Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel – Mal.2:16
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet;
want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. – Hebr.13:4
Na aanleiding van die preekreeks die afgelope drie weke by die GK Bet-el, onder die tema:
Kuisheid binne en buite die huwelik tot eer van God in Christus
plaas ek ‘n paar artikels hier waarna lidmate gevra het (die preke sal later hier en by GK Bet-el beskikbaar gestel word).
Die eerste drie gaan spesifiek oor die onderwerp van egskeiding en hertrou, en die vierde een oor die kwessie van saamwoon buite die eg, poligamie, en waar ook die vraag beantwoord word wanneer daar nou ‘n huwelik plaasgevind het, of wat is nodig vir ‘n wettige huwelik volgens die Skrif (ongeag wat die staat se vereistes is).
Ons het reeds Sondag aand na die laaste preek in die reeks bespreking gehad, so enig iemand is welkom om hier onder by die ‘comments’ afdeling verder die saak te bespreek. Julle sal sien, as jul die verskillende artikels lees, dat my eie gedagtes daaroor ook ontwikkel (van 1 tot 3), nie noodwendig in die beginsels nie, maar in die hantering van die gebroke situasies wat vloei uit onwettige egskeiding en onwettige hertroues. Sonde is tot oneer van God, dit maak ons stukkend en seer, maar dank God, die Evangelie red en bring hoop, dit gebied weer lewe uit die dood, dit bring weer vrede en ‘n toekoms, al moet ons partymaal met ‘n stukkende hakskeen (Gen.3:15) of sonder ‘n oog of hand die koninkryk ingaan (Matt.5:27-30) !
Soos Augustinus dit gestel het: dit is beter om op die regte pad te strompel, as om op die verkeerde pad te hardloop. (sien Rom.13:14)
Die eerste artikel is ‘n werkstuk wat ek gedoen het tydens my teologiese opleiding, dan ‘n verkorte weergawe daarvan vir kerkraad- en gemeente toerusting, en dan die derde, die kortste en nuutste een as ‘n baie kort samevatting van die saak. Die inligting oorvleuel en verskil in elkeen, daarom kan dit afsonderlik of saam gebruik word. Die beste is egter om dit in sy geheel saam te lees. Die bronnelyste van die artikels kan ook gebruik word om verder te lees oor die verskillende standpunte oor hierdie saak in die kerk deur die eeue.
Soos ek tydens die preekreeks genoem het, as ons deur hierdie preekreeks en artikels net opnuut verootmoedigend kan begin besin en bid en veral verootmoedigend die Skrif studeer oor al hierdie belangrike sake, sal ek baie dankbaar wees.
Ek sien geen reformasie van ons kerk, land en volke sonder die bybels gedrewe Evangelie veranderende reformasie van die huwelik en gesin nie.
Mag die Here ons daarin genadig wees (Ps.25:22).
Omdat Hy altyd getrou is en sal wees (Ps.111:5,9; 2 Tim.2:13), laat ons daarom daarna strewe om in dankbaarheid daarvoor, in al ons verhoudings, hoe langer hoe meer, deur sy genade in Christus en volgens sy Woord en Gees, ook getrou te wees.
1. Etiese perspektiewe op egskeiding en hertrou
Inhoud:
Inleiding
1.1 Objek van die studie
1.2 Probleemstelling
1.3 Hipotese
1.4 Doel van die studie
1.5 Werkplan
1. ‘n Definisie van egskeiding
2. Die skokkende realiteit en oorsake van egskeiding
2.1 Skokkende realiteit
2.2 Oorsake
3. ‘n Kort historiese oorsig van verskillende standpunte oor egskeiding
3.1 Inleidend
3.2 Reformatore
3.3 Katolieke beskouing
3.4 Presbiteriaanse standpunt
3.5 Vandag
4. Die GKSA oor egskeiding
5. ‘n Eie prinsipiële besinning
5.1 Eksegeties
5.2 Pastoraal
5.3 Teologies
6. Slot
Bronnelys
Uittreksel uit die inleiding: “In 1936 het Edward VIII die Britse troon bestyg. Daar was egter ‘n probleem: die nuwe koning wou graag trou met ‘n geskeide vrou, ‘n ene Mev. Wallis Simpson. Edward het gedink hy kan sy private en publieke lewe uitmekaar hou. Die Britse parlement was egter nie daarvoor te vinde nie. Onder leiding van die Britse eerste minister, Baldwin, het die regerings van al die Britse Dominions sy planne verwerp, en die koning versoek om sy verhouding met Mev. Simpson te verbreek of te abdikeer, d.w.s. afstand te doen van die Britse troon.
