Eskatologie Konferensie (Die Voleinding van ons Wêreld): LESINGS NOU BESKIKBAAR

HIER IS DIE LESINGS VAN BOGENOEMDE KONFERENSIE AANLYN:

My lesing, DIE TOEKOMS VAN ISRAEL, is vanaf 1uur, 15min en verder, met vrae en bespreking daarna.

Dit is hoofsaaklik gebaseer op die volgende paar artikels, wat ek aanbeveel om oor die onderwerp verder te bestudeer:

IS DIE HUIDIGE ISRAEL WAT CHRISTUS VERWERP DIE ‘VOLK VAN GOD’?

THE REFORMED VIEWS OF THE FUTURE OF ISRAEL ARE MASSIVELY DIFFERENT THAN THE DISPENSATIONAL ZIONISTIC JUDAISM VIEWS

TOTIUS OOR DIE JOODSE VRAAGSTUK IN DIE LIG VAN GENESIS 9:27

Einddinge: Die toekoms van Israel in die lig van die uitbreek van die oorlog teen Hamas

Einddinge: ‘n Paar Afrikaanse teoloë oor die Toekoms van Israel (Rom. 11)

J.H. BAVINCK: DIE TOEKOMS VAN ISRAEL EN SENDING ONDER DIE JODE

Boekresensie: Israelvisies in beweging 

WIE OF WAT IS DIE “SEËN VAN ABRAHAM” (Gen. 12:3): BELANGRIK VIR ONS ‘CONSPIRACY THEORY’ TYE IN DIE KIRK-CARLSON-ISRAEL GEBEURE!

Hier onder plaas ek die volledige aantekeninge van my lesing (let wel, aantekeninge, nie volledige verwerkte afgeronde artikel nie), wat weens beskikbare tyd, nie alles vermeld kan word nie:

DIE TOEKOMS VAN ISRAEL

deur S. Le Cornu[1]

“Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.” (Rom. 10:1) 11 EK vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ’n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie.” (Rom. 11:1,2)

25Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. (Rom. 11:25-27)

Reformation Study Bible:
He is showing how God will, in the future, bring such widespread salvation to the Jewish people that, in an obvious general sense, it can be said that “all Israel will be saved” (v. 26) … some form of this last view seems most likely for the following reasons. First, hints of it seem to appear already in vv. 11, 12, 15, 16, 24. Second, v. 25 suggests that an end to the partial hardening of Israel is in view. Third, “Israel” in v. 26 is not naturally interpreted as signifying a different entity from the Israel in view in vv. 1–24 and vv. 28–31, where national Israel (not spiritual Israel) is in view. Fourth, “mystery” in v. 25 would seem inappropriate and exaggerated if Paul’s teaching were simply that all elect Jews will be saved. Finally, this view accords well with the quotations in vv. 26, 27 from Is. 59:20, 21; 27:9; Jer. 31:33, 34, which appear to speak of a comprehensive banishment of that sin that has been the cause of Israel’s alienation from God.

Geneva Study Bible (1599 Edition, notes on Romans 11:24-25):
He [Paul] speaks of the whole nation, not of any one part. . . . The blindness of the Jews is neither so universal that the Lord has no elect in that nation, neither will it be continual: for there will be a time in which they also (as the prophets have foretold) will effectually embrace that which they now so stubbornly for the most part reject and refuse.

 INHOUDSOPGAWE

Inleiding

1) Romeine 11 verklarings en eie verklarings 

2) Konfessies

3) Prof. Hugo Du Plessis

4) Politiek, term Zionisme

5) Rom. 10:1,2 gebed

Bronne

 INLEIDING

ALLESBEPALENDE, MIDDE ALLE ‘ISRAELSIENINGS EN VISIES’: Wat leer die Skrif, dit is allesbepalend en deurslaggewend…. bekeer of nie bekeer nie.

 1.1) ROMEINE 11 VERKLARINGS EN EIE VERKLARING

Wat ‘profeteer’ die Heilige Skrif oor Israel, oor die Jode se toekoms?

Daar is baie sienings onder Christene, van een uiterste na die ander, afhangende vanuit watter eskatologiese (leer oor die einddinge of eindtye) oogpunt mens na die gebeure in die geskiedenis kyk, veral vandat Israel weer ‘n politieke staat geword het in 1948, en sedert daardie tyd bedreig word deur die omliggende vyandige moslem lande.

Daar is kultiese en sektariese groepe soos die Brits-Israel bewegings en die Hebrew Roots Movement wat almal ook nog hul verskillende Israelvisies het, dan is daar veral onder arminiaanse en charismatiese groepe, die siening van ‘n duisendjarige ryk wat gaan aanbreek, met Jesus wat letterlik gaan regeer, en dit gaan gepaardgaan met die herstel van Israel, die tempeldiens, en sekere OT seremonies en wette…

Dit verklaar ook hoekom daar baiemaal, nie net ‘n politiese belang oor Israel is nie, maar veral ‘n sterk godsdienstige belangstelling in die lig van die sogenaamde profesieë oor Israel in die eindtyd dae…

NOU, ons as gereformeerdes is nie by een van hierdie groepe nie, ons is nie pro-Israel in die sin van pro-Judaisme nie,  menende dat hul maar kan bly net by die OT, Christus kan verwerp,

en dit is alles goed so… Ons is ook nie anti-Israel nie, menende anti-semities omdat hul breedweg ‘n ongelowige volk is wat ons Here Jesus nou nog verwerp nie.

Ja, mens kan oor die algemeen pro-Israel wees, in die sin van, dat soos enige ander volk, ons dit gun dat hul ook hul eie land, taal, tradisies, kultuur, ens kan behou, teenoor die fanatiese pro Moslem ideologiee wat hul wil vernietig.

MAAR, as dit by ‘n godsdienstige, geloofs, bybelse siening kom van Israel, dan moet en mag ons alleen die Heilige Skrif volg, die hele Skrif, maar veral dan ons teks gedeelte, Rom. 11 wat hierdie vraag beantwoord:

WAT IS DIE TOEKOMS VAN ISRAEL AS ‘N VOLK, AS DIE FISIESE AFSTAMMELINGE VAN ‘DIE VADERS’, V. 28

Wat natuurlik dui op die verbond met Abraham, Isak en Jakob…

Ja, soos daar die gevaar bestaan om bloot net vas te kyk in die fisiese Israel, die gevaar van die sektes, kultusse en ander dwalings, godsdienstig of nie

IS DAAR net so groot gevaar om alles te wil vergeestelik, en hier in Rom. 11 NET die geestelike Israel raak te sien, menende dit gaan nou net oor die kerk

as gelowiges, en niks meer oor die kerk OOK onder Israel, soos die Here sy kerk vanaf die NT bedeling onder alle volke na sy behae het.

