar is een ding wat ons moet aan vashou en belangrik, maar …. wat die profete en apostels openbaar is nie so belangrik nie, of soms glad nie belangrik nie, dit is ‘minder God se Woord’, soms ‘glad nie God se Woord nie, dit is bloot mensewoorde….’

Daar word nie ‘n gesonde bybelse ONDERskeiding gemaak tussen God en sy openbaringsinstrumente nie, maar gespring na: daar word ‘n radikale teenstelling en skeiding gemaak tussen God en hulle deur wie Hy onfeilbaar openbaar, wat horribaal vals en verkeerd is en tot soveel dwalinge lei!

Voorbeelde op verskillende skale en vlakke:

In die Korinthe gemeente hoor ons dit daar in 1 Kor. 1:12, die verdeeldheid:

Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.” (1 Kor. 1:12)

‘n Valse teenstelling tussen Christus en sy twee geroepe Apostels: Paulus en Petrus.

WAAROP Paulus, in navolging van Matt. 16:18 en Ef. 2:20 (by implikasie) pragtig sê:

God, Christus, sy Godsopenbaring kan nie verskeur of verdeel of teen mekaar afgespeel word nie:

Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?” (1 Co 1:13)

Vandag, paar verdere dwalinge:

die rooi bybel christene… vertalings waar net Jesus se woorde in rooi gedruk is, sogenaamd ‘belangriker’ as die res…

Nee! ons is nie OT of NT christene nie, ons is Bybelse Christene, alles soos vervul en gehandhaaf deur Christus, Matt. 5:17-20; Op. 22:16-22

Erger dwalinge in die vroeë kerk, wat vandag op verskilllende maniere lewendig is:
OT was ‘n laer god wat wreed was en net ‘oordeel’, wraak bedien …. NT is oor Jesus… liefde… net vergifnis….

VALS, geliefdes, vals, soos een van my kosbare ouderlinge, voor die sinode vir my ‘n vers gegee het, wat nie in die OT staan nie, maar NT, in Christus: “Want onse God is ’n verterende vuur.” (Heb 12:29), sien ook HK Sondag 4 v/a 11, ons God, ons Here Jesus is BEIDE regverdig en barmhartigh, beide in OT en NT, vir ewig en altyd.

Baie nader aan die huis, ‘n afgewaterde maar ook gevaarlike tendens in ons kerkverband, wat bedoeld en onbedoeld Christus se verlossing en sy koningskap teen mekaar afspeel of losmaak van mekaar, eersgenoemde is ‘duidelik’, die tweede ‘onduidelik’ as dit by sy kerkregering kom as Verlosser-Koning van die Kerk:

Sommige in ons dae, in die hele debat oor wie mag in die besondere ampte dien, meen, Jesus het nie eksplisiet iets geleer oor die besondere ampte nie, dit wat in die pastorale ampte staan is maar Paulus se mening, dit was net vir daardie tyd, dit is tydsgebonde….

Paulus het net ‘n eerste eeuse ‘probleem’ aangespreek, hy het nie as Apostel dit ook vir die NT bedeling vasgelê wie in die besondere amp van ouderlinge en diaken mag die nie … en daarom kan ons vroue as besondere ampsdraers verskies.

HOOR U DIE GROOT GEVAAR: SO WIL SOMMIGE DIE HOEKSTEEN EN DIE FONDAMENTE van Ef. 2:20 valslik teen mekaar stel.  Jesus vs sy Apostels ….

Jesus is ‘duidelik’ oor verlossing, maar nie ‘duidelik’ oor kerkregering deur sy Apostels nie…

Maar, Paulus, was ‘n geroepe Apostel soos die ander Apostels, deur Jesus self aangestel,

sy pastorale briewe begin met die woorde: PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop.. 1 Tim.1:1… en dan volg die ampte en kerkregering onfeilbare OPENBARING van 1 Tim. en 3, ens….

VERLOSSERSKAP EN KONINGSKAP VAN CHRISTUS!

ALBEI!

En dit bring ons by nog ‘n geweldige belangrike aspek waarom Matt. 16:18 reg verstaan moet word …as dat die rots  beteken ‘Christus én hulle deur wie Hy geopenbaar het’, naamlik:

Baie deur die eeue het begin met dwalinge dat redding is belangrik, maar nie heiligmaking nie,

die regverdigingleer is belangrik, maar nie die heiligmaking nie.