As die koning nie hul voorstel aanvaar nie, sou die hele kabinet bedank. Edward het aan die parlement voorgestel dat hy wel met haar sal trou maar dat sy nie die koningin sal word nie. Op 2 Desember 1936 het die nuus in die publiek uitgelek dat die koning ‘n verhouding het met ‘n geskeide vrou en met haar wil trou. Die Britse publiek was hewig gekant teen hierdie planne van die koning en 9 dae later, op 11 Desember 1936 het die koning geabdikeer (Cornes, 2002: 19,20).
Ons kan hierdie optrede vandag ons nouliks voorstel.
Vandag wil dit blyk dat egskeiding en hertrou eerder ‘n deug geword het vir vooraanstaande leiers in ons wêreld. Vandag ontvang leiers wat hul vrouens verlaat het vir ander weivelde die Nobelprys vir vrede.
Maar egskeiding bring nie vrede nie. Dit is ‘n oorlogsverklaring teen die gesin, kerk en ‘n gesonde samelewing.
Die kwessie van egskeiding is in die tydperk waarin ons vandag leef ‘n baie aktuele probleem in die etiek. Daar word ook baie vrae rondom die kwessie van die egskeiding gevra. Die objek van hierdie studie is om ondersoek te doen na etiese aspekte van egskeiding, veral wanneer is egskeiding en hertrou bybels verantwoordbaar.”
2. Wat leer die Skrif oor egskeiding en hertroue?
Uittreksel: Vandag, in die (post)moderne wêreld is daar hoofsaaklik vier standpunte oor egskeiding en hertrou (House, 1990), wat kortliks as volg opgesom kan word soos verwoord in House se boek:
– geen egskeiding of hertrou nie (JC Laney).
– egskeiding vir owerspel maar geen hertrou nie (WA Heth).
– egskeiding en hertrou vir owerspel en verlating (TR Edgar).
– egskeiding en hertrou onder ‘n verskeidenheid van omstandighede.
Uit die praktyk vandag is dit duidelik dat laasgenoemde hoogty vier in westerse lande. Onder die aanslag van ‘n anti-God-se-wet gesindheid en ‘n verwarring tussen pastorale bewoëndheid en losbandige sentimentaliteit, word egskeiding en hertrou vrylik in kerke toegelaat (Stott, 1990: 287). As ons egter by God se goeie wet gebly het vir ons samelewing, moes daar eintlik doodstraf gewees het vir hoerery (Lev.20:10; Dt.22:22; Joh.8:1-11), wat sou beteken het die huwelik is ontbind, en die ‘onskuldige party’ kan weer trou. Ons verkies egter ons eie slaafse wette(loosheid) wat veroorsaak dat ons God se wet vertrap en baie gesinne vernietig deur onwettige egskeidings en hertroues !
Teoloë soos Schaeffer, Henry, Heth, Wenham, Piper, Crones, Steel en Ryrie het hierdie toestand (onwettige egskeiding en hertroues) sterk gekritiseer. Hul standpunt kan as volg verwoord word (Engelsma, 1998: 211):
“… a believer who suffers the misfortune of a divorce has two clear options: remain unmarried or be reconciled to one’s mate. To teach anything else is inconsistent with God’s standard for marriage.”