So, ons wil stilstaan by wat gereformeerde gelowiges, teoloë, verklaarders geleer het oor wat Rom. 11, en dan in die besonder verse 11-32 leer, met die fokus op verse 25-27 ons vertrekpunt:

WIE is die ‘en so sal die hele Israel gered word?” (x2, tema)

En wat beteken dit dan ook vir ons almal, vir die kerk deur al die eeue?

Vanselfsprekend kan ons nie na verklarings weergee nie, maar ons wil stilstaan by die drie verklarings wat die meeste deur gereformeerdes verstaan word, sodat ons ook die Here se werk nou en in die toekoms reg sal verstaan,

en ons roeping en taak uitleef:

STANDPUNT 1:

Bavinck meen die frase (so sal die hele Israel gered word) wys op alle uitverkorenes wat uit die fisiese Israel, fisiese afstammeling van A, I, J gebore sou word, vanaf Abraham, tot laaste uitverkorene onder die Jode met Christus se wederkoms, hy skryf:

“Die hele Israel in Rom. 11:26 is dus nie die volk van Israel wat aan die einde van die dae in massa bekeer sal word nie, dit is ook nie die gemeente uit Jode en heidene saam nie, maar dit is die pleroma (volheid) wat in die loop van die eeue uit Israel (kursivering van ons) toegebring word. Israel bly as volk, so voorspel Paulus, naas die heidene bestaan; dit bly tot die einde van die eeue, dit lewer sy volheid vir die Godsryk ewe goed as die heidene en behou vir die Godsryk sy besondere taak en plek” (Dogmatiek IV, 4, bl. 651).

STANDPUNT 2:

Calvyn meen daardie woorde wys op, al die gelowiges uit Israel en alle ander volke, dus die hele kerk in sy geheel, wat deur alle eeue, en dus van die eerste eeu tot die laaste dag versamel sal word. Hy skryf,

“Baie verstaan dit van die Joodse volk … , maar ek brei die woord Israel uit tot die hele volk van God, volgens hierdie bedoeling: Wanneer die heidene sal inkom, sal die Jode ook terugkom van hulle afdwaling na die gehoorsaamheid van die geloof; en so sal volkome word die redding van die hele Israel van God, wat vanuit altwee vergader moet word …”

Calvyn beroep hom verder op Gal. 6:16 waar staan: „En mag daar vrede wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” Hy verklaar: „Die Israel van God is wat hy (Paulus) die kerk noem, saamvergaderd sowel uit Jode as heidene, en hy stel hierdie volk ….teenoor die vleeslike kinders van Abraham wat van sy geloof weggedwaal het”.

STANDPUNT 3:

Die derde siening, wat die Statenvertaling se kanttekeninge weergee min of meer (sien veral Kanttekeninge 125, 129):

emn wat ‘n gereformeerde verklaarder soos S. Greijdanus volg, is

„Die hele Israel” kan in hierdie verband moeilik iets anders beteken as Israel as geheel, teenoor ‘n klein deel tevore en teenoor diegene oor wie die „verharding vir ‘n deel” gekom het. Waar vroeër betreklik min Jode gelowig geword het en waar die meeste onder die oordeel van verharding gele het, dit word anders nadat die volheid van die heidene ingegaan het. Dan kom Israel as geheel, die Joodse volk in sy geheelheid, tot bekering en tot gelowige aanneming van die evangelie van God en die Here Christus. Dit wil egter nie sê dat dan alle Jode gelowig word sonder een enkele uitsondering nie …. Dit gaan hier nie oor die aantal as sodanig nie maar oor die volksgeheel” (Komm. Romeine, bl. 515, 526).

Dus, goeie gereformeerde verklaarders het hieroor verskil.

Baie belangrik, die feit dat daar geglo word dat elke uitverkorene gered sal word onder Israel, of dat daar selfs ‘n massale bekering nog onder Israel gaan plaasvind, is nie alleen eiendom van die chliaiste, dispies, sektariese groepe nie.

Die groot verskil is wel dat hierdie gereformeerde verklaarders sien dit nie afhanklik van ‘n politieke herstel van Israel, of 1000 jarige vrederyk, ens. nie,

„Ten slotte”, sê Bavinck, „al sou Paulus aan die einde ook ‘n volksbekering van Israel verwag, hy maak tog met geen woord melding van ‘n terugkeer van die Jode na Palestina, van ‘n herbou van stad en tempel, van ‘n sigbare Christusregering nie; in sy toekomsbeeld is vir dit alles geen plek nie” (t.a.p., bl. 652).

BAIE belangrike woorde …. want die eindtye en toekoms is ook vir die gereformeerde van belang.

EERSTE SAAK OM TE LEER VANDAG: “Die manne wat nou aangehaal word, onderskryf geeneen die belydenis van ‘n Chiliasme nie, d.w.s. hulle neem nie aan dat ons wêreldperiode met duisend jare van vrede op aarde sal eindig nie. Inteendeel, hulle verwerp hierdie beskouing, wat dan ook in ons Konfessie nie aanvaar is nie.”

BELANGRIKSTE LES VANDAG: ONDERSKEI TUSSEN DISPIES EN GEREFORMEERDES WAT VERSKILLEND GLO EN DINK OOR DIE TOEKOMS VAN ISRAEL…. ONDERSKEI TUSSEN AL DIE MODERNE ZIONISTIESE POLITIEK, GOED OF SLEG EN WAT LEER ROMEINE 11, SO SE DIE HERE?

 ROM. 11 LEER NIKS VAN DIE TEMPELHERSTEL…. HERSTEL VAN LAND SELF AS DIT MOET GEBEUR VOLGENS DIE SKRIF NIE…

 NOU, ek sien allerlei gronde vir al drie hierdie verklarings,

maar ek meen tog die Teks self, veral vanuit v. 25-27 wil vir ons wys dat die verklaring van die Statenvertaling en Greijdanus die meeste laat reg geskied aan die onmiddelike konteks van daardie frase ‘en so sal die hele Israel gered word’, en dit wil ons sien:

Rede een: v. 25a wil vir ons wys hier is heel iets uniek wat verborge is, en nou geopenbaar word: “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;” (Ro 11:25)

Die woord ‘verborgenheid’ (mysterion), wys op iets wat eers geheim, verborge was, maar deur openbaring, bekendgemaak word, sodat jy iets sal weet, ken.

Dus, Paulus wil dat sy lesers, 1e eeu, kerk deur die eeue, ons met sekerheid hierdie ‘verborgenheid’ sal ken, en dan in die lig daarvan sal lewe en die hede en toekoms sien, en wat is dit?

25b: “dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het

Paulus, sê dat die Here nie klaar is met Israel, die Jode nie, Daarom die woorde ‘ten dele’, vir ‘n sekere tyd, ‘totdat’ (bywoord van tyd) die volheid van die heidene ingegaan het, dus wanneer al die uitverkorenes onder die heidene versamel is.