Of heiligmaking, dankbaarheidslewe, Jesus se Koningskap is ‘minder belangrik’….

Jesus as Verlosser is belangrik … nie Jesus as Koning nie….

Dit sal sterk ontken word, maar die dade en besluite van baie wys anders….

Dat ons hemel toe gaan is belangrik, maar nie hoe ons die Here aanbid nie.. tweede gebod, kerkregeringsake, ens.

Die ware gelowige, die ware kerk kan nie met hierdie dwalinge (‘n vorm van antinomianisme?) saamgaan nie, ons mag nie!

Nee, alles wat God geopenbaar het is belangrik, en is onlosmaaklik verbonde aan mekaar, elke aspek op sy regte plek … na ons Ef. 2:20, gelees het, kyk wat volg:

in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees.” (Eph 2:21–22)

Ef. 1:4a leer ons genadige uitverkiesende redding/saligheid/verlossing in ‘Jesus alleen’,

maar, dit stop nie daar nie, die tweede deel wys ons is gered ‘tot’ heiligmaking, gehoorsaamheid, ens.

soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld (VERLOSSKAP) om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees (KONINGSKAP),” (Eph 1:4)

Christus as Verlosser en Koning is belangrik, albei, regte verhouding, SOOS… die Woord self openbaar, wat ons gelees het in Matt. 16:17, ons teks:

… soos dit deur die Vader uit die hemel geopenbaar is….

TOEPASSING: En, daarom om dit heel konkret en toepas op ons tye, op die stryd in ons sinode, op die VIDA dwalinge wat woed en ons kerkverband al meer oorneem, en meer wanorde en onvrede veroorsaak:

Paulus as Apostel skryf dat die redding van sy kerk, van al sy uitverkorenes is wesentlik belangrik, as hy skryf:

Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (1 Ti 1:15)

Redding is wesentlik belangrik, daarom die Reformasie van 1500’s wat so kosbaar vir ons is, dit is wesentlik belangrik en moet altyd bly vir ons gemeente, ons kerkverband, vir alle ware kerke orals…

MAAR, die Apostel, Christus deur die Apostel openbaar verder wat ook belangrik is,

DUS AS NOODSAAKLIKE VRUG EN GEVOLG VAN REDDING UIT GENADE ALLEEN, DEUR JESUS ALLEEN:

as hy skryf hoe die gemeente in dankbaarheid geregeer moet word, wie moet in die besondere ampte van ouderlinge en diakens dien, en wie nie moet dien nie, skryf hy in 1 Tim. 3:1, met dieselfde klem as in 1 Tim. 1:15,

DIT is ’n betroubare woord: as iemand na ’n opsienersamp verlang, begeer hy ’n voortreflike werk. ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou…

Die betroubare woord uitspraak geld vir 1 Tim. 3:1 en verder, MAAR OOK, vir 1 Tim. 2:11-15, dus, wie nié in die besondere ampte mag dien nie!

HOOR U HOE BELANGRIK DIT IS, EN DIE KERKRAAD SAL NEDERIG BIDDEND VERDER MOET BESIN OOR HIERDIE DWALING VAN ONS TYE WAT ONGELUKKIG OOK LEWENDIG IS IN ONS KERKVERBAND, EN OOK SY KOP UITSTEEK IN ONS SINODE HANDELINGE, GEBEURE EN BESLUITE EN (NIE) BESLUITE…

Hoor mooi broers en susters:

Die Here Jesus, wat Matt. 16:18 spreek (of Joh. 3:16 of Joh. 17:3), is dieselfde Christus wat deur sy Gees, deur Paulus in 1 Tim. 1 en 2 en 3 spreek, in Titus 1 

Dit is nie vlees en bloed nie … dit is nie ou omies in ‘n kerkraad of ds nie, DIT IS NIE SINODES NIE …. dit is nie tradisies nie….

maar die Vader vanuit die hemel wat 1 Tim. 1:15 openbaar, asook 1 Tim. 3:1.

(…. x2 …  lees en herhaal)

En wee ons, as ons vir een oomblik dink dit gaan oor mense, tradisies of mense planne.