Alhoewel daar nog formeel in die reformasie kerke bely word dat die huwelik onontbindbaar is, en dat dit slegs deur egbreuk en kwaadwillige verlating verbreek kan word, en dat slegs die onskuldige partye mag hertrou, blyk dit dat daar in die praktyk omtrent enige redes aanvaarbaar geword het vir egskeiding en hertrou. Predikante en Kerkrade hanteer maar elke geval uniek op sy eie manier soos hy goeddink.”
3. Beleidsdokument oor die huwelik, egskeiding en hertrou
Uittreksel: “Ter wille van die toekoms van ons gesinne en kerke, moet ons ook rekening hou dat ons vandag in so katastrofe van die gevolge van egskeiding en hertrou lewe, dat dit blyk onmoontlik sou wees om nou van alle ongeoorloofde huwelike wat in die verlede aangegaan is, te vereis om nou te ontbind. Dit sal net lei tot verdere huweliks- en gesinsverbrokkeling. Daarom moet elkeen bly in sy huidige huwelik en daar trou wees tot die dood toe (1 Kor.7:20), of, as reeds vir verkeerde redes geskei is, bly by wat 1 Kor.7:10,11 geleer word.
Die waarheid en praktiese implikasie van bogenoemde 7 punte, moet vir ons en ons kinders geleer word vir nou en vir die toekoms: deur prediking, katkisasie, huisbesoek, bybelstudies, ens. moet die gemeente opgevoed en geleer word, veral die jonger geslag wat nog gaan trou, dat hul nie moet dink hulle kan maar trou en skei soos hul wil nie, maar dat 1 Kor.7:10,11 hul wesentlike vertrekpunt moet wees in hierdie hele saak:
10 En aan die getroudes beveel ek — nie ek nie, maar die Here (Jesus in Mark.10:10-12; Matt.19:1-12) — dat die vrou nie van die man moet skei nie; 11 en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie. – 1 Kor.7
4. As die fondamente omgegooi word: ‘n besinning oor saamwoon
Uittreksel: Christus wys daarop dat die huwelik (Matt.19:1-12):
- ’n instelling van God is (“Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie”),
- tussen een man en een vrou is (“en hulle twee sal een vlees wees” = dus nie tussen man en man of vrou en vrou nie; ook nie tussen een man en baie vrouens nie),
- sy skeppingsordening en ewige wil vir die mens in hierdie bedeling is (“van die begin af”),
- dat God twee mense bymekaar bring, en dat geen mens hul mag skei nie, en
- dat die OT tydperk, die tye van die ‘sondige verhardheid’ van die mens nie bepaal wat die huwelik is en behoort te wees nie, maar God se skeppingsordening moet ons huwelike nou en vir altyd bepaal (“maar van die begin was dit nie so nie”)
… Verder, is daar reeds ‘van die begin af” drie aspekte van die huwelik deur God gegee wat ‘n huwelik kenmerk, waaronder ‘n publieke handeling, seremonie of ‘amptelike bevestiging’ gekoppel is, en wat plaasvind aan die begin en vorming van ‘n huwelik, kontra wat Jackson skryf hierbo.
Dit vind ons in Gen.2:24, wat Jesus aanhaal en bevestig in Matt.19:5,
“Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.”
1. Die publieke handeling: “daarom sal die man sy vader en moeder verlaat” (‘n nuwe huis/woning word opgestel, wat konkretiseer in en deur publieke handelinge soos die huwelikseremonie, huweliksertifikaat, samelewingswette, ens.)
2. ‘n Permanente band/verbond tussen man en vrou: “en sy vrou aankleef” (man en vrou is ‘vasgegom’ aan mekaar in ‘n lewenslange band/verbondsverhouding, Spr.2:17; Mal.2:14)
3. fisiese eenwording deur die seksuele: “en hulle sal een vlees wees” (‘n lewenslange intieme verbintenis slegs tussen die twee persone).
En nou moet ons nie (sondig) maak soos ons met huwelike maak nie, en skei wat God saamgevoeg het nie, hierdie drie bepaalde aspekte uit Gen.2:24, soos bevestig in die NT deur Jesus en die apostels (Matt.19:5; Ef.5:31,32) moet in harmonie en konteks gehou word met mekaar. Die misbruik en verdraaiing daarvan (die sondige voorbeelde in die OT van ’n Jakob of ’n Dawid nie), hef nie die ware Godverheerlikende gebruik en toepassing daarvan op vir alle tye nie.
(So terloops, ons moet deeglik onderskei tussen verhalende stof en normatiewe stof in die Bybel. Eersgenoemde moet altyd gelees word in die lig van laasgenoemde, en nie andersom nie. So moet die OT gelowiges se poligamie gelees word in die konteks van Ex.20:14 en Matt.19:4,5, en nie andersom nie.)
nota: sien ook die volgende werk oor laasgenoemde onderwerp:
Saamwoon voor die huwelik, ds. Hannes Noëth
Hello Slabbie!!
Here are some thoughts. Every sacred contract (berith: covenant) has a King designing and regulating the covenant; Administrators to carry out the King’s design; Law (ethical stipulations); Oath and Sanctions with witnesses; and Succession arrangements (KALOS). The State has no input in the marriage design and covenant as it is between two families and two children (male and female) with consent from both parties and both families. The Creator and His creational design norms found in Christian common law (formerly called Natural Law) cannot justly be altered by Statist fiat (positive law) The sacred contract/covenant furthermore is a signed document with witnesses and terms of the contract written in the legal copy held in trust by the parties, their parents, and etc. The sanctions include what may (not mandatory) occur with the breaking of the ethical design norms (creation design norms). Dt 24:1ff and Jer 3:8 allow divorce for hard-hearted adultery which ends the marriage. Hos 2:2 (a great comfort to me) clearly says: “She is not my wife, and I am not her husband.” (normative declaration not a descriptive narrative). Hence, death is not the only penalty for adultery as in this case and in the case of Joseph and Mary before the angel came to Joseph. (See, North, Victim’s Rights and Kaiser, Toward OT Ethics). The “hard-hearted” clause was not OT specific but post-fall specific until the Consummation. Last, the civil government can ONLY act as an arbitrator of the contract IF one (both) party(ies) is/are excommunicated and expelled from the Community (ekklesia). Otherwise, the sacred contract is handled solely between the families, the sacred cultic community (ekklesia), and estranged individuals.
Hence there must be previous proven and adjudicated fault found and excommunication for civil government to be involved with its coercive authority (e.g., custody of children, child support, etc.). However, the pragmatic necessity of a properly administrated and adjudicated “writ of divorce” (in ecclesal courts first) is necessary because of the Fall as Jesus stated (“because of the hardness of your hearts, it was permitted”).. The sole grounds for marriage dissolution were “nakedness of the thing” which Jesus corrected interpreted as porneia (see Bahnsen, TCE) and Paul included in his discussion of abandonment of the three rights of a marriage: Food, clothing, and sexual union in the definition of porneia (Ex 21:10; 1 Cor 7; and see also Is 4:1)..
In addition, a doctrine is developed by comparing the totality of the information in Scripture on the topic. Mark, Luke, Rom 7:1-3; 1 Cor 7:1-13 must be interpreted in the light of Dt 24; Mt 5, 19; and Jer 3 etc.
In other words, dear brother, I believe you have not finished your research on this doctrinal-ethical topic.
Blessings!
Mark
Hello Mark, thank you for your thoughts, like you said, a doctrine must be developed by comparing the totality of Scripture on the topic. Therefore, the Pharisees were wrong to stop. misuse and emphazise Deut.24:1-4. Christ brought them back to the creation mandate, for life before the consummation, marriage between one man and one women for life.
Only by death marriage is dissolved, Rom.7:2,3 and 1 Cor.7:39.