Nou, as die woorde bloot beteken ‘al die uitverkorenes onder Israel en ander volke’ sal ingaan, hoekoms is dit dan ‘n verborgenheid waarop Paulus nou eers in v. 25ev wil fokus, hy het reeds in vers 1-6 geleer ‘dat’ die Here altyd sy kinders het onder Israel, – met verwysing na homself, v. 1

– met verwysing na die verlede, Elia se tyd, v. 2-4

– met verwysing na ‘die teenwoordige tyd’, v. 5

Nee, dit is duidelik dat verse 25-27 wil wys op ‘n wat die SV noem ‘massale bekering’ wat onder die Jode, Israel gaan plaasvind, ja nie elke individu nie, maar as volk in sy geheel as bevestiging JUIS van God se belofte en genadeverbond, daarom die woorde v, 26, 27

en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;” (Ro 11:26)

en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.” (Ro 11:27)

Die tweede rede, waarom dit wys op ‘n toekomstige bekering van die volk, is Paulus se woorde in verse 11-24, ja, hierdie woorde kan en wys op die jaloers maak van Israel deur alle eeue, maar daar is ook ‘n versugting dat soos die getal van die heidene vol raak, die Jode as volk sal terugkeer na die Here toe, v. 12

En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!” (Ro 11:12)

Hier word juis ‘n verwagting uitgespreek dat hul bekering ‘n groot impak op die wêreld sou spreek dat hul bekering ‘n groot impak op die wêreld sou hê

LEES v. 15,16 en 24

Die 3rde rede, is dat Paulus hier, veral vanaf verse 11ev ‘n baie duidelike onderskeid maak tussen die gelowiges onder die heidense volke, en die gelowiges onder die Joodse volk, die pleitdooi van v. 11-25, om sy eie volk, sien weer v. 1, jaloers te maak, maak tog geen sin as hy bloot net skryf oor alle gelowiges gee nie om wie dit is nie.

LET WEL: die onderskeid moet nie in die chiliasties dispie manier gesien word as TWEE planne van redding vir die kerk en ander een vir die Israel nie, NEE, daar is net een reddingsplan vir gelowiges, die kerk onder alle volke, maar dit neem nie die onderskeid weg van hoe God te werk gaan nie.

Rom. 1:16,17 (lees)

ONS VERWERP DISPENSASIE ISRAELVISIE, MAAR OOK BAPTISTIES INDIVIDUALISTIESE VERVANGSTEOLOGIE…. ONS GLO IN VERVULLINGSTEOLOGIE….  29Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, 30omdat my oë u heil gesien het, 31wat U berei het voor die oë van al die volke — 32’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.” (Luke 2:29–32)

So Calvyn se beroep op Gal. 6:16 is goed dat die Here se kerk bestaan uit alle volke, alle gelowiges onder alle volke, maar die konteks daar is anders, hier gaan dit oor ‘n duidelike onderskeid van Paulus hier maak in hfst. 11

Hy wys in v. 1-6 dat die Here se beloftes, sal sorg dat daar altyd ‘n oorblyfsels ooreenkomstig die genade wees, en, dan in verse 11-32, dat God se beloftes in die besonder in die einde, sekerlik voor die groot afval en koms, sal plaasvind

BAIE BELANGRIKE LES, hoe ons woorde gebruik, Israel kan dus wys op alle fisieke afstammelinge, alle gereddes, en alle gereddes onder Israel….

(hoe groot afval wees … as alles reeds afvallig is?)

[skets eskatologie se op en af …. massale bekering… dan finale groot afval en wederkoms?]

HOE DIT OOK AL SY, die belangrikste wat ons moet raaksien hier geliefdes, sou mens Bavinck, Calvyn of SV se verklaring aanneem, of ‘n kombinasie … dat elke gelowige onder elke volk, ook ons hier vandag, sien opnuut die GRONDSLAG van God se reddingswerk in verse 26-29

en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders. Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.” (Ro 11:26–29)

ALLES, of jy nou ‘n geredde Jood is soos ‘n Paulus, of ‘n Afrikaner, Zulu of Engelsman, van watter volk ookal Dit is God se handhawing IN CHRISTUS, die Verlosser uit Sion, wat ons goddelooshede op Hom geneem het … ons sondes weggeneem het sodat ons die wese van die genadeverbond, nou en tot in ewigheid mag beleef…

Ek is julle God, julle is my kinders….

Paulus se sterk woorde in v. 11-25 is wat ons sal noem ‘as apostel van die heidene’ om die gelowiges onder die nie-Jode te waarsku om nie hoogmoedig te word nie, soos God die Jode wat nie bekeer het nie, uitgesny het,

so sal hy ons uitsny wat nie bekeer nie, v. 20,21

Tegelykertyd, is daar hoop en troos na die anderkant: deur God se goedertierenheid, is daar genade vir hul wat glo en bekeer…

SO, ons wat ooreenkomstig die verkiesing van die genade tot geloof gekom het, moet roem in God se genade, nie ons afstammeling of tradisies nie, so ook die Jood en nie-Jood.

EN WAT IS DIE DOEL VAN ALLES GELIEFDES,

God se genadeverbond met Abraham, Isak en Jakob … sy vervulde werk in Jesus

vir alle volke deur die eeue, sodat die volheid van die heidene, uitverkorenes, ingegaan het,

en, so ook onder die Jode, heeltyd, maar dalk in groot menigte in die toekoms?

U SIEN, HIER KOM ONS BY DIE WESE VAN ONS HARTE ONDERSOEK wat moet eintlik ons grootste verwondering wees geliefdes?

die VERBORGENHEID van Rom. 5:5-8 !!!!

As ek besig hoe groot God se genade vir my as bose sondaar was, vir my volk, wat ongehoorsaam was … dan wil ek dit hê vir alle VOLKE, sodat God is alles verheerlik sal word!

Kyk hoe besing Paulus God se reddingsplan in Christus,

wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het1. Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders2 en profete3 laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld4; Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul5. (HK v/a 19)

hier aan die einde van Romeine 11,

O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Ro 11:33–36)

Jesus se opdrag was, gaan maak dissipels van al die nasies, alle volke, loof die Here, vind Christus as verlosser, en dien Hom dan as koning op alle terreine van die lewe, self, gesin, gemeente, gemeenskap, volke, lande

Niks minder nie!

Self ondersoek…. waarin roem ons … besef ons dat ons voorvaders, ons germaanse voorvaders was netso en selfs slegter heidene en barbare as vandag se swart EN wit barbare…?

Dit is alleen die evangelie wat kan red, verander, reformeer.

EN kyk dan waar begin dit, die basis van Rom. 11, nee, 1-11, lei dan tot die volgende, vir MY, MY EN MY GESIN, GEMEENTE, VOLK EN LAND

EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer—dit is julle redelike godsdiens.