Christus, die Verlosser van die Kerk, is ook die Koning van die Kerk.

Hy bepaal nie net hoe ons gered word nie, maar hoe ons nou moet lewe,

ja persoonlik, gesinne, gemeentes maar ook saam in kerkverband,

ons ‘leer, diens en tug’ waarin ons een moet wees,

VOLGENS wat die Vader geopenbaar het in sy Seun deur die profete en apostels,

gesien in die volle konteks van die hele Bybel.

 

En wat tragies is, is dat al meer, en dit lyk of dit al erger gaan word, dat ongeag ons sinode al vanuit die Skirfd tydens 2009-2018 sinodes vroue ouderlinge afgekeur het … al meer predikante en gemeentes in ons kerkverband is, wat die Here se kerkregering van 1 Tim 2 en 3 verwerp, en nie ernstig opgeneem word nie,  sodat daar al meer gemeentes kan kom wat in stryd met Christus se wil, vroue as ouderlinge verkies. … veral met sinode 2023 se ‘skiet stilstand’ hantering van die VIDA verwante sake, tot 2026.

En getroue broeders het met afgelope sinode, getuig in die sinode, dat omdat na die stem van die Here, na sy bevele oor kerkregering nie geluister word nie, die wanorde en verval in die kerkverband ongelukkig net erger gaan word, soos 1 Kor. 14:33-40 op dui.

God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede … maar alleen as daar op die Rots gebou word, sy bevele, sy wil deur die krag van die Gees.

Hartseer tye vir ons kerke geliefdes, ons is onder soveel aanslae. Derde vraag:

Hoekom is hierdie saak so ernstig?*

– Skrifbeskouing: ‘n mens moet ‘n bybels vreemde en gereformeerd-vreemde Skrifbeskouing omhels om ten einde by vroue as ds en ouderlinge uit te kom

– skeppingsordening word verwerp, man en vrou se rol, as mens begin sê ‘geslag maak nie saak’ vir ampte nie, eindig dit later in ‘geslag maak nie saak’ vir die huwelik nie, en volg die gay agenda.

– gesin en kerk word daardeur menslik vernietig.

ONTHOU GELIEFDES, WAT HET MET DIE SONDEVAL PLAASGEVIND?

Bloot ‘n vrug ge-eet … wat is nou so ‘erg’ daaraan … maar wat was wesentlike agter dit?

Geen berusting en vertrou in die Here se wil nie, probeer self God wees, eiewilligheid, ens:

Daarop sê Samuel: Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (1Sa. 15:22)

As die Here so hier vir Petrus vermaan en getug het oor sy woorde in v. 22, sien v. 23 wie is ons, wie is die GKSA op te dink ons kan sy ‘Verlosserskap en Koningskap’ se teen mekaar afspeeell van sinode tot sinode, sy bevele verag oor kerkregering, en dan sy seën op ons en ons kerke se toekoms verwag?

Die GKSA se sinode se optrede en hantering van die VIDA sake,

wys ongelukkig ons het ons eerste liefde verlaat, Op. 2:4

Die Jesus wat my red, is die Jesus wat sê: : as jy my liefhet, bewaar my gebooie, Joh. 14:15

dus ook my bevele ook oor hoe die kerk regeer moet word,

en wie ampsdraers is en wie nie, en wat die rolle en take is van mans en vrouens, ens.

HOE GESINNE EN GEMEENTES TOT EER VAN GOD MOET FUNKSIONEER, WORD BEPAAL DEUR DIE GEES VAN GOD, WAT UIT DIE HEMELE GEOPENBAAR HET, EN IN DIE HEILIGE SKRIFTE OPGETEKEN IS …. NIE DIE FEMINISTIESE OF CHAUVINISTIESE TYDSGEES NIE! (x2, herhaal)

Daarom die oproep aan ons sigbare kerkverband, ons almal: AS jy jou nie bekeer nie, sal die Here ons kandelaar wegneem… sal ons logo, wapen met al ons mooie geskiedenis verdwyn en sink in die see, as ons op grond bou, en nie die ROTS evangelie en die WET en bevele van God nie.

Kom ons hoop en bid dit gebeur plaaslik by kerke, gemeentes, kerkrade, en hopelik al meer saam in meerdere vergaderinge, maar dit lyk sleg… menslik gesproke lyk dit glad nie goed nie… veral nie in die lig van sinode 2023 gebeure en besluite nie.