Jer.3 and Hos.2 must be read in the context of the Father divorcing his wife (Israel) many a times for her spiritual adultery. But what did the Father do ? married another wife ? no. He remarried his first and only wife again and again: Israel (the church in the NT),
Jeremiah 31:3-4 3 The LORD has appeared of old to me, saying: “Yes, I have loved you with an everlasting love; Therefore with lovingkindness I have drawn you. 4 Again I will build you, and you shall be rebuilt, O virgin of Israel! You shall again be adorned with your tambourines, And shall go forth in the dances of those who rejoice.
Hosea 11:7-9 7 My people are bent on backsliding from Me. Though they call to the Most High, None at all exalt Him. 8 ” How can I give you up, Ephraim? How can I hand you over, Israel? How can I make you like Admah? How can I set you like Zeboiim? My heart churns within Me; My sympathy is stirred. 9 I will not execute the fierceness of My anger; I will not again destroy Ephraim. For I am God, and not man, The Holy One in your midst; And I will not come with terror.
The Lord divorced Israel, sent them in captivity, but He remarried her by bringing her back to Canaan.
And that is precisely what Christ teach in Mark 10, Matt.19, etc, according to Paul, as we read in 1 Cor.7:10,11
“Now to the married I command, yet not I but the Lord: A wife is not to depart from her husband. But even if she does depart, let her remain unmarried or be reconciled to her husband. And a husband is not to divorce his wife. (and see also v.39).
I agree, that we must always study this and other topics, be Bereans (Acts 17:11).
Nog ‘n bron om te raadpleeg oor egskeiding en hertrou:
H. Bavinck, ‘De Echtscheiding’, in: Gereformeerde Ethiek Edited by Dirk van Keulen. Utrecht: KokBoekencentrum, 2019 (bl. 703-728). ‘n Goeie historiese oorsig van die vroeë kerk, Rooms-Katolieke en Protesstantse verklaring en praktyk oor die onderwerp.
Huwelijk gewogen, J. van Bruggen
https://hts.org.za/index.php/hts/article/download/4233/8263
“Van Bruggen, Dr. J. Het Huwelijk Gewogen, 1 Korinthe 7. 1978. R9,48. p. 138.
Dr. Van Bruggen het in hierdie boek ’n grondige vers tot vers eksegese gedoen. In die huweliksproblematiek wat in Holland, by ons en in die hele Westerse wêreld vandag bestaan, is dit ’n helder Skriftuurlike stem wat terugroep na ’n hoë waardering vir die huwelik maar wat tog duidelik die klem laat val dat die hoogste roeping, ook van die ongetroude en die vrou, gevind word daarin dat elkeen die Here dien.
Die skrywer ontleed baie duidelik hoedat daar by Paulus nie ’n onder- of oorwaardering van die huwelik is nie.
In enkele gevalle sou ’n mens miskien ’n ander eksegese verkies het bv. dat „brand” in vers 9 sien op die oordeel van God. Ook dat in vs. 24 verstaan moet word die persoon, nl. Jesus in wie iemand geroep is i.p.v. die staat waarin iemand geroep is, kan miskien eerder in Ig. sin verstaan word.
Die hoofstukke dra die volgende opskrifte: Eros is geen god; De christelijke beleving van het huwelijk; Het voorrecht van de ongehuwde staat; God haat de echtscheiding; Gemengde huwelijken; Leven met een uitnodiging; Bij de tijd blijven; Opvoeding en huwelijk. Hierbenewens is daar ‘n vyftal nuttige bylaes en ’n teksregister.
Die boek het 1978 vir die eerste keer verskyn en het reeds die derde druk beleef! Blykbaar is dit dus reeds elders ontvang soos ek dit ook graag wil aanbeveel nl. as ’n onmisbare boek vir elke predikant met die oog op so baie advies wat oor die huwelik gegee moet word.” – M. A. KRUGER
Resensie in ‘In die Skriflig’: https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/download/813/1051