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Ro 12:1–2)

Laastens, dat ons daarom BID, vir onsself, gesinne, gemeente, volk, maar ook Rom. 10:1

1.2) ROMEINE 11 KV STANDPUNTE DEUR DIE EEUE

Wie is die hele Israel van Rom 11:26?* PROF JC COETZEE TSP GKSA

deur prof. JC Coetzee  Bron: Volks en Godsvolk in die Nuwe Testament, bl. 137-143 of 203-210. *Opskrif bygevoeg.

Op grond hiervan moet elke verklaring van Rom. 11:26a afgewys word wat hierin ‘n nuwe gedagterigting van Paulus vind wat nie voortvloei uit en nie aansluit by die sentrale tema van Rom. 9-11 nie of wat selfs in teëstelling is met die voorafgaande deel van Rom. 9-11. Summier moet dus verwerp word dié interpretasie wat onder ‘hele Israel’, die universele kerk, die gelowiges uit sowel Israel as die heidennasies, wil verstaan — voorgestaan deur o.a. J. Calvyn.

Dit staan dus vas dat met ‘hele Israel’ hier sprake is van die werklike histories-etniese volk Israel, die volk uit Abraham gebore. Maar die volk Israel in watter vorm?

Dit staan dus vas dat met ‘hele Israel’ sprake is van die histories-etniese volk Israel as geheel in teëstelling tot die gelowige kern van Israel wat daar in die hede (± 57 n.C.) is. As dit is wat Paulus hier sê, is hy weer skielik terug op die suiwer Rabbyns-Joodse standpunt. So ‘n nasionaal-universalistiese interpretasie van Rom. 11:26a moet egter om verskeie redes verwerp word: In die eerste plek vereis die uitdrukking ‘hele Israel’ self dit glad nie. ‘Hele Israel’ beteken nie dieselfde as ‘alle Israeliete’, nie.

Dit het nie indiwidualisties-numeriese betekenis nie, maar dui ‘n organiese geheel aan. Dit blyk veral uit die Ou-Testamentiese gebruik van die uitdrukking “die hele Israel” of “die hele volk”. Dit gaan steeds om die  organiese geheel en nie om die volle getal van indiwiduele lede van die volk nie — vgl. o.a. 1 Sam. 10:23-25; 1 Kon. 12:1; 2 Kron. 12:1 … Daar is dus geen terminologiese noodsaaklikheid om ‘hele Israel’ hier as ‘n numeriese voltalligheid te besien nie, veeleer die teenoorgestelde: dit behoort hier te gaan oor die volk as organiese geheel, nie om indiwidue nie. … Die ‘uitverkorenes’ van Israel is die gelowige kern wat daar in die hede (±57 n.C) reeds is, ‘hele Israel’ is die gelowige ‘uitverkorenes’ van die hede plus almal wat reeds vroeër geglo het en nog gelowig sal word — en Paulus verwag dat so ‘n gelowigwording kragtig teweeggebring sal word via die binnekoms van die heidennasies; — ‘hele Israel’ is dus alleen gelowige Israeliete, die gelowige volk Israel.

…. Onder ‘hele Israel’ wat gered word, verstaan Paulus dus die volk Israel in sy hoedanigheid as die volk van die verbond! Hierin lê die sleutel vir die regte verstaan van die ‘hele Israel’ Want in Rom. 1:6 e.v. het Paulus uitdruklik beskryf hoedanig die Israel van die verbond is.

Die ‘hele Israel’ van Rom. 11:26a is hier die ware Israel, die Israel soos God dit ken — die Israel van God! In Rom. 11:26a tree also ‘n baie belangrike punt wat reeds in Rom. 9:6 implisiet aanwesig is, aan die lig: ten opsigte van die Godsvolk, in die uitverkiesing van God vorm die gelowige Israeliete (wat was, wat is en wat kom) die hele volk Israel. Die gelowige Israeliete is vir God die volk as geheel, terwyl die ongelowigblywende Israeliete vir God nie wesentlike lede van die volk is nie. In sy gelowiges maak die volk Israel as organiese geheel deel uit van die Godsvolk.

Brief aan die Romeine deur dr. Willie Jonker BAVINCK SE STANDPUNT

(Verklaring by Romeine 11:25, 26a)

26a Met die hele Israel word dieselfde bedoel as met die volheid van Israel in v. 12 en dié begrip lê in lyn met die begrip volheid van die heidene in v. 25. Dit dui Israel as totaliteit aan, Israel soos dit deur God bedoel is om te wees en soos Hy Sy oorspronklike beloftes aan die vaders ten opsigte van hulle waargemaak het.  Anders gesê: dit dui die voile getal Israeliete aan wat deur Gods genade gered sal word. Sommige verklaarders meen dat die hele Israel slaan op die kerk, die geestelike of ware Israel wat uit Jode en bekeerde heidene bestaan. Dié verklaring kan aansluit by die uiteensetting oor die takke van die wilde olyf wat ingeënt word op die mak olyfboom (vgl. v. 17-18). Waar Paulus egter nooit die benaming Israel in so ‘n geestelike sin (as aanduiding van die kerk) gebruik nie, terwyl hierdie hoofstukke spesifiek oor Israel as volk handel, is dit beter om te hou by die verklaring deur ons gegee.

Die woorde en so waarmee v. 26 begin, dui daarop dat die hele Israel gered sal word op die wyse wat in v. 25 aangedui is: die gedeeltelike verharding sal oor Israel bly, totdat die volheid van die heidene ingegaan het. Dit beteken nie dat daar dán, nadat die volheid van die heidene ingegaan het, skielik ‘n massabekering van Jode sal plaasvind nie, maar dat die bekering van die Jode só sal plaasvind dat die hele Israel ingebring word terwyl die gedeeltelike verharding voortduur. Terwyl sommige verhard is, kom ander tot bekering.

Dit sal so voortduur dwarsdeur die hele tydperk waarin ook die volheid van die heidene ingebring word. Wanneer die volheid van die heidene ingegaan het, sal ook die hele Israel gered wees. Dan is die einde daar. Dan is Gods beloftes ten volle vervul. In die lig van Paulus se verkondiging dat die bekering van die heidene Israel jaloers maak, is dit ook duidelik dat die ingaan van die volheid van die heidene die instrument in Gods hand is om die hele Israel tot die verlossing te lei.

Romeine 9-11 deur prof. PA Verhoef 

Ons vereenselwig ons egter met die opvatting van Ridderbos in sy Commentaar op Romeinen, wanneer hy sê dat die “hele Israel” dieselfde is as “hulle volheid ” in vers 12, dit wil sê die volle getal wat tot die geloof gekom het en wat as sodanig die volheid van Israel verteenwoordig. Hierdie volheid moet nie in nasionalistiese of universalistiese sin verstaan word nie, want dit sien nie op die nasionale herstel van die volk of van elke Israeliet, hoof vir hoof, nie. Dit bestaan ook nie in ‘n massabekering aan die einde van die dae nie. Die volheid van Israel is ‘n eskatologiese grootheid – so sal Israel daar uitsien wanneer die eeue voleindig word en die heilsraad van God volbring is. Dan sal die tans vertroebelde, onherkenbare beeld van Israel weer duidelik word; dan sal Israel in sy ware aard openbaar word en sal die “volheid” van Israel by die “volheid” van die heidene gevoeg word.

Dat daar ‘n bekering van die “hele Israel” sal plaasvind anders as in die normale weg van die evangelieverkondiging in die geskiedenis, bly vir die besef van Ridderbos ‘n merkwaardige uitwas van die teologiese denke oor Israel wat in geen enkele opsig in die heilshistoriese gedagtegang van Romeine 9 tot 11 pas nie. Wat Paulus ten slotte tot sy Iofverheffing in Romeine 11:33-36 bring, is nie die plotseling in 11 :26 onthulde Chiliastiese geheim nie, maar is die aanbiddellike handeling van God wat Hom eers van Israel tot die heidene wend, en daarna van die heidene tot Israel terugkeer.

Slegs hierdie verklaring laat aan Romeine 9 tot 11, en aan die groot konklusie van die hele betoog in 11 :29-32, reg geskied (vgl. Geref. Weekblad, 26 Sept. 1958).

___________________

JH BAVINCK

” In Romans 11 Paul is certainly not dealing with Israel as a political entity; he is speaking of Israel as a covenant people. Israel’s becoming a political entity may possibly prepare the way for the fulfillment of God’s promise with respect to “all Israel.” It is equally possible, however, that it will be a hindrance, but in any case this question is beyond the range of Paul’s interest in these chapters (Rom. 9-11 – slc). …. Israel is now as anyone else; since it rejected the kingdom of God, the kingdom must be given to “a nation bringing forth the fruits thereof” (Matthew 21:43), Among this new people there will also naturally be many Israelites, but they are not an elite with special privileges but are simply ordinary members of the church of Christ. …The return of countless Jews to the present day land of Israel contains many elements which remind us of ancient prophecies. Nevertheless it may be the case that in principle, from a spiritual point of view, this return is something completely different, something that is entirely outside of the horizon of the prophets. And yet it appears to me that it is possible that God may use this reunion of the people of Israel as a means| to a new spiritual growth. For this reason missions to Israel and particularly in the land of Israel have a great importance, and we must reverently await what God may do.” – JH Bavinck,  An Introduction to the Science and Missions.*

https://proregno.com/2025/10/13/j-h-bavinck-die-toekoms-van-israel-en-sending-onder-die-jode/

HERMAN RIDDERBOS

Now it seems that there were two Ridderbos views on the ‘Future of Israel’, the earlier version as can be read below in his work about Paul, and, then the latter Ridderbos, that are different, and can be read in his Romans commentary, Aan de Romeinen, from which Romans 11 a few parts were translated by GP Waters and RB Gaffin Jr., and available here to read:

Herman Ridderbos and Romans 11 – Two New Translations  BEWEEG VAN SV siening na Bavinck…

Waters and Gaffin writes:

“To introduce these two pieces and to place them in context, it is helpful to survey three leading interpretations among Reformed interpreters of “all Israel” in Rom 11:26 (“And in this way all Israel will be saved”). First, Calvin, like Augustine before him, understood “all Israel” to consist of the entirety of the people of God, Jew and gentile, at the consummation. Second, many Reformed interpreters understand Paul to be speaking of a mass conversion of Jewish persons who happen to be living immediately before the return of Christ at the end of the age. Third, other Reformed interpreters read Paul to be speaking of the totality of elect Jews throughout history, viewed from the perspective of the consummation.

It is this third view for which Ridderbos vigorously contends. Ridderbos acknowledges in his 1955 essay on Romans 9-11, authored four years before he published Aan de Romeinen, that, in his day and context, “the great majority of recent exegetes” understand Rom 11:26 to refer to “a great religious revolution … consisting of the conversion of Israel as a whole at the end of the days.” He confesses that “under the influence of the current exegesis, initially I too was of this opinion,” but that he has subsequently come to reject it. He maintains that neither Rom 9-11 as a whole nor Rom 11:25-26a particularly affords any exegetical basis for the “conversion of all Israel after the fulness of the gentiles has entered,” that is “in post-history.” “All Israel,” rather, “is the full number of those who in the course of history, in conformity and together with the true Israel of the old day, have repented before God, have believed in Christ, and have understood and accepted the true nature of Israel’s election: not by works but on account of the righteousness which is given by God.”

I myself are open to all three reformed views, but still more convinced of the older or earlier view of Ridderbos, i.e. the second view mentioned above, we must study prayerfully further on the topic (Acts 17:11).

But for now, let’s hear what Ridderbos say in the beginning of (56) Ridderbos, as he writes:

“The significance of the church — which has repeatedly come to light in the foregoing — as the continuation of Israel, as the elect, called, holy people of God, ought now to be defined further according to its content and essence. We have already seen in the analysis of these various designations that this “continuation” is no simple matter. On the one hand, in a positive sense it presupposes that the church springs from, is born out of Israel; on the other hand, the church takes the place of Israel as the historical people of God. This means a new definition of the people of God, and likewise a new concept of Israel. The question is how one is to conceive of this redemptive-historical transition, on the one hand with regard to the historical Israel of the Old Testament that God has chosen to himself and to which he has given his promise, on the other hand with regard to the unbelieving Israel that has rejected Christ and thus placed itself outside the fulfillment of the divine promises to Abraham and his descendants.

Paul himself is occupied with this matter time and again and in various contexts in his epistles. Three different points of view admit of being clearly distinguished in them:

(a) In the foreground is the new — new, that is to say, as given with the revelation of Christ — definition of the essence of the people of God, which may be expressed as well in terms of the New Covenant.

(b) This new definition at the same time represents the real nature of Israel’s election and the content of God’s purpose with respect to his people.

(c) This new definition does not exclude continuing concern with historical Israel; the latter, even in spite of its unbelief, as the once chosen people of God remains involved in the fulfillment of his promises.”

Acknowledging the source (Paul: An Outline of His Theology, Eerdmans, 1975: 354-361), below you will find a part of his discussions (58) of these very important aspects, as he gives very good insights into Romans 9-11, answering the question of the ‘Future of Israel’, may it help all believers and churches to pray and think biblically about this important topic also for our times:

https://proregno.com/2025/08/25/the-reformed-view-of-the-future-of-israel-is-massively-different-than-the-future-of-dispensational-zionistic-judaism/

Oor die komende dinge en die terugkeer van Israel prof. Willie J. Snyman

(Nuwe en Ou Dinge, bl. 280, 281)

Komende dinge

Regsinnige en onregsinnige chiliasme

Dit bring by ‘n volgende punt, nl. dat daar by die “Chiliaste” soos ons die voorstanders van die letterlike opvatting voorlopig wil noem, onderskei moet word tussen ‘n regsienige en onregsienige rigting. Sulkes wat met hulle geloof in ‘n Duisendjarige Ryk nie in botsing kom met die Gereformeerde Belydenis nie, en die wat daar wel mee in botsing kom. Die Kerkgeskiedenis leer dat Chiliasme by byna al die sektes voorkom.

Die terugkeer van Israel

By die leer van die “Duisendjarige Ryk” neem die terugkeer van Israel ‘n baie belangrike plek in. Dit bring by die “onvervulde profesieë”, wat in betrekking staan tot die terugkeer van Israel, almal beloftes van God aan Israel wat nog uitstaan. Wie gee ons die reg om dit te “vergeestelik” en oor te dra op die Kerk? So word gevra, en dan gesê: dit sou niks minder as bedekte bondsbreuk van God ten opsigte van sy volk wees nie!

Die versigtige skrywer laat egter onmiddellik volg: vergeesteliking en oordra daarvan op die Kerk kan nie heeltemal van die hand gewys word nie, want Paulus sien Jes. 11:10 (‘n “duisendjarige-ryk-hoofstuk”) vervul in die Kerk in Rom. 15:12; ook Hos. 1:10 in Rom. 9:25, 26. Petrus sien dieselfde profesie, vervul in die Kerk (1 Petr. 2:10) en Joël 2:28-32 in die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2:16-21). Ons kan ook nog verwys na die “vergeesteliking” van Jes. 40 deur Johannes die Doper. Ons moet maar versigtig wees met die “onvervulde profesieë”. Hulle is vervul. God het in Christus sy beloftes aan die vaders bevestig en sy waaragtigheid bewys (Rom. 15:8-12), al moet daar nog verdere vervullings verwag word soos ons dit by profesieë dikwels aantref.

Nota: die opskrif en subopskrifte is aangepas waar nodig geag is. Sien die volledige artikels in prof. Snyman se saamgestelde bunde: Nuwe en Ou Dinge.

Die Herstel van Israel  Prof. SJ van der Walt

Skrifverklaarders verskil oor die uitleg van Rom. 11:26 waar verklaar word: “... en so sal die hele Israel gered word.

Sommige verklaar dit as volg: Die gelowiges uit die heidene word op die olyfboom van Gods genade ingeënt, maar as “die volheid van die heidene ingegaan het” (v. 25), sal die verharding van Israel ‘n einde neem, en alhoewel dan nie elke Jood tot bekering sal kom nie, mag ons tog ‘n betreklik groot bekering van die Jode tot God aanneem, afgesien van die Jode wat Christus reeds in die loop van die geskiedenis aangeneem het.

Die herstel van Israel in volle sin sal dus volgens hierdie verklaring eintlik eers sy vervulling vind in die hiernamaals. Dan eers sal die ewige Vrederyk bloei en sal Christus se koninkryk bloei van “see tot see” en tot by “die eindes van die aarde” en sal dit wees die koninkryk van God waarin Hy alles in almal sal wees.

Ander Skrifverklaarders beskou egter Jesus se woorde, bv. in Luk. 19:41-44; 20:16; Matt. 21:40-43, as afdoende bewys dat omdat die Joodse volk Hom finaal verwerp het, hulle voortaan nie meer die ware Israel, die uitverkore volk van God, sou wees nie. Die kerk van Christus, die gelowiges uit alle volkere, is tans die ware Israel. Daar sal egter ook uit die Joodse volk steeds uitverkorenes gered word totdat “die hele Israel” (die volle getal van uitverkorenes) gered is.

Bron: Gereformeerde Geloofsleer

2) KONFESSIES?

Die ‘Jode’ in die die Gereformeerde Psalmboek:

“En u, geliefde gemeente, dank God dat Hy u waardig ag om hierdie dienaar te ontvang en uit te stuur. U wat eertyds ook ver was maar nou deur die bloed van Christus naby gekom het mag nou wat u ontvang het, aan ander gee wat nog ver is. Gee as kinders van die Koning van konings ruin en mild vir hierdie werk van die Here. Vergesel hierdie dienskneg van God bo alles met u gebede, sodat ‘n woord hom gegee kan word as hy sy mond oopmaak, om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak. Laat vanuit u hart en van u lippe die bede: Laat U koninkryk kom! nooit wyk nie, sodat die dag nader mag kom waarop die volheid van die heidene sal ingaan en die hele Israel sal salig word. Maranata! – die Here kom!” – Formulier vir die bevestiging van sendelinge

https://proregno.com/2025/03/13/totuis-oor-die-joodse-vraagstuk-in-die-lig-van-genesis-927/

SECOND HELVETIC CONFESSION, CHAPTER XI: Of Jesus Christ, True God and Man, the only Saviour of the World (opsteller: Heinrich Bullinger)

We further condemn JEWISH DREAMS that there will be a golden age on earth before the Day of Judgment, and that the pious, having subdued all their godless enemies, will possess all the kingdoms of the earth. For evangelical truth in Matt., chs. 24 and 25, and Luke, ch. 18, and apostolic teaching in II Thess., ch. 2, and II Tim., chs. 3 and 4, present something quite different.”

2 Die verwagting dat Israel as ‘n volk iewers in die toekoms sal terugkeer na Christus (nie elkeen kop-vir-kop nie, maar in sy uitverkorenes):

WESTMINISTER LARGER CATECHISM

Q191: What do we pray for in the second petition (of the Lord’s prayer)?

A191: In the second petition (which is, Thy kingdom come,)[1] acknowledging ourselves and all mankind to be by nature under the dominion of sin and Satan,[2] we pray, that the kingdom of sin and Satan may be destroyed,[3] the gospel propagated throughout the world,[4] THE JEWS CALLED[5: Romans 10:1],  the fulness of the Gentiles brought in;[6] the church furnished with all gospel officers and ordinances,[7] purged from corruption,[8] countenanced and maintained by the civil magistrate:[9] that the ordinances of Christ may be purely dispensed, and made effectual to the converting of those that are yet in their sins, and the confirming, comforting, and building up of those that are already converted:[10] that Christ would rule in our hearts here,[11] and hasten the time of his second coming, and our reigning with him forever:[12] and that he would be pleased so to exercise the kingdom of his power in all the world, as may best conduce to these ends.[13]

3 JG Vos commentary on q/a 191 (Westminster Larger Catechism: A Commentary)

“What does the catechism mean by prayer that the Jews may be called?

By the word called the catechism here means effectually called, that is, converted to Christ. The catechism cites Romans 10,1 where Paul said that his prayer was for the salvation of Israel. The eleventh chapter of Romans predicts that at some future time there will be a great movement of the Jews to believe on Christ (Rom. 11:13-27). This does not mean that every Jew in the world will be converted to Christ, but that there will be a great increase in the number of Jews that believe in Christ, at sonic time before the second coming of Christ.

Paul tells us that the spiritual blindness of the Jews, which prevents them from seeing that Jesus is the Messiah, is only temporary, “until the fulness of the Gentiles be come in” (Rom. 11:25). This shows that after “the fulness of the Gentiles” has “come in,” the blindness of the Jews will be taken away, and large numbers of them will be converted to Christ.

There are some Jews being converted to Christ all the time; we should pray for the hastening of the time when many of them will turn to Jesus Christ.”

4 Note by rev. GI Williamson on JG Vos commentary:

“It is very important that it clear distinction be made between the return of many Jews to the land of Palestine and the return of many Jews to the God of the Bible. It is true, of course, that in God’s providence there is again – after nearly 2,000 years – a Jewish state in Palestine.

It is for this reason that many Fundamentalist Christians refer to the Jews as “God’s people” and their return to the land as a fulfillment of Bible prophecies. But it is not true that Jews who still reject Jesus as the promised Messiah are God’s people.

No, the true Israel of God is the Christian church. It is that people who believe in Jesus as the Christ of God. In the early days of the church ‘s history it was predominantly Jewish (as the book of Acts shows). Into that Jewish church the Gentiles were engrafted, becoming “fellow citizens with the saints and members of the household of God” (Eph. 2:19). It is only when the Jews – whether individually or en masse return to the Messiah of God that we can nightly speak of them as ‘the people of God’ “

https://proregno.com/2023/10/18/is-die-huidige-israel-wat-christus-verwerp-die-volk-van-god/

Sien ook die “The Willowbank Declaration on the Christian Gospel and the Jewish People: World Evangelical Fellowship“, beskikbaar ook hier in Gary North se boek, ‘The Judeo-Christian Tradition‘ (ICE, 1980: 180-188)

3) PROF HUGO DU PLESSIS AANHALINGS

“Die individue en die volke se tydelike en ewige lot word nou beslis, nie deur die houding wat hulle teenoor Israel, maar teen Christus inneem. Wat dink julle van Christus? is nou die beslissende vraag vir Israel en al die ander volke. ….

Israel wat in die eerste plek nie as ‘n etniese grootheid gekenmerk moes gewees het nie maar as die heilige volk van God wat verkies was tot diens van God ten behoewe van die nasies, en alleen as volk van God en in daardie roepingsbesef as ‘n aparte volk sin en betekenis gehad het, het daarenteen verkies om in die eerste plek ‘n etniese grootheid te wees en het daarom sy Messias verwerp en so ook sy eie ondergang bewerkstellig. Hoewel ‘n eventuele bekering van Israel nie uitgesluit is nie, kan dit nie aangeneem word dat dit weer as volk ‘n bevoorregte posisie in die koninkryk van God sal geniet nie. ….

Die grondfout en fatale misrekening van Israel was ongeloof. Hulle wou nie uit die genade van die uitverkiesing leef nie. Israel wou nie glo dat daar vir die volksbestaan alleen ‘n toekoms was as dit alles aan die Here oorgee in die ver-troue dat, hoe onmoontlik dit ook menslik mag voorkom, die Here alleen op hierdie geloofsweg ‘n toekoms vir Israel sou verseker het. Maar terwyl die leiding van God in die geskiedenis van Israel en die openbaring van die Here ‘n voorafskaduwing was van en uitgemond het en saamgevat is in die openbaring van die Kneg, deur wie verwesenlik word die perspektief van die koms van die koninkryk van God deur die wonder-verlossing van sy volk deur genade alleen, wou Israel nie uit die genade lewe nie. Dit het nie in afhanklike geloofsvertroue uitgesien na die koms van die Messias nie, en het Hom verwerp toe Hy verskyn het. Dit het die verkiesing verkrag en geen ware roepingsbesef teenoor die volke gehad nie. Daarom het die Here ‘n einde aan die Israelitiese volksbestaan gemaak. …

“’n Gesonde nasionalisme kan nie veroordeel word nie en is selfs van hoë waarde in die menslike lewe. Elke individu het ook ‘n roeping teenoor sy volk. Maar soos nêrens anders word die diep sondige en gevaarlike van alle etnosentrisme in die verwerping deur Israel van Christus as ‘n waarskuwing aan alle volke voorgehou. Hier is immers die eie nasionale voort­bestaan verkies bo God. Dit is waartoe die sondige mens sonder Christus steeds verval. In die nasionale gedagte sit die diep gevaarlike van die sondigheid van die mens wat sonder Christus oorgaan tot verwerping van God en lei tot die vergoding van die volk.

Dit is ‘n werklike verleiding vir alle volke, maar dit moet ook as ‘n vingerwysing dien dat, eers wanneer besef word dat as gevolg van die sonde daar in nasionalisme ook die diep son­dige van die individu en die volk aan die lig kom daarin dat die individu sowel as sy volk Christus verwerp het en self-handhawing verkies het; eers wanneer daaroor ware ver­ootmoediging is, kan die geloof in die alleensaligmakende ge­nade van God deur die soenverdienste van sy Seun tot rypheid kom.[2] Dit is waartoe die gelowiges as individue én as die gelowige volkskerns van hulle onderskeie volke gebring moet word.” …

In hoeverre daar ‘n moontlikheid vir ‘n eie nasionale toekoms van die Jode is, is moeilik om te sê. As ons die Skrif reg lees, wil dit voorkom of Israel, wat geroep was om in die eerste plek die volk van God te wees geen nasionale toekoms het as dit nie ‘n Christelike volk word nie.[3] Hierdie moont­likheid word egter nie deur die Skrif uitgesluit nie, want hoe­wel Israel Christus verwerp het, is Israel nog nie deur die Here verwerp nie en is die Jodedom ook ingesluit onder die nasies onder wie die kerk van die Here dissipels moet maak (Matth. 23:19).

Om oor die vraag of hulle in die toekoms ‘n gekerstende nasie sal word te beslis, moet al die gegewens in verband met die saak in die Ou sowel as die Nuwe Testament nagegaan word, waarvoor nodig is ‘n aparte studie wat hier nie moontlik is nie. Dit wil voorkom of baie Jode later deur die dade van God in en deur die nuwe Israel, die kerk van die Here, be­weeg sal word om Christene te word (Rom. 11:12—15, 25—26), en so kan dit dan wees dat hulle ‘n Christelike kern kan vorm deur wie die volkslewe verder gekersten kan word. Dit kan selfs aangeneem word dat hierdie volk dan nog ‘n groot Christelike roeping teenoor die volke sal kan vervul, want hoewel Israel se verwerping volgens Romeine 10:11 die aanleidende oorsaak daarvoor was dat die stroom van die evangelie van Israel na die heidene weggevloei het, wil dit volgens Romeine 11:25-—26 voorkom of daar weer later ‘n terugvloeiing is vanaf die Christendom onder die nie-Israelitiese volke na Israel, sodat, soos waarskynlik reeds deur die Ou Testament (vgl. o.a. Jes. 19:18—25, Ps. 87) in die vooruitsig gestel word, Israel naas, en nie juis na die ander volke nie, in sy pleroma na die uitverkiesing sy plek in die koninkryk van God kry. Dit kan dan wees dat hierdie deur­werking onder die Jode weer ‘n uitwerking op die nie-Israelitiese volke sal hê (Rom. 10:11, 15).

Vir ‘n nasionale toekoms is ‘n eie vaderland natuurlik onontbeerlik, en noudat daar die afsonderlike staat Israel in die lewe geroep is, kan dus ook gesê word dat aan hierdie voorwaarde voldoen is en dat nou in vervulling kan gaan dit wat in die profesieë (vgl. Sag. 8) omtrent die terugkeer van Israel na Palestina gelees word.

Hoewel daar by baie Jode ‘n groeiende belangstelling vir die Nuwe Testament is en Jesus deur baie Jode as ‘n Jood van groot formaat beskou word, is daar nie die minste teken van ‘n bekering tot Christus nie.[4] Hierbenewens wil dit lyk of daar ook nie ‘n toekoms is vir ‘n staat wat op die Judaïsme gebaseer is nie, want eerstens het dit reeds duidelik geword dat ‘n moderne staats- en volkslewe nie op die Mosaïese wette gebaseer kan word nie[5] en tweedens dat, vanweë die feit dat slegs ‘n klein minderheid oortuigde Judaïste is, hierdie vermenslikte godsdiens ook nie as ‘n saambindende nasionale faktor kan dien nie. Op die oomblik is die tendens van [177] ontwikkeling meer in die rigting van materialisme en sekularisme. Vir sodanige gesekulariseerde Israel is daar, soos ons die Skrif sien, geen nasionale toekoms nie. Dit is dus moeilik om te sê watter eventuele moontlikhede die huidige staat Israel inhou, ook omdat enige vooruitsig op die handhawing van die onafhanklikheid as gevolg van die byna ongeëwenaard bit­tere vyandskap van die miljoene Joodse Moslembure baie onseker is.

Wat ook al die vooruitsigte is, die sending onder die Jode onder die huidige omstandighede is ‘n dringende saak, waar­mee baie meer werk gemaak sal moet word as wat tot dusver die geval is. Dit is en was nog steeds ‘n vanselfsprekende roe­ping, omdat God dit as roeping op sy kerk lê, maar wat dit nou so dringend maak is (a) dat, terwyl die Skrif ‘n bekering en terugkeer van Israel nie uitsluit nie, die Here miskien nog die nuwe terugkeer van Jode na hulle ou land as middel wil gebruik tot die bekering van baie Jode en tot ‘n kerstening van die volkslewe; (b) dat, terwyl daar vir die Judaïsme as ‘n nasionale godsdiens geen toekoms is nie, daar vir die Jode-dom net oorbly ‘n keuse tussen Christus en sekularisme, maar omdat daar alleen ‘n toekoms vir Israel is as dit weer ‘n volk van God word, is so ‘n moontlikheid uitgesluit as dit die laaste kies. Daarom is dit so dringend dat die Jodedom met die Woord van God gekonfronteer word, sodat hulle gedwing word om weer opnuut vir of teen Christus te kies, sodat indien hulle Christus kies, hulle ook ‘n seën vir die nasies mag wees.

4) POLITIEK, ARTIKEL OM TE LEES:

The Problem of Israel:

  1. A Historical & Political Perspective
  2. A Biblical Theological Perspective

by Rev. Bassam M. Madany 

Rev. Bassam Michael Madany was born in Seleucia, in the province of Antioch, Syria.  He received his education in British and French schools in the Middle East prior to, and during World War II.  In 1950, he came to the United States and studied at the Reformed Presbyterian Theological Seminary in Pittsburgh, Pennsylvania, graduating in May 1953.  During 1957-1958, Rev. Madany took further studies at Calvin Theological Seminary, in Grand Rapids, Michigan. He holds a Bachelor of Divinity degree from that institution.

https://proregno.com/2017/12/12/einddinge-die-toekoms-van-israel/

 5 BRONNE OOR DIE ONDERWERP

https://www.monergism.com/noted-theologians-history-who-believed-future-conversion-nationalethnic-israel  Edwards, aBrakel, SV, M Henry, Hodge, Owen, Vos, Puriteine, Skotse Covenanters, Nadere Reformasie

Einddinge: Die toekoms van Israel ?

ALWEER DIE EINDTYE: AFRIKAANSE BRONNE OM TE LEES IN EINDTYD VRESE

WIE OF WAT IS DIE “SEËN VAN ABRAHAM” (Gen. 12:3): BELANGRIK VIR ONS ‘CONSPIRACY THEORY’ TYE IN DIE KIRK-CARLSON-ISRAEL GEBEURE!

https://proregno.com/2025/03/13/totuis-oor-die-joodse-vraagstuk-in-die-lig-van-genesis-927/

JA/NEE OOR DIE POLITIEK

Romeine 10:1,2  …. vir Israel, vir alle volke, vir ons eie volk: Christus te ken, Ps. 117

Rom. 10:11,12….

DL V. 1.9. Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Dit is nie enkel en alleen die welbehae van God wat die oorsaak is waarom Hy die evangelie eerder na die een as na die ander volk stuur nie. Dit gebeur omdat die een volk beter en waardiger is as die ander aan wie die evangelie nie meegedeel word nie. Die Sinode leer: Dit ontken Moses as hy die Israelitiese volk soos volg toespreek: Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het die HERE ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is (Deut 10:14,15). En Christus het gesê: Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het (Matt 11:21).

12Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.” (Matthew 7:12)

1LOOF die Here, alle nasies! Prys Hom, alle volke! 2Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja” (Psalm 117)

GEBED MEE AFSLUIT:

“Ons bid U vir die arbeid van die sending onder Jode, Mohammedane en heidene, en vir alle evangeliearbeid onder hulle wat nog die naam van Christen dra, maar van u waarheid ver afgewyk het. Gedenk aan die Christelike onderwys met almal wat daarin arbei en daarvoor sorg. Wil ook seën alle vereniginge van oueres en jongeres, wat volgens die reël van u Woord bedoel die heiliging van u Naam, die koms van u ryk en die volbrenging van u wil. Wees met alle stigtinge van barmhartigheid en skenk aan hulle wat daarin arbei, in ryke mate die gawe van die liefde.” – Gebed vir al die behoeftes van die gelowiges, om gebruik te word op die rusdag na die eerste preek

_________________________________________________________

[1] https://proregno.com/about/

[2] Eichrodt,  Gotlesbild.  bl..  22.

[3] Emmerich,  a.w.,  bl.  20.

[4] Kag  a.w.,  bl.  316-318; H.J. Schoeps, Israel und Christeheit (Munchen 1961), bl. 194.

[5] Kag. a.w., bl. 318.

__________________________________________________________

BOEKE TE KOOP BY: https://proregno.com/category/pro-regno-boeke-te-koop/

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