Laastens geliefdes, ons Troos, midde die stryd, is die uitverkore hoeksteen, die Rots,

waarvan ons reeds geleer het in die preke uit 1 Pe. 2:4-10, en wat Hy gedoen het:

vers 21, Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.

Daardeur het Hy sy kerk gekoop met sy kosbare bloed, vir ewig.

En, JUIS DAAROM, die tweede deel van ons teks/kerkseël, Matt. 16:18b

…. En die poorte van doderyk/poorte van die hel sal die kerk nie oorweldig nie.

– Hulle wat waarlik glo, en dit wys in hul soek na sy wil en bevele vir hul hele lewe, ook die kerkregering van die Here, het die troos van ons logo en wapen, uit genade deur die geloof alleen, op grond van Christus se verdienste alleen.

Geliefde, dit bring ons by die laaste vraag:

– hoe spreek hierdie Skrifgedeelte tot ons vandag

Ons elkeen of saam as gemeente, staan in verband met hierdie Rots net op een van twee maniere:

  1. of ons staan deur die geloof op hierdie Rots, of
  2. ons lê onder hierdie Rots, verpletter deur ons liefde vir die sonde en die wêreld

Dit is wat ons lees in 1 Petr.2:7, wat dieselfde Petrus skryf:

6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.  7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling —

– Die rots, Christus, vra ons elke dag, ook vanoggend, hier en nou, midde persoonlike en kerkstryd:

WIE SE JULLE/JY IS EK?

EN OP WAT BOU JY?

– Net nog ‘n goeie profeet, iemand wat ek so nou en dan oor praat, wat ek besluit wat ek aanvaar of nie?

– of is Christus MY ROTS EN MY VERLOSSER EN MY KONING ?

– Bou ons kerkverband nog op die Woord van God alleen, deur sy Gees?

– Of het ons dalk op sand begin bou, op wat die mens wil hê, of die tydsgees, die chauvinistiese maar veral die feministiese tydsgees in ons tye?

Ons bedoelinge kan bymaal baie goed wees,  soos dit seker ook by sinode was oor VIDA sake

Maar kyk in vers 23 wat Jesus gedink het van Petrus se ‘goeie bedoeling’, WAT NIE VOLGENS GOD SE WOORD WAS NIE, vers 21 … satanswerk! (lees v. 21-23 weer)

God bou sy kerk deur sy Seun alleen, maar sy Seun het gespreek deur die apostels en profete!

Ons moet luister na al sy bevele en dit in ware liefde doen in die krag van die Gees, ongeag die wêreld, Satan en ons sondige harte se aanslag.

Dit is ware liefde vir God en die gemeente.

Mag dit ook waar wees en meer word vir ons hier, maar ook ons hele kerkverband.

Christus en sy kinders kan nooit oorweldig word, vernietig word nie, verlore gaan nie (sien Joh. 10:28), maar deur ongehoorsaamheid, eiewiliigheid kan Hy wel besluit om ‘n gemeente, ‘n kerkverband se se kandelaar weg te neem …  

Kom dan juis komende Sondag na sy tafel, om versterk te word, om te kom ‘drink’ van Hom alleen, nie net vir ons troos van die ewige lewe nie, maar ook vir hierdie lewe van heiligmaking, gehoorsaamheid, bekering, lewenslank:

en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.” (1 Kor. 10:4)

Kom ons luister daarom aandagtig, nederig, biddend na ons Verlosser én Koning se bemoedigende maar waarskuwende woorde, ook vir ons tye, uit die bergrede, Matteus 7:24-27

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n  verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot. 

Amen.

__________________________

Sien die tragiese verval van die Gereformeerde Kerke in Nederland, Vrijgemaakt, soos dit hier verwoord word, dat onderliggend aan hul VIDA besluite, is ‘n ander nie-gereformeerde Skrifbeskouing:  De Kerngroep bezinning GKv

Sien ook hierdie belangrike skrywe van prof. Jorrie Jordaan oor die VIDA verwante sake:

“MANLIK EN VROULIK IN DIE KERK” – NABETRAGTING OOR ‘N BOEK EN KONFERENSIE

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: